Die ekonomie, wat kan verwag word?

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
Post Reply
Charles xv
Posts: 32
Joined: Mon Feb 10, 2020 7:07 pm
Location: Verwoerd straat Sasolburg area

Die ekonomie, wat kan verwag word?

Post by Charles xv » Thu Feb 27, 2020 11:47 am

Ek lees van mense wat swaar getref is deur die ekonomie.
Baie kan seker vertel van mense wat onverwag getref is deur afdankings of standvastige betrekkings wat soos mis voor die son verdwyn het.

Dit lyk of die ZAR tog bietjie aan sy waarde die laaste tyd gehou het, en die JSE bietjie kop opgelig het na sinking in 2018 ( einde 2018/2019?)

Elders blyk dit dat dit baie goed gaan soos in die VSA waar die Dow, Nasdaq en S&P weke gelede weer hoogtepunte bereik het . Die coronavirus het eers begin Februarie sy kop uitgesteek so dit is moeilik vir my om al die skuld op die virus te plaas vir die groot aantal mense wat hulle werke verloor.

Karre en bakkies se verkope is relatief sterk, Porsche, Ferrari en tot die duur ( altans vir my) Lamborghini's verkoop saam meer as 2000 nuwe karre saam per jaar.

Bakkies wat naby R 1 000 000 kos verkoop in hulle duisende per maand. Dit lyk nie of daar 'n aanvraag tans in SA is vir elektriese karre nie. Die Pruis was nooit werklik 'n top verkoper nie.

Ek sien wel minder uitbreidings en ontwikkelings soos in 2006-2014.

Hoekom verloor so baie goed opgeleide mense hulle werk vandag?
Hello daar

User avatar
vixen
Posts: 393
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Die ekonomie, wat kan verwag word?

Post by vixen » Fri Feb 28, 2020 10:23 am

Charles xv wrote:
Thu Feb 27, 2020 11:47 am
Elders blyk dit dat dit baie goed gaan soos in die VSA waar die Dow, Nasdaq en S&P weke gelede weer hoogtepunte bereik het .
Ja nê. Die gras lyk altyd groener aan die anderkant.
Charles xv wrote: Die coronavirus het eers begin Februarie sy kop uitgesteek so dit is moeilik vir my om al die skuld op die virus te plaas vir die groot aantal mense wat hulle werke verloor.
Nee wat, hierdie virus is die begin van 'n nuwe ekonomiese seisoen. Daar was mos voorheen reeds werkgewers wat groot skaalse afleggings gedoen het.

Die virus het al die Wes Kaap se vissers getref. Noudat die kreefseisoen vir hulle verleng is, is daar meer mense wat daarteen gekant is as wat daar vissers is. Waarom nie ook die see 'n ruskans gee nie?

Die maskers wat nou gedra word is dalk die aanloop van meer permanente maskers met bykomstighede in die toekoms. Met die eerste Afrika geval reeds aangekondig; wie het al maskers aangekoop/ self begin maak? Of is ons "sitting ducks" wat wag dat die regering voorsien?
Charles xv wrote:
Thu Feb 27, 2020 11:47 am
Hoekom verloor so baie goed opgeleide mense hulle werk vandag?
Want vrouens wil oorneem waar hulle nie hoort nie.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 549
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Die ekonomie, wat kan verwag word?

Post by Kameraad Eksteen » Sat Feb 29, 2020 8:43 am

Kyk, die ding is jy moet noodgedwonge kyk na besparings en dan moet jy tred hou met 'n vinnig veranderende samelewing. So jy moet voortdurend kyk na maniere waarop jy jou vaardighede kan verbeter. Byvoorbeeld, jy kan heelwat bespaar deur die manier waarop jy jou motor in Checkers se parkering bekruip sodat die karwagte jou nie raaksien nie.

User avatar
vixen
Posts: 393
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Die ekonomie, wat kan verwag word?

Post by vixen » Sat Feb 29, 2020 9:18 am

Kameraad Eksteen wrote:
Sat Feb 29, 2020 8:43 am
Byvoorbeeld, jy kan heelwat bespaar deur die manier waarop jy jou motor in Checkers se parkering bekruip sodat die karwagte jou nie raaksien nie.
Nee, dan is jy suinig. Ek het al meer koper in my buk-buk stappie opgetel wat hulle laat val het, as wat ek met hulle gedeel het.

plompie
Posts: 353
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Die ekonomie, wat kan verwag word?

Post by plompie » Sat Feb 29, 2020 7:31 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Sat Feb 29, 2020 8:43 am
Kyk, die ding is jy moet noodgedwonge kyk na besparings en dan moet jy tred hou met 'n vinnig veranderende samelewing. So jy moet voortdurend kyk na maniere waarop jy jou vaardighede kan verbeter. Byvoorbeeld, jy kan heelwat bespaar deur die manier waarop jy jou motor in Checkers se parkering bekruip sodat die karwagte jou nie raaksien nie.
:lol:
In alle erns nou: Op my Excel begrotings spreiblad het ek my pensioen en standaard persoonlike uitgawes geskei van ander bronne van inkomste (bv my klein rekenaar besigheidjie). En in slegs drie jaar is dit reeds duidelik hoe "dit wat oorbly" minder en minder geword het. So karwagte vermyding prikkel die lagspiere; die realiteit is egter geen grap nie.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 466
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Die ekonomie, wat kan verwag word?

Post by DieAnderEk » Wed Mar 11, 2020 5:06 pm

Charles xv wrote:
Thu Feb 27, 2020 11:47 am
Elders blyk dit dat dit baie goed gaan soos in die VSA waar die Dow, Nasdaq en S&P weke gelede weer hoogtepunte bereik het .
Wel hierdie stelling het nie goed verouder nie.
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

Post Reply