Page 3 of 7

Re: 2019 -> 2020

Posted: Mon Feb 17, 2020 2:54 pm
by vixen
plompie wrote:
Mon Feb 17, 2020 6:10 am
Die eerste fisio [verlede week Dins] was toe glad nie so intens nie: ’n Warm kussing oor die been; elektriese impuls wat glo help met die swelling; en klein bietjie manipulering [180 grade; sowel as meer en meer na die 100, 90 en 80 grade se kant toe. Het styf gevoel; maar as die fisio-man dit doen het was dit nie so erg nie. Die tweede fisio [verlede week Vrydag] maar net so bietjie meer van dieselfde.
Ek staan nie gevoelloos teenoor jou nie. Het mos self 'n titaniumskroef in my wat my kake se beweeglikheid verbeter het. Styfgeit is styfgeit...maak nie saak waar nie. Ek is nog in die begin stadium van die knieggeite.

Na 'n inspuiting in die boud het niks gebeur nie, maar jy vertrou mos die dokter. 'n Paar weke later met die inspuiting op die regte plek, deur 'n ander dokter het ek hardop gewonder wat is fout met die eerste dokter. Hulle behoort mos teen die tyd al te weet die eerste inspuiting is net 'n foefie. Toe word daar vir my verduidelik dat hulle ook begin by stap een sodat die spesialis en mediesefonds weet duurder prosedure word benodig. So far so good...

Re: 2019 -> 2020

Posted: Mon Feb 17, 2020 4:48 pm
by DieAnderEk
Dit klink half of julle eerder op die "Mediese realiteite"-draad moet gaan post. :mrgreen:

Plomp dis goed dat jy nog onafhanklik kan lewe, daai bly maar belangrik. En ek verbeel my ek het êrens gelees dat mense wat besig bly (nie mense wat te veel stres nie!) langer lewe.

Hoop julle skete en dinge sal goed uitgesort word.

Van die os op die jas: 2020 het skielik nogal woes geword. Koronavirus, harde Brexit, voortdurende beurtkrag, brande in Australië, ens.

Re: 2019 -> 2020

Posted: Mon Feb 17, 2020 7:20 pm
by vixen
DieAnderEk wrote:
Mon Feb 17, 2020 4:48 pm
Dit klink half of julle eerder op die "Mediese realiteite"-draad moet gaan post.
Ek't ook so gedink maar wou nie plompie laat verdwaal nie. Hy moet eers van die Mediese realiteite-draad bewus word.
DAE wrote:Van die os op die jas: 2020 het skielik nogal woes geword. Koronavirus, harde Brexit, voortdurende beurtkrag, brande in Australië, ens.
Ja maar...maak dan 'n draad oor ander se wêreld se geite.

Re: 2019 -> 2020

Posted: Tue Feb 18, 2020 2:40 pm
by DieAnderEk
vixen wrote:
Mon Feb 17, 2020 7:20 pm
Ja maar...maak dan 'n draad oor ander se wêreld se geite.
Gedink dit pas hier omdat die 'n draad oor die nuwe jaar is. Daar is seker genoeg issues om oor ander drade oop te maak...

Re: 2019 -> 2020

Posted: Wed Feb 19, 2020 7:11 am
by Kameraad Eksteen
DieAnderEk wrote:
Mon Feb 17, 2020 4:48 pm
Van die os op die jas: 2020 het skielik nogal woes geword. Koronavirus, harde Brexit, voortdurende beurtkrag, brande in Australië, ens.
Wel een wonderlike gebeurtenis van die jaar is Helen Zille wat besluit het om self haar smoel op Twitter stil te maak, dank die Vader. RSG het 'n onderhoud met haar gevoer oor die wonderlike nuus, en hulle het dit goedgedink om die onderhoud twee keer uit te saai. In die onderhoud kla sy oor die haat en die gebrek aan beheer op die platvorm, sy noem dit ook dat sy 'n nuwe privaat profiel geskep het sodat sy mense soos Jordan Peterson en nog 'n ander paar regses kan volg. So as enigiemand ooit gewonder het hoekom sy die DA na regs probeer dwing het, sy is 'n alt-right aanhanger.

Re: 2019 -> 2020

Posted: Wed Feb 19, 2020 1:23 pm
by DieAnderEk
Sy is beslis nie alt-right nie, en in my opinie was nog altyd baie liberaal en is nog steeds. Die ding is dat die sentrum in SA die laaste paar jaar ver na links geskuif het, dit maak haar dus meer van 'n sentris, want sy stem bloot nie saam met die verlinkses wat geen verskil van opinie duld nie (soos ons nou weer sien met die FW-ding) en groot is op sensuur.

In elk geval, ons weet al sosiale media en veral Twitter, en veral sg. Black Twitter is gif, en dit is maar beter om daar weg te bly maak nie saak wie jy is nie.

Re: 2019 -> 2020

Posted: Thu Feb 20, 2020 7:53 am
by Kameraad Eksteen
DieAnderEk wrote:
Wed Feb 19, 2020 1:23 pm
Sy is beslis nie alt-right nie...
Alt-white. Well, the proof is in the pudding. Jordan Peterson is ook glo nie alt-right nie. :lol:

Re: 2019 -> 2020

Posted: Thu Feb 20, 2020 10:25 am
by DieAnderEk
Hmm laat ek sien. Ek weet nie veel van Peterson nie, maar ek het gou na sy Wikipedia-bladsy gaan kyk. Hy kritiseer politieke korrektheid - dit maak nie van jou regs nie. Hy beskou homself as 'n klassieke liberalis, dit maak m.i. van jou links of sentris afhangende van die land waarin jy woon. Hy sien homself ook nie as regs nie. Alt-right is mos daai ouens wat wit nasionaliste is en so nè? Jy sal maar moet wys waar Peterson daai tipe van idees aanhang, en Zille ook. Sover ek weet is Zille klassieke DA: Skeer almal oor dieselfde kam, wit en swart moet saamstaan, kritiseer alle tipe rassisme en vooroordeel gelyk, ens. Weliswaar nie meer wat hulle vandag is nie, maar tye verander.

Re: 2019 -> 2020

Posted: Thu Feb 20, 2020 10:35 am
by Charles xv
Kameraad Eksteen wrote:
Thu Feb 20, 2020 7:53 am
DieAnderEk wrote:
Wed Feb 19, 2020 1:23 pm
Sy is beslis nie alt-right nie...
Alt-white. Well, the proof is in the pudding. Jordan Peterson is ook glo nie alt-right nie. :lol:
Wat is die probleem met Alt-white?

Re: 2019 -> 2020

Posted: Thu Feb 20, 2020 11:19 am
by Kameraad Eksteen
DieAnderEk wrote:
Thu Feb 20, 2020 10:25 am
Hmm laat ek sien. Ek weet nie veel van Peterson nie, maar ek...
In kort hy is 'n klimaatsveranderingsontkenner, hartvogtige konserwatiewe rooipil saamprater, en terwyl hy nie self met die alt-right identifiseer nie, is hy 'n tipe leiersfiguur waarna hulle opkyk. Hy het 'n tipe arrogansie wat so reg by Zille se tone deafness inskakel, kyk na sy video's.