Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
DieAnderEk
Posts: 481
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by DieAnderEk » Tue Mar 31, 2020 4:16 pm

Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Kameraad Eksteen » Wed Apr 01, 2020 8:41 am

DieAnderEk wrote:
Tue Mar 31, 2020 4:16 pm
Is so, maar:

https://en.wikipedia.org/wiki/Black_swan_theory
Ek hoor jou, maar wat wat is nou soveel anders as met die Spaanse griep ens? Wat het verander met die modelle ten opsigte van dit waarvoor jy nie kan kontroleer nie? Die verspreiding van virusbesmetting is 'n epidemologiese patroon wat ons fyn kan dophou.

En nes die siekte is die menslike gedrag ook maar voorspelbaar, die gierigheid, selfsugtigheid, menslikheid ens. Ons het verwag dat daai Republikeinse senatore en daai dosyn of wat CEO's die stelsel vir hul eie gewin so bedonner. Ons het geweet die rykes het gedink hulle gaan kan wegkruip ens.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Kameraad Eksteen » Wed Apr 01, 2020 10:55 am

DAE, As ek dit dalk beter kan verwoord. Daar was nou al 'n paar studies oor hoe mense in magsposisies en bevoorregte posisies se morele kompas effe van koers afgaan. (Aparte studies.) So nou sien ons hoe hierdie hardvogtigheid in die noodsituasie na vore kom. (Terloops, hierdie effek geld vir regse en linkse politici in magsposisies ewe veel.)

So ryk mense wat benoud aan die ekonomie en/of hul slawe se produktiwiteit dink en uitsprake maak staan nou uit soos seer duime, en hulle besef dit nie eens nie.

plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by plompie » Wed Apr 01, 2020 7:32 pm

DAE wrote:En dan uiteindelik ook oor prioriteite: Hoe gekibbels wat eens op 'n tyd al ons aandag geverg het nou relatief nietig lyk en hoe mense saamstaan om hierdie ding te oorwin.
Wat die kibbels betref, duidelik verwys jy nie na my nie DAE - sinvolle bydraes is mos nie "kibbels" nie ... ;) :D

Grappies op 'n stokkie: Ek het 'n artikel raakgelees wat beweer dat die veranderde sosiale gedrag wat COVID nou noodsaak [bv handskud; "hugs"; klem op higiëne ens] nog lank ná COVID by ons mag bly.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 481
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by DieAnderEk » Sat Apr 04, 2020 1:40 pm

Kameraad, sekerlik gaan die ekonomie oor baie meer as ryk mense se worries. Daar is reeds baie mense wat geretrench word en besighede wat sluit. En nou is daar sprake dat die lockdown vir maande gaan duur. Ons het nog nie regtig so iets ervaar nie, en soos dit aangaan word dit nou eers duidelik watter effek dit op almal gaan hê. Moody's se afgradering het ekonome verwag gaan eers later gebeur, nou het dit reeds gebeur, en nou skielik gaan die GDP krimp met tot 23% in die tweede kwartaal. As alles so fyn gemodelleer was van die begin af, waar was daai headlines 'n maand gelede?

Die Spaanse griep was baie anders vir verskeie redes. Dit was teen die einde van die Eerste Wêreldoorlog, en gesondheidswerkers was reeds dun gesaai. Slegte omstandighede het gelei tot superinfeksies wat die eintlike rede was vir die hoë getalle sterftes. Dan het die soldate nog teruggekeer van die front af, en die ware omvang van die pandemie is onderdruk in baie lande.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
DieAnderEk
Posts: 481
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by DieAnderEk » Sat Apr 04, 2020 1:44 pm

plompie wrote:
Wed Apr 01, 2020 7:32 pm
Wat die kibbels betref, duidelik verwys jy nie na my nie DAE - sinvolle bydraes is mos nie "kibbels" nie ... ;) :D
Hehe ja. Ag soos jy weet verwys ek maar na daai "mense en hulle dinge" soort van nuus - grootmense in magsposisies wat optree soos kinders en dan is dit hoofnuus.
plompie wrote:
Wed Apr 01, 2020 7:32 pm
Grappies op 'n stokkie: Ek het 'n artikel raakgelees wat beweer dat die veranderde sosiale gedrag wat COVID nou noodsaak [bv handskud; "hugs"; klem op higiëne ens] nog lank ná COVID by ons mag bly.
Dis heel moontlik. Ek dink dit sal 'n rukkie bly, maar ná 'n jaar of twee sal mense al weer vergeet het daarvan. Dit is nou as alles terugkeer na normaal in terme van ons lewenstyl. Indien ons geforseer word om jaar in en uit in 'n tipe van semi-kwarantyn te lewe, dan sal ons gewoontes seker oor die lang termyn ook verander.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Kameraad Eksteen » Sun Apr 05, 2020 11:20 am

DieAnderEk wrote:
Sat Apr 04, 2020 1:40 pm
en nou skielik gaan die GDP krimp met tot 23% in die tweede kwartaal. As alles so fyn gemodelleer was van die begin af, waar was daai headlines 'n maand gelede?
Nee, dis nie skielik nie. Modelle sonder harde data kom neer op spekulasie, so ons het nou redelik baie data, so ons maak aanpassings. DIe punt is nie die modelle nie, die punt is dat ons gesien het hoe drasties dinge in Sjina aangegaan het, en ons het geweet dit kom hiernatoe.

My argument draai om die sosialistiese punt wat jy gemaak het, of lig wat jy gesien het, en die voorspelbare reaksies uit regse kringe op die prikkel. "Die GDP krimp met tot 23%", ja sure wat beteken dit? Vir die Amerikaners beteken dit om reddingsboeie uit te gooi na groot firmas, wat in elk geval dit in aandele verskans en werknemers afdank. Dit beteken om miljoene liters melk in dreine te stort, om die "mark" te beskerm. Jy is honger en werkloos maar ten minste is die mark OK. Dit beskerm die mark, maar beskerm dit die gemeenskap, omgewing ens?

Nog 'n voorspelbare ding is die reaksionêre gedrag uit regse geledere. So die Amerikaners gaan spuls oor #Openamerica, en gaan kyk wie is die voorbokke.
DieAnderEk wrote:
Sat Apr 04, 2020 1:40 pm
Die Spaanse griep was baie anders vir verskeie redes. Dit was teen die einde van die Eerste Wêreldoorlog, en gesondheidswerkers was reeds dun gesaai. Slegte omstandighede het gelei tot superinfeksies wat die eintlike rede was vir die hoë getalle sterftes. Dan het die soldate nog teruggekeer van die front af, en die ware omvang van die pandemie is onderdruk in baie lande.
Klink soos nou.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 481
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by DieAnderEk » Sun Apr 05, 2020 1:32 pm

Wie is weghol-virus se ware slagoffers?

Is die Chinese manier om Covid-19 te beveg die enigste manier, vra Pieter Malan.

Wat sou gebeur het as die Covid-19-pandemie sy oorsprong in Suid-Afrika gehad het?

Hoe sou die Suid-Afrikaanse regering se reaksie - in die afwesigheid van enige ander voorbeelde elders in die wêreld - dan gelyk het?

Hierdie is vrae wat by my opkom na aanleiding van die uitstekende analise van Suid-Afrika se "korona-raaisel" deur die filosowe Alex Broadbent en Benjamin Smart, albei verbonde aan die Universiteit van Johannesburg.

Hulle vra die vraag wat die meeste Suid-Afrikaanse kommentators tot dusver as ondenkbaar beskou: Wat is beter? Om oues te laat sterf en die jonges te laat lewe? Maak dit sin om die spoed waarteen die koronavirus versprei te probeer beperk op 'n kontinent waar die meeste mense nie toegang tot mediese dienste het nie? Red 'n gesonde ekonomie nie meer mense as wat Covid-19 uitwis nie?

Dis moeilike vrae met geen maklike antwoorde nie. Maar die feit dat hulle moeilik is, beteken nie dat hulle nie gevra moet word nie.

Maar pleks van om vir 'n oomblik by die kwessies te vertoef, word die wêreldwye reaksie op die pandemie ingegee deur 'n taktiek wat in die Ooste ontwikkel is in lande met 'n bevolking, kultuur en ekonomiese werklikhede wat heeltemal anders is as in die res van die wêreld.

Die reaksie op die feit dat die Wuhan-model elders nie so suksesvol is nie, laat my dink aan die ou storie oor sosialisme: Dis eintlik 'n wonderlike stelsel, die probleem is net dat dit nog nooit reg toegepas is nie.

So ook met korona. Lande wat nie die virus onder beheer kan kry nie, het net nie die Wuhan-resep reg gevolg nie. Probeer net harder, wees meer soos die Chinese, en julle sal ook uiteindelik die virus op sy kop slaan.

En omdat die hele Noordelike Halfrond saamstem dat die Chinese styl van inperking die antwoord is, het Suid-Afrika (en talle ander lande in 'n soortgelyke posisie) nou presies dit gedoen.

Aangemoedig deur 'n onkritiese media wat 'n eenvoudige binêre prentjie skets van "meer siekes sleg, minder siekes goed", wag ons elke aand angstig vir die minister van gesondheid om die dag se siekes op die nasionale bywoningsregister aan te teken.

En natuurlik het jy simpatie met die Suid-Afrikaanse regering en sy kundiges. Die druk om die Chinese model hier te implementeer was oorweldigend. Om daarvan af te wyk sou jou ooplaat vir 'n stortvloed van kritiek.

Die gevolg is dat ons sit met 'n inperkingsbevel wat perfekte sin maak vir dié van ons wat in middelklasbuurte agter hoë mure teen die virus skuil terwyl die kinders in die swembad baljaar, maar onmoontlik is om toe te pas in die land se townships en plakkerskampe waar miljoene mense in sinkhokkies drie-drie 'n bed deel.

En as die pogings om die weghol-virus met Chinese kundigheid hok te slaan nie werk nie, probeer net harder. En harder probeer in die Suid-Afrikaanse konteks beteken om terug te val op dit wat sowel die pre- as post-'94-bedeling in gemeen het: rubberkoeëls en die pompaksiehaelgeweer.

Die vraag is hoe 'n eg Suid-Afrikaanse reaksie op die pandemie sou gelyk het? Sou dit dieselfde klem gelê het op 'n strategie van inperking wat die hele ekonomie lamlê op 'n wyse wat miljoene burgers verarm en uithonger? Of sou ons dalk strategieë bedink het wat eerder die mees kwesbares teen die virus beskerm terwyl die wat jonk en gesond is (en die siekte in alle waarskynlikheid sal oorleef) toegelaat word om steeds te gaan werk soek - al is dit in 'n ekonomiese omgewing waar talle besighede noodwendig uit noodsaak of vrees hulle bedrywighede sal inkort.

Niemand sê beleidsbesluite wat tot die dood van baie mense kan lei is maklik nie. Natuurlik nie. Maar om voor te gee dat pres. Cyril Ramaphosa se besluit net meer as 'n week gelede om die land vir drie weke lank in 'n staat van inperking te plaas, die enigste, beste en noodwendig die mees verantwoordelike een is, is 'n oorvereenvoudiging - en 'n gevaarlike een daarby. Want, soos Broadbent en Smart dit stel, dié maatreëls gaan lei tot die wanvoeding en hongersnood van miljoene mense, 'n gruwel-scenario waar kinders en babas die grootste slagoffers gaan wees.

En laat ons onsself herinner dat uitvoerende besluit oor lewe en dood, ook in Suid-Afrika, nie ongewoon is nie. Twintig jaar gelede was oudpres. Thabo Mbeki gekonfronteer met 'n soortgelyke keuse: Moet hy skaars staatshulpbronne gebruik om die land se MIV/vigs-pandemie te beveg of moet hy op die ekonomie fokus.

Mbeki het (vir komplekse redes en met bisarre regverdigings) besluit op laasgenoemde en volgens sommige ramings meer as 330 000 mense 'n vroeë dood laat sterf. Desnieteenstaande is hy by die stembus beloon met die hoogste ANC-meerderhede nog, 'n feit wat kommentators toeskryf aan die ekonomiese voorspoed onder sy bewind.

Ramaphosa het sy moeilike en onbenydenswaardige keuse gemaak: 'n keuse wat korttermyn-gesondheidsvrese bó die gevare van 'n ekonomiese ineenstorting en hongersnood stel. Dit gaan waarskynlik nog jare duur voordat ons weet of hy reg was.

■ Pieter Malan is redakteur van Weekliks.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
DieAnderEk
Posts: 481
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by DieAnderEk » Sun Apr 05, 2020 1:43 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Sun Apr 05, 2020 11:20 am
Nee, dis nie skielik nie. Modelle sonder harde data kom neer op spekulasie, so ons het nou redelik baie data, so ons maak aanpassings.
En dis hoekom jy nie net kan sê ons weet presies hoe om die ding te hanteer nie, want ons weet nie. Ons kan educated guesses maak, bv. sien dat China en Suid-Korea gewerk het, maar dis nie orals noodwendig die beste oplossings nie. Selfs ortodokse kennis oor bv. maskers begin verander soos die data inkom.
Kameraad Eksteen wrote:
Sun Apr 05, 2020 11:20 am
Dit beskerm die mark, maar beskerm dit die gemeenskap, omgewing ens?
Baie geld van die regering word juis spandeer om kleiner besighede te beskerm, en dit gebeur in ander lande ook. Dis nie bloot net 'n geval van gooi geld na die multinasionale maatskappye nie.
Kameraad Eksteen wrote:
Sun Apr 05, 2020 11:20 am
Klink soos nou.
Die syfers is onderdruk in China en Rusland, seker 'n paar ander lande ook. Maar nie op die skaal soos dit destyds in Europa gedoen is nie (met die uitsondering van Spanje). Dit is in elk geval baie moeiliker om dit deesdae te doen in vandag se aanlyn-wêreld.

Verder, geen wêreldoorlog hier aan die gang nie. Geen 100 miljoen wat dood is nie (ons is nog baie ver daarvan af). Geen gesondheidswerkers wat op oorlogsfronte moet werk en nie by die huis is nie, ten minste nie op 'n globale skaal nie.

So nee, klink nie dieselfde nie.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Kameraad Eksteen » Sun Apr 05, 2020 2:32 pm

DieAnderEk wrote:
Sun Apr 05, 2020 1:43 pm
En dis hoekom jy nie net kan sê ons weet presies hoe om die ding te hanteer nie, want ons weet nie. Ons kan educated guesses maak, bv. sien dat China en Suid-Korea gewerk het, maar dis nie orals noodwendig die beste oplossings nie. Selfs ortodokse kennis oor bv. maskers begin verander soos die data inkom.
Presies, maar het jy gesien hoe onwrikbaar die regses is in hul oortuiging?
DieAnderEk wrote:
Sun Apr 05, 2020 1:43 pm
Baie geld van die regering word juis spandeer om kleiner besighede te beskerm, en dit gebeur in ander lande ook. Dis nie bloot net 'n geval van gooi geld na die multinasionale maatskappye nie.
Dis grootliks die beleid van die Amerikaners, help gou eers die groot firmas, en dan sal dit mos "trickle-down" soos die belasting toegewings aan rykes nog altyd armoede uitgewis het, mos!
DieAnderEk wrote:
Sun Apr 05, 2020 1:43 pm
So nee, klink nie dieselfde nie.
Het jy al daai videos gesien van hoe dit in New York en Italië se hospitale gaan?

Post Reply