Mediese realiteite

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Mediese realiteite

Post by plompie » Mon Feb 24, 2020 6:35 am

Charles wrote:Volgens my gebruik die meeste mense meeste van die tyd medikasie wat hulle nie nodig het nie, hardloop te vinnig na 'n dokter toe en aanvaar te maklik wat op die voorskrif staan as gospil.

Dis beslis so, ja.
Vir sulke mense het homeopatiese "medisynes" straks tóg waarde.

User avatar
vixen
Posts: 401
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Mediese realiteite

Post by vixen » Mon Feb 24, 2020 7:57 am

Charles xv wrote:
Sun Feb 23, 2020 10:01 pm
SVD het te doen met 'n vinniger hartklop. Wel, ek sou dit nie toegelaat het dat my kind vol drugs gepomp word. Ek sou eerder kyk dat koue drankies, alkohol, koffie, spicy foods en lekkernye vermy word. Ek sou saam met my kind gereeld met 'n hondjie 'n paar keer om die blok loop.
Volgens my gebruik die meeste mense meeste van die tyd medikasie wat hulle nie nodig het nie, hardloop te vinnig na 'n dokter toe en aanvaar te maklik wat op die voorskrif staan as gospil.
Ja...160 met bp wat geval het. Die kans is goed dat dit 'n eenmalige geval was.

Ek sou eerder meer inligting...toemaar.

Jou algemene nie-innamelys is die vir 'n volwassene maar ek is dankbaar dat jy (ter wille van my) rook nie ook ingesluit het nie. Dus ek loop met 'n geruste hart volgens jou lys vir ons albei. Haar gereelde tae bo deelname hou die hond uit die straat uit, terwyl my oë rol wanneer ek sien sy staan alweer met 'n blikkie energie drankie in die hand.
Charles wrote:Hoop jou dogter word gou gesond.
Fire donkey.

Intussen: Nog 'n mediese realiteit het opgeduik, by my ander dogter. 'n Paar jare gelede, toe KK nog sterk geloop het, het 'n ginekoloog gesê hy het haar eierstok gered. Nou is daardie eierstok soek.

Hallo plompie. Het jou fiso jou te veel uitgeput om in te loer?

Charles xv
Posts: 32
Joined: Mon Feb 10, 2020 7:07 pm
Location: Verwoerd straat Sasolburg area

Re: Mediese realiteite

Post by Charles xv » Mon Feb 24, 2020 12:15 pm

vixen wrote:
Mon Feb 24, 2020 7:57 am

Ek sou eerder meer inligting...toemaar.

(ter wille van my) rook nie ook ingesluit het nie. Dus ek loop met 'n geruste hart volgens jou lys vir ons albei. terwyl my oë rol wanneer ek sien sy staan alweer met 'n blikkie energie drankie in die hand.

Intussen: Nog 'n mediese realiteit het opgeduik, by my ander dogter. 'n Paar jare gelede, toe KK nog sterk geloop het, het 'n ginekoloog gesê hy het haar eierstok gered. Nou is daardie eierstok soek.
Jip rook sal maar altyd rook wees. Ek vee my daaraan af. As jy wil rook rook sorg net dat jy ander nie pla nie. Maar gewoonlik as die "kuier" lekker word is al die pret rondom die rokers en die nie-rokers vergeet van hulle klagtes.

"'n Blikkie energie drankie in die hand " ja ek stem saam. Dit kom voor dat meeste mense uit energie is lol. Ek gebruik elektroliet nou en dan as ek bietjie gedaan voel. In die ou dae het ons soutpille gebruik. Ek het geen bewyse hiervoor nie maar ek kom agter dat elektroliet koppyne ook wegvat.
Dis goedkoop en nog goedkoper as jy dit sommer self aanmaak ; dit proe dan meer na sout maar werk net so goed.

Sterkte met die eierstokke . Hoop julle kry goeie nuus.
Hello daar

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Mediese realiteite

Post by Kameraad Eksteen » Mon Feb 24, 2020 3:13 pm

Nooit, dat mense sulke generiese mediese advies hier so heeltemal gratis, verniet en kosteloos en saam met veroordeling en arrogansie, kan kry.

Charles xv
Posts: 32
Joined: Mon Feb 10, 2020 7:07 pm
Location: Verwoerd straat Sasolburg area

Re: Mediese realiteite

Post by Charles xv » Mon Feb 24, 2020 3:44 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Mon Feb 24, 2020 3:13 pm
Nooit, dat mense sulke generiese mediese advies hier so heeltemal gratis, verniet en kosteloos en saam met veroordeling en arrogansie, kan kry.
Jou kop raas. Ek het geen mediese advies gegee nie. Kry vir jou brille of laat jou kinders vir jou lees en verduidelik.
Hello daar

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Mediese realiteite

Post by Kameraad Eksteen » Mon Feb 24, 2020 4:56 pm

'n Mens kry mos waarvoor jy betaal.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 481
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Mediese realiteite

Post by DieAnderEk » Fri Feb 28, 2020 5:24 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Thu Feb 20, 2020 11:13 am
DieAnderEk wrote:
Thu Feb 20, 2020 10:33 am
Oefen het tog 'n invloed op die metabolisme?
Nie soos jy dink nie. Dink daaroor as jy fiks is, is jou bloedvloei na jou spiere net meer effektief, hulle gebruik nou nie 'n helse klomp ekstra energie nie. Jy sal moet GROOT gaan met oefening as jy 'n effense effek om metabolisme wil maak, maar jy sal steeds meer energie verbrand as jy slaap. Jy het 'n min of meer konstante metabolisme wat min deur eksterne invloede verander kan word. Daar is baie mense wat oefening weerstandig is, en hulle baat g'n snars met oefening nie.

En ja mindfulness is 'n doelbewuste ding, nie 'n gewoonte nie.
Reg. Maar daai ouens wat so fiks is, hulle word minder siek, hulle harte klop stadiger, ens. Daar ís 'n effek op algemene gesondheid. Natuurlik is dit so dat die professionals neig om die oefening ook te kombineer met gesond eet en goed slaap en selfs meditasie. Dis darem als goed wat binne die res van ons se beheer is, soort van (behalwe as ons nou reeds ly aan tipe 1 diabetes). Ding is, mense werk hulself deesdae só dood met kantoorjobs dat hulle nie energie het vir daai ander goed nie. En gaan staan nie en dink mooi watter besluite hulle neem wat hierdie ongesonde leefstyl reinforce nie (wat mindfulness mee kan help). Ek sê dit met redelike selfvertroue want ek was daar en soort van is nog steeds.

Ek check hierdie ding vandag. Daar is mos studies in Europa en so waar hulle mense minder laat werk en forseer om meer vakansie te neem, en dan sien hulle maar die produktiwiteit styg.
oyj35v4jrri41.png
oyj35v4jrri41.png (105.66 KiB) Viewed 196 times
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
DieAnderEk
Posts: 481
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Mediese realiteite

Post by DieAnderEk » Fri Feb 28, 2020 5:30 pm

Wel die kalmeerpilletjie, betablokker en meditasie help (weet net nie in watter mate wat nie). Bloeddruk is weer normaal en beklemming op my bors is weg. Ek kan normaal oefen waarvoor ek baie dankbaar is. Nou moet ek maar probeer om leefstyl gesond te hou so ver moontlik. Dok sê ek moet 'n ruk aangaan met daai stuff maar ek wil nie afhanklik raak van te veel pille nie.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Mediese realiteite

Post by Kameraad Eksteen » Sat Feb 29, 2020 7:12 am

https://www.vox.com/2016/4/28/11518804/ ... n-calories

Dis 'n ou artikel, maar laasjaar was daar ook 'n klomp.

nederig
Posts: 100
Joined: Tue Aug 28, 2018 9:18 am

Re: Mediese realiteite

Post by nederig » Sun Mar 01, 2020 6:26 pm

Wat vir my werk, is Brandewyn. Saam met coke, maar nie daai coke zero goeters nie. Bier ook, maar ek is versigtig vir te veel bier, want dit gee my gout! Ek het so 'n paar weke terug gaan moan by ons huisdokter oor die gout, en toe skryf sy vir my Puricos voor, en so far so good! Hoop dit werk vir lekker lank, want die laaste ding waarvoor ek lus is, is om 'n naweek te spandeer sonder 'n paar biere of brandewyntjies!

Post Reply