Eishkom

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 597
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Eishkom

Post by Kameraad Eksteen » Sat Jul 04, 2020 9:21 am

plompie wrote:
Fri Jul 03, 2020 9:23 pm
Kameraad Eksteen wrote:
Fri Jul 03, 2020 10:46 am
plompie wrote:
Sat Jun 27, 2020 5:14 pm
(of whatever die array verskaf op 'n gegewe stadium onder gegewe kondisies)
Jy kan soveel krag gebruik soos wat jou inverter kan lewer, of dit nou dubbeld is wat jou panele bied maak eintlik nie saak nie. Ek het baie 800w getrek toe ek net 160W se panele gehad het, byvoorbeeld, en met gewone deep cycle batterye is dit goed om hulle so nou en dan so te "cycle".
My verstaan is dat daar 'n (wetlike) limiet is vanaf die panele (wat verskil afhangende van die inverter) terwyl grid-tied connected; maar dat hierdie limiet wegval as die grid onbeskikbaar is.
Ek mag verkeerd verstaan het.

Die panele en batterye is soos 'n dam water, as jy nie die krag gebruik nie gaan dit nêrens heen nie. So behalwe vir jou konneksie na jou inverter toe, kan jy nog 'n inverter op dieselfde batterye en panele koppel en soveel krag uitpomp soos jy wil of kan. Dis soos dompelpompe in 'n dam, jy kan die dam leegpomp as jy wil. Die vraag is net, waarvoor het jy so baie krag nodig in 'n huis? Drie fase pottebakkers oond? Bakkery? Dis alles moontlik.

Net 'n ander ding ook daai watts van die panele is die maksimum wat dit onder loodregte volle son en optimale temperatuur kan lewer, gewoonlik is dit baie minder.

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Sat Jul 04, 2020 12:00 pm

Kameraad wrote:Net 'n ander ding ook daai watts van die panele is die maksimum wat dit onder loodregte volle son en optimale temperatuur kan lewer, gewoonlik is dit baie minder.
Ek het nogal heelwat geleer die laaste week of twee; so ek is bewus daarvan. Die ouens werk blykbaar op 'n max van 80%; en die gemiddelde ure son op 5.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 597
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Eishkom

Post by Kameraad Eksteen » Sun Jul 05, 2020 1:18 pm

O Jirre, Plompie, jy word nou so slim, een van die dae gaan jy nog routers opstel. Ek het juis so LTE wat my ronddonner.

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Sun Jul 05, 2020 4:15 pm

Kameraad wrote:O Jirre, Plompie, jy word nou so slim
Nee gits, Kameraad you vlak sal ek nooit bereik nie - veral nie die wye spektrum daarvan (jou kennis/ervaring) nie, soos byvoorbeeld jou besondere talent met woorde. Nou nie dat ek dink dit word altyd opbouend gebruik nie; of om altyd objektief na menings te kyk wat nie noodwendig soveel met jou eie verskil nie. :lol: ;)

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 597
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Eishkom

Post by Kameraad Eksteen » Tue Jul 07, 2020 5:18 pm

plompie wrote:
Sun Jul 05, 2020 4:15 pm
Kameraad wrote:O Jirre, Plompie, jy word nou so slim
Nee gits, Kameraad you vlak sal ek nooit bereik nie - veral nie die wye spektrum daarvan (jou kennis/ervaring) nie, soos byvoorbeeld jou besondere talent met woorde. Nou nie dat ek dink dit word altyd opbouend gebruik nie; of om altyd objektief na menings te kyk wat nie noodwendig soveel met jou eie verskil nie. :lol: ;)
O maar, jy sal trots wees op my. Ek het 'n amplifier van my gister opgegradeer deur die gewone transformator te vervang met 'n mediese ventilator se transformator eenheid. Ongelooflike suiwer klank, nie eens die geringste steurings nie. Jy moes die kapasitors in die ding gesien het.

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Wed Jul 08, 2020 3:52 am

Dit maak hoegenaamd geen sin om midde van Covid-19 'n ventilator te inkapasiteer om 'n versterker op te gradeer met komponente wat in elk geval almal dieselfde is nie. So ja, ek is trots op jou: sarkasme is maar een faset van jou besondere wye kennis/ervaring en dis nogal 'n fyn demonstrasie daarvan. :roll:
Ek leer nog. :oops:

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Wed Jul 08, 2020 6:00 am

1ste Sparkie is vir vandag geskeduleer. Hy moet:-
* Hoof DB vereenvoudig;
* Carlo Gavazzi Meter in hoof DB installeer;
* Onnodige [Inverter oorskakeling is vinnig genoeg] 2Kva Online UPS (met eie DB) verwyder;
* Die "always on" circuit breakers in een DB kombineer;
* Twee surge protectors installeer in die twee DB's;
* MPPT; Venus (comms); Carlo en Inverter tydelik koppel op 48V Lithium Ion sodat die persoon wat my help die nodige stellings kan doen; en ek my cell daarop ingestel kan kry met die nodige apps.

Panele behoort Donderdag of Vrydag hier te wees.

LOL Sparkie sê vir my gisteraand "doomsday is already almost here" - want, as een "kragdepot" in my area blykbaar sou opblaas, het ons plaaslike munic geen spares nie, en sal dit glo 10 dae neem om te herstel. Sélf is ek nie 'n doomsday conspiracy theorist nie - maar ek kan nogal glo 'n 1-3 dae onderbreking is moontlik.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 597
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Eishkom

Post by Kameraad Eksteen » Wed Jul 08, 2020 2:02 pm

plompie wrote:
Wed Jul 08, 2020 3:52 am
Dit maak hoegenaamd geen sin om midde van Covid-19 'n ventilator te inkapasiteer om 'n versterker op te gradeer met komponente wat in elk geval almal dieselfde is nie.
Die ou tannie is oorlede, al jare terug, en dis toevallig dat ek die twee psu's uit haar asblik loop uitgrou het, toe al, die pype en so het ek nie nut voor gehad nie.

Anyways, alle PSU's is nie dieselfde nie, en die lekker ding van die eenheid is dat dit 80W kan lewer en dit het nie die vreeslike AC rippel wat met die gewone transformators kom nie.
plompie wrote:
Wed Jul 08, 2020 3:52 am
So ja, ek is trots op jou: sarkasme is maar een faset van jou besondere wye kennis/ervaring en dis nogal 'n fyn demonstrasie daarvan. :roll:
Ek leer nog. :oops:
Die kinders wat my daarbuite gesien grou het, het nog swartsakke vol ander wonderlike goed ook vir my gegee.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 597
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Eishkom

Post by Kameraad Eksteen » Wed Jul 08, 2020 2:08 pm

plompie wrote:
Wed Jul 08, 2020 6:00 am
LOL Sparkie sê vir my gisteraand "doomsday is already almost here" - want, as een "kragdepot" in my area blykbaar sou opblaas, het ons plaaslike munic geen spares nie, en sal dit glo 10 dae neem om te herstel. Sélf is ek nie 'n doomsday conspiracy theorist nie - maar ek kan nogal glo 'n 1-3 dae onderbreking is moontlik.
Dis kakkerig. Soos hier in die stad, met die beurtkrag jare gelede kon jy jou router op 'n battery sit en dan werk die ADSL ten minste vir die 4 ure of wat. Toe nou onlangs kom ek agter Telkom se batterye hou net so halfuur met beurtkrag. Gelukkig met die vesel het die ouens vir behoorlike rugsteun voorsiening gemaak.

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Wed Jul 08, 2020 6:54 pm

Kameraad wrote:Anyways, alle PSU's is nie dieselfde nie, en die lekker ding van die eenheid is dat dit 80W kan lewer en dit het nie die vreeslike AC rippel wat met die gewone transformators kom nie.
Ja, ek weet - maar dis soort van nuus vir my komende van jou ... :lol:
Kameraad wrote:Die kinders wat my daarbuite gesien grou het, het nog swartsakke
Ek verstaan. As jy jou kragbron kan verbeter uit swartsakke is dit elegant.
As daar voor betaal moet word, ruk jy die hoender uit die hol want eintlik is daar geen verskil nie?
Kameraad wrote:Toe nou onlangs kom ek agter Telkom se batterye hou net so halfuur met beurtkrag. Gelukkig met die vesel het die ouens vir behoorlike rugsteun voorsiening gemaak.
Wel, hier by my was ADSL/telefoon lately feitlik onmiddelik moertoe as die krag moertoe was. Ek is huidiglik op LTE, en - alhoewel dit BAIE beter is [f@k minstens is daar nog internet] is dit heelwat stadiger as die buurt sonder krag is.
Die fibre-ouens kom my hiedie week sien ... my vandag gebel. Sal maar sien.

Edit: Wat Telkom betref: Ek onlangs van hulle probeer wegkom - my landlyn gekanselleer. Maar toe eindig ek in elk geval weer by Telkom, want my Mweb-LTE is "powered by Telkom"; en Telkom se 2 Gb "freeme" pakket + 300 min "any"-time was verreweg die beste vir my doeleindes. Vir R250 per maand kan ek my beskikbare tyd nie opgebruik nie, plus eienaardig genoeg is Telkom se sein ver beter as Cell C hier in die "vallei" waar ek woon. Heel ironies, "full circle" terug by Telkom.

Verder: So sparkie nommer 1 was toe vandag hier .. omtrent hele dag sonder krag. Ironies dat my nie-kritiese goeters soos stoof ens redelik gou weer aan was; maar my critical = "always on" DB eers so uur gelede LOL.
Nogal heelwat meer werk as wat ek gedink het. Daai fase darem nou omtrent klaar.

Post Reply