Mediese realiteite

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
DieAnderEk
Posts: 467
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Mediese realiteite

Post by DieAnderEk » Wed Feb 19, 2020 12:56 pm

Kameraad Eksteen wrote:Klink my jy moes dan eerder nie jouself daaraan blootgestel het nie.
Net so 'n bietjie self-refleksie.

Ek is nie so seker nie. Ek speel min tennis deesdae, maar daai spanning as ek belangrike punte speel is definitief minder as toe ek jonger was. Dis dalk omdat ek nie meer so vreeslik omgee nie, of dalk het ek 'n gesonder selfbeeld nou as toe. Dieselfde as ek 'n praatjie moet gee êrens.

Een plek waar ek besonder rustig is is wanneer ek bestuur. Ek bestuur glad nie soos 'n ou tannie nie, maar ek is ook nie een van daai ouens wat bestuur asof hulle konstant laat is en hulle lewens daarvan afhang nie. Maar ek doen dit ook omdat ek verkiés om nie op 'n "stresvolle" manier te bestuur nie, want dit is vir my onaangenaam. Ek is in 'n "bubble" waar ek sover moontlik verkies om die mense te ignoreer wat op my gat sit ens. Ek kan kwaad raak op die pad maar dit gebeur baie min. Trouens, ek raak eintlik baie min kwaad oor die algemeen.

Snaaks genoeg hou ek van kompetisie, maar leef dit uit in veilige omgewings (rekenaarspeletjies bv. waar ek daarvan hou om o.a. met karre te jaag of speedruns te doen).

'n Ander ding wat dalk verband hou is dat ek die laaste paar jaar amper soort van 'n PTSD beleef met geweld in media. As ek nie dadelik kan sien dat 'n geweldstoneel fake is nie raak ek soms super ongemaklik, want wie weet dalk het hulle regtig daai ou keelaf gesny ens. (die rasionele brein, wat sê dat almal akteurs is en dat daar 'n ding soos special effects is (wat deesdae besonder realisties is), baklei tevergeefs). En natuurlik herinner dit jou reeds aan iets onaangenaams in die werklike lewe. Dit is nog redelik selektief, ek was bv. meestal OK met Game of Thrones en het die hele ding deurgekyk. Ander kere pla dit so effens maar nie te erg nie so ek sit deur dit, maar dis nie lekker nie, want ek moet myself elke keer oortuig dis nie real nie. Dis asof ek net moeg geword het vir al die fisiese pyn en lyding. Maar sielkundige trauma (soos bv. in The Stanford Prison Experiment-fliek, wat vir my meisie baie ontstellend was) is vir my heeltemal OK, want dit is obviously net rolspel.
Kameraad Eksteen wrote:Byvoorbeeld, dis krisistyd, hoë druk werk moet gedoen word, vergaderinge wat woes voel, maar volgens my werklike stressmetings is ek koel soos 'n komkommer. Dis soos as jy daai geweer optel en jy kry die dier of wat ookal in die visier, dis 'n koel kalm dierlike oorlewingsdrang wat oor jou spoel, tyd gaan stadiger verby, jy is meer bewus van wat om jou aangaan ens.
Klink vir my soos "goeie" stres, net genoeg om jou te laat fokus.
Kameraad Eksteen wrote:Maar, ry ek op die snelweg of langpad, en daai stress meet as maksimum meeste van die tyd, ek is nie op daai oomblik bewus daarvan nie, na die tyd is ek dalk uitgeput na die stortvloed van stresshormone ens. En ander mense waarmee ek die data vergelyk het is nie almal so uitgestress met bestuur nie.
Ja ek vermoed mense bestuur op baie verskillende maniere, ek is so rustig en dan kry jy mense wat lyk of hulle enige tyd 'n oorval gaan kry vir die kleinste ding. Dan is daar ook die dinge van lang tye bestuur wat mens maar uitput, ek dink dit bou ook maar op en jy merk nie die klein goedjies op nie.
Kameraad Eksteen wrote:Dis presies hoekom jy nie hierdie stress gaan wegdink, uitrus en wegtoor met medisyne nie.
Kyk, mens het coping mechanisms nodig vir stres, daar is geen twyfel nie, en waar nodig moet jy simptome behandel. Dit beteken natuurlik nie dat jy die bron van die stres hanteer het nie.
Kameraad Eksteen wrote:Dis maar waarom daai mindfullness werklik die enigste oplossing is vir situasies soos joune waar metaboliese sindroom en angsversteurings ineengestrengel is. Dit breek die eerste skakel van die kringloop of kettingreaksie.
So die drumpelvlak is nie iets wat verander kan word nie, maar tog kan mindfulness die kringloop breek?
Kameraad Eksteen wrote:En dis eintlik goed dat jy jouself nou in 'n moeilike jaar bevind, want in my ondervinding as mense die vermoë (geld, gemak, sekuriteit) het om geestelike groei en fisiese gesondheid uit te stel en slegte gewoontes te bly inoefen en weg te vlug en konflik te vermy, dan doen hulle dit, elke fokken keer, aanhoudend.
Ek haat dit om dit te sê, maar jy's reg. :) Ek's nie bang vir konflik as dit nodig is nie, maar daai fisiese gesondheid-ding...
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

Charles xv
Posts: 32
Joined: Mon Feb 10, 2020 7:07 pm
Location: Verwoerd straat Sasolburg area

Re: Mediese realiteite

Post by Charles xv » Wed Feb 19, 2020 12:56 pm

Middag mense

Ja baie mense is baie siek vandag .
Hello daar

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 549
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Mediese realiteite

Post by Kameraad Eksteen » Wed Feb 19, 2020 9:24 pm

DieAnderEk wrote:
Wed Feb 19, 2020 12:56 pm
So die drumpelvlak is nie iets wat verander kan word nie, maar tog kan mindfulness die kringloop breek?
Natuurlik, soos 'n alkoholis wat nie drink nie, dis nie asof jou brein ooit kan genees van alkoholisme nie, maar dit maak jou nie noodwendig 'n dronklap nie. Net so is daar baie mense wat 'n emosionele ongesonde verhouding met kos het maar hulle ooreet hulle nie. Dis 'n dopamien kringloop en deur kalm bewustheid kan jy jou swakhede bestuur, en deel daarvan is dat jy moet aanvaar dat jou brein nooit normaal gaan funksioneer nie, en dat dit 'n lewenslange uitdaging gaan bly. Dis nie anders as 'n ou sonder bene of arms nie, maar dit hou die meeste van hulle nie terug nie.
DieAnderEk wrote:
Wed Feb 19, 2020 12:56 pm
maar daai fisiese gesondheid-ding...
Dis ook maar 'n kringloop wat by die lewer en niere begin, kyk hoe die mense wat "normaal" van ouderdom inkonk se organe altyd min of meer in dieselfde volgorde omval, as die niere omval is dit tickets vir die ander. Suiker en uriensuur issues val nie uit die lug uit nie, sort jy die een se oorsaak uit, is die ander ook gewoonlik uitgesort. Behandel jy die een, bestaan daar onsekerheid of aanvaarbare vlakke jou werklik tot voordeel strek, ons weet watter skade uriensuur aanrig, maar help normale vlakke werklik, verminder dit jou kans op 'n beroerte of hartaanval, aangesien die skade reeds daar is?

Maar ek het nou al mense gesien, ag en ons het hulle almal op TV gesien, van geweldig oorgewig en ongesond tot fantasties gesond na intense programme, en hulle is vandag net so dik soos voorheen. Want dis die realiteit, vetsug of fatty liver of suiker is NIE die probleem nie. Dis 'n kringloop waar jy die skakel moet kry om te breek maar dis nie soos alkoholisme waar jy net drank moet vermy nie, en jy kan nie net 'n alkoholis vertel hy moet minder drink nie. Dis soos dokters wat spuls gaan oor suiker en jou alles en wat van insulien weerstandigheid vertel en die BEHANDELING daarvan, terwyl die verborge skakel eintlik leptien is, maar dit word in hierdie distopia van ons nie genoem nie, want ons behandel dit nie.

Dis waar die mindfulness ding weer inkom, met gesondheid is dit die kleinste geringste goed wat 'n enorme rol speel met jou metabolisme. Jy kan groot goed doen soos oefen, vas, dieet, kosse uitsny, en sulke drastiese groot dinge en dit gaan geen snars verskil maak nie.

Charles xv
Posts: 32
Joined: Mon Feb 10, 2020 7:07 pm
Location: Verwoerd straat Sasolburg area

Re: Mediese realiteite

Post by Charles xv » Wed Feb 19, 2020 11:58 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Wed Feb 19, 2020 9:24 pm

Ek het lanklaas gelag vir so lot bollie soos die neef hierbos geskryf het. Ek wat self my paadjie naby die mediese veld loop kan maar net my kop skud vir hierdie fake news soos President Donald Trump van die VSA dit ook noem.
Hello daar

User avatar
vixen
Posts: 394
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Mediese realiteite

Post by vixen » Thu Feb 20, 2020 7:20 am

Charles xv wrote:
Wed Feb 19, 2020 11:58 pm

Jy sal dat ek blou word in die gesig. Ek rook sommer 'n Gunston. "Neef" nogal?

So van familie gepraat,,,sorry Dae..

'n Oom van my is verlede maand oorlede. Verlede week toe krap my broer kop oor 'n vreemdeling wat sy vriend wil wees op sosiale media. Nou ja, ek staan 'n groter kans as jy om met 'n DNA toets te bewys dat die vreemdeling familie van my/ons is as wat jy kan bewys dat KE jou neef is.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 549
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Mediese realiteite

Post by Kameraad Eksteen » Thu Feb 20, 2020 7:40 am

Charles xv wrote:
Wed Feb 19, 2020 11:58 pm
Ek het lanklaas gelag vir so lot bollie soos die neef hierbos geskryf het. Ek wat self my paadjie naby die mediese veld loop kan maar net my kop skud vir hierdie fake news soos President Donald Trump van die VSA dit ook noem.
Askiestog man, mevrou dokter. :D

User avatar
DieAnderEk
Posts: 467
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Mediese realiteite

Post by DieAnderEk » Thu Feb 20, 2020 10:33 am

Kameraad Eksteen wrote:
Wed Feb 19, 2020 9:24 pm
Dis 'n dopamien kringloop en deur kalm bewustheid kan jy jou swakhede bestuur
...
Dis waar die mindfulness ding weer inkom
Maar sekerlik speel gewoontes ook 'n rol. Dis daai klein goedjies soos jou sportsak by die deur los die aand voor die tyd wat jou gaan help om te oefen om die gewoonte weer aan te leer. Dit het seker 'n konneksie met mindfulness wat jou help om dit te doen in die eerste plek maar dit hoef ook net 'n bewustelike besluit te wees.
Kameraad Eksteen wrote:
Wed Feb 19, 2020 9:24 pm
Jy kan groot goed doen soos oefen, vas, dieet, kosse uitsny, en sulke drastiese groot dinge en dit gaan geen snars verskil maak nie.
Oefen het tog 'n invloed op die metabolisme?
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 549
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Mediese realiteite

Post by Kameraad Eksteen » Thu Feb 20, 2020 11:13 am

DieAnderEk wrote:
Thu Feb 20, 2020 10:33 am
Oefen het tog 'n invloed op die metabolisme?
Nie soos jy dink nie. Dink daaroor as jy fiks is, is jou bloedvloei na jou spiere net meer effektief, hulle gebruik nou nie 'n helse klomp ekstra energie nie. Jy sal moet GROOT gaan met oefening as jy 'n effense effek om metabolisme wil maak, maar jy sal steeds meer energie verbrand as jy slaap. Jy het 'n min of meer konstante metabolisme wat min deur eksterne invloede verander kan word. Daar is baie mense wat oefening weerstandig is, en hulle baat g'n snars met oefening nie.

En ja mindfulness is 'n doelbewuste ding, nie 'n gewoonte nie.

User avatar
vixen
Posts: 394
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Mediese realiteite

Post by vixen » Sat Feb 22, 2020 2:06 pm

Charles xv wrote:
Wed Feb 19, 2020 12:56 pm
Middag mense

Ja baie mense is siek vandag.
Ja...vandag is my dogter ook inderhaas opgeneem weens SVT. Wag nou vir bloedtoets uitslae na 'n tweede opinie.
Dalk net oorsaak van nuwe medikasie...maar dit is hulle derde raaiskoot.

Opdatering: Nie hart probleem nie, Nie nier of drug probleem nou. Die wat weet sê dit is 'n virus wat in haar maag begin het en na haar longe toe versprei het. Nou vol drugs en so grys soos 'n dooie maar tuis.

Charles xv
Posts: 32
Joined: Mon Feb 10, 2020 7:07 pm
Location: Verwoerd straat Sasolburg area

Re: Mediese realiteite

Post by Charles xv » Sun Feb 23, 2020 10:01 pm

vixen wrote:
Sat Feb 22, 2020 2:06 pm
Charles xv wrote:
Wed Feb 19, 2020 12:56 pm
Middag mense

Ja baie mense is siek vandag.
Ja...vandag is my dogter ook inderhaas opgeneem weens SVT. Wag nou vir bloedtoets uitslae na 'n tweede opinie.
Dalk net oorsaak van nuwe medikasie...maar dit is hulle derde raaiskoot.

Opdatering: Nie hart probleem nie, Nie nier of drug probleem nou. Die wat weet sê dit is 'n virus wat in haar maag begin het en na haar longe toe versprei het. Nou vol drugs en so grys soos 'n dooie maar tuis.
SVD het te doen met 'n vinniger hartklop. Wel, ek sou dit nie toegelaat het dat my kind vol drugs gepomp word. Ek sou eerder kyk dat koue drankies, alkohol, koffie, spicy foods en lekkernye vermy word. Ek sou saam met my kind gereeld met 'n hondjie 'n paar keer om die blok loop.
Volgens my gebruik die meeste mense meeste van die tyd medikasie wat hulle nie nodig het nie, hardloop te vinnig na 'n dokter toe en aanvaar te maklik wat op die voorskrif staan as gospil.

Hoop jou dogter word gou gesond.
Hello daar

Post Reply