Mediese realiteite

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Mediese realiteite

Post by plompie » Mon Mar 02, 2020 6:34 am

Brandewyn proe vir my effe te soet, ek verkies whiskey.
Toevallig agtergekom dat Tramacet (paracetamol/tramadol) pynstillers heelwat meer effektief werk tesame met bg as derde bestandeel.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Mediese realiteite

Post by Kameraad Eksteen » Mon Mar 02, 2020 8:41 am

nederig wrote:
Sun Mar 01, 2020 6:26 pm
Wat vir my werk, is ...
Jou rebel!

https://www.youtube.com/watch?v=zKzlOVYZn5M

nederig
Posts: 100
Joined: Tue Aug 28, 2018 9:18 am

Re: Mediese realiteite

Post by nederig » Mon Mar 02, 2020 10:25 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Mon Mar 02, 2020 8:41 am
nederig wrote:
Sun Mar 01, 2020 6:26 pm
Wat vir my werk, is ...
Jou rebel!

https://www.youtube.com/watch?v=zKzlOVYZn5M
:D
Ek is darem nog nie 'n anargis nie... ek protesteer net so bietjie teen te veel medisyne, en pille en goeters, want as mens te veel van daai goetertjies elke dag drink, werk die goed teen mekaar en niks help regtig nie, jy maak net baie duur piepie!

Puricos is die uitsondering op die reël, die goed is fantasties!

plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Mediese realiteite

Post by plompie » Wed Apr 15, 2020 6:23 pm

Gister afspraak gehad met die ticker-spesialis. Die uiteinde van die saak was dat - weens my persoonlike insette - ek my risikofaktore aansienlik verbeter het sedert ek laas daar was in 2018:-
* HbA1c verbeter van 9.7 na 4.8 [Tho' weens redes 5.5 dalk 'n meer realisties toekomstige waarde mag wees];
* Alle ander waardes [Cholesterol; Nierfunksie ens] uitstekend;
* Meer as 20 Kg afgeval - Obesiteit speel nie meer 'n rol nie; en
* Alkohol inname aansienlik af; na 1 bottel 43% per week gemiddeld.

Gevolglik het hy die Pradaxa [beste bloedverdunner; beter as Warfarin] weggevat, omdat hy reken die risiko van bloeding is nou groter as dié van 'n beroerte.

Nou ja darem iets positiefs vir my in hierdie deurmekaar tye. Ek kan vandag skaars glo dat daar 'n tyd was wat ek gedink het ek was onstuitbaar; onkwesbaar; kannie met my gebeur nie ens.

Terselfdertyd [en dis iets wat ek dalk al vantevore iewers kon genoem het]: Uiteindelik moet mens mos van IETS sterf! Ek moet bieg dat ek eintlik 'n hekel het aan mense wat die houding toon van "die dokter móét nou dit of dat uitsort" ... "genoeg is genoeg". Soort van 'n weiering om te aanvaar dat jou organe nie vir altyd kan hou nie en iewers moet iets ingee dis net 'n kwessie van tyd.
In hierdie verband onthou ek die simpel staaltjie van die professor wat verduidelik het: Hoe hoër jy bo seespieël styg, hoe laer die temp waarteen water kook. Teoreties beteken dit dat jy iewers 'n hoogte sal bereik waar jou bloed letterlik kook.
MAAR, voeg die prof by:- Dit hoef jou nie te worry nie, want láánk voor daai tyd sal jy sterf weens 'n gebrek aan suurstof ... :lol:

plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Mediese realiteite

Post by plompie » Sun Apr 19, 2020 6:42 pm

Ek's nou lekker die bliksem in vir myself: Paar uur vroeër, toe ek vooruitbuig en gaan sit, haak 'n hempsknoop oor my Jura X8 pas gevulde double-skin glasbeker koffie.
Een bo-been lekker gebrand; selfs b@lsak 'n stukkie vel-af.
Ek's die meeste gepla oordat ek nou nie kan swem vir 'n paar dae nie. :evil: :evil:

User avatar
DieAnderEk
Posts: 481
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Mediese realiteite

Post by DieAnderEk » Wed Apr 29, 2020 12:16 pm

Oi Plomp. Dit klink pynlik. Het jy nou al genoegsaam herstel dat jy weer kan swem? En doen jy dit sommer so in die koue? (Kan nie onthou waar in die land jy jouself bevind nie.)

Ek het van so, ek dink, net meer as 'n maand gelede (min of meer vanaf die lockdown begin het) ernstig begin oefen. En met ernstig bedoel ek meestal elke twee dae. (Dus maar lig vir meeste mense van my ouderdom.) Ek het basies 'n rek, twee 5kg-"dumbbells" (iemand moet my help met die Afrikaans - handgewigte?), 'n oefenfiets en die muurbalbaan op die gronde wat ek seker tegnies nie mag gebruik nie (maar wel so twee weke laas gebruik het). Doen verder maar my crunches en strekke en so aan. Nie als tegelyk nie - gister net fiets gery. Die energievlakke sukkel nog, in die sin van dat ek baie moet slaap en sukkel om op te staan, maar ek dink dis bietjie beter al. As ek eers aan die gang is het ek energie en krag. Ek mediteer nog te min, maar gebruik 'n app wat dit vir my meer gestruktureerd maak en my help om alles te log.

Ek's te chicken om in koue water te gaan swem. :lol:
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
vixen
Posts: 401
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Mediese realiteite

Post by vixen » Thu Apr 30, 2020 7:54 am

DieAnderEk wrote:
Wed Apr 29, 2020 12:16 pm
Ek's te chicken om in koue water te gaan swem.
Ek was/is te chicken om van die geleentheid gebruik te maak om voor die malligheid stadig op te hou rook. Cold turkey, here I come. Maar eers Maandag, dalk miskien.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 481
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Mediese realiteite

Post by DieAnderEk » Thu Apr 30, 2020 12:51 pm

Klink of jy darem redelik voorraad gehad het. Ek sien Spar verkoop 0.4% wyn, dis seker beter as niks.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
vixen
Posts: 401
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Mediese realiteite

Post by vixen » Fri May 01, 2020 7:02 am

DieAnderEk wrote:
Thu Apr 30, 2020 12:51 pm
Klink of jy darem redelik voorraad gehad het. Ek sien Spar verkoop 0.4% wyn, dis seker beter as niks.
Ja, my dealer het die ding vooruit gesien kom. Maar ek staan mos al lankal wydsbeen in selfbesluit. Dus, as die antie my kan oortrek sal die gees seker juig. So ek sien haar nie as 'n vyand nie.

Die verskil tussen die twee sondes is dat jy sopies by die huis kan en mag maak met wettige bestanddele. Net soos daar mense is wat "sies" sê vir vodka, klink die uitdroog van piesangblare nie na 'n goeie idee nie.

Intussen het ek ook 'n voorstander geword van die 2ID.

plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Mediese realiteite

Post by plompie » Fri May 01, 2020 7:07 am

DAE wrote:Oi Plomp. Dit klink pynlik. Het jy nou al genoegsaam herstel dat jy weer kan swem? En doen jy dit sommer so in die koue? (Kan nie onthou waar in die land jy jouself bevind nie.)
Ek is in die Oos Kaap [OL] Dae.
Alhoewel my area nie die koudste in die land is nie, is dit steeds (vir my) bleddie koud. Maar, ek het 'n "heat pump" en die pool is onderdak.
Met die hulp van 'n wonderlike waterdigte pleister [amper soos "cling-wrap"] kon ek so 3 dae na die ongeluk weer begin swem, maar toe breek die bleddie pomp en ek kon dit eers Maandag laat herstel. So van Woensdag oggend af was die water reeds omtrent 25 grade so ek het toe weer begin, gister was dit 29 grade wat nogal lekker was en vanoggend behoort dit 30 of 31 grade te wees [ek sien die ruite om die pool is lekker opgewasem ...].
Dae wrote:Ek het van so, ek dink, net meer as 'n maand gelede (min of meer vanaf die lockdown begin het) ernstig begin oefen.
Mens moet maar doen wat jy kan, Dae ... ek is vandag baie spyt dat ek nie vroeër begin het om meer aktief te wees nie. Maar nou ja jy weet wat sê hulle van hindsight.
DAE wrote:Ek mediteer nog te min
Ek het nog nie daai ding probeer nie, maar ek sien Sam Harris is ook 'n groot aanhanger van die praktyk :)

Post Reply