Mediese realiteite

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
Post Reply
User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Mediese realiteite

Post by DieAnderEk » Sun Feb 16, 2020 5:03 pm

Soos hulle sê, die lewe gebeur wanneer jy ander planne het. So 1,5 weke gelede dog ek toe ek kry 'n hartaanval. Borspyne, 'n enorme drukking, baie ongemak. Ons jaag hospitaal toe, my hart lyk fine. Bloeddruk is egter baie hoog. Ek is reeds op medikasie vir bloeddruk, jare al. 'n Paar doktersbesoeke en toetse later is ek nou op kalmeerpille, betablokkers en lewerpille. Dis nou behalwe die goed wat ek reeds drink vir insulienweerstandigheid, uriensuur, ens. Ek is 38.

Sulke goed laat jou natuurlik met 'n ander blik na die lewe kyk. Daar is al die vrese van 'n vroeë dood, om nooit weer ordentlik te kan oefen nie, ens. Selfverwyt omdat jy nie beter na jou gesondheid gekyk het nie, en dat jy dalk nou nooit weer 'n kans gaan hê nie.

Ek weet wat ek moet doen: Meer beweeg, slimmer eet, leer hoe om te ontspan, luister na my lyf, identifiseer die bronne van my stres en leer hoe om dit te hanteer. Vandag voel ek baie beter as 'n week gelede, en ek kry oor die algemeen die gevoel dat ek 'n bullet gedodge het, maar dat ek hard moet werk om my leefstyl aan te pas. Ek hoop ek kan dit doen.

Ek het bietjie gaan dink oor my deelname op Kletskerk. 'n Debat is dikwels intellektueel stimulerend, maar ek sukkel om my streshormone te beheer. Ek moet eers leer hoe om dit te doen, deur meditasie dalk?

Dus, Kameraad Eksteen, ek wil graag reageer op daai twee gesprekke, maar ek gaan vir 'n rukkie afskakel. Ek sal wel nog ander interessante onderwerpe wil post tussendeur, want dit sal vir my lekker wees om mense aan die lees en praat te kry.

Kyk mooi na julleselwers!
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
vixen
Posts: 409
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Mediese realiteite

Post by vixen » Sun Feb 16, 2020 9:17 pm

Dankbaar jy is nog met ons. Ek raai jy het 'n angina aanval gehad?

Troos jou daaraan dat fiks en gesonde mense ook skielik deur 'n lewensverandering moet gaan sonder dat hulle daarvoor gevra het.

Drie jaar gelede het die longspesialis vir my gesê ek moet ophou rook as ek wil ophou hoes. Dit was/ is nie debateerbaar nie. Toe duik daar mos iets anders op wat erger as my rookprobleem was.

Ek het darem al so 'n maand gelede oorgeslaan na sigarette met die helfte nikotien en teer. Want sedert Desember gebruik ek die verstuiver (eerste keer wat ek die Afrikaanse woord vir nebulizer sien) meer gereeld.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Mediese realiteite

Post by DieAnderEk » Sun Feb 16, 2020 9:48 pm

Dankie Vixen.

Die mense by die hospitaal reken dit was 'n angsaanval. Of dalk paniek, daar is blykbaar klein verskille tussen die twee. Beklemming het al die vorige dag begin. Baie toetse gedoen, dok sê selfs my hart loop soos 'n Rolls Royce. Daar is baie om voor dankbaar te wees ook.

Ek is nie fiks en gesond nie. Omdat ek by die huis werk beweeg ek heelwat minder as voorheen. Ek het geen verskoning nie - daar is selfs 'n oefenfiets in die flat en 'n gym en squashbaan op die perseel. Ek speel darem nou en dan bietjie squash met my meisie. Soos in muurbal. :) Maar ek is oorgewig en moet oppas vir daai suiker.

Ek het ontdek dat ek verleer het hoe om te ontspan. Soos daai ouens wat in hammocks lê langs die strand. Dit is vir my 'n vreemde sensasie. Ek moet myself forseer om dieper asem te haal. Ek het myself nog altyd as 'n chill, happy go lucky tipe van mens gesien, maar tog krop ek dinge op wat ek seker nie eens besef nie. Behalwe gesond lewe moet mens ook op gesonde maniere van stres ontslae raak en op gesonde maniere leer cope met stres.

Sterkte met die longe en ander dinge!
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Frikkadel
Posts: 296
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: Mediese realiteite

Post by Frikkadel » Sun Feb 16, 2020 10:47 pm

Jy kan nie altyd weg hardloop vir Liewe Jussus se ope arms wat vir jou wag nie ne.

Relax. Hou op stres en geniet meer seks, daai werk beter as enige pilletjie.

Jy sal weer 'n werkie kry, bid net so bietjie daarvoor.

Hopelik giggel jy so 'n bietjie stres weg ,as jy volgende jaar my ou possie lees.

User avatar
vixen
Posts: 409
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Mediese realiteite

Post by vixen » Mon Feb 17, 2020 12:39 pm

DAE wrote:Ek is nie fiks en gesond nie. Omdat ek by die huis werk beweeg ek heelwat minder as voorheen. Ek het geen verskoning nie - daar is selfs 'n oefenfiets in die flat en 'n gym en squashbaan op die perseel. Ek speel darem nou en dan bietjie squash met my meisie. Soos in muurbal. :) Maar ek is oorgewig en moet oppas vir daai suiker.
Die ding met jou meisie klink erg. Speel eerder iets waarin albei van julle 'n hou inkry.
DAE wrote:Ek het ontdek dat ek verleer het hoe om te ontspan. Soos daai ouens wat in hammocks lê langs die strand. Dit is vir my 'n vreemde sensasie. Ek moet myself forseer om dieper asem te haal. Ek het myself nog altyd as 'n chill, happy go lucky tipe van mens gesien, maar tog krop ek dinge op wat ek seker nie eens besef nie. Behalwe gesond lewe moet mens ook op gesonde maniere van stres ontslae raak en op gesonde maniere leer cope met stres.
Ek het lank ge-"nag" vir my hammock. Net om agter te kom dat dit glad nie so ontspannend is nie - soos jy sê - eerder 'n vreemde sensasie wat lei tot seesiek. Ek gun my man sy ontvlugting wanneer hy daar gaan lê en boeklees.
Attachments
Swing.jpg
Swing.jpg (77.44 KiB) Viewed 840 times
Last edited by vixen on Mon Feb 17, 2020 3:00 pm, edited 1 time in total.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 597
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Mediese realiteite

Post by Kameraad Eksteen » Mon Feb 17, 2020 3:00 pm

DieAnderEk wrote:
Sun Feb 16, 2020 5:03 pm
Ek het bietjie gaan dink oor my deelname op Kletskerk. 'n Debat is dikwels intellektueel stimulerend, maar ek sukkel om my streshormone te beheer. Ek moet eers leer hoe om dit te doen, deur meditasie dalk?
Is so ja, dis soos daai "mindfulness" wat jy moet beoefen. Soos in sulke gesprekke met my is dit nuttig indien jy bewustelik kern konsepte hieruit toepas en inoefen en jy jou denke met grasie en kalmte leer bestuur, subtiel met finesse. Byvoorbeeld, jy sal mettertyd vind dat jy met meer begrip en aanvaarding kan kweek wat toelaat dat my wysheid met meer grasie en empatie kan indrink. Jy moet toelaat dat die ware feite oor jou spoel en jou geestelik verryk en verkwik. Daai stressrespons is 'n ding wat jy telkens moet konfronteer en krities moet opbreek, die emosie daaruit haal, herdink, jy weet "reappraisal". En wat dit in gesprek met my so maklik en stimulerend maak is die feit dat jy tog heimlik bewus is daarvan dat ek altyd reg is, jy het dus 'n vastigheid en troos om aan vas te klou terwyl jy jou onstuimige wanindrukke en foutiewe denke in 'n veilige omgewing kan heroorweeg, en waar jy die bevryding van die beklemming kan ervaar soos 'n las van jou skouers af en 'n vars lentebries.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Mediese realiteite

Post by DieAnderEk » Mon Feb 17, 2020 4:38 pm

vixen wrote:
Mon Feb 17, 2020 12:39 pm
Die ding met jou meisie klink erg. Speel eerder iets waarin albei van julle 'n hou inkry.
Nee wat, dit werk nogal vir ons. Ons speel punte maar hou nie telling nie.
vixen wrote:
Mon Feb 17, 2020 12:39 pm
Ek het lank ge-"nag" vir my hammock. Net om agter te kom dat dit glad nie so ontspannend is nie - soos jy sê - eerder 'n vreemde sensasie wat lei tot seesiek. Ek gun my man sy ontvlugting wanneer hy daar gaan lê en boeklees.
Dis lekker as jy eers jou lê kry. Ek vind egter dat ek nie so lank op my rug kan bly nie.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Mediese realiteite

Post by DieAnderEk » Mon Feb 17, 2020 4:40 pm

KE ek het nou lekker gelag! Jy het 'n manier met woorde, dit moet ek toegee.

Oor hierdie ding:
Kameraad Eksteen wrote:
Mon Feb 17, 2020 3:00 pm
Daai stressrespons is 'n ding wat jy telkens moet konfronteer en krities moet opbreek, die emosie daaruit haal, herdink, jy weet "reappraisal".
Maar natuurlik, dit doen ek ook tot die beste van my vermoë, en ek kry dit reg, maar nooit sonder om die stresrespons te ervaar nie. Dit maak nie saak met wie ek debatteer waaroor nie, en wie reg is en wie's verkeerd nie. Dis 'n reaksie wat ek, ten minste op die oomblik, geen beheer oor het nie. Dit laat my dink aan my jong dae toe ek klavier op skool gespeel het. Elke keer as ek op die stage sit bewe ek, al weet ek ek kan die stuk goed speel. Betablokkers het gehelp, maar dit is simptomatiese behandeling. Ek het ook tennis gespeel, en kon dit nooit heeltemal regkry om goed te speel tydens punte waar die druk op my was nie (soos breek- of wedstrydpunte).

In elk geval, dit daar gelaat. Daar is goeie maniere om stres en gesondheid te manage, en dit is my prioriteit op die oomblik.

Laat dit juig.

DAE
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
vixen
Posts: 409
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Mediese realiteite

Post by vixen » Mon Feb 17, 2020 4:53 pm

DieAnderEk wrote:
Mon Feb 17, 2020 4:40 pm
In elk geval, dit daar gelaat. Daar is goeie maniere om stres en gesondheid te manage, en dit is my prioriteit op die oomblik.

Laat dit juig.

DAE
My skoonsuster het vir terapie gegaan nadat dagga nie meer gehelp het nie. In een van die sessies moes sy verf...iets wat sy nooit te vore gedoen het nie. Nou, 6 maande later, vra mense haar vir 'n skildery. Dalk het jy ook 'n verskuilde talent waar ons saam kan juig.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 597
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Mediese realiteite

Post by Kameraad Eksteen » Tue Feb 18, 2020 8:44 am

DieAnderEk wrote:
Mon Feb 17, 2020 4:40 pm
Elke keer as ek op die stage sit bewe ek, al weet ek ek kan die stuk goed speel. Betablokkers het gehelp, maar dit is simptomatiese behandeling. Ek het ook tennis gespeel, en kon dit nooit heeltemal regkry om goed te speel tydens punte waar die druk op my was nie (soos breek- of wedstrydpunte).
Soos Julius Malema se wysheid dit opsom,ons het hier te doen met 'n "Factory fault".

Klink my jy moes dan eerder nie jouself daaraan blootgestel het nie.

Die laaste twee jaar of wat dra ek een van daai fiksheidsfoefie-horlosies en onder andere gebruik die ding "heart rate variability stress monitoring". En wat ek nou gevind het, en wat die studies wys, die stressrespons is nie iets waarvan jy bewus moet wees nie. Byvoorbeeld, dis krisistyd, hoë druk werk moet gedoen word, vergaderinge wat woes voel, maar volgens my werklike stressmetings is ek koel soos 'n komkommer. Dis soos as jy daai geweer optel en jy kry die dier of wat ookal in die visier, dis 'n koel kalm dierlike oorlewingsdrang wat oor jou spoel, tyd gaan stadiger verby, jy is meer bewus van wat om jou aangaan ens. Selfde met sport, daai uitklophou en arend kom die ouens wat kalm bly toe. Soos die ouens wat in gholf met die "long putter" speel, hulle kom nooit reg nie.

Maar, ry ek op die snelweg of langpad, en daai stress meet as maksimum meeste van die tyd, ek is nie op daai oomblik bewus daarvan nie, na die tyd is ek dalk uitgeput na die stortvloed van stresshormone ens. En ander mense waarmee ek die data vergelyk het is nie almal so uitgestress met bestuur nie.

Die punt is, dis relatief "normale" hantering van stress, nie dat dit beteken dat as die verkeer jou uitstress en jy weet dit nie eens nie dat dit nie jou gesondheid gaan beïnvloed nie. Dit gaan daaroor dat jy nie baat vind by ooraktiewe bewustelike denke wat jou amygdala kronies aktiveer en jou ingeoefende en instinktiewe reaksies belemmer nie. Dis soos deesdae se jong manne wat nie ereksies kan volhou nie, want hulle probeer die goed styf dink. Dis presies hoekom jy nie hierdie stress gaan wegdink, uitrus en wegtoor met medisyne nie. 'n Verdere issue is, daai stress reaksies kom soms met vrees saam, wat heel dikwels irrasioneel is, wat dit nog moeiliker maak. So jy jy moet daai natuurlike rou mens herontdek en bagasie afskud. En dis soos ek al eerder gesê, hierdie stress drumpelvlak is 'n vloek van epigenetika, dis net iets wat jy gesonder kan hanteer.

Dis maar waarom daai mindfullness werklik die enigste oplossing is vir situasies soos joune waar metaboliese sindroom en angsversteurings ineengestrengel is. Dit breek die eerste skakel van die kringloop of kettingreaksie.

Dis soos die: https://www.mediate.com/articles/OConnellR1.cfm

En dis eintlik goed dat jy jouself nou in 'n moeilike jaar bevind, want in my ondervinding as mense die vermoë (geld, gemak, sekuriteit) het om geestelike groei en fisiese gesondheid uit te stel en slegte gewoontes te bly inoefen en weg te vlug en konflik te vermy, dan doen hulle dit, elke fokken keer, aanhoudend.

Post Reply