2019 -> 2020

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: 2019 -> 2020

Post by plompie » Fri Mar 13, 2020 9:32 pm

vixen wrote:Hy het nie sy cv na ander plekke toe gestuur nie.
Soos my oorle pa sou gesê het: "dis nou fine brag daai" ;)

User avatar
vixen
Posts: 401
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: 2019 -> 2020

Post by vixen » Sat Mar 14, 2020 5:33 am

plompie wrote:
Fri Mar 13, 2020 9:32 pm
vixen wrote:Hy het nie sy cv na ander plekke toe gestuur nie.
Soos my oorle pa sou gesê het: "dis nou fine brag daai"
Ja. Die pronk is duidelik sigbaar.

plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: 2019 -> 2020

Post by plompie » Sat Mar 14, 2020 8:45 pm

Wel, dis uitstekend om daardie tipe van "skills" te hê waarvoor mens nie jou CV orals toe hoef uit te stuur nie.

Ek het nie kinders sover ek weet nie [want ek loop ook nie in my slaap rond, sover ek weet nie].
Maar, as ek (bv) 'n laaitie gehad het sou ek hom sommer hier van ouderdom 10 af geleer het hoe om te sweis (bv). Nie om sweis sy toekoms te maak nie; dis nie waaroor dit gaan nie. [Ek sal natuurlik eers self moet leer sweis].

Dis maar moeilik vir ouens vandag met "sommer maar net matriek" of "sommer maar net 'n generiese BA".

En nou, met Corona, is ek dankbaar dat ek nie op my rekenaarverkope hoef staat te maak om te survive nie.Voorraad word al hoe minder; en al hoe duurder.

User avatar
vixen
Posts: 401
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: 2019 -> 2020

Post by vixen » Sun Mar 15, 2020 1:18 pm

plompie wrote:
Sat Mar 14, 2020 8:45 pm
Wel, dis uitstekend om daardie tipe van "skills" te hê waarvoor mens nie jou CV orals hoef uit te stuur nie.
Wel, die "buddy" sisteem werk goed in die parlement of jy nou gekwalifiseerd is of nie. Ek loop nog met "dalk" werk dit vir hom ook.
plompie wrote:Ek het nie kinders sover ek weet nie [want ek loop ook nie in my slaap rond, sover ek weet nie].
Maar, as ek (bv) 'n laaitie gehad het sou ek hom sommer hier van ouderdom 10 af geleer het hoe om te sweis (bv). Nie om sweis sy toekoms te maak nie; dis nie waaroor dit gaan nie. [Ek sal natuurlik eers self moet leer sweis].
Google wys jou gou hoe om slim te wees in enige vak.
plompie wrote:Dis maar moeilik vir ouens vandag met "sommer maar net matriek" of "sommer maar net 'n generiese BA".
Ek self is 'n Jack of trades, master of none. Jy weet mos ek kan selfs nie die geroggel van die koffiemasjien verdra nie. Nou, ek het al gehoor 'n kompressor kan ingedruk word by 'n onmoontlike plek. Dit het ek Vrydag vinnig vertel en die appie het net so vinnig gesnap en 'n demonstrasie vermy.
plompie wrote:En nou, met Corona, is ek dankbaar dat ek nie op my rekenaarverkope hoef staat te maak om te survive nie. Voorraad word al hoe minder; en al hoe duurder.
Ek dink Corona gaan vir baie dinge geblameer word.

Selfs my kinders gaan oor 'n dag of twee finaal moet besluit of hulle nou vir 'n Griekse visa aansoek gaan doen of nie. Blykbaar dek hul assuransie dit nie. Verder is alles reeds betaal of geskenk by hul troue verlede jaar.

Darem is my seun terug sonder militêre hulp.

Opdatering: Die president het vir my kinders besluit.

User avatar
vixen
Posts: 401
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: 2019 -> 2020

Post by vixen » Mon Mar 16, 2020 3:37 pm

vixen wrote:
Sun Mar 15, 2020 1:18 pm
plompie wrote:
Sat Mar 14, 2020 8:45 pm
Wel, dis uitstekend om daardie tipe van "skills" te hê waarvoor mens nie jou CV orals hoef uit te stuur nie.
Wel, die "buddy" sisteem werk goed in die parlement of jy nou gekwalifiseerd is of nie. Ek loop nog met "dalk" werk dit vir hom ook.
My grassnyer is veilig.

plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: 2019 -> 2020

Post by plompie » Thu Apr 02, 2020 9:27 pm

Oormôre sal dit presies 2 maande wees sedert my knie-vervanging. Ek bly maar teleurgesteld met my vordering, bv:-
* Kar in-en-uitklim - sukkel steeds om been terug te buig en in die voertuig te kry.
* Pyn is nog dikwels daar. Darem nie oorweldigend nie; maar hinderlik genoeg om my eet- en werklus te demp.
* Daar is 'n effe hoor- en voelbare meganiese klikgeluid wanneer ek loop. Dit bekommer my nie noodwendig nie; behalwe dat ek soms dink dat dit ook pyn teweeg bring.
* Ek sukkel nog om die gelykstrek-na-180 grade; en die buig-verby-80 grade te verbeter.

Aan die positiewe kant:-
* Die pynvlakke word progressief minder, en ek behoort binnekort in staat te wees om my van die Tramacet pille te speen. Straks kan/behoort ek eintlik alreeds; maar daai 2 pille 5-uur in die middag dra baie by tot 'n rustige en/of produktiewe aand.
* Ek het onlangs weer begin swem; maar dit was redelik halfhartig. Nou is ek darem weer in die roetine om 2 keer per dag te swem. Ek bieg dis nou nie "swem" soos meeste mense "swem" ken nie. Bv my pool is maar sowat 6.4 x 2.5 m. In die verlede het ek 2 keer per dag 200 "lengtes" geswem ... na die een kant soort van "normaal" maar ek skop nie juis nie; slegs hande; en na die ander kant dan op my rug maar dan kry die voete meer oefening met skop/swaai. Die 200 "lengtes" het my vir 'n uur besig gehou - dus nou, met 100, doen ek sowat 30 minute twee keer per dag. Ek glo ek sal dit binne die volgende week of so kan opskuif na 150 so ek voel dis positiewe vordering.
* Die groot gewigsverlies; tesame met die streng dieet, het my laaste bloedtoetse resultate uitstekend beïnvloed. My Hba1c was byvoorbeeld op 'n stadium 9.6; toe 8; en nou is dit 4.8. En al die ander resultate (cholesterol, nierfunksie etc etc) is netso goed. Dit sou egter minstens bietjie beïnvloed gewees het met die omtrent-niks-eet daai 1ste maand na die operasie; dus verwag ek dat dit effe sal verswak maar nog steeds uitstekend (vir 'n diabeet) sal wees.

plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: 2019 -> 2020

Post by plompie » Fri Apr 03, 2020 9:50 pm

Ek praat nogal baie met myself: In die motor, stort - en natuurlik is Kletskerk ook 'n uitstekende luisteraar in die verband.

Ek het daarin geslaag om my swem-oefening skedule op te skuif na 2x45 min per dag; en ek moet bieg:- Dit werk! Ek voel veel beter; pyn is minder en ek loop makliker. Sien? Ek was maar net slapgat. Lui.

User avatar
vixen
Posts: 401
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: 2019 -> 2020

Post by vixen » Sat Apr 04, 2020 8:41 am

plompie wrote:
Fri Apr 03, 2020 9:50 pm
Ek praat nogal baie met myself: In die motor, stort - en natuurlik is Kletskerk ook 'n uitstekende luisteraar in die verband.

Ek het daarin geslaag om my swem-oefening skedule op te skuif na 2x45 min per dag; en ek moet bieg:- Dit werk! Ek voel veel beter; pyn is minder en ek loop makliker. Sien? Ek was maar net slapgat. Lui.
Ja, ek luister, meneer. Dit was jou reg om slapgat te wees.

Volgens rekords was ek laas in 2017 by die tandarts gewees. Iewers in Januarie het ek 'n klein stukkie tand afgekou. Klein genoeg om nie tandarts toe te gaan nie. Die Vrydag voor die aankondiging van inperking, toe byt ek die helfte van sy maatjie af. Maandag by die tandarts begin die whatsapps deur kom oor hoe laat die aankondiging gaan wees. Ek laat my dogter weet dat die president gerus kan wag tot ek by die huis is.

Dit was die tweede keer wat die tandarts my tande behandel, want my vorige tandarts (vir langer as 3 dekades) het besluit om eerder hamburgers te gaan maak. Sy sê toe die res van my tande lyk goed. Daarna ry ek toe huistoe, dankbaar dat ek vir ten minste 'n jaar nie weer in die stoel hoef te gaan sit nie.

Teen die naweek voel ek aan die anderkant van my mond....hier kom 'n ding. Ek hou uit tot Dinsdag so net na eenuur se kant en bel toe om 'n afspraak te maak. Geen tandarts op diens nie, maar sal uitkom vir 'n noodgeval. Bygesê, R350.00 moet betaal word by aankoms en word nie deur die mediesefonds gedek nie. Ek oorweeg toe die pyn teen die R350.00 en sê toe oukei. Ontvangs wou toe afspraak maak vir volgende dag. Noodgeval = 24 uur later teen die prys??? Nee dankie.

Later die middag toe whatsapp ek die hamburger maker, want die praktyk is nog op sy naam. Hy stel toe voor ek drink anti inflammatoriese tablette en begin toe weer die tablette drink wat ek vir my gluteal gekry het.

Woensdag Google ek toe die gewaarborgde raad om brake fluid aan te smeer en drink maar eerder nog die anti inflammatotiese tablette. Donderdagoggend word ek wakker met die eenkant van my gesig groter as die anderkant en bel 'n tandarts in my gebied. Sonder bybetaling sit ek toe gister twee ure en wag vir my beurt. Ek sal maar hier ophou, want ten minste het ek 'n voorskrif gekry en voel reeds beter.

Wat het ek geleer? Moenie nou, in hierdie tyd anti inflammatoriesegeite drink nie. Dit, as jy die virus kry, vererger die simptome. Moenie hierdie raad Google nie, Jy sal net so verward raak soos met die regulasies tydens die inperking.

Bly by die huis en neem deel aan Kletskerk.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 481
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: 2019 -> 2020

Post by DieAnderEk » Sat Apr 04, 2020 1:48 pm

Ooh, ek worry ook oor my tande. Die een pyn al 'n rukkie lank as ek dit borsel, en ek dink een of twee ander plekke lyk ook nie meer so great nie. Ek sal maar uithou totdat dit nou regtig begin pla.

Sterkte vixen, en bly jou oefen werk uit plompie. Ek het gister weer gaan balle slaan op die muurbalbaan (hier in ons kompleks).
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: 2019 -> 2020

Post by plompie » Sat Apr 04, 2020 7:44 pm

Wel vix wat kan ek sê? Jou tande maak seer. My kunsgebit ook.

Tx vir die heads up DAE. Ek is baie dankbaar dat ek weer in staat is om swemoefening te doen!

Post Reply