My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
DieAnderEk
Posts: 467
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by DieAnderEk » Fri Dec 06, 2019 4:05 pm

Ek dink soms aan my houding jeens godsdiens sedert my ontkering so tien jaar gelede: Hoe dit dieselfde gebly het, hoe dit verander het. Ek kan eerlikwaar sê dat, alhoewel ek soms video's kyk en gesprekke volg, ek nie regtig baie meer omgee oor godsdiensdebatte nie, en glad nie sterk voel om mense anders te laat glo as wat hulle reeds doen nie. Inteendeel, dit geld ook ander onderwerpe soos die pseudowetenskappe, towery, samesweringsteorieë en dies meer.

Ek dink die rede hiervoor is dat ek nie in 'n ultrakonserwatiewe godsdienstige land bly nie. Suid-Afrika bly baie godsdienstig, maar ek voel dit nie aan my vel of sak nie. Dit beïnvloed nie my kanse om 'n werk te kry nie, daar is nie 'n familie wat my wil onteien nie, daar is nie 'n godsdienspolisie wat my in die tronk wil stop nie. Die meeste mense in SA dink ek volg 'n "live and let live"-aanslag, en ek dink in die laaste dekade of twee het nie- of dan ten minste alternatiewe godsdienstigheid tóg so effens meer aanvaarbaar geword.

So ek besef dat die rede vir my nie-betrokkenheid selfsugtig is, maar ek het nie regtig 'n probleem daarmee nie. Ek voel baie meer emosioneel oor die korrupsie, misdaad en armoede in ons land as oor iemand in 'n mall wat vir jou wil bid.

Die rede hoekom ek wél vir 'n ruk anders daaroor gevoel het destyds, is juis vanweë die emosionele impak van die skokbesef van hoe dinge werklik lyk. Soms moet iets jou tot in jou siel ruk voordat 'n mens tot aksie oorgaan. Maar soos daardie skok afgeweer het, het die emosie afgeweer en daarby saam die motief om mense se oortuigings te probeer verander.

Miskien sal ek anders voel as ek eendag 'n steniging bywoon of sien hoe 'n verkragtingslagoffer met 'n sweep geslaan word. Daar is genoeg video's op die Internet maar dis nou nie iets waarmee ek my op 'n Vrydagmiddag gaan vermaak nie.

Aan die ander kant lees ek genoeg skokkende statistieke oor die impak van klimaatsverandering byvoorbeeld. Ek het ook vir 'n ruk emosioneel gevoel hieroor maar gou besef dat dit nie my verantwoordelikheid is om dit te keer nie. Ek moet bloot my neus skoonhou en my superklein deeltjie bydra om só te lewe dat my negatiewe impak op die omgewing verklein word. Verder is my impak baie beperk: stem vir die regte politici, teken petisies, en so aan. 'n Groot deel hiervan bestaan maar bloot uit hoop dat die regte mense op die regte tyd die regte ding(e) sal doen. Ek het ook al gesien dat groot onregte, tragies soos hulle is, dikwels lei tot 'n terugdrukaksie deur die groter gemeenskap - ten minste diegene wat die hoofstroomnuus haal.

Só is dit dan ook met enige onwaar of skadelike oortuiging wat mense aanhang. Wat godsdiens betref dink ek is daar genoeg momentum in Suid-Afrika wat die debat aan die gang hou sonder dat my insette benodig word, al gebeur dit nie noodwendig in die stowwerige gange van Kletskerk nie...

Raak ek dalk te sinies of is dit bloot 'n geval van prioriteite wat verander het? En het dit in jou geval dalk ook só verander of het dit 'n ander paadjie gevolg?
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

User avatar
vixen
Posts: 394
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by vixen » Sat Dec 07, 2019 2:52 pm

DieAnderEk wrote:
Fri Dec 06, 2019 4:05 pm
Miskien sal ek anders voel as ek eendag 'n steniging bywoon of sien hoe 'n verkragtingslagoffer met 'n sweep geslaan word.
Hierdie gedagte van jou het my weer diep in die gange van die verlede gedompel. Maar ja, vir die victim word daar mos gesê, "jy het gesoek daarvoor", mos? Ek lees in Indië word vrouens wat verkrag is in vandag se tyd nog verbrand.

Dink jy Deon het ook gesoek wat hy by Willie gekry het? Moet hy wat Deon is(en sy broers) ook gesweep word eerder as Willie? Of saam dalk?

In my vorige lewe was ek, heel onskuldig, by 'n publieke "drum out" gewees. (Om nou nie 'n volume uit te druk nie..) Deur dit te aanskou het nie my "gevoel" laat verander nie, maar eerder my weerstandigheid (resiliency) versterk en sal ek enduit daarmee loop.

plompie
Posts: 354
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by plompie » Tue Dec 10, 2019 5:26 am

DAE wrote:... houding jeens godsdiens ... Hoe dit dieselfde gebly het, hoe dit verander het.
... soms video's kyk en gesprekke volg
... nie regtig baie meer omgee oor godsdiensdebatte nie
... ook ander onderwerpe soos die pseudowetenskappe, towery, samesweringsteorieë en dies meer.
Ja, presies dieselfde met my: Gesprekvoering van godsdienstige aard het seker met 80% verminder; hier en daar luister ek nog na 'n Atheist Experience en/of Dogma Debate maar net so elke 3de of 4de episode en dan dikwels nie tot die einde nie.
DAE wrote:ek voel dit nie aan my vel of sak nie.
Ek ook nie - nie meer nie. Maar daar was 'n tyd ... en ek dink baie voel dit wél aan hulle vel. Dalk nie ons, wat aanbeweeg het nie, maar vele andere wat maar eers onlangs geleer het hoe om vir hulleself te dink. [hierdie stelling kan as arrogant geïnterpreteer word].
DAE wrote:So ek besef dat die rede vir my nie-betrokkenheid selfsugtig is ...
...voel baie meer emosioneel oor die korrupsie, misdaad en armoede in ons land as oor iemand in 'n mall wat vir jou wil bid.
...Miskien sal ek anders voel as ek eendag 'n steniging bywoon
Ja, maar ...
James Haught wrote:Most politicians invoke the deities. Supernaturalism pervades our species, consuming billions of person-hours and trillions of dollars. Millions of prayers to unseen beings are uttered every hour, and millions of rituals performed. This extravaganza requires a vast array of priests and facilities. The cost is astronomical. Americans give $80 billion a year to churches and broadcast ministries – more than the national budgets of many countries. Other investment is enormous: Americans spend $300 million a year on psychic hot-lines. Angel books and end-of-the-world books sell by millions.
... as al daai tyd en geld elders gespandeer was, was die probleem van korrupsie, misdaad en armoede dalk opgelos?

User avatar
DieAnderEk
Posts: 467
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by DieAnderEk » Tue Dec 10, 2019 5:32 pm

vixen wrote:
Sat Dec 07, 2019 2:52 pm
Hierdie gedagte van jou het my weer diep in die gange van die verlede gedompel. Maar ja, vir die victim word daar mos gesê, "jy het gesoek daarvoor", mos? Ek lees in Indië word vrouens wat verkrag is in vandag se tyd nog verbrand.
En in die UAE kry hulle sweepslae, ens. Ja, as ek dit (metafories) aan my eie bas gevoel het (bv. my meisie word in hegtenis geneem in Dubai omdat ons seks gehad het) dan sal ek meer emosioneel daaroor voel, en die emosie sal my waarskynlik dryf om iets aan die wetgewing te probeer doen. Ek het natuurlik begrip vir mense wat dit probeer doen.
vixen wrote:
Sat Dec 07, 2019 2:52 pm
Dink jy Deon het ook gesoek wat hy by Willie gekry het? Moet hy wat Deon is(en sy broers) ook gesweep word eerder as Willie? Of saam dalk?
Hier moet ek raai, is dit Willie die reeksverkragter?
vixen wrote:
Sat Dec 07, 2019 2:52 pm
In my vorige lewe was ek, heel onskuldig, by 'n publieke "drum out" gewees. (Om nou nie 'n volume uit te druk nie..) Deur dit te aanskou het nie my "gevoel" laat verander nie, maar eerder my weerstandigheid (resiliency) versterk en sal ek enduit daarmee loop.
Dit maak sin. Ek meen, ek voel soms ontsteld as ek sulke stories lees, maar my simpatie strek ook net só ver. Ek sal meer ontsteld wees as dit iemand ná aan my was.
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

User avatar
DieAnderEk
Posts: 467
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by DieAnderEk » Tue Dec 10, 2019 5:41 pm

plompie wrote:Ek ook nie - nie meer nie. Maar daar was 'n tyd ... en ek dink baie voel dit wél aan hulle vel. Dalk nie ons, wat aanbeweeg het nie, maar vele andere wat maar eers onlangs geleer het hoe om vir hulleself te dink. [hierdie stelling kan as arrogant geïnterpreteer word].
Ek kan verstaan hoe dit as arrogant geïnterpreteer kan word. Maar ek dink baie mense bedoel eerder iets soos, jy het baie meer moeite begin doen om in diepte oor jou godsdiens te gaan nadink, wat ook aspekte insluit wat jou godsdienstige oortuigings op 'n sterk emosionele vlak opponeer. As jy dit só stel insinueer dit geensins dat die godsdienstige minder intelligent is ens. nie - dit is bloot iets wat hy/sy nog nie gedoen het nie.
plompie wrote:Ja, maar ...
James Haught wrote:
Most politicians invoke the deities. Supernaturalism pervades our species, consuming billions of person-hours and trillions of dollars. Millions of prayers to unseen beings are uttered every hour, and millions of rituals performed. This extravaganza requires a vast array of priests and facilities. The cost is astronomical. Americans give $80 billion a year to churches and broadcast ministries – more than the national budgets of many countries. Other investment is enormous: Americans spend $300 million a year on psychic hot-lines. Angel books and end-of-the-world books sell by millions.
... as al daai tyd en geld elders gespandeer was, was die probleem van korrupsie, misdaad en armoede dalk opgelos?
Mens kan dieselfde argument voer oor flieks, rekenaarspeletjies, skaak, seiljag, ens. Die punt is godsdiens is 'n besigheid, soos baie ander, wat vir baie mense werk skep. Dit op sigself is volgens my nie die probleem nie.

Dit gaan maar eerder oor uitsprake en aktiwiteite wat skadelik is, dit is waar ek nog die lyn trek. Ek wil glad nie sensuur toepas nie, maar dit moet wel in die openbaar aangespreek en gekritiseer kan word.
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

User avatar
vixen
Posts: 394
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by vixen » Thu Dec 12, 2019 8:06 am

DieAnderEk wrote:
Tue Dec 10, 2019 5:32 pm
vixen wrote:
Sat Dec 07, 2019 2:52 pm
Hierdie gedagte van jou het my weer diep in die gange van die verlede gedompel. Maar ja, vir die victim word daar mos gesê, "jy het gesoek daarvoor", mos? Ek lees in Indië word vrouens wat verkrag is in vandag se tyd nog verbrand.
En in die UAE kry hulle sweepslae, ens. Ja, as ek dit (metafories) aan my eie bas gevoel het (bv. my meisie word in hegtenis geneem in Dubai omdat ons seks gehad het) dan sal ek meer emosioneel daaroor voel, en die emosie sal my waarskynlik dryf om iets aan die wetgewing te probeer doen. Ek het natuurlik begrip vir mense wat dit probeer doen.
Die wet is vas. Sal jy daarvolgens namens jou meisie tronk toe gaan?
DieAnderEk wrote:
Tue Dec 10, 2019 5:32 pm
vixen wrote:
Sat Dec 07, 2019 2:52 pm
Dink jy Deon het ook gesoek wat hy by Willie gekry het? Moet hy wat Deon is(en sy broers) ook gesweep word eerder as Willie? Of saam dalk?
Hier moet ek raai, is dit Willie die reeksverkragter?
Ja. Klink vir my jy het nie na die podcasts geluister nie? Ek't net die laaste een geluister. Heeltyd op my agterpote want die kollektebordjie het aan die begin van die episode verbygekom en ek was …uhm..bang hulle kom agter ek luister gratis.
DieAnderEk wrote:
Tue Dec 10, 2019 5:32 pm
vixen wrote:
Sat Dec 07, 2019 2:52 pm
In my vorige lewe was ek, heel onskuldig, by 'n publieke "drum out" gewees. (Om nou nie 'n volume uit te druk nie..) Deur dit te aanskou het nie my "gevoel" laat verander nie, maar eerder my weerstandigheid (resiliency) versterk en sal ek enduit daarmee loop.
Dit maak sin. Ek meen, ek voel soms ontsteld as ek sulke stories lees, maar my simpatie strek ook net só ver. Ek sal meer ontsteld wees as dit iemand ná aan my was.
Natuurlik.

My onderstreping:

Die afgelope paar dae is ek weer in die media, waar jy vinnig deur moderators verwyder word as hulle nie van jou kommentaar hou nie, al betaal mens vir sy plekkie in die..uhm.. sondaar, ontbloot. Dit was in 'n verwarringstyd van die steniging van 'n ander deur ander, waar iemand wat die bekende aanhaling “antwoord 'n dwaas nie in sy sotheid nie” teen my, teenoor iemand anders gebruik het. Ek is seker die geeste in die lug het alweer gehigh five op die "bingo!" daar.

plompie
Posts: 354
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by plompie » Sat Dec 14, 2019 3:57 am

DAE wrote:Mens kan dieselfde argument voer oor flieks, rekenaarspeletjies, skaak, seiljag, ens.......
Ja, mense spandeer tyd en geld op ander goeters ook: Mens sou kon byvoeg: Kos, klere, wonings, mouterbaaiks, 4x4's, meisies, musiek, birdwatching en vleisbraai.
DAE wrote:Die punt is godsdiens is 'n besigheid, soos baie ander, wat vir baie mense werk skep. Dit op sigself is volgens my nie die probleem nie.
:? Is so ja, maar ek sien nie die punt om hierdie punt uit te wys nie. Ek dink darem daar is 'n moerse verskil tussen my en jou bg lysies van tydvertryf en die bonatuurlike, en ek konsentreer meer op daardie verskil.
DAE wrote:Dit gaan maar eerder oor uitsprake en aktiwiteite wat skadelik is, dit is waar ek nog die lyn trek.
Wel, juis. En dis dan ook in hierdie sin wat my plasing bedoel was.

Kos, klere, wonings, mouterbaaiks, 4x4's, meisies, musiek, seiljagte en skaaktoestelle bestaan ten minste. En verreweg die meeste mense fliek weens die entertainment value en verstaan darem dat flieks nie "regtig" is nie.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 549
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by Kameraad Eksteen » Sat Dec 14, 2019 7:58 am

plompie wrote:
Sat Dec 14, 2019 3:57 am
Kos, klere, wonings, mouterbaaiks, 4x4's, meisies, musiek, seiljagte en skaaktoestelle bestaan ten minste. En verreweg die meeste mense fliek weens die entertainment value en verstaan darem dat flieks nie "regtig" is nie.
Juis, maar die aan die anderkant, homeopatie, die steenkoolmynbedryf, tabakbedryf, wapenhandel, smokkelhandel, Taboola en Pinterest is ook besighede wat baie werk verskaf. Daai werkskepping argument is grootliks ongeldig as ons oor die skadelikheid of nie van iets wil oordeel.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 467
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by DieAnderEk » Sat Dec 14, 2019 5:11 pm

vixen wrote:
Thu Dec 12, 2019 8:06 am
Die wet is vas. Sal jy daarvolgens namens jou meisie tronk toe gaan?
Ek sal in só 'n situasie waarskynlik nie 'n keuse hê nie - dis nou as ek saam met haar gevang word dat ons voorhuwelikse seks het. As jy praat van in haar plek ("namens"), dan sal ek ja.
vixen wrote:
Thu Dec 12, 2019 8:06 am
Klink vir my jy het nie na die podcasts geluister nie? Ek't net die laaste een geluister. Heeltyd op my agterpote want die kollektebordjie het aan die begin van die episode verbygekom en ek was …uhm..bang hulle kom agter ek luister gratis.
Ek luister byna nooit podcasts nie, net soms Taaldinge en Uit 'n ander hoek.
vixen wrote:
Thu Dec 12, 2019 8:06 am
Die afgelope paar dae is ek weer in die media, waar jy vinnig deur moderators verwyder word as hulle nie van jou kommentaar hou nie, al betaal mens vir sy plekkie in die..uhm.. sondaar, ontbloot. Dit was in 'n verwarringstyd van die steniging van 'n ander deur ander, waar iemand wat die bekende aanhaling “antwoord 'n dwaas nie in sy sotheid nie” teen my, teenoor iemand anders gebruik het. Ek is seker die geeste in die lug het alweer gehigh five op die "bingo!" daar.
Aanlyn kommentare (en soms moderering) is gewoonlik gif...Wag 'n bietjie, dis half wat ons hier op Kletskerk besig is om te doen, heh :mrgreen:
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

User avatar
DieAnderEk
Posts: 467
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by DieAnderEk » Sat Dec 14, 2019 5:22 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Sat Dec 14, 2019 7:58 am
Daai werkskepping argument is grootliks ongeldig as ons oor die skadelikheid of nie van iets wil oordeel.
Is so ja. Maar net só is die argument (Plompie s'n) dat ons armoede/korrupsie/Kersmusiek/ens. al lankal kon uitgeroei het as besigheid X of Y nie bestaan het nie.
plompie wrote:
Sat Dec 14, 2019 3:57 am
Kos, klere, wonings, mouterbaaiks, 4x4's, meisies, musiek, seiljagte en skaaktoestelle bestaan ten minste. En verreweg die meeste mense fliek weens die entertainment value en verstaan darem dat flieks nie "regtig" is nie.
So eintlik gaan dit nie oor "ons kon armoede ens. uitgeroei het as godsdiens nie bestaan het nie", dit gaan eerder oor die feit dat mense in iets glo wat nie waar is nie en dat godsdiens daardie behoefte voed?

Ek dink selfs dit is nie oneties nie, eerder die implikasies daarvan wat ons wel baie sien, soos dat mense baie geld uitgee vir geloofsgenesers of die guilt tripping van Abrahamitiese godsdiens.

'n Voorbeeld van waar dit in my opinie nie oneties is nie is tannies met kristalballe, want meeste mense doen dit vir die thrill en vat dit nie so ernstig op nie. 'n Ander voorbeeld is horoskope wat mense net so 'n bietjie beter oor hulleself laat voel en dis omtrent dit.
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

Post Reply