Mediese realiteite

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
Frikkadel
Posts: 296
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: Mediese realiteite

Post by Frikkadel » Tue Aug 11, 2020 1:40 pm

DieAnderEk wrote:
Fri May 08, 2020 11:44 am

NS: Ek sien Frik kan tog net nie die versoeking weerstaan om nou en dan in te loer nie. ;)
"n "Versoeking" laat dit klink of ek op my lippie moet byt om nie hier deel te neem nie, dis darem nie die geval nie hehe. Ek kom loer hier, as iets my herriner aan KK, soos nou weer die geval waar Jean se advertensie op RSG my weer laat onthou het van KK. En dit was seker al twee of drie weke gelede, toe hy mense uitgenooi het om 'n praatjie van hom te volg. In daai paar minute huis toe alleen in my kar, het ek gedink hoe irrelevant 'n gesprek oor geloof of godsdiens vir my geraak het, en ek het gedink, is daar regtig nog mense wat oor dit wil gesels.

Ek sien KK maak miskien Oktober toe, seker as die domain hernu moet word. As ek nie onthou om voor die tyd koebaai te kom sê nie, koebaai!

User avatar
vixen
Posts: 409
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Mediese realiteite

Post by vixen » Tue Aug 11, 2020 5:21 pm

Frikkadel wrote:
Tue Aug 11, 2020 1:40 pm

"n "Versoeking" laat dit klink of ek op my lippie moet byt om nie hier deel te neem nie, dis darem nie die geval nie hehe. Ek kom loer hier, as iets my herriner aan KK, soos nou weer die geval waar Jean se advertensie op RSG my weer laat onthou het van KK. En dit was seker al twee of drie weke gelede, toe hy mense uitgenooi het om 'n praatjie van hom te volg. In daai paar minute huis toe alleen in my kar, het ek gedink hoe irrelevant 'n gesprek oor geloof of godsdiens vir my geraak het, en ek het gedink, is daar regtig nog mense wat oor dit wil gesels.

Ek sien KK maak miskien Oktober toe, seker as die domain hernu moet word. As ek nie onthou om voor die tyd koebaai te kom sê nie, koebaai!
Jy lei my nou in die versoeking in. Heelwat om oor lippie te byt hier, want wie sal nou wil saampraat behalwe as daar koffie gestort word.

Ek kry darem nog die weeklikse nuusbriefie oor bybelse profetiese boodskappe (is dit een woord?) wat weer nuut word. Met so nou en dan 'n skimp dat die gebou met die haan op die toring nie die kerk is nie.

"Die lockdown is tyd gegun om weer 'n slag ordentlik godsdiens te doen."

Ek's mos vreeslik slap daarin. Skryf nie meer drome neer nie...

Terug op Mediese realiteite: Die Covidding en bygelaste lydings sonder wyn en ander geite maak my 'n sad voorbeeld van gehoorsaamheid aan die regering. Daai antie sal moet vinnig dink aan 'n verbod op suiker. My man is al 'n hele paar kilogramme swaarder en sy dokter het hom belas met pille teen cholestrol ook. Soos dit vir my lyk is hy banger vir die antie as vir sy dokter.

Verlede maand is my oudste en eerste familielid, daar in die Kaap in, oorlede as gevolg van geite verwant aan die koronavirus.

Terloops...is sago (paddaeiers) saam met Tiger Brands van die mark af? Kry dit nie meer hier by ons nie.

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Mediese realiteite

Post by plompie » Wed Aug 12, 2020 7:46 pm

Frik wrote:Ek sien KK maak miskien Oktober toe, seker as die domain hernu moet word. As ek nie onthou om voor die tyd koebaai te kom sê nie, koebaai!
Koebaai dan ook aan almal van my kant af. Mag die voorspoed julle almal verveel.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 495
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Mediese realiteite

Post by DieAnderEk » Wed Aug 12, 2020 8:16 pm

vixen wrote:
Tue Aug 11, 2020 5:21 pm
Verlede maand is my oudste en eerste familielid, daar in die Kaap in, oorlede as gevolg van geite verwant aan die koronavirus.
My simpatie Vixen. Daar's nou meer en meer mense wat ek van weet wat die stryd gewonne gegee het. Sterkte!
vixen wrote:
Tue Aug 11, 2020 5:21 pm
Ek's mos vreeslik slap daarin. Skryf nie meer drome neer nie...
Wie droom nou ook baie, so met die sit by die huis? Ek droom die heeltyd, en dis absurde drome.
Frikkadel wrote:
Tue Aug 11, 2020 1:40 pm
In daai paar minute huis toe alleen in my kar, het ek gedink hoe irrelevant 'n gesprek oor geloof of godsdiens vir my geraak het, en ek het gedink, is daar regtig nog mense wat oor dit wil gesels.
Iemand sê hierdie week Covid is meer soos 'n veldbrand as 'n golf (ek dink die vergelyking is beter). Vir sommige mense is godsdiens ook meer soos 'n veldbrand, vir baie van ons, en vir jou, is dit soos 'n golf.
Frikkadel wrote:
Tue Aug 11, 2020 1:40 pm
Ek sien KK maak miskien Oktober toe, seker as die domain hernu moet word. As ek nie onthou om voor die tyd koebaai te kom sê nie, koebaai!
Ja, ek sal heel waarskynlik nie hernu nie, tensy ander mense inchip. Prioriteite...Anyways, vrede vir jou :)
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
DieAnderEk
Posts: 495
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Mediese realiteite

Post by DieAnderEk » Wed Aug 12, 2020 8:18 pm

plompie wrote:
Wed Aug 12, 2020 7:46 pm
Koebaai dan ook aan almal van my kant af. Mag die voorspoed julle almal verveel.
Daar's darem nog tyd tot Oktober nè? (Ek moet die fakture check om seker te maak.) Maar laat dit goed gaan Plomp.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Mediese realiteite

Post by plompie » Wed Aug 12, 2020 9:02 pm

DieAnderEk wrote:
Wed Aug 12, 2020 8:18 pm
plompie wrote:
Wed Aug 12, 2020 7:46 pm
Koebaai dan ook aan almal van my kant af. Mag die voorspoed julle almal verveel.
Daar's darem nog tyd tot Oktober nè? (Ek moet die fakture check om seker te maak.) Maar laat dit goed gaan Plomp.
Dankie, DAE. maar ek is regtig van gedagte dat dit nie die moeite werd is om KK langer aan die gang te hou nie. Laat hom/haar ’n lang verdiende dood sterf, sê ek (ook) nou. So ons vleg nou piele rondom keto kakpraat, mediese reatilieite en solar ... ipv Klets Rondom Kerk.

Jammer, maar dis tyd.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 495
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Mediese realiteite

Post by DieAnderEk » Wed Aug 12, 2020 10:29 pm

Ek dink aan die idee om 'n subreddit te begin. Geen koste aan verbonde nie ten minste, en mens kan die anonimiteit-ding daar voortsit. Sal dan wel ook my deel moet bydra, anders sal daai een ook 'n stille dood sterf. Laaste paar maande was vir my net te besig.

Ek hoop om tog eendag die ou KK-argief êrens te kan plaas. Die huidige weergawe wat ek het is corrupt, so ek hoop om 'n funksionele een by die ISP te kan kry.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Waldemar
Posts: 143
Joined: Fri Aug 24, 2018 10:50 pm

Re: Mediese realiteite

Post by Waldemar » Tue Aug 18, 2020 5:17 pm

plompie wrote:
Wed Aug 12, 2020 9:02 pm
Dankie, DAE. maar ek is regtig van gedagte dat dit nie die moeite werd is om KK langer aan die gang te hou nie. Laat hom/haar ’n lang verdiende dood sterf, sê ek (ook) nou. So ons vleg nou piele rondom keto kakpraat, mediese reatilieite en solar ... ipv Klets Rondom Kerk.

Jammer, maar dis tyd.
Dis seker waar. Dan sê ek maar nag.
"In a nation ruled by swine, all pigs are upward mobile..."
- Hunter S. Thompson

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 590
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Mediese realiteite

Post by Kameraad Eksteen » Thu Aug 20, 2020 11:35 am

DieAnderEk wrote:
Wed Aug 12, 2020 10:29 pm
Ek dink aan die idee om 'n subreddit te begin. Geen koste aan verbonde nie ten minste, en mens kan die anonimiteit-ding daar voortsit. Sal dan wel ook my deel moet bydra, anders sal daai een ook 'n stille dood sterf.
Behels 'n subreddit dan enige werk hoegenaamd?

User avatar
DieAnderEk
Posts: 495
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Mediese realiteite

Post by DieAnderEk » Thu Aug 20, 2020 12:48 pm

Dit hang grootliks maar af van die subreddit self, sommige is baie groot en word streng gemodereer (bv. /r/askscience) en ander word basies amper net gedryf deur 'n enkele persoon. Maar natuurlik moet dit aktief bly anders loop dit dood. Ek wonder watter van die mense wat nog hier lees is vertroud met Reddit. Ek vind dis makliker om die trant van gesprekke te volg as forums soos hierdie waar jy meer moet afscroll.

Post Reply