Staatsinstellings

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
Post Reply
User avatar
DieAnderEk
Posts: 481
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Staatsinstellings

Post by DieAnderEk » Fri Dec 06, 2019 1:03 pm

Ek het onlangs begin voel dat ons regering 'n baie kleiner rol moet speel. In baie lande werk 'n groot en betrokke regering goed, maar nie in ons geval nie, en ek verwys spesifiek na die absolute chaos waarin ons staatsinstellings hulself bevind, soos Eskom, SAL en PRASA. Hulle het dekades gehad om hulself te bewys en liederlik gefaal. Is privatisering - of iets anders - moontlik die antwoord?

Ek besef die probleme rondom vakbonde e.d.m. wat dit selfs moeilik maak om te herstruktureer (soos wat Ramaphosa nou met Eskom wil doen) en bv. die ANC se redelik linkse beleid wat hulle natuurlik nie sommer sal verander nie. So wat ookal gebeur sal nie maklik wees nie, maar sekerlik is daar beter opsies op die tafel?
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

Post Reply