Mediese realiteite

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 570
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Mediese realiteite

Post by Kameraad Eksteen » Mon May 18, 2020 2:07 pm

plompie wrote:
Sun May 17, 2020 7:25 pm
Self rook ek nie, maar ek is nogal geneig om saam te stem met een persoon se kommentaar, nl dat DZ die ondenkbare verrig het, nl om rokers en nie-rokers te verenig.
As jy my vra was dit eerder die narratief waarvoor British American Tobacco op sosiale media betaal het. Kyk, ek stem nie met al die regering se arbitrêre reëls saam soos ding nou die laaste week of so uitrafel nie, maar simpatie met die rokers, daai een het ek nog nie opgedoen nie. :lol:

plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Mediese realiteite

Post by plompie » Mon May 18, 2020 9:13 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Mon May 18, 2020 2:07 pm
plompie wrote:
Sun May 17, 2020 7:25 pm
Self rook ek nie, maar ek is nogal geneig om saam te stem met een persoon se kommentaar, nl dat DZ die ondenkbare verrig het, nl om rokers en nie-rokers te verenig.
As jy my vra was dit eerder die narratief waarvoor British American Tobacco op sosiale media betaal het. Kyk, ek stem nie met al die regering se arbitrêre reëls saam soos ding nou die laaste week of so uitrafel nie, maar simpatie met die rokers, daai een het ek nog nie opgedoen nie. :lol:
Eish, Kameraad - so jy verstaan nie dat jou eie "ek stem nie saam met ..." juistement die motivering is vir daai "simpatie" nie?

Edit:- Ek moet byvoeg dat die hele anti-rook bewusmakingsveldtog tóg suksesvol was op een gebied [IMO]:- Ek sien baie minder rokers deesdae met 'n poep-in-die-hyser-fok-jou houding oor hulle slegte gewoonte. Trouens, ek vind dat verreweg die meeste baie bedagsaam is in die publiek en 'n punt daarvan maak om "eenkant" te gaan rook. So ja, ek het simpatie met sulke rokers, veral gesien in die lig van "die regering se arbritrêre reëls".

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 570
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Mediese realiteite

Post by Kameraad Eksteen » Tue May 19, 2020 7:56 am

plompie wrote:
Mon May 18, 2020 9:13 pm
Eish, Kameraad - so jy verstaan nie dat jou eie "ek stem nie saam met ..." juistement die motivering is vir daai "simpatie" nie?
Ek sien dit nie so nie eerstens die "script" wat British American Tobacco uitgestuur het, het grootliks gehandel oor die feit dat hulle met sondebelasting die ganse ekonomie aan die gang sou gehou het, wat natuurlik ironies is in die sin dat hulle nie geld druk nie, en dat daai geld in die arme rokers se sakke bly. Toe kom die hele gehamer op arbitrêre reëls ens, en nou is rook sommer saam met dit ingesmyt?

Kyk as ons kyk na ander ongehoorsame en "wettelose" nasies soos die Russe en die Brasiliane se syfers kyk, dan verstaan ek arbitrêre reëls eintlik veel erger moes wees, want ons wil mos nie luister nie. Vergelyk met lande soos Duitsland se syfers.

Hier by ons weet amper almal mos van beter, die park/strand is gesluit maar as dit nie met slot en kettings en 'n wag beskerm word nie sit dit vol mense en die fietse ry, en die honde loop los, want ons weet mos van beter, ons is so spesiaal en ons geval is 'n uitsondering. "This is why we can't have nice things."

So nee, as ek nie ooptoon skoene mag koop nie oor 'n arbitrêre reël, dan is dit nou maar so, dit maak nie dat ek simpatie met rokers ontwikkel nie, al wil ek graag ooptoon skoene koop. Ek gaan wraggies nou nie myself Karen hou en 'n hedendaagse Typhoid Mary speel net omdat ek afgepis is nie.

User avatar
vixen
Posts: 398
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Mediese realiteite

Post by vixen » Tue May 19, 2020 9:31 am

Kameraad Eksteen wrote:
Tue May 19, 2020 7:56 am
So nee, as ek nie ooptoon skoene mag koop nie oor 'n arbitrêre reël, dan is dit nou maar so, dit maak nie dat ek simpatie met rokers ontwikkel nie, al wil ek graag ooptoon skoene koop. Ek gaan wraggies nou nie myself Karen hou en 'n hedendaagse Typhoid Mary speel net omdat ek afgepis is nie.
Dit maak twee van ons. Ek kla nie oor die arbitrêre reël nie...inteendeel ek root al die pad vir die tannie, met die wete dat sy net so hard soos ek probeer. Want as sy wen wen ek. Verloor sy wen ek ook.

Kyk hoe mooi is my 1 kg avo:
Avo.jpg
Avo.jpg (71.38 KiB) Viewed 70 times

User avatar
vixen
Posts: 398
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Mediese realiteite

Post by vixen » Wed May 27, 2020 8:20 pm

plompie wrote:
Sun Apr 19, 2020 6:42 pm
Ek's nou lekker die bliksem in vir myself: Paar uur vroeër, toe ek vooruitbuig en gaan sit, haak 'n hempsknoop oor my Jura X8 pas gevulde double-skin glasbeker koffie.
Een bo-been lekker gebrand; selfs b@lsak 'n stukkie vel-af.
Ek's die meeste gepla oordat ek nou nie kan swem vir 'n paar dae nie.
Tref my vroë oggend koffie my ook gisteroggend toe my linkerhand nie in pas was met my regterhand nie. Ek kon darem my selfoon betyds voor die stroom wegruk. Ek drink nie melk in my koffie om die hitte 'n bietjie af te bring nie so met die sit was dit nog warm gewees. My maag en bene het in die middag nog gekla hulle het gebrand.

Ek het gelukkig nie 'n pleister nodig gehad nie, maar weet nou hoe jy in daardie oomblik gevoel het. Dalk moet ek 'n beker kry wat twee ore het? Want my linkerhand het weggeruk terwyl die regterhand aan die oor heel gemaklik was.

plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Mediese realiteite

Post by plompie » Thu May 28, 2020 6:11 am

vixen wrote:Ek drink nie melk in my koffie om die hitte 'n bietjie af te bring nie so met die sit was dit nog warm gewees. My maag en bene het in die middag nog gekla hulle het gebrand.
Gelukkig dat jy darem nie soos ek by Medcross beland het nie ... :mrgreen:

Ja, ek drink ook my koffie swart. Ek het gewoond geraak aan die kokende Alta Rica (2t) en kon nooit (nog steeds nie) verstaan hoedat sommige mense hulle koffie nie so warm verkies nie. Toe ek begin navors oor watter koffiemasjien om te koop, kom ek op die volgende opmerking af i.v.m. een van Jura se modelle: "some like it hotter". Dus het ek op die ou end die hele Jura reeks probeer by ons plaaslike verskaffer en op die ou end die Jura X8 gekoop omdat ek gedink het die koffiesmaak was die beste; maar ook die X8 was vir my subjektief die warmste.
Nogal ironies ... ek kan vandag persoonlike getuigenis lewer oor die Jura se hitte :lol:

User avatar
vixen
Posts: 398
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Mediese realiteite

Post by vixen » Mon Jun 01, 2020 2:27 pm

plompie wrote:
Thu May 28, 2020 6:11 am
Gelukkig dat jy darem nie soos ek by Medcross beland het nie ...
Ek's net meer dikvelliger as jy.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 474
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Mediese realiteite

Post by DieAnderEk » Mon Jun 01, 2020 3:06 pm

vixen wrote:
Fri May 15, 2020 8:25 am
Right, ek hoop die wat moet oefen maak deeglik van die voorgeskrewe tyd gebruik om gesond te bly of te word.

My man het nog een pypstop oor. Dan gaan hy gesond word en die tannie bedank.

Ek het gisteraand 100 stokkies gehad en vanoggend die eerste pakkie verdeel en tot 6 per dag beperk. Dit is nou 8:30 en daar is 2 in die boksie. My dogter het my gisteraand herinner aan hoe lief ons mekaar het en moord is nog steeds onwettig.
OK hierdie was vir my snaaks. :mrgreen:

Oor die siggies, dit affekteer my nie persoonlik nie maar in beginsel sou daai belasting seker vir iets gebruik kon geword het. Of dit in die praktyk sou gebeur het weet ek nie. Blykbaar het die swartmark ook met rasse skrede gegroei, so there's that. En dan ook die ding dat sigarette rook jou blykbaar minder vatbaar maak vir Covid. Baie dinge wat nie sin maak nie, maar ons kyk maar eers wat gebeur.

Die oefen bly 'n opdraande stryd, maar ek sien beslis vordering ten minste aan my fisieke krag. Ek moet beslis nog harder werk aan cardio - moet seker maar kyk of ek vroegoggende om die blok kan draf ook. Ek wil minder pille drink so een dag het ek 'n halwe betablokker i.p.v. 'n hele gedrink. Bloeddruk het weer gespike volgende dag helaas. Ek drink nou minder koffie en dit lyk of dit help. Êrens ook gelees dat as jou slaaptye baie verskil dit effek kan hê op jou bloeddruk (alhoewel klein).
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

User avatar
vixen
Posts: 398
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Mediese realiteite

Post by vixen » Mon Jun 01, 2020 8:15 pm

DieAnderEk wrote:
Mon Jun 01, 2020 3:06 pm
OK hierdie was vir my snaaks.
Dis nie snaaks as ek by die yskas of koekblik kom en daar's niks vir my nie. Ek sit nou juis en wag vir 'n baksel om af te koel voordat ek kan bed toe gaan. Gisteraand was ek al 8:20 uitgeslaap gewees. Dis nou wat gebeur as jy die rooklus onderdruk, sien.
DieAnderEk wrote:
Mon Jun 01, 2020 3:06 pm
Oor die siggies, dit affekteer my nie persoonlik nie maar in beginsel sou daai belasting seker vir iets gebruik kon geword het. Of dit in die praktyk sou gebeur het weet ek nie. Blykbaar het die swartmark ook met rasse skrede gegroei, so there's that. En dan ook die ding dat sigarette rook jou blykbaar minder vatbaar maak vir Covid. Baie dinge wat nie sin maak nie, maar ons kyk maar eers wat gebeur.
Deesdae is Julias my favorite as dit kom by voggies en siggies. Ek sien 'n swaarigheid vir die tannie kom. Sy moet net vasbyt.
https://www.news24.com/news24/analysis/ ... a-20200531

User avatar
DieAnderEk
Posts: 474
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Mediese realiteite

Post by DieAnderEk » Mon Jun 01, 2020 8:49 pm

vixen wrote:
Mon Jun 01, 2020 8:15 pm
Dis nie snaaks as ek by die yskas of koekblik kom en daar's niks vir my nie. Ek sit nou juis en wag vir 'n baksel om af te koel voordat ek kan bed toe gaan. Gisteraand was ek al 8:20 uitgeslaap gewees. Dis nou wat gebeur as jy die rooklus onderdruk, sien.
Jammer om te hoor - onthou net moord is nog steeds onwettig.

Daar is darem baie pressure op antie Kopdoek en haar trawante deesdae, en hofsake ook mos. Iets moet seker binnekort gebeur. Kyk wat het die taxi-organisasies en die kerke reggekry.
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

Post Reply