Groot JoJo tenk

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
Post Reply
plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Groot JoJo tenk

Post by plompie » Tue Sep 17, 2019 6:51 am

Na jare het ek uiteindelik die besluit geneem om een van my pools tot niet te maak - dit kon slegs vir 1 huurder dien; en nou ja - die betrokke eenheid het dit nie juis geregverdig nie.
Bietjie impulsief verander ek dit toe eerder in 'n moerse JoJo tenk deur 'n betonblad oor te gooi. Dooie D@nner 63 sakke sement en baie naby aan R30K later ...

Nou soek ek bietjie raad by julle ouens, veral daar in die Kaap waar julle ondervinding het ... Ek hoor daar is toestelle soos bv die "rain bank". My loodgieter sê ek kan sommer my hele huis se water daarop sit; en dan skakel dit outomaties oor na Munic sodra die "tenk" leeg is. Die .PDF sê dis slegs vir toilet en wasgoed bedoel; maar my loodgieter sê nee, "dis net in Australië". My huis is nie so ge-plumb dat ek maklik die water sou kon split nie ... so nou wil ek hoor: Is daar 'n probleem om al my water na reënwater vanuit die pool-tenk om te skakel, of is daar iets om oor te worry - dalk spesiale filters en/of gereelde behandeling vd water met chemikalië?

User avatar
DieAnderEk
Posts: 495
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Groot JoJo tenk

Post by DieAnderEk » Tue Sep 17, 2019 9:13 am

Hi plompie

Ek is nie van plan om vir jou raad te gee nie, maar ek stel voor jy post op Poespasklets sodat mense hulle notifications kry en dan kyk wat nog aangaan. Ek kry die "New topic" notification maar almal se settings is dalk nie dieselfde nie.

Hoop dit gaan goed daar.

PS My ouers het 'n JoJo-tenk maar ek vermoed dis 'n mengsel van reënwater en die bure wat hulle goedgunstiglik van hulle boorgatwater verskaf (as ek reg onthou).
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Groot JoJo tenk

Post by plompie » Tue Sep 17, 2019 1:49 pm

Gaan nog heel goed hier DAE dankie. As ek reg onthou sou jy 'n werksverandering ondergaan ... alles O.K. op daardie front?
Ek wag maar nog so bietjie vir terugvoer - moet in elk geval minstens 14 dae wag voor ek die shuttering verwyder.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 495
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Groot JoJo tenk

Post by DieAnderEk » Tue Sep 17, 2019 2:51 pm

Dankie plomp, nog geen vaste aanstellings nie maar nogal aan die gang op verskillende fronte. Mense begin al op my knoppie druk vir hulle projekte so ek dink dis 'n kwessie van tyd voordat daar iets gebeur. Was ook by 'n werksonderhoud onlangs so kom ons kyk.

Groete en ek hoop iemand kan jou help.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 590
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Groot JoJo tenk

Post by Kameraad Eksteen » Fri Sep 20, 2019 7:52 am

plompie wrote:
Tue Sep 17, 2019 6:51 am
of is daar iets om oor te worry - dalk spesiale filters en/of gereelde behandeling vd water met chemikalië?
Worry oor Selmonella van voëltjies en muise wat op die dak akkies. Jy sal dit moet filter.

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Groot JoJo tenk

Post by plompie » Fri Sep 20, 2019 4:19 pm

Dankie Kameraad, DAE.

Ek het gesels met iemand wat voorheen by ons plaaslike Munic se water dept gewerk het. Hy reken ek moet dit amper soos 'n swembad hanteer; en seker maak die water se PH bly tussen 7.2 en 7.6. Vlgns hom behoort een van daai blou floaters per maand voldoende te wees.

Dan sal mens natuurlik 'n Carbon filter op die output moet sit; mesh-filters by die downpipes installeer en seker maak die geute world gereeld skoongemaak. Seker ook 'n mesh-filter op die suigpyp sit en seker maak hy hang nie heeltemal op die bodem nie; maar so paar cm's boontoe?

Dink ek sal maar voortgaan en die stelsel op my eie huis sit. My huis is eintlik drie eenhede; met sy eie klein pool wat gereeld aangevul moet word - so ek gebruik heelwat water; en ek dink die kanse is goed dat ek myself feitlik heeltemal van Munic water sal kan afhaal.

Sal maar sien ...

User avatar
Frikkadel
Posts: 296
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: Groot JoJo tenk

Post by Frikkadel » Wed Sep 25, 2019 1:32 pm

Jip, hou ph reg, en kry maar van daai duur filters as jy dit vir huis gebruik gaan aanwend.

Charles xv
Posts: 32
Joined: Mon Feb 10, 2020 7:07 pm
Location: Verwoerd straat Sasolburg area

Re: Groot JoJo tenk

Post by Charles xv » Wed Feb 19, 2020 1:57 pm

Ek persoonlik gebruik jojo tanks.
Hello daar

User avatar
vixen
Posts: 409
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Groot JoJo tenk

Post by vixen » Thu Feb 20, 2020 7:28 am

Charles xv wrote:
Wed Feb 19, 2020 1:57 pm
Ek persoonlik gebruik jojo tanks.
Met so 'n groot nood kan ek net hoop jy mis nie jou korrel nie.

Post Reply