My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
plompie
Posts: 353
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by plompie » Sun Dec 15, 2019 5:46 am

DAE, lyk my jy konsentreer op die besigheids- en werkskeppings-aspekte van korrupsie, die supernaturale, steenkoolvoorsiening en misdaad ...?
Terwyl ek eintlik konsentreer op beide die actual en potensiële negatiewe gevolge daarvan; en verder voel dat die ongelooflike hoeveelhede tyd en geld wat op die supernaturale bestee word, beter aangewend sou kon word op armoede, die wetenskappe en om korrupsie teen te staan.

User avatar
vixen
Posts: 393
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by vixen » Sun Dec 15, 2019 8:20 am

DieAnderEk wrote:
Sat Dec 14, 2019 5:11 pm
vixen wrote:
Thu Dec 12, 2019 8:06 am
Die afgelope paar dae is ek weer in die media, waar jy vinnig deur moderators verwyder word as hulle nie van jou kommentaar hou nie, al betaal mens vir sy plekkie in die..uhm.. sondaar, ontbloot. Dit was in 'n verwarringstyd van die steniging van 'n ander deur ander, waar iemand wat die bekende aanhaling “antwoord 'n dwaas nie in sy sotheid nie” teen my, teenoor iemand anders gebruik het. Ek is seker die geeste in die lug het alweer gehigh five op die "bingo!" daar.
Aanlyn kommentare (en soms moderering) is gewoonlik gif...Wag 'n bietjie, dis half wat ons hier op Kletskerk besig is om te doen, heh
Ja, soos ek groenmannetjies verwyder.

Hier lê ek en bloei ter wille van 'n ander en ek weet nie hoe Kletskerk daaroor voel nie.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 549
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by Kameraad Eksteen » Sun Dec 15, 2019 9:00 am

plompie wrote:
Sun Dec 15, 2019 5:46 am
DAE, lyk my jy konsentreer op die besigheids- en werkskeppings-aspekte van korrupsie, die supernaturale, steenkoolvoorsiening en misdaad ...?
Terwyl ek eintlik konsentreer op beide die actual en potensiële negatiewe gevolge daarvan; en verder voel dat die ongelooflike hoeveelhede tyd en geld wat op die supernaturale bestee word, beter aangewend sou kon word op armoede, die wetenskappe en om korrupsie teen te staan.
Juis, broer, ek dink DAE het al so bietjie vergeet wat toewyding, die tyd wat Broederbond en kerkraadsvergaderings kon opneem. En daai oorlog tussen die Katolieke en Protestante, oor tyd. Jy weet as jy 'n toegewyde Katoliek moet jy elke dag die mis bywoon. :D

User avatar
Waldemar
Posts: 134
Joined: Fri Aug 24, 2018 10:50 pm

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by Waldemar » Mon Dec 16, 2019 7:09 am

plompie wrote:
Sun Dec 15, 2019 5:46 am
DAE, lyk my jy konsentreer op die besigheids- en werkskeppings-aspekte van korrupsie, die supernaturale, steenkoolvoorsiening en misdaad ...?
Terwyl ek eintlik konsentreer op beide die actual en potensiële negatiewe gevolge daarvan; en verder voel dat die ongelooflike hoeveelhede tyd en geld wat op die supernaturale bestee word, beter aangewend sou kon word op armoede, die wetenskappe en om korrupsie teen te staan.
Die voorveronderstelling (hél ek sidder nou nog as ek daardie woordjie lees) is natuurlik dat daar 'n standaard bestaan vir "sinvolle tydverdryf." Wat uiteraard nie waar is nie...
"In a nation ruled by swine, all pigs are upward mobile..."
- Hunter S. Thompson

plompie
Posts: 353
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by plompie » Mon Dec 16, 2019 11:22 am

Waldemar wrote:Die voorveronderstelling (hél ek sidder nou nog as ek daardie woordjie lees) is natuurlik dat daar 'n standaard bestaan vir "sinvolle tydverdryf." Wat uiteraard nie waar is nie...
Um ... gits Waldemar: Ek dink die "sinvolheid" van die tydsvertref is hier slegs ter sprake waar dit andere; en/of die wereld (a) duidelik benadeel; of (b) duidelik bevoordeel. Dit behoort darem seker nie te moeilik te wees om oor só 'n standaard ooreen te kom nie? Die meriete van masturbasie is 'n ander gesprek.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 466
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by DieAnderEk » Thu Dec 19, 2019 11:05 pm

plompie wrote:DAE, lyk my jy konsentreer op die besigheids- en werkskeppings-aspekte van korrupsie, die supernaturale, steenkoolvoorsiening en misdaad ...?
Terwyl ek eintlik konsentreer op beide die actual en potensiële negatiewe gevolge daarvan; en verder voel dat die ongelooflike hoeveelhede tyd en geld wat op die supernaturale bestee word, beter aangewend sou kon word op armoede, die wetenskappe en om korrupsie teen te staan.
Laat ek dit weer stel, ek is met jou dat godsdiens grootliks 'n mors van tyd is. Op 'n persoonlike vlak.

Ek dink wat mense in hulle vrye tyd doen is hulle saak, en dit hoef niks met armoedeverligting, wetenskapsbewusmaking of anti-korrupsie te doen te hê nie. Natuurlik sal dit help as hulle dit gedoen het, maar mens kan hulle nie blameer dat hulle dit nie doen nie. En trouens, godsdiens en sosiale opheffing e.d.m. hoef mekaar natuurlik nie wedersyds uit te sluit nie.

Baie goed wat mense in hulle vrye tyd doen vorm deel van 'n groter prentjie van 'n produktiewe ekonomie. Ek koop 'n speletjie by 'n winkel, die maatskappy en die mense in die winkel maak geld en kan dit gebruik om 'n sinvolle lewe te lei en dalk verder te belê. Ek "mors" 'n bietjie tyd met die speletjie terwyl ek êrens iets kon gaan doen het om mense te help. Ek verloor nie slaap hieroor nie.

Natuurlik is godsdiens nie bloot 'n stokperdjie nie, want ons weet hoe meer polities dit begin raak, hoe meer sal die res van ons dit ook voel aan ons velle. En dis hoekom ek gesê het aan die begin dat as ek in 'n teokrasie gelewe het, sou ek waarskynlik baie sterker gevoelens gehad het teenoor godsdiens as in 2019- (byna 2020-) demokratiese Suid-Afrika (met skete en al). Ek hou ook nie van die guilt trips nie, en dit het 'n rol gespeel in my ontkering, maar baie ander mense hanteer dit blykbaar beter as wat ek dit gedoen het.

Godsdiens (soos ander aspekte van kultuur) het natuurlik sy voordele soos om mense "in line" te hou (wel, tot op 'n punt) en om sekere goeie dade aan te moedig. Die meer esoteries-gerigtes onder ons sal seker ook baat vind by die self-refleksie wat plaasvind tydens gebed. Dit het mos maar sy ooreenkomste met meditasie ook. Dan is daar ook die sosiale voordele van om in groepe bymekaar te kom en nagmaalwyn of koffiekroegkoffie te drink. :D

Laastens, godsdiens bly maar bleddie interessant. Ek is bly dat ek bv. die godsdiens in Japan, asook die kultuur rondom dit, eerstehands kon ervaar. Al daai skeppingsmites en so het darem ook ryklik aan ons verskillende kulture bygedra. Dit lyk of ek myself weerspreek (eerste sin), maar ek kontrasteer die daaglikse (vervelige) beoefening daarvan met die kultuur wat dit voortgebring het of help vorm het. Mens kan dit seker ook nie heeltemal losmaak van mekaar nie.
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 549
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by Kameraad Eksteen » Fri Dec 20, 2019 8:35 am

DieAnderEk wrote:
Thu Dec 19, 2019 11:05 pm
Ek dink wat mense in hulle vrye tyd doen is hulle saak, en dit hoef niks met armoedeverligting, wetenskapsbewusmaking of anti-korrupsie te doen te hê nie. Natuurlik sal dit help as hulle dit gedoen het, maar mens kan hulle nie blameer dat hulle dit nie doen nie. En trouens, godsdiens en sosiale opheffing e.d.m. hoef mekaar natuurlik nie wedersyds uit te sluit nie.
Ledigheid is die Duiwel se oorkussing, die dat Broederbondvergaderings in vrye tyd gehou was. Onthou jy hoe baie vrye tyd diakens aan huisbesoeke en bidure moes afstaan, en om daai dankoffer koeverte uit te deel? Hoe baie vrye tyd het 'n non of 'n monnik van enige geloof? Het jy al gesien hoe SDA's hul Saterdae spandeer. Of daai "pentecostal en charismatic" mense met hul blou of wit jasse die hele ganske Sondag in die veld uitkamp. Baie godsdienste stel hulself so op dat daar nie 'n ding soos vrye tyd bestaan nie.
DieAnderEk wrote:
Thu Dec 19, 2019 11:05 pm
Godsdiens (soos ander aspekte van kultuur) het natuurlik sy voordele soos om mense "in line" te hou (wel, tot op 'n punt) en om sekere goeie dade aan te moedig.
Ek weet, die kerklike tug, sensuur, steniging, verbanning en natuurlik die Broederbond.
DieAnderEk wrote:
Thu Dec 19, 2019 11:05 pm
Laastens, godsdiens bly maar bleddie interessant. Ek is bly dat ek bv. die godsdiens in Japan, asook die kultuur rondom dit, eerstehands kon ervaar. Al daai skeppingsmites en so het darem ook ryklik aan ons verskillende kulture bygedra. Dit lyk of ek myself weerspreek (eerste sin), maar ek kontrasteer die daaglikse (vervelige) beoefening daarvan met die kultuur wat dit voortgebring het of help vorm het. Mens kan dit seker ook nie heeltemal losmaak van mekaar nie.
So uit 'n antropologiese hoek is dit inderdaad interessant om te verstaan hoe bygelowe gevestig geraak het, maar hoe skadelike oortuigings en onwaarhede oor geslagte heen voortplant word is nie meer interessant as die fopnuus wat jou ma op Vuisboek plak nie.

Maar ek verstaan jou punt, dis vreeslik maklik om perspektief te verloor as jy nie elke dag met die stront gekonfronteer word nie.

nederig
Posts: 100
Joined: Tue Aug 28, 2018 9:18 am

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by nederig » Sat Dec 21, 2019 7:52 pm

plompie wrote:
Sun Dec 15, 2019 5:46 am
en verder voel dat die ongelooflike hoeveelhede tyd en geld wat op die supernaturale bestee word, beter aangewend sou kon word op armoede, die wetenskappe en om korrupsie teen te staan.
Miskien... as hulle maar bly by daai geld gebruik om armoede en korrupsie te beveg, en nie op 'n moerse campaign om busse te versier/ ontsier met boodskappies soos 'THERE IS PROBABLY NO GOD', of om konferensies en goeters te hou waar hulle mense probeer 'ontdoop' met blowdryers wat die watertjies van hulle koppies opdroog toe hulle gedoop is 50 jaar gelede nie...

plompie
Posts: 353
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by plompie » Sat Dec 21, 2019 8:57 pm

Nederig wrote:Miskien... as hulle maar bly by daai geld gebruik om armoede en korrupsie te beveg, en nie op 'n moerse campaign om busse te versier/ ontsier met boodskappies soos 'THERE IS PROBABLY NO GOD'
:lol: Nederig jy "mis die plot" ... die "hulle" waarna verwys word is nie ateïstiese campaigners nie.
Maak geen fout: There is probably no God; maar dis omtrent so relevant soos 'n expiry date op 'n bottel whiskey. [Edit: Ek sou ook kon sê: 'n MyBroadband article].
Plus: 'n Enkel bus-advertensie is no sommer skielik 'n "moerse campaign"? :lol:
Last edited by plompie on Mon Dec 23, 2019 7:26 pm, edited 1 time in total.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 549
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by Kameraad Eksteen » Sun Dec 22, 2019 2:08 pm

nederig wrote:
Sat Dec 21, 2019 7:52 pm
en nie op 'n moerse campaign om busse te versier/ ontsier met boodskappies soos 'THERE IS PROBABLY NO GOD', of om ...
Gods, maar jy kan nie stry nie, daai was geld wat goed aangewend was, om te dink die diep brandwonde wat dit op die mensies se brose siele gelos het, dat daar nou 10 jaar later nog mense 13 000km ver van die aksie af nog steeds hul panties in 'n liederlike knoop kry oor die boodskappie. :D

Post Reply