Eishkom

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Thu Jul 09, 2020 8:10 pm

Vordering
Gister was 'n span van 4 werkers 5 ure besig; vandag 2 werkers 4 ure. Was wraggies 'n groter job as wat ek gedink het. Maar, my twee DB boards was basies oorgebou.

Victron toerusting alles met tydelike krag voorsien, sodat my kundige in Kaapstad deur Teamviewer die meeste vd nodige instellings kon doen. Nogal nice om deur die Victron webiste al die verbruikings stats te kan sien ... Bv my gemiddelde verbruik gedurende die dag blyk dusver 600w en 800 w te wees; en pet die heat- en poolpumps aan 3 Kw. Natuurlik sal ek die pumps in die toekoms bedags aanskakel.

Edit: Verbruik hierbo nou meer akkuraat.
Edit (2): Nog iets wat my verbaas het, was wat my LED tube ligte trek in die werkskamer en kombuis. Tesame seker hier rondom 150w (minstens; ek moet nog verder check). Gits, ek was onder die indruk LED trek omtrent niks! Lyk my nie so met LED Tube nie. 150 watt is min wanneer die grid daar is; maar maak tog 'n betekenvolle verskil tydens loadshedding.

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Fri Jul 17, 2020 6:18 pm

Vordering
Die panele is vandag gemonteer op die dak. Môre die bedrading en die hardeware monteer en koppel. Hopelik alles klaar teen vroeg middag.

Edit:- Nou nie juis related nie, maar 'n ander area waar ek myself seker in die voet geskiet het, was my effens groterige sitkamer ... so ongeveer 8M x 5.4M en toe weens 'n fout met die dak-ontwerk moes ek hierdie vertrek 'n paar courses lig so nou is die ceiling hoogte sowat 3.7M. Weens redes (bv, reeds elders in die voet geskiet) was dit nie moontlik om toe te laat vir baie natuurlike lig nie dus nou vind ek die vertrek "koud'" (itv atmosfeer).

Anyhow: Het maar nou besluit om skylights in my sitkamer en kombuis te laat installeer.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 597
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Eishkom

Post by Kameraad Eksteen » Sun Jul 19, 2020 9:41 am

plompie wrote:
Thu Jul 09, 2020 8:10 pm
Gits, ek was onder die indruk LED trek omtrent niks! Lyk my nie so met LED Tube nie. 150 watt is min wanneer die grid daar is; maar maak tog 'n betekenvolle verskil tydens loadshedding.
Ek weet nou nie watse buisligte jy gebruik nie, ek het 90cm 18W LED buisligte ingesit in die ou luminaires. En ek het hulle getoets, hulle trek net daai 18w. Maar as jy LED vervangings buise insit "bypass" jy die ballast en starter in die luminaires. As jy nie fisies die ballast ontkoppel nie gaan hy steeds stroom trek al is hy nie meer aan die buise gekoppel nie.

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Mon Jul 20, 2020 5:49 am

Kameraad wrote:Ek weet nou nie watse buisligte jy gebruik nie … ballast ontkoppel
Die LED’s in my huis is nuwe fittings so hulle is reeds sonder die ballasts. Maar, ek het elders genoem dat die natuurlike lig in my huis maar swak is – veral werkskamer, sitkamer en kombuis. So ek los my kombuis- en werkskamer buisligte heeldag aan. In totaal 7; en dan het ek gegaan vir die hoogste wat ek kon kry – 22watt … so dis waar die 150w vandaan kom; en hoekom ek deesdae alle onnodige ligte afskakel tydens beurtkrag.

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Mon Jul 20, 2020 7:02 am

plompie wrote:LOL Sparkie sê vir my gisteraand "doomsday is already almost here" - want, as een "kragdepot" in my area blykbaar sou opblaas, het ons plaaslike munic geen spares nie, en sal dit glo 10 dae neem om te herstel. Sélf is ek nie 'n doomsday conspiracy theorist nie - maar ek kan nogal glo 'n 1-3 dae onderbreking is moontlik.
Só segd ek 'n paar plasings vroeër. Nou sien ek op news24 dat sekere areas in Jo'burg al amper 2 weke sonder krag sit, weens tekort aan onderdele. Ek lei egter ook af dat die areas redelik "dicey" (onveilige) areas is, waarskynlike plakkerskampe en/of minder gegoede woonbuurte en/of "daar waar daar baie overloading" is ... [waarskynlik weens diefstal, ens].

Nou wonder ek of daai "doomsday" nie dalk tóg ook moontlik is in die sg bevoorregte buurte nie.

Intussen het ons toe nie klaargekry Saterdag met my Solar install nie. Panele is op; meeste bedrading is al gedoen, maar party goed is verkeerd [e.g. AC/DC mag nie binne dieselfde conduit nie] - so my ongekwalifiseerde "expert" sal seker vandag klaarmaak en dan sal ons sy pêl inkry om af te teken / COC te issue. Darem kon ons al gister 'n totaal van 173V [x3 strings] van die panele na combiner box lees .. skynbaar gelykstaande aan omtrent 4500 watts, though dit klink te veel: 365x12=4380 wats. Wel, hopelik is ek oplyn vandag! :mrgreen:

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Tue Jul 21, 2020 6:29 am

plompie wrote:Wel, hopelik is ek oplyn vandag!
Toe nog nie. Ons kyk maar vandag. Installer eintlik 'n plumber-come-general-handyman en doen dit tussen sy ander verpligtinge. Plus, ek wil nie eintlik die stelsel "commission" voor sy Victron-pêl nie hier is om goed te keur nie. Wel, dan wag ons maar geduldig ... vandag of môre. Ek kort in elk geval nog 1 sg "VE direct cable" vir die comms met die "BMV" battery monitor, en dit kom vandag of môre.

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Sat Jul 25, 2020 7:38 pm

So geen belangstelling hier sedert 19 Julie nie wat seker maar goed is, want by my gaan daar vir eers min aan. Weens *redes* moes ek 'n paar veranderinge maak wat my spoed bietjie gebreek het; onder andere 'n ander battery - die keer 'n Revov 11.1 Kwh Lithium wat seker volgende week sal arriveer.

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Thu Aug 20, 2020 5:44 am

Uiteindelik klaar. Ek het ongelukkig baie k@k gehad en dit het redelik lank geneem om (a) 'n MPPT onder waarborg uitgeruil te kry; en (b) 'n Probleem van sg "LOM (loss of mains) detection" aan te spreek, wat te doen het met daai sg "last mile" supply van local utility xformer tot by my [en ek is nogal daai "laaste punt" verste weg van die xformer]. Fix? Country code verander van SA na UK.

Weens "redes" het ek toe geëindig met 11.2 Kwh se Lithium Ion - Verreweg meer as wat ek benodig; maar nou ja - ons was aanvanklik onseker of die battery dalk die probleem was; en toe wou ek BAIE SEKER maak. Darem, behoort ek van 20:00 tot 07:00 op battery power te kan wees; en STEEDS 'n LS event te kan hanteer.

Nog net EEN dag kans gehad om die panels te toets, maar stel dit so: Relatief "overcast" dag; swembad pomp en heat pomp en al my "critical" behalwe hi-fi ... panels het alles gedra die meeste vd tyd; net hier en daar waar hulp nodig was van grid.
Attachments
setup.jpg
setup.jpg (487.76 KiB) Viewed 344 times

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Eishkom

Post by DieAnderEk » Thu Aug 20, 2020 10:47 am

Nice!
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 597
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Eishkom

Post by Kameraad Eksteen » Thu Aug 20, 2020 11:38 am

Jissis, so baie drade so!

Post Reply