Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Kameraad Eksteen » Sat Apr 11, 2020 5:28 pm

DAE, miskien kyk ek net effe anders na die ding, 'n week voor die kwarantyn het ons hier die vreemdste spuitmagies, koorsdrome, papgeit en borspyne gehad, een van die eerste gevalle in Gauteng was in 'n skool in my straat. Omtrent al ons vriende is oor 70, met iemand wat anderdag 90 geword het. My ouers is daai ouderdom, ens. So as iemand nou van die ekonomie praat en dit soortvan teenoor menselewens opweeg, dan krap dit effe.

Maar dis OK ek het darem nie 'n gevaarlike bloeddruk wat opgejaag kan word nie, inteendeel die huisarres vind ek nogal terapeuties.

Charles xv
Posts: 32
Joined: Mon Feb 10, 2020 7:07 pm
Location: Verwoerd straat Sasolburg area

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Charles xv » Sat Apr 11, 2020 9:06 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Sat Apr 11, 2020 5:11 pm
Ons praat hier van dae en weke. Jy weet as jy die radio aansit en die dreunsang van die ekonome met hul waarskuwings begin, en ek kyk na my pensioenfonds wat weer R80 000 op is vandat ons twee laas gesels het. Dan wonder jy hoe erg dit regtig gaan wees. Het jy al gesien hoe die vliegtuie kruis en dwars vlieg, leeg, nogsteeds, daar is blykbaar sommer baie geld om te verbrand en ou hout wat uitgesnoei kan word.

Dis hoe ek voel:

https://www.commondreams.org/news/2020/ ... t-says-let

Daar is 'n helse lot bedrywe in die ekonomie wat geen waarde toevoeg nie of totaal onvolhoubaar is, en vir my is dit net ironies dat dit die ouens is wat die hardste skreeu om ander mense te wil offer vir hul saak.
Ek sien jy kon nog nie die logaritmiese grafiek van COVID-19 plaas nie. Wat is fout, hoekom kry jy nie daardie grafiek vir Covid-19 nie?



Lyk my vliegtuie is meer kruis en dwars geparkeer en baie sukkel om spasie te kry vir parkering. Baie vliegtuie is in langtermyn storing in die woestyn geplaas.


https://www.google.com/url?sa=i&url=htt ... AdAAAAABAc

https://www.google.com/url?sa=i&url=htt ... AdAAAAABA4

As jy kan lees , lees maar self hier, https://www.businessinsider.com/coronav ... 020-3?IR=T


Soos bv. nou - op die oomblik is daar geen vliegtuig in die lug Suid van die ewenaar in Afrika nie, en minder as 15 oor Afrika.

https://www.flightradar24.com/-8.92,7.85/4

Hoeveel is jou pensioenfonds OP sedert 1 Januarie 2020 ?
Hello daar

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Kameraad Eksteen » Sun Apr 12, 2020 8:19 am

DieAnderEk wrote:
Sat Apr 11, 2020 3:27 pm
Dit is letterlik onmoontlik vir arm mense om die meeste van die tyd in hulle huise te bly. Honger is 'n groot motiveerder. As jy vrek honger is en die polisieman sê vir jou aikôna, jy gaan nêrens heen nie, dink jy die situasie sal vreedsaam verloop? Wat gaan die uiteinde wees hiervan?
Kyk hierna:
In Wisconsin and Ohio, farmers are dumping thousands of gallons of fresh milk into lagoons and manure pits. An Idaho farmer has dug huge ditches to bury 1 million pounds of onions. And in South Florida, a region that supplies much of the Eastern half of the United States with produce, tractors are crisscrossing bean and cabbage fields, plowing perfectly ripe vegetables back into the soil.
The amount of waste is staggering. The nation’s largest dairy cooperative, Dairy Farmers of America, estimates that farmers are dumping as many as 3.7 million gallons of milk each day. A single chicken processor is smashing 750,000 unhatched eggs every week.

https://www.nytimes.com/2020/04/11/busi ... -food.html
(Dis nie net in Hamerika wat hulle die omgewing so verkrag nie.)

So, die Amerikaners gaan sonder daai uie, melk en groente, en hulle verhonger nie? Want hulle oorvreet hulle onder normale omstandighede aan daai selfde kos. Of daai selfde kos word in ander lande "gedump" as die grense oop sou wees. Ons het gegaan van 'n verbruikerskultuur na 'n kultuur van varksugtige oorbenutting. En dis nie anders hier in ons land nie, ons voer nou glad honderde duisende lewende skape uit in haglike toestande.

Is ons ekonomiese oorlewing geskoei op oorbenutting? Dalk is dit nou 'n wonderlike tyd om te wonder hoekom die ekonome reken organiese landbou is onvolhoubaar?

Maar ja, iemand moet tog vir my verduidelik hoekom die behoud van die status quo so absoluut kardinaal is as die ouens in die townships honger is. Dis mos eenvoudig, daar is genoeg kos vir almal.

Charles xv
Posts: 32
Joined: Mon Feb 10, 2020 7:07 pm
Location: Verwoerd straat Sasolburg area

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Charles xv » Sun Apr 12, 2020 2:30 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Sat Apr 11, 2020 5:28 pm
So as iemand nou van die ekonomie praat en dit soortvan teenoor menselewens opweeg, dan krap dit effe.

Dit hoef jou nie effe te krap nie. Jy was net gefool.

Dus, 2,2 miljoen sou doodgaan volgens die "model". Die Cool-Air wat jy in groter hoeveelhede aangekoop het as toiletpapier. Soos die fake video waarna jy verwys het.


Toe, 1.8 miljoen

En toe, 1.5 miljoen

En toe weer, 1 miljoen

En weer, 500 000

En toe 100 000

En toe weer 80 000

Oooops

En nou 30 000.


Ek wag nog vir jou COVID-19 logaritmiese grafiek.

Hoe doen jou pensioenfonds van 1 Januarie 2020 to hede?
Hello daar

Post Reply