Mediese realiteite

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: Mediese realiteite

Post by Frikkadel » Thu May 07, 2020 4:01 pm

plompie wrote:
Sun Apr 19, 2020 6:42 pm

Een bo-been lekker gebrand; selfs b@lsak 'n stukkie vel-af.
:mrgreen: :mrgreen:

Sorry, kan nie help om dit funny te vind nie. Mens moet maar in die donker tye alle geleenthede aangryp om 'n bietjie te giggel. Hoop die balsak het ten volle herstel. Hoop julle werfies is nog almal gesond.

plompie
Posts: 354
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Mediese realiteite

Post by plompie » Fri May 08, 2020 11:33 am

Ja dankie Frik. Met 'n goeie waterdigte plastic-pleister, tyd en lekker rooiwyn het alles darem mooi hierstel.
[Rooiwyn BINNE lockdown gekoop .. ;) ]

User avatar
DieAnderEk
Posts: 467
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Mediese realiteite

Post by DieAnderEk » Fri May 08, 2020 11:44 am

Dit gaan nog aan met die oefen. Alhoewel ek vind dat ek nie kan laat slaplê nie, want dan "regress" ek na waar ek was. Ek moet eintlik elke dag ten minste 'n bietjie cardio doen, veral natuurlik omdat ek min rondloop en trappe klim want Oom Cyril sê so.

NS: Ek sien Frik kan tog net nie die versoeking weerstaan om nou en dan in te loer nie. ;)
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

User avatar
DieAnderEk
Posts: 467
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Mediese realiteite

Post by DieAnderEk » Fri May 08, 2020 11:52 am

plompie wrote:
Fri May 01, 2020 7:07 am
Mens moet maar doen wat jy kan, Dae ... ek is vandag baie spyt dat ek nie vroeër begin het om meer aktief te wees nie. Maar nou ja jy weet wat sê hulle van hindsight.
Die belangrike ding hier in my opinie is dat 'n mens moet voel hoe dit voel om fiks te wees. Daar was twee tye in my lewe wat ek nogal fiks was: Ná ek herstel het van Epstein Barr op my universiteitsdae (3-4 keer 'n week gaan gym vir paar ure op 'n slag, vir 'n paar jaar aaneen) en toe ek so baie fiets gery het in Amsterdam (toe ek 'n jaar daar gewoon het). Daai gevoel van fiks wees is 'n groot motiveerder, maar ek het dit lank laas ervaar, en my gesondheid het stadig agteruit gegaan. Nou met die gesondheidsprobleme, die feit dat ek 40 in die nabye toekoms sien aankom (oor net meer as 'n jaar) en coronavirus het ek genoeg motivering begin kry om weer aan die gang te kom. Hierdie week het ek iets daarvan ervaar om fiks te wees - ek sien en voel 'n bietjie vooruitgang - alhoewel ek nog 'n lang pad het om te loop.
plompie wrote:
Fri May 01, 2020 7:07 am
DAE wrote:Ek mediteer nog te min
Ek het nog nie daai ding probeer nie, maar ek sien Sam Harris is ook 'n groot aanhanger van die praktyk :)
Inderdaad, en ek wil nog graag sy boek lees. Dis interessant hoe die wetenskap mindfulness begin ondersteun het in die laaste klompie jare.
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

User avatar
vixen
Posts: 394
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Mediese realiteite

Post by vixen » Sat May 09, 2020 5:20 pm

DieAnderEk wrote: Ek sien Frik kan tog net nie die versoeking weerstaan om nou en dan in te loer nie.
Dit is mos 'n openbare domain. Soos destyds daar waar die gordyn met die Kruising geskeur het. Die mens sukkel sederdien nog steeds om dit gelap te kry.
Frikkadel wrote: Sorry, kan nie help om dit funny te vind nie. Mens moet maar in die donker tye alle geleenthede aangryp om 'n bietjie te giggel.
Ek wonder nou of jou gegiggel oor plompie se neetligheid dieselfde is as my man s'n oor myne. Ek ontken natuurlik alle nalatigheid. Plompie moet nog ontdek hoekom hy gebrand het.

Nietemin, ek is mal oor die duisternis in hierdie donker tye:

Ek't mos verlede week hier gesê dat ek teen Maandag dalk miskien cold turkey gaan word. Elders het ek genoem dat ek DZ sal bedank as sy dit regkry om my te laat ophou rook. My voorraad hou toe ook tot Maandoggend.

Deur die dag toe besluit ek ek sal my man help om gouer op te hou deur hom te help om ook van sy voorraad ontslae te raak. Teen bedtyd was die berou van sy dubbel sterkte teenoor myne, luidskeel uitgebasium. My longe protesteer mos al lankal. Dinsdag kry ek toe twee pakkies wat ligter is uit 'n helpende hand.

Teen Woensdag was ek so hyper, ek was van vroeg tot laat in die tuin besig met net twee smoke breaks tussenin. Donderdagoggend met nog 'n paar oor stap ek kafee toe ter wille van die toekoms, maar die man van die kafee staan sterk teen my en ek het nogal gedink ek is 'n goeie kliënt vandat hy oopgemaak het. Ek's druipstert huistoe. Deur die dag het alle grappies oor die smagting, hartseer verhale geword wat my ineen laat krimp het soos ek trek aan die dubbele dosis met "dis my laaste een", mos nê?

Gisteroggend terwyl ek my lot begin aanvaar vra ek my kleindogter of sy my in vrede sal laat as ek vir haar 'n poppie print om in te kleur. Sy spring toe op die naaldwerktafel, wat oorlaai is van lockdown projekte, om die bladsy te vang wanneer hy uit die printer kom op die lessenaar. (Die tafels is in 'n L-shape.)Ek sien toe daar lê nog blaaie, van iets wat ek in die nag geprint het, op die "tray". Toe sy afspring toe staan ek op om die blaaie af te haal. (Ek sien nou hulle lê nog daar.)

So met my arm uitgestrek in uitreik na die tray toe skuif ek eers 'n klein koelboks, wat ek as woltassie gebruik, eenkant toe....* Ek is mos so 'n multitasker. Nes nou, het 'n paar dinge gaan doen in plaas van om hier tot die punt te kom. In die greenhouse het ek ontdek daar is lewe aan 'n blomstingel van een van my orgideë (phalaenopsis), sommer twee ogies stoot. Die kenners sê orgideë verg liefde en geduld om beloon te word.

Ek sê: "Wees lief (al is dit net 'n bietjie) vir jou vyand...ook daarin sal jy beloon word."

Ek meen nou maar ek gee maar min aandag aan my orgideë want ek moet eers hande was voor ek aan hulle raak....iets te doen met nikotien vergifting van 'n roker by hulle.

Met elke dag se oopmaak van die koerant lees ek natuurlik als wat oor DZ geskryf word. Het self ook twee keer kommentaar gelewer onder die ongelukkiges daar. Ek weet regtig nie wat hulle probleem is nie. Sy mag mos regeer, volgens die wat vrouens instem. Haar woord is mos net tydelik, nes Cyril s'n? Dalk moet hulle die probleem eerder by hulself insien.

* Toe gil ek my kleindogter uit haar inkleur uit en my man op 'n drafstappie in. Hy giggel nog steeds en dink ek het 'n goeie storie om te vertel.
Maar ek het geen verklaring oor hoe die geskenk in oorvloed skielik agter die kleine koelboks te voorskyn gekom het nie, want my voorraad was op 'n ander plek.

Al wat ek nou kan sê is dat DZ maar nog 'n bietjie langer vasbyt as sy wil hê ek moet ophou rook, want die gode het ander planne met my.
Attachments
Two Blessings.jpg
Two Blessings.jpg (85 KiB) Viewed 84 times

User avatar
vixen
Posts: 394
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Mediese realiteite

Post by vixen » Fri May 15, 2020 8:25 am

Right, ek hoop die wat moet oefen maak deeglik van die voorgeskrewe tyd gebruik om gesond te bly of te word.

My man het nog een pypstop oor. Dan gaan hy gesond word en die tannie bedank.

Ek het gisteraand 100 stokkies gehad en vanoggend die eerste pakkie verdeel en tot 6 per dag beperk. Dit is nou 8:30 en daar is 2 in die boksie. My dogter het my gisteraand herinner aan hoe lief ons mekaar het en moord is nog steeds onwettig.

plompie
Posts: 354
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Mediese realiteite

Post by plompie » Sat May 16, 2020 9:07 pm

vixen wrote:Right, ek hoop die wat moet oefen maak deeglik van die voorgeskrewe tyd gebruik om gesond te bly of te word.
Ag nee wat; tot dusver laat ek my nie voorskryf in my eie swembadjie nie.
vixen wrote:My man het nog een pypstop oor.
Ek sien nie hoe dit 'n probleem kan wees nie. Pype en Hooka's is mos soort van dieselfde ding en almal weet mos die ouens mix & match whatever shit available in daai goeters ... as jy goed is, kan jy selfs jou kick gradeer itv gehalte en intensiwiteit.
vixen wrote:Ek het gisteraand 100 stokkies gehad
Tough shit, man! Jy weet natuurlik jy't geen probleem nie, jou pakkie(s) per dag kos nou maar net baie meer .. so what ...? :roll:
Voel eerder vir daai arme vullis sakkies ou wat x20 vullis sakkies sorgvuldig moet deursoek om darem een zol uit stompies te bou.

User avatar
vixen
Posts: 394
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Mediese realiteite

Post by vixen » Sun May 17, 2020 6:59 am

plompie wrote:
Sat May 16, 2020 9:07 pm
Tough shit, man! Jy weet natuurlik jy't geen probleem nie, jou pakkie(s) per dag kos nou maar net baie meer .. so what ...?
Voel eerder vir daai arme vullis sakkies ou wat x20 vullis sakkies sorgvuldig moet deursoek om darem een zol uit stompies te bou.
Dit gaan nie vir my oor die prys nie, maar oor die gesoek soos die stompiesoeker wat ek gistermiddag vanaf my stoep dopgehou het. Ek kan darem al twee nippies uit een stokkie kry.
plompie wrote:
Sat May 16, 2020 9:07 pm
Ek sien nie hoe dit 'n probleem kan wees nie.
Die probleem is nie by hom nie. Hy kan maklik ophou vir jare. Sy antwoord is net eenvoudig, "moenie die blêrrie ding in jou mond sit nie."
plompie wrote:
Sat May 16, 2020 9:07 pm
Pype en Hooka's is mos soort van dieselfde ding en almal weet mos die ouens mix & match whatever shit available in daai goeters ... as jy goed is, kan jy selfs jou kick gradeer itv gehalte en intensiwiteit.
Ja, die tips loop net so sterk soos vir tuisbrouery. Ek kry ander gedagtes wanneer ek sien die ouens koop poeier vir 'n kopseer.
Attachments
Stompiesoeker.jpg
Stompiesoeker.jpg (97.17 KiB) Viewed 59 times

plompie
Posts: 354
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Mediese realiteite

Post by plompie » Sun May 17, 2020 7:25 pm

Self rook ek nie, maar ek is nogal geneig om saam te stem met een persoon se kommentaar, nl dat DZ die ondenkbare verrig het, nl om rokers en nie-rokers te verenig.

Paar dae terug gaan kyk ek bietjie na die ouens wat buite my straat grou - kwansuis uit belangstelling vir die fibre wat ek wonder wanneer my woonbuurt dit gaan sien. In werklikheid om te sien of straks die 2 bliksems kan herken (video footage) wat 3 batterye uit huurders se motors gesteel het. Toevallig sien ek toe hoe een van die grouers 'n driekwart-gerookte sigaret aan sy mede-grouer oorhandig om klaar te maak. Toe moes ek maar dink aan DZ se opmerking van die "skyf" wat só gedeel word ... :lol:

Nou ja, ek het darem nog 7 bottels rooiwyn, 1 bottel witwyn, 1 bottel gin en 1 bottel whiskey oor .... hopelik oorleef ek :lol:

User avatar
vixen
Posts: 394
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Mediese realiteite

Post by vixen » Mon May 18, 2020 10:06 am

plompie wrote:
Sun May 17, 2020 7:25 pm
Self rook ek nie, maar ek is nogal geneig om saam te stem met een persoon se kommentaar, nl dat DZ die ondenkbare verrig het, nl om rokers en nie-rokers te verenig.

Paar dae terug gaan kyk ek bietjie na die ouens wat buite my straat grou - kwansuis uit belangstelling vir die fibre wat ek wonder wanneer my woonbuurt dit gaan sien. In werklikheid om te sien of straks die 2 bliksems kan herken (video footage) wat 3 batterye uit huurders se motors gesteel het. Toevallig sien ek toe hoe een van die grouers 'n driekwart-gerookte sigaret aan sy mede-grouer oorhandig om klaar te maak. Toe moes ek maar dink aan DZ se opmerking van die "skyf" wat só gedeel word ...

Nou ja, ek het darem nog 7 bottels rooiwyn, 1 bottel witwyn, 1 bottel gin en 1 bottel whiskey oor .... hopelik oorleef ek :lol:
Wel, ek gebruik nie die sappies nie. DZ besef blykbaar nie dat 'n vrou sonder siggarette gevaarliker as 'n dronkman is nie.

Maar my toom was gister goed styf getrek toe ek ontdek het my kleindogter het een van my orgideë in 'n boom beet gehad. Ek het geweet as ek daardie oomblik die huis ingegaan het met nat stewels was dit tickets met die dag se voorraad voor 12 uur.

Vanoggend het ek my man gedreig met die skaal want hy het al twee keer ontbyt gehad. Dalk moet ekself ook opklim?

Post Reply