2019 -> 2020

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
Post Reply
User avatar
DieAnderEk
Posts: 467
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

2019 -> 2020

Post by DieAnderEk » Sat Dec 28, 2019 12:26 pm

Ek hoop julle hou lekker vakansie soos ek. Ja ek weet daar is 'n paar gesprekke waar die bal aan my kant van die baan is, maar ek vat my vakansies ook maar ernstig op, en ek sit op die oomblik in 'n huis met ses mense in oor drie geslagte, so daar is minder persoonlike tyd as gewoonlik.

Wat was vir julle hoogte- en laagtepunte van 2019? Waarna sien julle uit of sien julle op in 2020?

Ek moet nou weer spring, maar ek sal later 'n paar gedagtes kom deel.

DAE
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

plompie
Posts: 354
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: 2019 -> 2020

Post by plompie » Fri Jan 03, 2020 10:06 pm

DAE wrote:Waarna sien julle uit of sien julle op in 2020?
Hey DAE alles vd beste vir 2020 vir jou, jou meisie en al jou skelmpies ook. ;)

Man, ek moet 'n knieg-vervanging kry in Feb en ek sien nogal op, nie uit nie, daarna.

User avatar
vixen
Posts: 394
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: 2019 -> 2020

Post by vixen » Sat Jan 04, 2020 5:20 am

DieAnderEk wrote:
Sat Dec 28, 2019 12:26 pm
Ek hoop julle hou lekker vakansie soos ek. Ja ek weet daar is 'n paar gesprekke waar die bal aan my kant van die baan is, maar ek vat my vakansies ook maar ernstig op, en ek sit op die oomblik in 'n huis met ses mense in oor drie geslagte, so daar is minder persoonlike tyd as gewoonlik.

Wat was vir julle hoogte- en laagtepunte van 2019? Waarna sien julle uit of sien julle op in 2020?

Ek moet nou weer spring, maar ek sal later 'n paar gedagtes kom deel.

DAE
Om 'n huisie by die see te hê is mos soos 11 maande vakansie per jaar. Vir ons het 2019 goed afgeloop; niks dokters- en hospitaalgeite gehad nie en my dogter het nog 'n suksesvolle studiejaar agter die rug terwyl die ander een tot trou gekom het.

Met twee dae terug in roetine is ek klaar dankbaar dis naweek. Want ek het Donderdag met my delikate nommer 3 voetjie op 'n stuk draad getrap. My kleindogter het my vinnig geleer kruip tot by die voorstoep se trappe. My man wou die draad uittrek maar ek het so geskreeu dat die bure gedreig het om die polisie te bel. Toe los hy my om alleen te suffer. Na 'n smoke break het ek die draad self uitgetrek...

Vies oor die sabotasie het ek gister van my kinders se erfgeld gebruik en vir retail therapy gegaan. Ek't met 'n nuwe Elna by die huis gekom. Nou is my man jaloers en gaan vir homself 'n nuwe stoof koop. Jippy!! Die toekoms lyk belowend.
plompie wrote:
Fri Jan 03, 2020 10:06 pm
Man, ek moet 'n knieg-vervanging kry in Feb en ek sien nogal op, nie uit nie, daarna.
Wees dankbaar jy weet waarvoor jy opgeneem gaan word en geniet die kateter.

My vriendin se kleinseun was 'n paar dae voor Kersfees opgeneem weens pyne in sy been. Na bloedtoetse en geite is hy toe vir Kersfees ontslaan. Teen Oujaar was hy glad nie hêppy nie en was weer opgeneem. Hy word toe gemonitor terwyl hy sweet van die pyn en die dokters weet nie wat is fout met die rooibeen nie. Met die derde dokter, toe nê, toe sê die parasiete "howzit", soos wat hulle een vir een uitpop.

Hy sal seker nie gou weer in die rivier gaan swem nie.

Edit:
O ja...
DAE wrote:Waarna sien julle uit of sien julle op in 2020?
My seun is tans in Sharjah...

User avatar
DieAnderEk
Posts: 467
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: 2019 -> 2020

Post by DieAnderEk » Sat Jan 04, 2020 12:49 pm

plompie wrote:
Fri Jan 03, 2020 10:06 pm
Hey DAE alles vd beste vir 2020 vir jou, jou meisie en al jou skelmpies ook. ;)

Man, ek moet 'n knieg-vervanging kry in Feb en ek sien nogal op, nie uit nie, daarna.
Hehe thanks Plomp. Sterkte met die operasie! Dis seker beter dat dit vroeër gaan gebeur eerder as later.
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

User avatar
DieAnderEk
Posts: 467
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: 2019 -> 2020

Post by DieAnderEk » Sat Jan 04, 2020 12:53 pm

vixen wrote:
Sat Jan 04, 2020 5:20 am
Na 'n smoke break het ek die draad self uitgetrek...
Sien, draad trek is nie altyd so lekker nie. En dis seker beter om erfgeld te gebruik vir retail therapy as broodgeld ;)
vixen wrote:
Sat Jan 04, 2020 5:20 am
My seun is tans in Sharjah...
Beter as Fallujah. Kom hy darem kuier?
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

User avatar
vixen
Posts: 394
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: 2019 -> 2020

Post by vixen » Sat Jan 04, 2020 2:30 pm

DieAnderEk wrote:
Sat Jan 04, 2020 12:53 pm
vixen wrote:
Sat Jan 04, 2020 5:20 am
My seun is tans in Sharjah...
Beter as Fallujah. Kom hy darem kuier?
Hy was laas hier met die troue, verlede jaar. Of hy gou weer sal kom sal seker afhang wat gaan volg na Trump se "sweet talk."

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: 2019 -> 2020

Post by Frikkadel » Sun Jan 12, 2020 2:07 am

Happy 2020 vir almal.

2019 was great dankie.

En moeniew orry nie, die is 'n once-off weer diep in die nag, ek gaan nie 'n comeback nie, net kom kyk of daai beswaardes van laas, daai kamstige ou lede al terug is na my vertrek, maar dit kriek-kriek nog 'n moerse hou. Ai jirre shame, weereens jammer ek het julle forum so op gefok. Eintlik is ek ook nie so erg jammer nie, die goeies het darem agter gebly, maar julle is fokken min. Kry nog 'n paar mense man!

User avatar
vixen
Posts: 394
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: 2019 -> 2020

Post by vixen » Mon Jan 20, 2020 7:19 pm

Frikkadel wrote:
Sun Jan 12, 2020 2:07 am
Happy 2020 vir almal.

2019 was great dankie.

En moenie worry nie, die is 'n once-off weer diep in die nag, ek gaan nie 'n comeback nie, net kom kyk of daai beswaardes van laas, daai kamstige ou lede al terug is na my vertrek, maar dit kriek-kriek nog 'n moerse hou. Ai jirre shame, weereens jammer ek het julle forum so op gefok. Eintlik is ek ook nie so erg jammer nie, die goeies het darem agter gebly, maar julle is fokken min. Kry nog 'n paar mense man!
Sies, en jy het my nie eens saamgevat nie.

Vanoggend is die eerste familielid se dood vir die jaar aangekondig. En my oudste het Saterdag in die oggend gedroom ek is dood. Net sy het geweet en my man en ander kinders eers die volgende dag vertel....die jaar is nog lank.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 467
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: 2019 -> 2020

Post by DieAnderEk » Tue Jan 21, 2020 1:16 pm

DieAnderEk wrote:Wat was vir julle hoogte- en laagtepunte van 2019? Waarna sien julle uit of sien julle op in 2020?
Laagtepunte: My werk verloor. 'n Vriendin van my het kanker. Mense wat oorlede is, ander mense wat finansieel ens. baie sukkel.

Hoogtepunte: Goeie tye en ondersteuning van my meisie, familie en vriende. Rugbywêreldbeker. Mooi plekke gesien. Goeie herinneringe.

Waarna kyk ek op in 2020: Ek worry oor my vriendin en ander vriende wat sukkel. Die werkding vorder bietjie (betrokke by projekte) maar dit moet nog translate in 'n vaste pos. Daar is maar worries.

Waarna sien ek uit in 2020: Meer finansiële standvastigheid, persoonlike en professionele doele wat ek wil bereik, iemand anders as Trump vir prez. Dalk kry ek 'n paar mense op Kletskerk, maar tyd is 'n tameletjie.

Vir elke punt sal ek nog aan 'n paar kan dink, maar dis 'n begin.
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

User avatar
DieAnderEk
Posts: 467
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: 2019 -> 2020

Post by DieAnderEk » Tue Jan 21, 2020 1:17 pm

Frikkadel wrote:
Sun Jan 12, 2020 2:07 am
Happy 2020 vir almal.
Dis seker nou te laat om vir jou voorspoedige nuwe jaar toe te wens, shit sorry Frik.
Frikkadel wrote:
Sun Jan 12, 2020 2:07 am
Eintlik is ek ook nie so erg jammer nie, die goeies het darem agter gebly, maar julle is fokken min. Kry nog 'n paar mense man!
Wel ek kom agter as ek iets op Facebook post en hierheen link (wat ek nog net so twee of drie keer gedoen het - ek werk daaraan) skryf daar gewoonlik 'n paar mense in. So dis mense wat basies so nou en dan wil lees - minste moeite. Miskien sal 'n paar begin deelneem as daar meer onderwerpe gepost word. Aangesien ons nog tot ten minste Oktober kan rondjol is dit maar iets wat ek gaan probeer om te doen. If we go out, at least go out with a bang, of so iets.
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

Post Reply