2019 -> 2020

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
vixen
Posts: 409
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: 2019 -> 2020

Post by vixen » Mon Feb 10, 2020 6:35 am

plompie wrote:
Fri Jan 03, 2020 10:06 pm
DAE wrote:Waarna sien julle uit of sien julle op in 2020?
Hey DAE alles vd beste vir 2020 vir jou, jou meisie en al jou skelmpies ook. ;)

Man, ek moet 'n knieg-vervanging kry in Feb en ek sien nogal op, nie uit nie, daarna.
En so is ons al in Februarie. Nou wonder ek of die knieg al vervang is?

Ek sien uit na terugvoering soos 'n plantjie wat smag na water.

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: 2019 -> 2020

Post by plompie » Mon Feb 10, 2020 9:56 pm

Ja vixen, die daad was uitgevoer gedurende die namiddag van Dins 4 Feb. Ontslaan Vry 7 Feb.
Been pyn baie; so ek voel natuurlik jammer vir myself.
Môre eerste intensiewe fisio.

Ek is uiters dankbaar teenoor Life se diens ... maar nou ja ek het sekere bedenkings.
Uitgesluit die Teater; die paar minute wakker daar was meer as genoeg om te besef "hierdie ouens is in 'n ander liga"

PS. Dankie vir die opvolg

User avatar
vixen
Posts: 409
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: 2019 -> 2020

Post by vixen » Tue Feb 11, 2020 6:24 pm

plompie wrote:
Mon Feb 10, 2020 9:56 pm
Ja vixen, die daad was uitgevoer gedurende die namiddag van Dins 4 Feb. Ontslaan Vry 7 Feb.
Been pyn baie; so ek voel natuurlik jammer vir myself.
Môre eerste intensiewe fisio.

Ek is uiters dankbaar teenoor Life se diens ... maar nou ja ek het sekere bedenkings.
Uitgesluit die Teater; die paar minute wakker daar was meer as genoeg om te besef "hierdie ouens is in 'n ander liga"

PS. Dankie vir die opvolg
Hospitaalstories is goeie terapie. Maak dit maar 'n vervolgverhaal...dis immers jou beurt.

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: 2019 -> 2020

Post by plompie » Tue Feb 11, 2020 8:46 pm

vixen wrote:Hospitaalstories is goeie terapie.
Miskien … maar vir wie? Die vervolgverhaal kykers/lesers? Die pasiënt?
vixen wrote:Maak dit maar 'n vervolgverhaal
Wel, as ek laasgenoemde as teiken aanneem, wat sou jy (as kyker/leser) verkies ek moet volgende ondergaan … ?
vixen wrote:...dis immers jou beurt.
Ek glo die meeste van ons moet maar die een of ander tyd ons waardigheid inboek/oorgee by die hospitaal toonbank – maar hoekom sou dit my beurt wees? Omdat die wiel draai?

User avatar
vixen
Posts: 409
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: 2019 -> 2020

Post by vixen » Wed Feb 12, 2020 6:46 am

plompie wrote:
Tue Feb 11, 2020 8:46 pm
vixen wrote:Hospitaalstories is goeie terapie.
Miskien … maar vir wie? Die vervolgverhaal kykers/lesers? Die pasiënt?
Ek kan nie vir ander praat nie. Vir my sal dit 'n stesverligting wees om te lees hoe jy vorder...spesifiek omdat jou knieg pas vervang is.
plompie wrote:
vixen wrote:Maak dit maar 'n vervolgverhaal
Wel, as ek laasgenoemde as teiken aanneem, wat sou jy (as kyker/leser) verkies ek moet volgende ondergaan … ?
Aangesien jy die keuse aan my oorlaat...beslis nie 'n geloofsverandering nie. Maar jy loop jou eie pad. Jy is nou by fisio. Detail sal waardeer word...hou verby die weersomstandighede en die blommetjies langs die pad, tensy dit noemenswaardig is.
plompie wrote:
vixen wrote:...dis immers jou beurt.
Ek glo die meeste van ons moet maar die een of ander tyd ons waardigheid inboek/oorgee by die hospitaal toonbank – maar hoekom sou dit my beurt wees? Omdat die wiel draai?
Jou beurt om te skryf....het ek bedoel.

User avatar
Frikkadel
Posts: 296
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: 2019 -> 2020

Post by Frikkadel » Sat Feb 15, 2020 1:54 pm

2020 is fokken GREAT!!!!
Stywe tottie LEKKER!!!

User avatar
vixen
Posts: 409
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: 2019 -> 2020

Post by vixen » Sat Feb 15, 2020 3:16 pm

Frikkadel wrote:
Sat Feb 15, 2020 1:54 pm
2020 is fokken GREAT!!!!
Stywe tottie LEKKER!!!
Dis beslis nou warmer as vorige jare.

User avatar
Frikkadel
Posts: 296
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: 2019 -> 2020

Post by Frikkadel » Sat Feb 15, 2020 11:50 pm

vixen wrote:
Sat Feb 15, 2020 3:16 pm
Frikkadel wrote:
Sat Feb 15, 2020 1:54 pm
2020 is fokken GREAT!!!!
Stywe tottie LEKKER!!!
Dis beslis nou warmer as vorige jare.
:mrgreen: :mrgreen: :mrgreen: :mrgreen: :mrgreen:

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: 2019 -> 2020

Post by plompie » Mon Feb 17, 2020 6:10 am

Vixen, ek staan en loop redelik maklik rond – geen balansprobleme; of gevaar dat ek sommer sal struikel en val nie. Ek kon my krukke netsowel by die hospitaal agtergelaat het, wat dit aan betref. Maar, dis f@kkin seer en dis asof die Tamoltra (hulle sê dis dieselfde as Tramacet) so goed soos boggerôl doen. Dus bevind ek my nou by “tussen sit en staan bly lê nog die lekkerste” – daar is minstens ’n sekere posisie waarin ek my been kan “op-prop” met kussings met relatief pynloos is.

Die eerste fisio [verlede week Dins] was toe glad nie so intens nie: ’n Warm kussing oor die been; elektriese impuls wat glo help met die swelling; en klein bietjie manipulering [180 grade; sowel as meer en meer na die 100, 90 en 80 grade se kant toe. Het styf gevoel; maar as die fisio-man dit doen het was dit nie so erg nie. Die tweede fisio [verlede week Vrydag] maar net so bietjie meer van dieselfde.

Tóg voel ek dis relatief belangrik dat ek bietjie beweeg, en dus het ek rekenaarherstelwerk aanvaar – ek dink minstens 4 kliënte; waaronder skole dus kom daar sommer so 3 of 4 op ‘n slag in. En ja, ek werk – gaan lê, werk, gaan lê ens … maar minstens hou ek ek myself aan die gang. Selfs twee kliënte vanuit die hospitaal gehelp met sg end-user deliveries.

Ek voel nogal vanoggend bietjie beter met die loop en sit – dis dan nou ook hoekom ek vanoggend lus voel om weer bietjie te timmer op my antieke [steeds ivoor-kleurige] sleutelbord. Ook die eerste sedert die operasie dat ek weer lus voel vir koffie!

Ek woon alleen – dus was my Ma se bekommernis “maar wie gaan vir jou sorg?” Terwyl die werklikheid is: Daar is omtrent niks wat ek in die huis moet doen; wat ek nie self kan doen nie – versorging met ‘n knie-vervanging [by my, in elk geval] was/is totaal onnodig. Die uitsondering is natuurlik om by fisio te kom, en inkopies – en daar is ek redelik maklik gesort. Soms ’n kliënt wat my sommer aflaai by fisio; ex-kollegas / vriende – plus huurders rondom my maak dit baie maklik.

User avatar
vixen
Posts: 409
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: 2019 -> 2020

Post by vixen » Mon Feb 17, 2020 2:51 pm

Te gou gepos.

Post Reply