My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
nederig
Posts: 100
Joined: Tue Aug 28, 2018 9:18 am

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by nederig » Fri Dec 27, 2019 10:44 pm

plompie wrote:
Sat Dec 21, 2019 8:57 pm
:lol: Nederig dis duidelik dat jy nie lekker "by" is nie ... die "hulle" waarna verwys word is nie ateïstiese campaigners nie.
Maak geen fout: There is probably no God; maar dis omtrent so relevant soos 'n expiry date op 'n bottel whiskey. [Edit: Ek sou ook kon sê: 'n MyBroadband article].
Ag plompie, daai hele ding van 'lekker by wees' is regtig over-rated.

Ek kan onthou op 'n stadium in my (jongmens) lewe hoe ek saam met 'n klomp ouens rugby gekyk het (nie op TV nie, by die stadion! Varsity rugby, darem nie 'n internasionale game nie!) , en toe besluit die een ou dit sal nou regtig 'n verskriklike goeie idee wees om te streak en oor die veld te hol, en natuurlik wou hy gehad het almal moet dit saam met hom doen, omdat dit so 'n fantastiese idee is en so! Ek het dit nogals oorweeg, maar toe se 'n ander ou wat ook daar was vir my iets soos 'Moenie vir hom luister nie, hy is nie LEKKER BY nie'. En toe streak die ou en 'n paar ander en hol oor die veld, en ek en die meeste ander in die groepie daai tyd doen dit nie, omdat daai ouens nie LEKKER BY was nie, en nou ,meer as 30 jaar later het daai ouens wat nie LEKKER BY was nie, stories wat hulle kan vertel, en herrinderinge en so (alles goeie herrinderinge, hulle was HEROES gewees na die tyd!)

Ek weet BRAGGING RIGHTS klink na 'n simpel motivering, maar fok… ek wens ek het dit gehad! :evil:

Anyways...
plompie wrote:Plus: 'n Enkel bus-advertensie is no sommer skielik 'n "moerse campaign"? :lol:
Wel, ja dit was nogals 'n "moerse campaign", die ding het groot opskudding in die nuus gemaak en vir baie mense aanstoot gegee (jy moet altyd onthou, aanstoot word GEGEE, nie GENEEM nie).
Kameraad Eksteen wrote:Gods, maar jy kan nie stry nie, daai was geld wat goed aangewend was, om te dink die diep brandwonde wat dit op die mensies se brose siele gelos het, dat daar nou 10 jaar later nog mense 13 000km ver van die aksie af nog steeds hul panties in 'n liederlike knoop kry oor die boodskappie.
Of dalk gesels daardie mense wat 13 000 km ver van die aksie af is, na 10 jaar, net oor die ding om dit as 'n voorbeeld te gebruik van vermorsing van geld wat eerder aangewend kon word armoede en korrupsie te beveg en so? Want dit is mos waaroor ons gepraat het...

Daardie 'brandwonde' op die 'brose siele' waarvan jy praat - is dit nou soos byvoorbeeld daai gelowige Ma wat haar 2-jarige kind in 'n motorongeluk verloor het, wat haarself troos dat haar kind nou in die Hemel is (mooiste blommetjie wat gepluk is, en so), en dan sien sy die bus verby haar ry met die boodskap dat sy nie so moet broei op sulke kak nie, want daar is nie 'n God nie, sy moet net ontspan en haar lewe geniet?

User avatar
vixen
Posts: 393
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by vixen » Sat Dec 28, 2019 5:47 am

nederig wrote:
Fri Dec 27, 2019 10:44 pm
plompie wrote: Nederig dis duidelik dat jy nie lekker "by" is nie ... die "hulle" waarna verwys word is nie ateïstiese campaigners nie.
Maak geen fout: There is probably no God; maar dis omtrent so relevant soos 'n expiry date op 'n bottel whiskey. [Edit: Ek sou ook kon sê: 'n MyBroadband article].
Ag plompie, daai hele ding van 'lekker by wees' is regtig over-rated.
Jy kon tog maar ook vir KE in sy naaktheid gesê het dat "jy nie lekker by is nie", voordat jy hom gedek het met...
nederig wrote:
Fri Dec 27, 2019 10:44 pm
Kameraad Eksteen wrote: Gods, maar jy kan nie stry nie, daai was geld wat goed aangewend was, om te dink die diep brandwonde wat dit op die mensies se brose siele gelos het, dat daar nou 10 jaar later nog mense 13 000km ver van die aksie af nog steeds hul panties in 'n liederlike knoop kry oor die boodskappie.
Of dalk gesels daardie mense wat 13 000 km ver van die aksie af is, na 10 jaar, net oor die ding om dit as 'n voorbeeld te gebruik van vermorsing van geld wat eerder aangewend kon word armoede en korrupsie te beveg en so? Want dit is mos waaroor ons gepraat het...
...mos, ja.
nederig wrote:
Fri Dec 27, 2019 10:44 pm
Daardie 'brandwonde' op die 'brose siele' waarvan jy praat - is dit nou soos byvoorbeeld daai gelowige Ma wat haar 2-jarige kind in 'n motorongeluk verloor het, wat haarself troos dat haar kind nou in die Hemel is (mooiste blommetjie wat gepluk is, en so), en dan sien sy die bus verby haar ry met die boodskap dat sy nie so moet broei op sulke kak nie, want daar is nie 'n God nie, sy moet net ontspan en haar lewe geniet?
Met jou verwysing na "die bus" en " 'n bus" is nie dieselfde nie, nederig. Maar moenie sleg voel nie.

Gister nê, lees ek 'n titel van 'n boek "When shit doesn't happen." Die eintlike titel, met 'n oogknip, het nie soveel impak soos wat aan my voorgesê was nie.

plompie
Posts: 353
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by plompie » Sat Dec 28, 2019 7:41 pm

Nederig wrote:...
Nederig, geniet die laaste paar dae van 2019 en ek wens jou en gesin 'n voorspoedige 2020. Onthou ons moet nog ontmoet rondom 'n bottel JW Blue waarvan jy glo 'n paar het. ;)

nederig
Posts: 100
Joined: Tue Aug 28, 2018 9:18 am

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by nederig » Thu Jan 02, 2020 7:20 pm

plompie wrote:
Sat Dec 28, 2019 7:41 pm
Nederig, geniet die laaste paar dae van 2019 en ek wens jou en gesin 'n voorspoedige 2020. Onthou ons moet nog ontmoet rondom 'n bottel JW Blue waarvan jy glo 'n paar het. ;)
Baie dankie, plompie! Voorspoedige nuwejaar vir jou (en sommer vir almal wat hierso nog lees en deelneem) ook!

Jong, ek het nog NOOIT in my lewe 'n bottel JW Blue in my besit gehad nie! AS ek so nou en dan 'n ekstra geldjie het (wat baie, baie lanklaas gebeur het!), spandeer ek maar helfte daarvan vir die kerk se kollektebordjies sodat ons dominee ook so nou en dan 'n nuwe DDM (Duur Duitse Motor) kan koop, en die ander helfte spandeer ek om korrupsie en armoede te beveg!😁

Maar ja, daardie dag wat jy kom kuier vir my, gaan die kerk en die armes maar bietjie moet wag, jou whiskey is die belangrikste! Ek commit vir 'n bottel BELLS ten minste!

En natuurlik verwag ek dat jy ook ietsie sal saambring vir my... ek is nie gekultiveerd en so nie, maar 'n ORDENTLIKE botteltjie brandewyn sal waardeer word! Een van daais wat nie op die rakke is nie, wat hulle agter glaskaste toesluit daar by TOPS! En 'n 2 liter Tropika saam met dit ook, ek drink nie meer Coke nie want dit gee my Gout. En as jy YS ook kan saambring, sal dit gaaf wees!

User avatar
vixen
Posts: 393
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by vixen » Fri Jan 03, 2020 9:19 am

nederig wrote:
Thu Jan 02, 2020 7:20 pm
Maar ja, daardie dag wat jy kom kuier vir my, gaan die kerk en die armes maar bietjie moet wag, jou whiskey is die belangrikste! Ek commit vir 'n bottel BELLS ten minste!

En natuurlik verwag ek dat jy ook ietsie sal saambring vir my... ek is nie gekultiveerd en so nie, maar 'n ORDENTLIKE botteltjie brandewyn sal waardeer word! Een van daais wat nie op die rakke is nie, wat hulle agter glaskaste toesluit daar by TOPS! En 'n 2 liter Tropika saam met dit ook, ek drink nie meer Coke nie want dit gee my Gout. En as jy YS ook kan saambring, sal dit gaaf wees!
En die vleisie...?

nederig
Posts: 100
Joined: Tue Aug 28, 2018 9:18 am

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by nederig » Fri Jan 03, 2020 3:16 pm

vixen wrote:
Fri Jan 03, 2020 9:19 am
En die vleisie...?
Hi vixen! Voorspoedige nuwejaar vir jou ook!

Ek dink nie vleisie sal nodig wees nie, die man bly mos in die Kaap, so hy sal seker 'n paar krefies saambring as hy kom?

plompie
Posts: 353
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by plompie » Fri Jan 03, 2020 10:00 pm

Nederig wrote:En natuurlik verwag ek dat jy ook ietsie sal saambring vir my...
:lol: Nederig ek weet ek het al tevore gedreig om te kom kuier maar ja - ek wil baie beslis by jou uitkom sodat jy self kan agterkom ek is maar net 'n windsak.

Om die waarheid te sê het ek al paar keer geGoogle na guest houses rondom Randburg ...
Ek het ook familie in Menlo Park ... darem nie te vêr nie.

As en wanneer dinge reg uitwerk sal ek beslis iets saambring maar f@k jy kan darem die vleis en ys voorsien. ;)

User avatar
vixen
Posts: 393
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by vixen » Sat Jan 04, 2020 5:48 am

nederig wrote:
Fri Jan 03, 2020 3:16 pm
vixen wrote:
Fri Jan 03, 2020 9:19 am
En die vleisie...?
Hi vixen! Voorspoedige nuwejaar vir jou ook!

Ek dink nie vleisie sal nodig wees nie, die man bly mos in die Kaap, so hy sal seker 'n paar krefies saambring as hy kom?
My seile is gespan, nederig. Hier by ons is krefies...daar onder in die Kaap in is krewe.

Nee, ek weet nie van hom wat in die Kaap woon nie. Is hy en Frik nou dik pêlle?

User avatar
DieAnderEk
Posts: 466
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by DieAnderEk » Sat Jan 04, 2020 1:15 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Fri Dec 20, 2019 8:35 am
Ledigheid is die Duiwel se oorkussing, die dat Broederbondvergaderings in vrye tyd gehou was. Onthou jy hoe baie vrye tyd diakens aan huisbesoeke en bidure moes afstaan, en om daai dankoffer koeverte uit te deel? Hoe baie vrye tyd het 'n non of 'n monnik van enige geloof? Het jy al gesien hoe SDA's hul Saterdae spandeer. Of daai "pentecostal en charismatic" mense met hul blou of wit jasse die hele ganske Sondag in die veld uitkamp. Baie godsdienste stel hulself so op dat daar nie 'n ding soos vrye tyd bestaan nie.
Ek het nie gepraat van hoeveel vrye tyd daar is vir mense nie, meer oor wat hulle in hulle vrye tyd doen, en dit is hulle saak. As hulle wil gaan kamp of kerk, hoekom moet ons hulle probeer stop?
Kameraad Eksteen wrote:
Fri Dec 20, 2019 8:35 am
DieAnderEk wrote:
Thu Dec 19, 2019 11:05 pm
Godsdiens (soos ander aspekte van kultuur) het natuurlik sy voordele soos om mense "in line" te hou (wel, tot op 'n punt) en om sekere goeie dade aan te moedig.
Ek weet, die kerklike tug, sensuur, steniging, verbanning en natuurlik die Broederbond.
Point stills stands?
Kameraad Eksteen wrote:
Fri Dec 20, 2019 8:35 am
So uit 'n antropologiese hoek is dit inderdaad interessant om te verstaan hoe bygelowe gevestig geraak het, maar hoe skadelike oortuigings en onwaarhede oor geslagte heen voortplant word is nie meer interessant as die fopnuus wat jou ma op Vuisboek plak nie.
Dit hang af, urban legends kan net so interessant wees soos volksverhale. Baie aspekte rondom godsdiens bly interessant: die skeppingsmites, die filosofie wat daar rondom ontwikkel het, die vrae wat dit ontlok oor aspekte soos betekenis, wetenskap en etiek, ens. Bybelse verhale verskaf ook eindelose vermaak vir YouTubers soos Darkmatter2525 weens die unieke en/of absurde situasies wat geskep word indien daai stories waar was, of deur te fokus op teenstrydighede.
Kameraad Eksteen wrote:
Fri Dec 20, 2019 8:35 am
Maar ek verstaan jou punt, dis vreeslik maklik om perspektief te verloor as jy nie elke dag met die stront gekonfronteer word nie.
Dis nie 'n verlies aan perspektief nie, eerder 'n geval van dit raak my nie so persoonlik nie, so wat my betref is daar belangriker goed om oor te worry.
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 549
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: My houding jeens onwaar/skadelike oortuigings en hoe dit verander het

Post by Kameraad Eksteen » Mon Jan 06, 2020 11:21 am

DieAnderEk wrote:
Sat Jan 04, 2020 1:15 pm
Ek het nie gepraat van hoeveel vrye tyd daar is vir mense nie, meer oor wat hulle in hulle vrye tyd doen, en dit is hulle saak. As hulle wil gaan kamp of kerk, hoekom moet ons hulle probeer stop?
Dis reg, dis ek.

Boerematriek was nooit 'n keuse nie, Broederbond ook nie, Die nag van Bartholomeus ook nie, ninja pakkies ook nie...
DieAnderEk wrote:
Sat Jan 04, 2020 1:15 pm
Point stills stands?
Natuurlik, jy verloor net perspektief omdat tyd en politieke winde tussen jou en daai dinge gekom het, vir baie oor die wêreld wat steeds in daai tirannie van "skadelike oortuigings" vasgevang is, ervaar dit presies soos ons destyds.
DieAnderEk wrote:
Sat Jan 04, 2020 1:15 pm
Dit hang af, urban legends kan net so interessant wees soos volksverhale. Baie aspekte rondom godsdiens bly interessant: die skeppingsmites, die filosofie wat daar rondom ontwikkel het, die vrae wat dit ontlok oor aspekte soos betekenis, wetenskap en etiek, ens. Bybelse verhale verskaf ook eindelose vermaak vir YouTubers soos Darkmatter2525 weens die unieke en/of absurde situasies wat geskep word indien daai stories waar was, of deur te fokus op teenstrydighede.
Ja basies as 'n grappige "side show".
DieAnderEk wrote:
Sat Jan 04, 2020 1:15 pm
Dis nie 'n verlies aan perspektief nie, eerder 'n geval van dit raak my nie so persoonlik nie, so wat my betref is daar belangriker goed om oor te worry.
Ek weet, Eerste Wereldse Probleme, soos die?

https://en.wikipedia.org/wiki/First_World_problem

Post Reply