Mediese realiteite

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 549
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Mediese realiteite

Post by Kameraad Eksteen » Mon May 18, 2020 2:07 pm

plompie wrote:
Sun May 17, 2020 7:25 pm
Self rook ek nie, maar ek is nogal geneig om saam te stem met een persoon se kommentaar, nl dat DZ die ondenkbare verrig het, nl om rokers en nie-rokers te verenig.
As jy my vra was dit eerder die narratief waarvoor British American Tobacco op sosiale media betaal het. Kyk, ek stem nie met al die regering se arbitrêre reëls saam soos ding nou die laaste week of so uitrafel nie, maar simpatie met die rokers, daai een het ek nog nie opgedoen nie. :lol:

plompie
Posts: 354
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Mediese realiteite

Post by plompie » Mon May 18, 2020 9:13 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Mon May 18, 2020 2:07 pm
plompie wrote:
Sun May 17, 2020 7:25 pm
Self rook ek nie, maar ek is nogal geneig om saam te stem met een persoon se kommentaar, nl dat DZ die ondenkbare verrig het, nl om rokers en nie-rokers te verenig.
As jy my vra was dit eerder die narratief waarvoor British American Tobacco op sosiale media betaal het. Kyk, ek stem nie met al die regering se arbitrêre reëls saam soos ding nou die laaste week of so uitrafel nie, maar simpatie met die rokers, daai een het ek nog nie opgedoen nie. :lol:
Eish, Kameraad - so jy verstaan nie dat jou eie "ek stem nie saam met ..." juistement die motivering is vir daai "simpatie" nie?

Edit:- Ek moet byvoeg dat die hele anti-rook bewusmakingsveldtog tóg suksesvol was op een gebied [IMO]:- Ek sien baie minder rokers deesdae met 'n poep-in-die-hyser-fok-jou houding oor hulle slegte gewoonte. Trouens, ek vind dat verreweg die meeste baie bedagsaam is in die publiek en 'n punt daarvan maak om "eenkant" te gaan rook. So ja, ek het simpatie met sulke rokers, veral gesien in die lig van "die regering se arbritrêre reëls".

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 549
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Mediese realiteite

Post by Kameraad Eksteen » Tue May 19, 2020 7:56 am

plompie wrote:
Mon May 18, 2020 9:13 pm
Eish, Kameraad - so jy verstaan nie dat jou eie "ek stem nie saam met ..." juistement die motivering is vir daai "simpatie" nie?
Ek sien dit nie so nie eerstens die "script" wat British American Tobacco uitgestuur het, het grootliks gehandel oor die feit dat hulle met sondebelasting die ganse ekonomie aan die gang sou gehou het, wat natuurlik ironies is in die sin dat hulle nie geld druk nie, en dat daai geld in die arme rokers se sakke bly. Toe kom die hele gehamer op arbitrêre reëls ens, en nou is rook sommer saam met dit ingesmyt?

Kyk as ons kyk na ander ongehoorsame en "wettelose" nasies soos die Russe en die Brasiliane se syfers kyk, dan verstaan ek arbitrêre reëls eintlik veel erger moes wees, want ons wil mos nie luister nie. Vergelyk met lande soos Duitsland se syfers.

Hier by ons weet amper almal mos van beter, die park/strand is gesluit maar as dit nie met slot en kettings en 'n wag beskerm word nie sit dit vol mense en die fietse ry, en die honde loop los, want ons weet mos van beter, ons is so spesiaal en ons geval is 'n uitsondering. "This is why we can't have nice things."

So nee, as ek nie ooptoon skoene mag koop nie oor 'n arbitrêre reël, dan is dit nou maar so, dit maak nie dat ek simpatie met rokers ontwikkel nie, al wil ek graag ooptoon skoene koop. Ek gaan wraggies nou nie myself Karen hou en 'n hedendaagse Typhoid Mary speel net omdat ek afgepis is nie.

User avatar
vixen
Posts: 394
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Mediese realiteite

Post by vixen » Tue May 19, 2020 9:31 am

Kameraad Eksteen wrote:
Tue May 19, 2020 7:56 am
So nee, as ek nie ooptoon skoene mag koop nie oor 'n arbitrêre reël, dan is dit nou maar so, dit maak nie dat ek simpatie met rokers ontwikkel nie, al wil ek graag ooptoon skoene koop. Ek gaan wraggies nou nie myself Karen hou en 'n hedendaagse Typhoid Mary speel net omdat ek afgepis is nie.
Dit maak twee van ons. Ek kla nie oor die arbitrêre reël nie...inteendeel ek root al die pad vir die tannie, met die wete dat sy net so hard soos ek probeer. Want as sy wen wen ek. Verloor sy wen ek ook.

Kyk hoe mooi is my 1 kg avo:
Avo.jpg
Avo.jpg (71.38 KiB) Viewed 41 times

User avatar
vixen
Posts: 394
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Mediese realiteite

Post by vixen » Wed May 27, 2020 8:20 pm

plompie wrote:
Sun Apr 19, 2020 6:42 pm
Ek's nou lekker die bliksem in vir myself: Paar uur vroeër, toe ek vooruitbuig en gaan sit, haak 'n hempsknoop oor my Jura X8 pas gevulde double-skin glasbeker koffie.
Een bo-been lekker gebrand; selfs b@lsak 'n stukkie vel-af.
Ek's die meeste gepla oordat ek nou nie kan swem vir 'n paar dae nie.
Tref my vroë oggend koffie my ook gisteroggend toe my linkerhand nie in pas was met my regterhand nie. Ek kon darem my selfoon betyds voor die stroom wegruk. Ek drink nie melk in my koffie om die hitte 'n bietjie af te bring nie so met die sit was dit nog warm gewees. My maag en bene het in die middag nog gekla hulle het gebrand.

Ek het gelukkig nie 'n pleister nodig gehad nie, maar weet nou hoe jy in daardie oomblik gevoel het. Dalk moet ek 'n beker kry wat twee ore het? Want my linkerhand het weggeruk terwyl die regterhand aan die oor heel gemaklik was.

plompie
Posts: 354
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Mediese realiteite

Post by plompie » Thu May 28, 2020 6:11 am

vixen wrote:Ek drink nie melk in my koffie om die hitte 'n bietjie af te bring nie so met die sit was dit nog warm gewees. My maag en bene het in die middag nog gekla hulle het gebrand.
Gelukkig dat jy darem nie soos ek by Medcross beland het nie ... :mrgreen:

Ja, ek drink ook my koffie swart. Ek het gewoond geraak aan die kokende Alta Rica (2t) en kon nooit (nog steeds nie) verstaan hoedat sommige mense hulle koffie nie so warm verkies nie. Toe ek begin navors oor watter koffiemasjien om te koop, kom ek op die volgende opmerking af i.v.m. een van Jura se modelle: "some like it hotter". Dus het ek op die ou end die hele Jura reeks probeer by ons plaaslike verskaffer en op die ou end die Jura X8 gekoop omdat ek gedink het die koffiesmaak was die beste; maar ook die X8 was vir my subjektief die warmste.
Nogal ironies ... ek kan vandag persoonlike getuigenis lewer oor die Jura se hitte :lol:

Post Reply