Keto- en K@kpraat stories

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Keto- en K@kpraat stories

Post by plompie » Thu Oct 24, 2019 7:35 pm

Einde van my bouprojek [Des 2016] sê die kwak vir my: "jou uitslae is uitstekend; amper asof jy nie-diabeet is nie".

F@kkin 1 jaar later is my BS tellings moer toe hoog. Dinge raak so bad ek begin metings te neem van 14; een keer selfs 18. Kan nie so aangaan nie - iets drasties moet gedoen word. So begin ek hier rondom Junie drasties te verminder op my carbs - want sien, dis mos wat jou BS spyker.
Ek was nog altyd egter uiters bewus van vet inname, dus beperk ek dit ook.

Dis nou 3 en 'n halwe maande later. Ek weeg 14kg minder en is op 50% minder meds. As skeptikus, is ek regtig nie iemand om op enige bandwagon te spring nie dus was ek in denial tot nou: F@k lyk my tog ek keto. Onbedoeld.

Nou wonder ek wat van Daan vdM geword het? Lanklaas van hom gehoor. En sy GlucoFokkin opmerkings! :lol:

User avatar
DieAnderEk
Posts: 481
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by DieAnderEk » Thu Oct 24, 2019 10:40 pm

plompie wrote:
Thu Oct 24, 2019 7:35 pm
Nou wonder ek wat van Daan vdM geword het? Lanklaas van hom gehoor. En sy GlucoFokkin opmerkings! :lol:
Ek speel nog skaak met die man - het vandag nog 'n boodskappie getik.

Ek gebruik meds vir epilepsie (kry dit darem byna nooit) en keto is ook glo goed vir dit. Maar vir nou hou ek van die kantlyn af dop...
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

Charles xv
Posts: 32
Joined: Mon Feb 10, 2020 7:07 pm
Location: Verwoerd straat Sasolburg area

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by Charles xv » Wed Feb 19, 2020 12:58 pm

Jislike mense eet maar wat hulle eet.
Hello daar

User avatar
vixen
Posts: 401
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by vixen » Mon Feb 24, 2020 9:14 am

plompie wrote:
Thu Oct 24, 2019 7:35 pm
Dinge raak so bad ek begin metings te neem van 14; een keer selfs 18. Kan nie so aangaan nie - iets drasties moet gedoen word. So begin ek hier rondom Junie drasties te verminder op my carbs - want sien, dis mos wat jou BS spyker.
Ek was nog altyd egter uiters bewus van vet inname, dus beperk ek dit ook.

Dis nou 3 en 'n halwe maande later. Ek weeg 14kg minder en is op 50% minder meds. As skeptikus, is ek regtig nie iemand om op enige bandwagon te spring nie dus was ek in denial tot nou: F@k lyk my tog ek keto. Onbedoeld.

Nou wonder ek wat van Daan vdM geword het? Lanklaas van hom gehoor. En sy GlucoFokkin opmerkings! :lol:
Ek't al vergeet van die draad.

Ek is nog in die denial van is 'n diabeet. Dit is net die lab wat so sê. En my apteker het vir my gesê 7 is normaal, so ek steur my nie aan 'n non smiley nie. Onlangs nê toe kry ek 'n meting van 28 wat my laat wonder het wanneer ek 'n spook geword het. Gelukkig was dit in die middag 23 en laataand 6 iets. Niemand het ooit vir my gesê die strips verval nie.

plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by plompie » Mon Feb 24, 2020 12:29 pm

Ja, ek het ook vergeet van hierdie draad.
Sedert Junie - gesamentlik met die knie-episode 4kg verlies, sien ek dis nou al 24 Kg ... Die laaste 4 was te vinnig so ek sal seker 2 of so terugsit maar tog, 22 Kg = 44 pakkies botter.

Ook: Ek het (versigting) begin carbs terugsit, bv appels / perskes [maar steeds nie piesangs/pynappel nie]; boontjies [maar steeds nie patat, aartappels en pasta nie] en dan ook gort en lentils [maar steeds nie rys nie].

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by Kameraad Eksteen » Mon Feb 24, 2020 2:47 pm

plompie wrote:
Mon Feb 24, 2020 12:29 pm
... maar tog, 22 Kg = 44 pakkies botter.
Of 'n kruiwa vol aartappels, of 'n dosyn of so twee liter Coke Zero's, 'n sewejarige seunskind, 'n Labrador tefie of 183 blikkies sardientjies! G'n wonder jou knieë was kwaad vir jou nie.

Maar wag, laat ek jou vertel van my verbeterde glutenvrye aartappel verslankingsbrood!

plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by plompie » Mon Feb 24, 2020 5:41 pm

O ja. Dis beslis so dat die jare van oorgewig die hoofsaaklike bydraende faktor tot my opgef@kte knieë was.

Ek onthou jy't genoem daar is 'n gluten probleem in jou gesin, Kameraad. Ek het egter nie daardie probleem nie; so vir my gaan dit eerder oor lae-koolhidraat. En per definisie kan 'n brood - glutenvry of nie - immers nooit hieraan voldoen nie.

So ek sal dalk opgewonde raak as jy resepte kan deel wat die stysel dophou ... :D

Dit gesê, raak die woord "resep" soort van oorbodig wanneer mens (bv) agterkom hoe lekker 'n rou slaaitjie regtig is. En omdat brood / crackers of beskuit nie meer deel vorm van my dieet nie, het dit ook die drang na souse en smere uitgeskakel.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by Kameraad Eksteen » Tue Feb 25, 2020 7:59 am

plompie wrote:
Mon Feb 24, 2020 5:41 pm
O ja. Dis beslis so dat die jare van oorgewig die hoofsaaklike bydraende faktor tot my opgef@kte knieë was.
Ek ken 'n spul mense met knieë en heupe wat vervang is, en die oorgewig lot is in die minderheid, snaaks genoeg.

Charles xv
Posts: 32
Joined: Mon Feb 10, 2020 7:07 pm
Location: Verwoerd straat Sasolburg area

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by Charles xv » Tue Feb 25, 2020 11:39 am

Kameraad Eksteen wrote:
Tue Feb 25, 2020 7:59 am
plompie wrote:
Mon Feb 24, 2020 5:41 pm
O ja. Dis beslis so dat die jare van oorgewig die hoofsaaklike bydraende faktor tot my opgef@kte knieë was.
Ek ken 'n spul mense met knieë en heupe wat vervang is, en die oorgewig lot is in die minderheid, snaaks genoeg.
Die meeste mense wat ek ken wie se kniee vervang is, is oorgewig /obese.
Vandag is vetsug so algemeen dat vet mense dink hulle gewig is normaal. Mense met 'n BMI van 22 sien ek word as maer genoem.
Wat jy uitlaat om te noem is die aantal vet en obese mense wie se beweging/mobiliteit byna nie bestaan nie.

Van my vriende wat na skool rugby gespeel het, het kniee probleme, party is obese en ander is oorgewig en daar is ook van hulle wie se BMI onder 25 is as ek moes raai wie ook knie probleme het.

Hetsy sportbeserings of oorgewig/obese, probleme volg ouderdom.

Jou sottige opmerking wat daarop sinspeel dat oorgewig; om meer korrek te wees obese mense, eintlik nie die probleem het nie is banaal.
Hello daar

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by Kameraad Eksteen » Tue Feb 25, 2020 12:34 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Tue Feb 25, 2020 7:59 am
plompie wrote:
Mon Feb 24, 2020 5:41 pm
O ja. Dis beslis so dat die jare van oorgewig die hoofsaaklike bydraende faktor tot my opgef@kte knieë was.
Ek ken 'n spul mense met knieë en heupe wat vervang is, en die oorgewig lot is in die minderheid, snaaks genoeg.
En nou dat ek daaraan dink, die maer ouens is meestal boere en tuin ouens wat lank aan organofosfate en ander spuitstowwe blootgestel was en gevolglik osteo-artritis ens. ontwikkel het. Vet mense se liggame stoor die soort giwwe in hul vetweefsel en hul liggame is dus minder blootgestel aan die gifstowwe. Enigste probleem, sodra jy gewig verloor kom daai gifstowwe weer in jou sirkulasie en daai blootstelling kan akuut wees.

Post Reply