Keto- en K@kpraat stories

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by Kameraad Eksteen » Tue Feb 25, 2020 12:53 pm

plompie wrote:
Mon Feb 24, 2020 12:29 pm
Ook: Ek het (versigting) begin carbs terugsit, bv appels / perskes [maar steeds nie piesangs/pynappel nie]; boontjies [maar steeds nie patat, aartappels en pasta nie] en dan ook gort en lentils [maar steeds nie rys nie].
Sê as jy reg is vir mielies, ek het 'n befokte mieliedis wat net mielies in het, niks van resepte nie.

Charles xv
Posts: 32
Joined: Mon Feb 10, 2020 7:07 pm
Location: Verwoerd straat Sasolburg area

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by Charles xv » Wed Feb 26, 2020 7:43 am

Kameraad Eksteen wrote:
Tue Feb 25, 2020 12:53 pm

Sê as jy reg is vir mielies, ek het 'n befokte mieliedis wat net mielies in het, niks van resepte nie.
Dude !, wat skryf jy hierbo? Lol is jy ok man?

'n Befokte mieliedis wat net mielies in het .....hahahaha , dis is 'n fokkeng mielie waarvan jy praat. Ek hoop jy maak die mielie gaar of tand jy hom sommer so rou van die stronk af?

Hahahaha so jy sit nie eers sout of botter op nie, jy tand net die mielie hahahah .
Hello daar

User avatar
vixen
Posts: 401
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by vixen » Wed Feb 26, 2020 10:40 am

Charles xv wrote:
Wed Feb 26, 2020 7:43 am
Kameraad Eksteen wrote:
Tue Feb 25, 2020 12:53 pm

Sê as jy reg is vir mielies, ek het 'n befokte mieliedis wat net mielies in het, niks van resepte nie.
Dude !, wat skryf jy hierbo? Lol is jy ok man?

'n Befokte mieliedis wat net mielies in het .....hahahaha , dis is 'n fokkeng mielie waarvan jy praat. Ek hoop jy maak die mielie gaar of tand jy hom sommer so rou van die stronk af?

Hahahaha so jy sit nie eers sout of botter op nie, jy tand net die mielie hahahah .
Niks snaaks aan die dis nie. Veral die wat nog hare aan het - uiters voedsaam.

plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by plompie » Thu Jul 09, 2020 4:24 am

Onlangs dink ek mos toe weer aan die baie waarhede wat ek dikwels in Kameraad se plasings raaklees [dis nou so tussen al die k@kpraatstories]. Veral hierdie juweel:
Kameraad wrote:Dis eerder dat elegante minimale, selfs passiewe, oplossings 'n besonderse bevrediging meebring.
Dink toe ook aan daai vorige beskuit- en glutenvrye broodresepte ... daai pekan meel - die goed het oud geraak by my; en ek het op die ou end 'n paar sakke weggegooi :lol: :lol:

Anyhow: Met my nuwe eetgewoontes kom ek mos toe uiteindelik agter dat net deur hoofsaaklik by whole foods te bly aan die einde van die dag die heel gesondste, maklikste en ... ja, elegantste oplossing is. :lol: Ek mors my tyd met mince-resepte bv meatloaf en whatelse nog. Ek meen, wat kan tog nou meer elegant wees as 'n appel of peer vir 10:00; of sommer net 'n braaitjoppie + avo/tamatie/blaar-slaai? G'n "resep" hiervoor nodig nie ... :roll: Gekookte eier + stukkie wors van gisteraand se braai ... dis nou vir jou elegant inderdaad!!
Gits, nie alleen raak ek mos nou so slim nie; bietjie filosofies ook. :roll:

Maar, dan weer dink ek toe ook aan ons ou koshuismatrone wat eintlik nie kon kook nie. Die woord "voedingswaarde" oor haar lippe het somehow vreemd geklink. Anyhow, sy het sommer baie dikwels eenvoudig BLIKKIESKOS voorgesit, glo dit of nie. Die koshuis was konstant in die "rooi" maar "so what" dis nog die dae toe die Departement betaal het vóór model C. Maak nie saak hoeveel keer die Sup's vir haar probeer verduidelik het dat sy DISSE moet voorberei (met mince, bv) nie - sy het net eenvoudig nooit "verstaan" nie. Maar raai wat? As ons aanneem dat geld regtig nie 'n issue was nie; en dat die voedingswaarde nie belangrik was nie ... DAN WAS SY REG!! Want, dis mos nou BAIE MAKLIKER om blikkies oop te maak ...
So vir my werk 'n stukkie (duur) vleis + slaai. Nie vir groeiende kinders in 'n koshuis wat geld behoort te spaar nie. Wat elegant vir my is; is beslis nie elegant vir 'n koshuiskombuis nie.

Anyhow: Ek sluit hierdie k@kpraatplasing af met:- 'n Paar weke terug Google ek mos toe hierdie Keto 2-ingredient pannekoek raak. Net eiers en cream cheese. Stick blender en 2T op 'n slag in die pan. Ek sê bullsh!t ek het nie tyd hiervoor nie en m@er sommer die lot netso in die pan. Ha! natuurlik kan jy nie die ding lekker draai nie ... breek met spatula en flip hier en daar ... Die resultaat het glad nie elegant voorgekom nie. Maar ek moet bieg dit het baie elegant gesmaak en nou doen ek dit minstens 2 keer per week ... :lol:

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by Kameraad Eksteen » Thu Jul 09, 2020 5:59 pm

plompie wrote:
Thu Jul 09, 2020 4:24 am
elegantste
Oorlat dit nou net ek en jy is wat hier is, voel ek so half ek moet ietsie sê. Dis daai van die mielies, dit moes nou wag dat die kaf en semels nou eers 'n bietjie weg is. Maar hoor hier ek maak mos tortillas, soos die antieke Asteke dit wou maak. Jy vat 'n groterige pot, gooi so vier koppies heel geelmielies in, kry sommer daai heel goedkoop mielies waarmee hulle hoenders voer. gooi die pot half met water, skep al die kak en hare af wat dryf soos distels en enige ding wat nie soos 'n mieliepit lyk nie. Nou laat jy die water met die mielies kook, en sodra dit begin kook gooi jy een eetlepel gebluste kalk in, en dan kook jy die mielies daarin tot die velletjie van die mielie tussen jou vingers afkom, so 30 tot 40min. Dan sit jy die pot eenkant vir so 24 uur. Dan was jy die mielies behoorlik met jou hande in skoon water tot die water skoon afloop. Dan sit jy die lot deur 'n mieliemeul op enige grofheid van verskriklik fyn tot braaipap tekstuur, alles werk. Daai meel maak jy dan effe nat en jy maak gholfbal grootte balletjies en die druk jy plat tussen twee lae plastiek, sommer met 'n pot. Daai plat koekie gooi jy dan netso op 'n warm non-stick pan met 'n lae rant, en na so paar sekondes draai jy hom om, en na so 20sek is jou tortilla gaar. Koningskos!

Net water Mielies, gebluste kalk en dis al, niks sout, olie, botter of ander byvoegings nie. En die voedingswaarde is glo iets aardig. En daai deeg hou seker 'n week in die yskas.

plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by plompie » Thu Jul 09, 2020 9:27 pm

Kameraad, ek glo jou. En hoor vir my: As jy daai 1-gredient mielie-resep (seker so 80% of so carbs) kan aanpas na 'n low-carb weergawe soos sê 'n 1-gredient na 'n onder (sê) 30% carbs ekwivalent wat maklik vir my werk ... j!ssis ek skuld jou; geen eidelike praatjies nie.

plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by plompie » Sun Jul 12, 2020 8:45 pm

Kameraad, ek het nou wel genoem dat ek paar sakke van daai pekanneut meel weggegooi het; oorlat dit te oud was ...
...MAAR ek oorweeg nogal om weer daarna te kyk.

Voorheen, ten tye van jou befaamde beskuitresep, het die pekanneut meel idee my "fancy geticle" maar nou ja om die ou end het ek nie gedink dat dit vir my persoonlik "werk" nie.

MAAR:- In die tussentyd he die low carb [en low fat waar ek kan] vir my nogal belangrik geword - ek kan regtig sê dat my suiker nou gestabiliseer het; selfs al het ek "beperkte" carbs begin terugsit.

Anyhow: Pekanneut is laer in vet en kalorië as (bv) Amandels - plus die carb inhoud is laag. Nou dalk het ek al voorheen gepraat van die sogenaamde "Life Changing Bread" wat op die internet te vinde is. Nie regtig 'n brood nie. Beter beskrywing is:- Klomp sade, neute en oats wat aanmekaar gegom word deur psyllium husk en dan gebak word tot 'n baksteen. Anyhow: Op die ou end het dit my my deurgeskemer dat met psyllium husk [en tot 'n mindere mate chia en flax] kan jy eintlik enigiets "gom". So toe kyk ek wéér na die sg LCB maar sonder die oats (omdat dit nie heeltemal so low carb is nie). Op die ou einde nou geëindig met 'n "almost exclusively" saad weergawe; plus vir nou bietjie almond meel [wat ek wil vervang met pecan].

Meng droë bestandele in 'n roomys bak; Moer nat daarby. Sodra "gom" geset; Russell Hobbs 1 uur; dunnerige snye; daarna "twice-toasted" ... hou my in die yskas vir so 5 dae. Regtig vir my baie lekker, met botter en avo etc.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by Kameraad Eksteen » Sun Jul 19, 2020 10:05 am

Die ding is, ek het nou uitgevind wat vir my werk, en dis eintlik 'n ou boereraat. Ek rasper 'n aartappel met 'n baie fyn rasper, skil en al, en daaroor gooi ek kookwater en laat staan hom vir so uur of wat, en dit gaan dan saam met die meel in die brood in. Dit maak 'n fantastiese verskil aan die brood se tekstuur. Maar die keto, en low carb ouens kry skoon knope in hul panties as jy van 'n aartappel durf praat. Die wetenskap het ander idees hieroor, slap tjips klink soos 'n euwel deur die bank, en dit lyk my die positiewe of negatiewe effek op mense se suiker hang maar af van hoe dit gaargemaak word. En dan gebruik ek ook al hoe meer lynsaad.

Die enigste ding oor sade en baie soorte meel is die feit dat plante nie eintlik wil hê jy moet hul nageslag eet nie. So die gesonder weergawe van enige saad sal noodwendig die effe verwerkte vorm wees wat daai lektiene tot 'n mate afgebreek het. Byvoorbeeld daai "nixtamalization" proses met mielies, met die kook in gebluste kalk maak dit 'n superkos versus onverwerkte mielies as stapelvoedsel wat op die lange duur pellagra veroorsaak. So elke saad het maar sy eie verdedigings meganisme wat oorkom moet word. Aan die anderkant weer, hoe groter verskeidenheid kosse jy inneem hoe beter is dit vir jou gesondheid al is sekere kosse effe giftig as 'n stapel.

plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by plompie » Mon Jul 20, 2020 5:58 am

Kameraad wrote:...aartappel met 'n baie fyn rasper ... kookwater ... keto, en low carb ouens kry skoon knope in hul panties as jy van 'n aartappel durf praat.
Ja, ek het al êrens raakgelees dat die GI van aartappels effe verlaag word deur bg metode.

Wat die panties betref, moet ek erken dat ’n mate van toffie-neuserigheid dikwels geregverdig is. Veral by daardie (die meeste?) keto/low-carbers wat dink hulle is fashionable en op die sg bandwagon spring en O f@k hulle kan tog net nie ophou praat daaroor nie. Ook, vir sommige is dieet soos geloof. Hulle oortuig hulself dat hulle slegs avo's, neute en chia sade “mag/kan” eet; en net Woollies s'n. En natuurlik moet almal weet dat die gasheer nie vir sy/haar spesiale [lees: self-opgelegde] dieet voorsiening gemaak het nie. Dit gee my ook ‘n baie groot k@k.
Kameraad wrote:en dit lyk my die positiewe of negatiewe effek op mense se suiker hang maar af van hoe dit gaargemaak word.
Ek het nogal elders ook so raakgelees, ja. Maar ek glo nogal dis verdwynend klein in vergelyking met (bv) die effek op bloedsuiker tussen ’n aartappel en dieselfde kilojoules vanaf avo’s; eiers; seldery of tamatie.
Kameraad wrote:En dan gebruik ek ook al hoe meer lynsaad.
Dieselfde hier! Veral omdit dit help om my “baksteen” te gom. Ek begin ook nou veel meer Chia gebruik – beslis nie omdat ek op die “superfood-bandwagon” gespring het nie; maar omdat ek afgekom het op ’n plek wat 1 kg pakke verkoop teen R87.
Kameraad wrote:nixtamalization …. (maak mielies) 'n superkos
Dis die eerste wat ek hierdie woord hoor! So bietjie ge-G en ek sien dis ‘n belangrike proses wat (bv) blykbaar van gifstowwe ontslae raak. Ek kan ook glo dat dit die stysel-inhoud effens verlaag, maar vir tipe 2 diabete op die rand van inspuit, egter, dink ek mielie-nixtamalization het waarskynlik dieselfde waarde as ’n Coke Zero saam met ’n cream doughnut.

Daarby gesê (1):-
Ek het mielies, aartappels, brood, beskuit, pasta (ens) werklik gemis aanvanklik – tot ek agtergekom het hoeveel (amper oorweldigend) gesonder keuses daar is vir iemand soos ek. En dis bloot net makliker vir my om ’n appel; peer; avo; eier; tamatie (ens) te gryp as om ’n brood te probeer bak met ge-nikstamilaseerde mieliemeel. In daardie sin moet ek bieg dat die woord resep vir my ’n redelik uitgediende konsep begin word het.

Daarby gesê (2):- GI vs GL
Glycemic Load [wat basies neerkom op porsie-kontrole] was vir my tot redelik onlangs ’n nuwe term. Natuurlik is dit vir die meeste mense geen probleem om (bv) stysel te eet nie … maar diabete moet bloot net seker maak hulle oorskrei nie aanvaarbare GL tellings per porsie nie. So ek kan seker baie maklik ’n lekker kleurvolle slaaitjie voorberei met (o.a.) ’n agste-koppie mielies; ’n ¼-koppie ertjies (ens). Maar eerlik? Dis vir my baie makliker om dit sommer maar net te los – gegee al die ander keuses wat ek het.

Daarby gesê (3):- Stysel
My amper geheel afswering van stysel was darem net tydelik ... die “kickstart” toe drastiese stappe nodig was. Ek eet nou gereeld (bv) boontjies, beet, lensies, gort ens – en glo my, dit sal nogal die keto lowcarbers se panties laat twist. :lol:

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by Kameraad Eksteen » Mon Jul 20, 2020 10:38 am

plompie wrote:
Mon Jul 20, 2020 5:58 am
Dis die eerste wat ek hierdie woord hoor! So bietjie ge-G en ek sien dis ‘n belangrike proses wat (bv) blykbaar van gifstowwe ontslae raak. Ek kan ook glo dat dit die stysel-inhoud effens verlaag, maar vir tipe 2 diabete op die rand van inspuit, egter, dink ek mielie-nixtamalization het waarskynlik dieselfde waarde as ’n Coke Zero saam met ’n cream doughnut.
OK, as ons dinge nou baie vereenvoudig met suikersiekte werk die meganisme vir alle soorte amper dieselfde dis 'n soort outo-immuun reaksie wat jou beta selle probeer doodmaak. Jou immuunstelsel stel "inflammatory cytokines" vry wat die skade aanrig. Dis molekulêre boodskappers wat immuunresponses soos inflammasie in selle meebring. Fast forward, jy het seker van die cytokine storm in COVID-19 gehoor. Dis presies dieselfde meganisme wat mense diabetes gee as wat hulle doodmaak van die virus. Dis ook hoekom die ouens met diabetes so maklik doodgaan van die "rona".

Fast forward weer, daai inflammatoriese of anti-inflammatoriese boodskappers word gereguleer deur onder andere regulerende T-selle, 'n soort witbloedsel. En op sy beurt reageer daardie T-selle of Tregs op hul omgewing en boodskappe van byvoorbeeld die bakterieë in jou derms. Hierdie selle dien as 'n "interface" tussen die omgewing waaraan ons blootgestel is en ons immuunrespons daarop en dit help met die regulering van van ander witbloedselle. Op sy beurt stimuleer sekere van ons bakterieë in die derms weer die ontwikkeling van die selle, so dis 'n twee rigting proses oor en weer hierdie fisiese wand. En redelik onlangs het ons uitgevind daar is selfs "commensal viruses" in die maagwand of dermkanaal.

Goed, so as jy die bakterieë se balans versteur, versteur jy die dinamika in die maagwand, versteur jy die regulerende T-selle, versteur jy die immuunrespons,'n versteurde immuunrespons maak jou vatbaar vir ongeteikende inflammasie en outo-immuun siektes. Ek meen daar is nou al baie studies waar hulle baie spesifieke bakterieë geïdentifiseer het wat spesifiek deur hierdie meganisme (en ingewikkelder boodskappe) direk met jou beta selle in die pankreas kommunikeer en insulien afskeiding en glukose tolleransie reguleer.

Nou neem jy nog 'n stappie terug, dit wat jy eet, hoe steriel jou omgewing is, antibiotika, besoedeling ens. beïnvloed jou maag bakterieë. Dis hoekom die COVID statistiek ons wys, die ouens in lande wat geweldig skoon en steriel leef, afhanklik is van medisyne om hulle aan die lewe te hou ens. hulle is die ouens wat in hordes doodgaan. Dis nie die diabetes en oorgewig wat jou vatbaar vir dodelike Covid maak nie, dis die onderliggende immuun reaksie wat saam met oorgewig en diabetes kom.

Daar was al studies wat hulle swart Afrikane op 'n New York dieet gesit het, en binne maande het hulle prediabete geword, en waar hulle swart Amerikaanse tiepe 2 diabete op 'n landelike Suid Afrikaanse dieet gesit het waar hul diabetes opgeklaar het.

Om terug te keer na jou mielies, dit werklik nie oor om die porsie grootte of die koolhidraat inhoud te probeer bepaal nie. Dis jou leptien respons se werk. Ons gaan nie met wilskrag, slim wiskunde of skuldgevoelens alles omswaai nie. As jou jy 'n wanbalans van bakterieë in jou sisteem het wat smag na suiker, gaan hulle jou maak suiker eet, en jy gaan nie ontslae raak van daai outjies oornag nie. As 'n analogie, dis soos om 'n oorgroeide tuin met onkruid probeer beheer met net 'n bietjie minder water en 'n bietjie onkruiddoder nou en dan. Daar is 'n ander gewilde ding deesdae die FODMAP dieet, en dit behels dat jy bakterieë in jou derms beheer deur minder pre-biotiese kosse te eet want dit help om die oormatige groei van sekere fermenterende bakterieë in toom te hou, en outjies wat inflammasie en so ongemak meebring. Die probleem is egter dis soos om minder kunsmis op jou reeds disgereguleerde onkruid tuin te gooi.

Dis 'n tydsame proses om weer 'n diverse veerkragtige spysverteringssisteem daar te stel, en met kos is die enigste manier om soveel verskeidenheid in jou dieet te kry as moontlik, mettertyd kom die balans en die regulering tot 'n mate weer reg. (Maar ook nie altyd nie, daar is 'n point of no return met seker outo-immuun toestande.)

Post Reply