Keto- en K@kpraat stories

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by plompie » Tue Jul 21, 2020 11:22 am

Kameraad wrote:Ons weet ook dat die spesifieke spesie Lactobacillus natuurlik voorkom in gesonde mense se spysverteringskanaal, en dat hierdie Lactobacillus stysel vir sy eie oorlewing benodig. ... Ons weet ook dat mense met oorgewig 'n wanbalans in bakterieë in hul spysverteringskanaal het ... Bonus punte, gaan ons die met 'n pil regmaak?
Straks, in die toekoms ja.
Vir nou, moet ons maar doen wat ons kan, na die beste van ons onderskeie vermoëns. En dit wat ons kan doen, is nogal dikwels common sense. Eet groot verskeidenheid [soos jy tereg noem]; nie te veel vette, en daais wat jy eet maak dit gesonde(r) vette; eerder heel vrugte as sappe [vesel]; Maak jou carbs "werk" vir jou: goeie/beter carbs, e.g. oats (alhoewel, ek los dit); beet (soos jy tereg ook sê); lensies, gort (eerder as rys); meer groente; "whole foods" .... ens ens ens.
Ek is redelik seker egter [dis nou vir my bonuspunte] dat die antwoord nie lê in genikstamaliseerde mielie- en cassavameel nie. Om die een of ander rede herinner die benadering my aan homeopatie.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by Kameraad Eksteen » Tue Jul 21, 2020 12:03 pm

plompie wrote:
Tue Jul 21, 2020 11:22 am
Om die een of ander rede herinner die benadering my aan homeopatie.
Functional food science laat jou dink aan homeopatie? Oukei, ek hoor jou.

plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by plompie » Tue Jul 21, 2020 2:03 pm

Kameraad, sorry laat ek meer duidelik wees: Ek is 'n diabeet. Cassava- en mieliemeel is juis dinge wat diabete moet vermy. So nou laat dit my dink aan daardie (ek dink eerste) beginsel van homeopatie: "Like cures like" ...
So ek het niks teen "functional food science" nie. En, dis naais om te weet dat daar maniere is om tradisioneel diabeties-onvriendelike kosse dalk bruikbaar te maak (vir diabete).

Daar is egter 'n hele paar praktiese implikasies wat ek op die een of ander manier uitgewys het; en indien nie sal ek duideliker probeer wees:
1. Waar kry ek hierdie spesiale cassava- en mieliemele?
2. EN: Hoe kan ek dit MAKLIK - amper sonder resep, só gebruik dat dit my bloedsuiker selfs meer verlaag, as die verlaging wat reeds teweeg gebring word om dit eerstens te vermy?
3. EN: Is dit regtig nodig vir diabete om in hul dieet in te sluit? Is dít wat beskikbaar is nou, binne maklike bereik. En maklike voorbereiding [indien enigsens] ... Is dit nie genoeg nie?

Ontwikkel 'n meel kombinasie vir bloedsuiker-verlagende broodresep ... die wêreld sal jou bedank.
[Edit: Kliënt ingestap om rekenaar op te tel; ek was eintlik nog besig.]. So anyhow dikwels tydens Google spring daai "clickbait" mos op .. do this one trick that doctors don't want you to know" .. (etc). So hierdie nuwe bewyse op die tafel ... naamlik dat verwerkte cassava- en mieliemeel skynbaar bloedsuiker méér kan verlaag; as om dit bloot te vermy. Hierdie bewyse, wel dit is beslis nog nie mainstream nie.
Miskien probeer dokters en "big pharma" dit onderdruk? Jy weet - soos motors kon al lankal op water loop maar die oliebase het die tegnologie uitgekoop en ge-shelf.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by Kameraad Eksteen » Tue Jul 21, 2020 3:37 pm

plompie wrote:
Tue Jul 21, 2020 2:03 pm
Kameraad, sorry laat ek meer duidelik wees: Ek is 'n diabeet. Cassava- en mieliemeel is juis dinge wat diabete moet vermy. So nou laat dit my dink aan daardie (ek dink eerste) beginsel van homeopatie: "Like cures like" ...
So ek het niks teen "functional food science" nie. En, dis naais om te weet dat daar maniere is om tradisioneel diabeties-onvriendelike kosse dalk bruikbaar te maak (vir diabete).
Snaaks dat lande wat wit rys en cassava as stapelvoedsel gebruik die laagste voorkoms van diabetes het. Regtig vreemd, of hoe?
plompie wrote:
Tue Jul 21, 2020 2:03 pm
Daar is egter 'n hele paar praktiese implikasies wat ek op die een of ander manier uitgewys het; en indien nie sal ek duideliker probeer wees:
1. Waar kry ek hierdie spesiale cassava- en mieliemele?
Die cassava of tapioca kan jy by amper enige Indiese supermark of Nigeriese winkel koop. Die mielies is maklik, by jou koöperasie of Checkers, die koöperasie het gewoonlik ook die gebluste kalk, of die kry jy by die apteek, of uit die graat 3's se wetenskap klassie.
plompie wrote:
Tue Jul 21, 2020 2:03 pm
2. EN: Hoe kan ek dit MAKLIK - amper sonder resep, só gebruik dat dit my bloedsuiker selfs meer verlaag, as die verlaging wat reeds teweeg gebring word om dit eerstens te vermy?
Ek het reeds mos die mielie resep gegee.
plompie wrote:
Tue Jul 21, 2020 2:03 pm
3. EN: Is dit regtig nodig vir diabete om in hul dieet in te sluit? Is dít wat beskikbaar is nou, binne maklike bereik. En maklike voorbereiding [indien enigsens] ... Is dit nie genoeg nie?
Alles moet maklik en vinnig en goedkoop wees, kitskos, gemorskos, eet gemaklik en drink 'n pilletjie vir die suiker. Dis die instant gratification wat die epidemie dryf. Ons kinders ken nie meer verskeidenheid nie, eet nie granate, koejawels, slaphakskeentjies, kwepers, robbe of pikkewyne nie. As dit geloop of gekruip of hoegenaamd beweeg het, het ons voorouers dit geëet. Ek verstaan pikkewyne is moer sleg.

https://repository.up.ac.za/bitstream/h ... sAllowed=y
plompie wrote:
Tue Jul 21, 2020 2:03 pm
Ontwikkel 'n meel kombinasie vir bloedsuiker-verlagende broodresep ... die wêreld sal jou bedank.
[Edit: Kliënt ingestap om rekenaar op te tel; ek was eintlik nog besig.]. So anyhow dikwels tydens Google spring daai "clickbait" mos op .. do this one trick that doctors don't want you to know" .. (etc). So hierdie nuwe bewyse op die tafel ... naamlik dat verwerkte cassava- en mieliemeel skynbaar bloedsuiker méér kan verlaag; as om dit bloot te vermy. Hierdie bewyse, wel dit is beslis nog nie mainstream nie.
Miskien probeer dokters en "big pharma" dit onderdruk? Jy weet - soos motors kon al lankal op water loop maar die oliebase het die tegnologie uitgekoop en ge-shelf.
Ek hoef nie, ons kan slegs kyk na die geskiedenis, en die tradisionele manier waarop gesonder volke vandag nog hul kos voorberei.

plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by plompie » Tue Jul 21, 2020 5:58 pm

Kameraad wrote:Snaaks dat lande wat wit rys en cassava as stapelvoedsel gebruik die laagste voorkoms van diabetes het. Regtig vreemd, of hoe?
As dit so is, dan is dit vreemd, ja. Drie probleme though:-
* Ek woon nie daar nie;
* Dis nie my stapelvoedsel nie; en
* Ek weet nie watter ander [o.a. dalk genetiese] faktore 'n rol speel nie.
Kameraad wrote:die gebluste kalk, of die kry jy by die apteek, of uit die graat 3's se wetenskap klassie.

Ek gebruik nie eens meer bakpoeier of koeksoda in my voedselvoorbereiding nie. Hoekom sal ek die moeite doen met / vir gebluste kalk? Tensy, natuurlik, dit my bloedsuiker sal verlaag eerder as om wat dit maar net dieselfde bly, as ek dit los en eerder 'n peer eet ...
Maar, my laaste 3-maande HbA1c was reeds 4.8. Ek is ook bang vir hypoglycemia.
Kameraad wrote:Ek het reeds mos die mielie resep gegee.
Dis reg ja, hier is hy weer:-
Kameraad wrote:Jy vat 'n groterige pot, gooi so vier koppies heel geelmielies in, kry sommer daai heel goedkoop mielies waarmee hulle hoenders voer. gooi die pot half met water, skep al die kak en hare af wat dryf soos distels en enige ding wat nie soos 'n mieliepit lyk nie. Nou laat jy die water met die mielies kook, en sodra dit begin kook gooi jy een eetlepel gebluste kalk in, en dan kook jy die mielies daarin tot die velletjie van die mielie tussen jou vingers afkom, so 30 tot 40min. Dan sit jy die pot eenkant vir so 24 uur. Dan was jy die mielies behoorlik met jou hande in skoon water tot die water skoon afloop. Dan sit jy die lot deur 'n mieliemeul op enige grofheid van verskriklik fyn tot braaipap tekstuur, alles werk. Daai meel maak jy dan effe nat en jy maak gholfbal grootte balletjies en die druk jy plat tussen twee lae plastiek, sommer met 'n pot. Daai plat koekie gooi jy dan netso op 'n warm non-stick pan met 'n lae rant, en na so paar sekondes draai jy hom om, en na so 20sek is jou tortilla gaar. Koningskos!
Steeds, jy weier om die volgende te konsidereer:
* Daar is selfs makliker opsies om lekker te eet. Met variasie.
* Geblus of ge-nikstamaliseerd - dit bly carb-gevul - waarom die kans vat as diabeet?
Kameraad wrote:Alles moet maklik en vinnig en goedkoop wees, kitskos, gemorskos, eet gemaklik
Appels, pere, Avo's; eiers; hoender, tuna, tjoppie-op-die-kole (ens) is "vinnig en maklik" .... gemorskos??? Goedkoop???
Edit:- Skuus, weet nou nie of dit as gemorskos beskou kan word nie, maar ek moet bieg: Ek het een "guilty pleasure" wat nogal baie maklik is: Woolies verkoop 'n "Goat's & Cow's Brie" ... so R75. Ek sny hom in x3 en eet dit dan oor 3 aande met 'n glasie wyn. Kyk, DIS nou koningskos daai!
Kameraad wrote:Ek hoef nie, ons kan slegs kyk na die geskiedenis, en die tradisionele manier waarop gesonder volke vandag nog hul kos voorberei.
Sowaar? Ek sien Spanje en Italïe is blykbaar heelbo aan die lys.
Google wrote:Experts say the eating habits of the Mediterranean diet may provide clues for why Spain and Italy enjoy such good health. This heart-healthy diet is rich in fruits, vegetables, fish and whole grains, along with healthy fats like olive oil, nuts and avocados.
En wat Japan betref, lees ek:-
Google wrote:As their diet is traditionally high in soy and fish this may also play a significant role in reduced risk of cardiovascular disease. The Japanese also have the lowest rates of obesity amongst men and women as well as long life expectancy.
Edit:- Ek wil byvoeg dat my skeptisisme nie stop by genikstamiliseerde cassava- en mieliemeel nie. Ek meen, ek het f@kkn ALLES getraai ... ek het daai health section by Dischem getroll .. hierdie spesiale ACV en daai bokwiet en watse charra nog alles ... al my "resepte" hiermee het k@k uitgedraai en O.K., ek is nie 'n kok nie maar hoe lank moet mens met al hierdie sh!t rondd@onner voor jy die waarheid in iemand se woorde raaksien: (geparafraseerd) "Daar is 'n besondere bevrediging in elegante, selfs passiewe oplossings ...". So om (bv) mielies te nikstamiliseer om dit sodoende palateerbaar vir diabete te maak klink nie juis vir my elegant nie.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by Kameraad Eksteen » Tue Jul 21, 2020 8:15 pm

Daar is iets anders aan die kook met die Japanese, hulle volg 'n high carb dieet en hulle het mettertyd ander ekstra maag bakterieë wat anders as westerlinge s'n werk.

Die Mediterreense dieet bestaan net in glanstydskrifte en 'n paar omstrede studies wat deur die olyfoliebedryf geborg was.

Het ek jou al van my kefir vertel?

plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by plompie » Wed Jul 22, 2020 3:20 am

Kameraad wrote:Daar is iets anders aan die kook met die Japanese, hulle volg 'n high carb dieet en hulle het mettertyd ander ekstra maag bakterieë wat anders as westerlinge s'n werk.
Wel, ons moet ook kyk na die ander lande ... in fact, daais met die HEEL HOOGSTE carb intake.
Rank Country % of Food Energy Derived From Carbohydrates
1 Rwanda 82.0 %
2 Burundi 82.0 %
3 Bangladesh 80.0 %
4 DR Congo 80.0 %
5 Ethiopia 79.0 %
6 Madagascar 78.0 %
7 Ghana 77.0 %
8 Malawi 77.0 %
9 Lesotho 77.0 %
10 Laos 76.0 %

Ek vermoed dat dinge nie so vreeslik goed gaan in terme van lewensverwagting in bg lande nie ... Laos se rank is 138 en Rwanda 138.
Maar, daai vraag wórd gevra ja: "Hoekom is die life expectancy in Japan so hoog, ten spyte van hoë carb intake [nie die hoogste soos jy beweer nie, mind you ...]" En dan is daar verskeie studies wat dui op die Japanners wat exercise HEELBO op hulle sg "spinning food guide" het. Melding word ook gemaak dat hulle (swak) vet inname baie laag is. EN selfs in Japan, waar meer grains aanbeveel word, is die aanbeveling deesdae dat dit minder op rys gekonsentreerd moet wees ... eerder ander "beter" grains.

So dis uiters simplisties om dit te laat klink asof genikstamaliseerde mieliemeel die wonderkuur vir Suid-Afrikaanse diabete is. Duidelik is daar ander faktore wat ook 'n rol speel. Hoekom blyk jy dit te ignoreer?
Kameraad wrote:Die Mediterreense dieet bestaan net in glanstydskrifte en 'n paar omstrede studies wat deur die olyfoliebedryf geborg was.
Dit mag so wees ja, wat die naam betref. Beteken dit outomaties dat die bewering dat hulle dieet "rich in fruits, vegetables, fish and whole grains, along with healthy fats like olive oil, nuts and avocados" vals is? Ek meen, Italië is 6de op die lys van life expectancy, Spanje 7de en Frankryk 14de ... WAY beter as Rwanda en Laos. Maar hulle carb-intake is baie laer ... So "bewys" dit nou weer dat carbs bad is?
Kameraad wrote:Het ek jou al van my kefir vertel?
Ek glo nie. Indien wel, het ek dit gemis. Ek het al gehoor van kefir though, en blykbaar het dit gesondsheidsvoordele. Gooi gerus, maar my vermoede is dat dit nie by my dieetplan- ; patroon of smaak sal inpas nie. Maar, daar is mos ander wat [soms] hier lees; jou ervaring hier mag waardevol vir hulle wees.

As jy egter wil of kan help: Alhoewel ek het nie meer 'n broodnodige hunkering aan 'n broodresep het nie [want die saad; pecanmeel en speserye met P Husk aanmekaar gegomde baksteen werk regtig baie, baie lekker vir my] sal 'n baie maklike yeast-weergawe wat slegs low-carb bestanddele bevat regtig hoog op prys gestel word. Maar, ek het hoog en laag ge-Google, en verreweg die meeste wat ek raaklees, bevat:-
* sommer baie eiers. Ek het geensins meer 'n probleem met 'n eier nie; MAAR ek probeer steeds bly by 2 per dag max, en ek verkies om dit anders in te neem.
* eier geelwitte alleen. Nee f@k hiervoor het ek nie lus nie.
* Fancy mele van Bob's wat nie hier beskikbaar is nie; en maar hogerig in carbs is.
* baie bestanddele, baie moeite.
Ek het wel op EEN resep afgekom wat my sommer baie geticle het: SLEGS flax meel, water en bakpoeier. Een getraai, and to be sure, pas uit die oond met botter ... eish, dit was nogal lekker. Maar, as 'n brood wat jy in die yskas hou; meer soos brood "lyk" ens het hy toe nie gewerk nie. So ek weet nie of dit iets te doen het met die goedkoop bruin lynsaad wat ek by Kei seeds & feeds koop en self maal nie; of met die fyn gekoopte meel van Dischem wat ook nie werk nie; of mens tóg die "golden flax" [maar waar?] moet gebruik nie ens ens.
So, sien - as jy 'n lekker maklike brood aanmekaar kan slaan uit lyn-en ander sade/meel, pecan wat ek nie in 'n vistenk hoef te laat rys nie, en wat maklik werk vir iemand met my beperkte skills - sal ek dit waardeer. Intussen egter, het ek darem minstens iets wat vir my werk.

Ditto met ander "resepte" wat werklik low-carb is, en nie genikstamiliseerd hoef te wees nie.
Last edited by plompie on Wed Jul 22, 2020 8:14 pm, edited 1 time in total.

User avatar
vixen
Posts: 401
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by vixen » Wed Jul 22, 2020 7:08 am

Die eerste gedeelte van die onderwerp, of iets soortgelyk, het ek nog nooit fassinerend gevind nie. Ek eet omdat ek honger is, selfs sonder 'n galblaas, en gisteraand se kaaiings was heerlik. Maar die popo het dogter ('n dieetkundige) verlede week getref - soveel so dat sy 'n deposito by die covidbank moes gaan maak. Nou - 'n ma ken haar kind(ers), mos - al is sy meer as 'n duisend kilometer vêr van die huis af is.

Terwyl sy in afsondering vir die uitslag gewag het laat weet sy my haar simptome en die gevolg van bogenoemde. My eerste vraag was of sy nuwe medikasie vir haar allergieë gebruik (sy is vreeslik allergies vir die Kaap). Haar antwoord was 'n besliste nee en omdat sy in die voorste linie werk is covid die logisiese antwoord. Ek trippel toe ook in afwagting vir die uitslag.

Met die simptome wat vererger word toe sommer aanvaar sy het 'n vals negatief gekry en sy bly in afsonder in afwagting op dringende bloedtoetse se uitslag.

Nogal 'n skok om uit te vind die dieetkundige het bloedarmoede en 'n te kort aan vit B12.

Sy het 'n insulien probleem (nee nie diabeet nie) en gebruik al jare metformin om dit te beheer. Haar dokter het die dosis verlede maand verhoog. Het ek nie genoem dat 'n ma haar kind ken nie? Nou is die metformin in die asblik, weereens op afwagting in wat nou?
plompie wrote:
Wed Jul 22, 2020 3:20 am
Kameraad wrote:
Het ek jou al van my kefir vertel?
Ek glo nie. Indien wel, het ek dit gemis. Ek het al gehoor van kefir though, en blykbaar het dit gesondsheidsvoordele. Gooi gerus, maar my vermoede is dat dit nie by my dieetplan- ; patroon of smaak sal inpas nie. Maar, daar is mos ander wat [soms] hier lees; jou ervaring hier mag waardevol vir hulle wees.
My brein is in toddler mood/mode, en vind dit moeilik om hulle te oortuig dat broccoli baie lekker is want ek eet dit self nie behalwe in sop.

Ek lees altyd. Mens weet nooit wat jy tussen die lynne kan optel nie. Eers gedink kefir verwys na 'n brakkie. Vorige inligting is by die deur uit, maar ek sal oplet in die klas as kefir vir die dieetkundige se gewig sal help.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by Kameraad Eksteen » Wed Jul 22, 2020 9:45 am

plompie wrote:
Wed Jul 22, 2020 3:20 am
Wel, ons moet ook kyk na die ander lande ... in fact, daais met die HEEL HOOGSTE carb intake.
Rank Country % of Food Energy Derived From Carbohydrates
1 Rwanda 82.0 %
2 Burundi 82.0 %
3 Bangladesh 80.0 %
4 DR Congo 80.0 %
5 Ethiopia 79.0 %
6 Madagascar 78.0 %
7 Ghana 77.0 %
8 Malawi 77.0 %
9 Lesotho 77.0 %
10 Laos 76.0 %

Ek vermoed dat dinge nie so vreeslik goed gaan in terme van lewensverwagting in bg lande nie ... Laos se rank is 138 en Rwanda 138.
Maar, daai vraag wórd gevra ja: "Hoekom is die life expectancy in Japan so hoog, ten spyte van hoë carb intake [nie die hoogste soos jy beweer nie, mind you ...]" En dan is daar verskeie studies wat dui op die Japanners wat exercise HEELBO op hulle sg "spinning food guide" het. Melding word ook gemaak dat hulle (swak) vet inname baie laag is. EN selfs in Japan, waar meer grains aanbeveel word, is die aanbeveling deesdae dat dit minder op rys gekonsentreerd moet wees ... eerder ander "beter" grains.
Waar het ek gesê Japan het die hoogste carb inname?

Praat ons nou oor lewensverwagting of diabetes? Jy sal sien daai lys van jou gaan ook nie saam met 'n stygende voorkoms van diabetes, en mense gaan ook nie in Japan dood oor komplikasies wat saam met metaboliese syndroom, vetsug en diabetes nie. En in daai ander lande hang lewensverwagting af van armoede, burgeroorlog, VIGS, malaria ens. ook. Ek het nie hierdie lewensverwagting in die mix gegooi nie.
plompie wrote:
Wed Jul 22, 2020 3:20 am
So dis uiters simplisties om dit te laat klink asof genikstamaliseerde mieliemeel die wonderkuur vir Suid-Afrikaanse diabete is. Duidelik is daar ander faktore wat ook 'n rol speel. Hoekom blyk jy dit te ignoreer?
Ander faktore? Waar het ek dit as 'n wonderkuur voorgehou? Koningskos, vinnig maklik en vreeslik gesond, selfs vir diabete ja!
plompie wrote:
Wed Jul 22, 2020 3:20 am
Dit mag so wees ja, wat die naam betref. Beteken dit outomaties dat die bewering dat hulle dieet "rich in fruits, vegetables, fish and whole grains, along with healthy fats like olive oil, nuts and avocados" vals is? Ek meen, Italië is 6de op die lys van life expectancy, Spanje 7de en Frankryk 14de ... WAY beter as Rwanda en Laos. Maar hulle carb-intake is baie laer ... So "bewys" dit nou weer dat carbs bad is?
Kyk die romantiese weergawe van die Mediterreense dieet kry jy in die Midde Ooste versus Italië, Italiaanse eetgewoontes is so divers, dis amper net die meer vis en baie wit pasta wat tussen die areas ooreenstem. Vreeslik baie wit pasta. En die Franse met hulle witbrood. Daar is mos baie studies daaroor, hoekom die Franse en Italianers gesonder as Amerikaners is al eet hulle meer carbs. En ek het dit mos al klaar verduidelik.

Maar net vir die pret, die streek in Italië met die heel, heel hoogste lewensverwagting, kyk net https://www.testaccina.com/typical-food ... n-bolzano/ alles behalwe Mediterreens. LOL
plompie wrote:
Wed Jul 22, 2020 3:20 am
Ek glo nie. Indien wel, het ek dit gemis. Ek het al gehoor van kefir though, en blykbaar het dit gesondsheidsvoordele. Gooi gerus, maar my vermoede is dat dit nie by my dieetplan- ; patroon of smaak sal inpas nie. Maar, daar is mos ander wat [soms] hier lees; jou ervaring hier mag waardevol vir hulle wees.
Wel daar was al bewerings en soortvan "studies" wat dit het dat die lande wat tradisioneel kefir gebruik het 'n hoër lewensverwagting het.
plompie wrote:
Wed Jul 22, 2020 3:20 am
As jy egter wil of kan help
Ek help mos altyd vreeslik graag. Xanthan gum werk baie beter as psyllium husk en jy kan 'n vyfde van die hoeveelheid gebruik. O ja, en bak met aartappels, die Iere is van die mees gesonde mense en hulle eet net aartappels.

plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Keto- en K@kpraat stories

Post by plompie » Wed Jul 22, 2020 8:12 pm

Kameraad wrote:Xanthan gum
Baie dankie.

Post Reply