Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 597
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Kameraad Eksteen » Sun Apr 05, 2020 3:03 pm

DieAnderEk wrote:
Sun Apr 05, 2020 1:32 pm
Hulle vra die vraag wat die meeste Suid-Afrikaanse kommentators tot dusver as ondenkbaar beskou: Wat is beter? Om oues te laat sterf en die jonges te laat lewe? Maak dit sin om die spoed waarteen die koronavirus versprei te probeer beperk op 'n kontinent waar die meeste mense nie toegang tot mediese dienste het nie? Red 'n gesonde ekonomie nie meer mense as wat Covid-19 uitwis nie?
Pieter Malan kyk blykbaar na grafieke en lees dit soos daai blonde Ann Coulter in Hamerika. Dis nie 'n siekte wat net jong mense doodmaak nie.

DieAnderEk wrote:
Sun Apr 05, 2020 1:32 pm
Aangemoedig deur 'n onkritiese media wat 'n eenvoudige binêre prentjie skets van "meer siekes sleg, minder siekes goed", wag ons elke aand angstig vir die minister van gesondheid om die dag se siekes op die nasionale bywoningsregister aan te teken.
Pieter Malan, sukkel blykbaar met wiskunde en het nog nie die logaritmiese kurwes op die saait https://www.worldometers.info/coronavirus/ beloer nie, en as het, wil iemand dit nie aan hom verduidelik nie.
DieAnderEk wrote:
Sun Apr 05, 2020 1:32 pm
Die gevolg is dat ons sit met 'n inperkingsbevel wat perfekte sin maak vir dié van ons wat in middelklasbuurte agter hoë mure teen die virus skuil terwyl die kinders in die swembad baljaar, maar onmoontlik is om toe te pas in die land se townships en plakkerskampe waar miljoene mense in sinkhokkies drie-drie 'n bed deel.
Pieter Malan besef natuurlik nie dat dit juis in die middelklas uitgebreek en versprei het nie.
DieAnderEk wrote:
Sun Apr 05, 2020 1:32 pm
Die vraag is hoe 'n eg Suid-Afrikaanse reaksie op die pandemie sou gelyk het? Sou dit dieselfde klem gelê het op 'n strategie van inperking wat die hele ekonomie lamlê op 'n wyse wat miljoene burgers verarm en uithonger? Of sou ons dalk strategieë bedink het wat eerder die mees kwesbares teen die virus beskerm terwyl die wat jonk en gesond is (en die siekte in alle waarskynlikheid sal oorleef) toegelaat word om steeds te gaan werk soek - al is dit in 'n ekonomiese omgewing waar talle besighede noodwendig uit noodsaak of vrees hulle bedrywighede sal inkort.
Pieter Malan is nie seker wat die virus gaan doen nie, maar hy is doodseker ons gaan verhonger, dit klink sooo bekend. Hy verstaan ook nie hoe asimptomatiese mense die virus oordra nie.
DieAnderEk wrote:
Sun Apr 05, 2020 1:32 pm
Niemand sê beleidsbesluite wat tot die dood van baie mense kan lei is maklik nie. Natuurlik nie. Maar om voor te gee dat pres. Cyril Ramaphosa se besluit net meer as 'n week gelede om die land vir drie weke lank in 'n staat van inperking te plaas, die enigste, beste en noodwendig die mees verantwoordelike een is, is 'n oorvereenvoudiging - en 'n gevaarlike een daarby. Want, soos Broadbent en Smart dit stel, dié maatreëls gaan lei tot die wanvoeding en hongersnood van miljoene mense, 'n gruwel-scenario waar kinders en babas die grootste slagoffers gaan wees.
Pieter Malan kots 'n oorvereenvoudige herkoude oplossing hier uit, wat feitlik woordeliks met Donald Trump se mening van verlede week ooreenstem, en dan kla hy oor ons regering se proaktiewe pogings? Dieselfde stront het mos uit die goewerneur van Louisiana gekom twee weke terug en kyk met watse kak sit hulle nou. Trump het skielik groot skrik gekry en 180 grade omgedraai, maar Pieter Malan tokkel voort.
DieAnderEk wrote:
Sun Apr 05, 2020 1:32 pm
Ramaphosa het sy moeilike en onbenydenswaardige keuse gemaak: 'n keuse wat korttermyn-gesondheidsvrese bó die gevare van 'n ekonomiese ineenstorting en hongersnood stel. Dit gaan waarskynlik nog jare duur voordat ons weet of hy reg was.

■ Pieter Malan is redakteur van Weekliks.
Mens sal sulke regse idiote nooit kan tevrede stel nie, die kak spat in Italië, Spanje en Duitsland en Korea kry die ding beter reg, nou noem hy dit die Sjinese oplossing, maar nou ja. Pieter Malan gaan aan soos 'n hond wat in 'n swembad verdrink, maar as jy hom probeer red wil hy jou byt.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by DieAnderEk » Mon Apr 06, 2020 9:22 pm

Die verskil tussen Pieter Malan en die Amerikaanse regses is dat hy nie sê Ramaphosa is verkeerd nie, net dat alternatiewe oplossings ook oorweeg moet word. Hy benadruk juis dat die Chinese model dalk juis die beste sal werk hier, maar dat net die tyd ons sal leer. Daar is egter genoeg rede tot kommer.

Hier is die oorspronklike artikel wat hy aanhaal. Broadbent en Smart benadruk die feit dat dit meestal ouer mense is wat doodgaan, terwyl net 6.09% van Suid-Afrikaners oor 65 is. As mense begin ondervoed raak is dit juis kinders en babas wat kwesbaar is (met verwysing na die heelwat hoër ondervoedingsyfers in Afrika tydens die 2008-resessie). Hy verwys na die feit dat ons nog eintlik glad nie weet wat die sterftesyfer is nie, omdat ons nie weet hoeveel mense nie getoets word nie.

'n Brief in die Rapport noem:
Die afkondiging van 'n nasionale ramp is gedoen deur 'n uitvoerende verordening moontlik gemaak deur die Wet op Rampbestuur. Leiers van opposisiepartye het later hul steun aan die uitvoerende gesag verleen in hul gebruik van dié magte. Dit is ondanks die feit dat die behoefte om dit te doen of die data en die metode wat die regering gebruik, nooit in die parlement bespreek is nie.

Dit is kommerwekkend gegewe die omvang van die maatreëls. Niemand het die vermoë om te oordeel of die regering en hul wetenskaplikes moontlik verkeerd is nie. En dis belangrik, gegee die geskiedenis van 'n regering wat dikwels data ignoreer as dit kom by beleidsontwikkeling (soos wat die trae ekonomiese groeisyfers van die afgelope tien jaar toon).

Van die ekonomie gepraat: Die waarskynlike impak van hierdie ineenstorting op die ekonomie is ook nie bespreek nie. Ons is veronderstel om bloot te vertrou dat die regering die nodige koste-voordeelontleding gedoen het nadat die relevante data oorweeg is.
Laastens: 'n Bristol University-studie suggereer dat 'n krimping van 6.4% in die GDP sal lei tot meer lewensverlies as wat van die virus gered sal word in die proses. Dit volg op 'n 2016-studie wat bevind het dat die 2008-resessie gelei het tot 500,000 meer kankersterftes wêreldwyd.

As dit in Groot-Brittanje die geval kan wees, hoeveel kwesbaarder gaan ons nie hier in SA wees nie? En wat dink jy gaan in die townships gebeur as al die miljoene wat van die laaste paycheck lewe nie meer brood op die tafel gaan hê nie? Baie van daai mense stem ANC so ek voorspel dat hulle redelik gou van die regulasies daar gaan verslap soos wat hulle reeds met die taxis gedoen het.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by DieAnderEk » Mon Apr 06, 2020 9:24 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Sun Apr 05, 2020 2:32 pm
Presies, maar het jy gesien hoe onwrikbaar die regses is in hul oortuiging?
Net so onwrikbaar soos die linkses in hulle oortuiging dat die regering skielik nie 'n voet verkeerd kan sit nie.
Kameraad Eksteen wrote:
Sun Apr 05, 2020 2:32 pm
Dis grootliks die beleid van die Amerikaners, help gou eers die groot firmas, en dan sal dit mos "trickle-down" soos die belasting toegewings aan rykes nog altyd armoede uitgewis het, mos!
Ek het nie regtig 'n opinie daaroor nie.
Kameraad Eksteen wrote:
Sun Apr 05, 2020 2:32 pm
Het jy al daai videos gesien van hoe dit in New York en Italië se hospitale gaan?
Sleg ja, maar nie op 'n globale skaal nie. Sien my check-list...
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by DieAnderEk » Mon Apr 06, 2020 9:29 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Sun Apr 05, 2020 3:03 pm
Pieter Malan besef natuurlik nie dat dit juis in die middelklas uitgebreek en versprei het nie.
En hoeveel makliker sal dit dus nie in die townships versprei nie, waar niemand dit kan bekostig om een-een vir weke aaneen agter hoë mure te bly nie? Dink ook: moeilike toegang tot mediese dienste (ten minste begin hulle nou daar toets), taxis, gebrek aan lopende water, ens.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

Charles xv
Posts: 32
Joined: Mon Feb 10, 2020 7:07 pm
Location: Verwoerd straat Sasolburg area

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Charles xv » Mon Apr 06, 2020 10:31 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Sun Apr 05, 2020 3:03 pm


Pieter Malan, sukkel blykbaar met wiskunde en het nog nie die logaritmiese kurwes op die saait https://www.worldometers.info/coronavirus/ beloer nie, en as het, wil iemand dit nie aan hom verduidelik nie.
Kan u asseblief die logaritmiese kurwe vir COVID- 19 let wel COVID-19 vir almal hier paste.

Byvoorbaat baie dankie , jy KAN nie .
Liefde groete.

( NB- dis maklik om kak te praat)
Hello daar

User avatar
vixen
Posts: 409
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by vixen » Mon Apr 06, 2020 11:22 pm

Charles xv wrote:
Mon Apr 06, 2020 10:31 pm
( NB- dis maklik om kak te praat)
Ek''s ook hier. Jy is glads te "hansie my kneg", om so te praat hier.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 597
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Kameraad Eksteen » Tue Apr 07, 2020 6:54 am

DieAnderEk wrote:
Mon Apr 06, 2020 9:29 pm
Kameraad Eksteen wrote:
Sun Apr 05, 2020 3:03 pm
Pieter Malan besef natuurlik nie dat dit juis in die middelklas uitgebreek en versprei het nie.
En hoeveel makliker sal dit dus nie in die townships versprei nie, waar niemand dit kan bekostig om een-een vir weke aaneen agter hoë mure te bly nie? Dink ook: moeilike toegang tot mediese dienste (ten minste begin hulle nou daar toets), taxis, gebrek aan lopende water, ens.
Juis. Daarom het ons pro-aktief opgetree, maar dit wil hy nie verstaan nie.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 597
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Kameraad Eksteen » Tue Apr 07, 2020 7:58 am

DieAnderEk wrote:
Mon Apr 06, 2020 9:22 pm
Hier is die oorspronklike artikel wat hy aanhaal. Broadbent en Smart benadruk die feit dat dit meestal ouer mense is wat doodgaan, terwyl net 6.09% van Suid-Afrikaners oor 65 is. As mense begin ondervoed raak is dit juis kinders en babas wat kwesbaar is (met verwysing na die heelwat hoër ondervoedingsyfers in Afrika tydens die 2008-resessie). Hy verwys na die feit dat ons nog eintlik glad nie weet wat die sterftesyfer is nie, omdat ons nie weet hoeveel mense nie getoets word nie.
Onthou, logaritmiese skaal, en tyd. Ons/hy praat van artikels wat op 5 April verskyn, maar inligting weergee wat op 17 Maart en 23 Maart geskryf is wat statistiek aanhaal van 29 Februarie. En in daai tyd het die gevalle van 80 000 tot 1.3miljoen gestyg. En selfs toe al was die Amerikaners geskok omdat daar al 40% van die hospitaal opnames mense tussen 20 en 40 jaar oud was.

Nou lê Boris Johnson (55) in ICU. Dieselfde Boris Johnson wat net dae terug die ding as 'n kopverkoue afgemaak het, en ook maar net die "jong" mense wou laat werk.

En in Amerika is mense nou geskok as mense doodgaan wat maar net 33 is. Want eers het die ouens na die grafieke gekyk en besluit dis mense oor tagtig, nou haal jy berigte aan oor "net oor 65" en die realiteit is, hoe meer mense siek word, hoe meer gaan dood uit alle ouderdomsgroepe. Maar wiskunde wil hulle nie verstaan nie.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 597
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Kameraad Eksteen » Tue Apr 07, 2020 8:18 am

DieAnderEk wrote:
Mon Apr 06, 2020 9:22 pm
En wat dink jy gaan in die townships gebeur as al die miljoene wat van die laaste paycheck lewe nie meer brood op die tafel gaan hê nie?
Wie het dan al die brood gevat? Hulle gaan seker uithonger soos die Ethiopiërs in die tagtigs? Kom nou wees realisties.

DIe ekonome is nie regtig bekommerd nie, hulle praat nog nie in brode nie, dis maar nog soveel persent op, soveel persent af, my pensioenfonds het in een dag R200000 geval, en intussen weer R100000 opgetel. Hoeveel brode het ek nou?

Snaaks hoe dieselfde ekonome heel kalm en rustig verduidelik dat met elke liewe inmekaarkrimping van die mark, dit kort na die drama tot veel hoër hoogtes gestyg het.

So daai 500000 kanker pasiënte moes na die ekonome geluister het, of harder gewerk het om die ekonomie te red, sodat hulle mediese fondse kon bekostig, OF as 'n fraksie van die onnodige reddingsboeie en "belasting verligting" aan groot firmas aan mediese sorg spandeer was kon ons hulle almal red.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 597
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Kameraad Eksteen » Tue Apr 07, 2020 8:45 am

DAE,

Ek is jammer as ek jou bloeddruk opjaag. Dis net daar is twee (of drie) fundamentele beginsels hier wat ek wou uitlig.

DIe eerste is die een van onvergenoegdheid, genoeg is altyd net 'n bietjie meer. Doen die regering iets wat die mense red, dan moes hulle eintlik aan die ekonomie gedink het, die peanut gallery moet altyd net nog 'n straaltjie bypis.

Die tweede is die valse dilemma wat hier bekla word. Dis nou of die lewens of die ekonomie. Dis 'n luukse probleem om te hê, as dit hier gegaan het soos in Italië dink jy die ouens sou lekker oor die ekonomie gekerm het, en veral nou dat die jong mense ook begin peg?
The numbers emerging seem to indicate that more young people in the South are dying from COVID-19. Although the majority of coronavirus-related deaths in Louisiana are still among victims over 70 years old, 43 percent of all reported deaths have been people under 70. In Georgia, people under 70 make up 49 percent of reported deaths. By comparison, people under 70 account for only 20 percent of deaths in Colorado. “Under 70” is a broad category, not really useful for understanding what’s going on. But digging deeper reveals more concerning numbers. In Louisiana, people ages 40 to 59 account for 22 percent of all deaths.

https://www.theatlantic.com/politics/ar ... le/609241/
Die realiteit kom nou deur, dis die dood EN die ekonomie, maar die CEO en regses sal nie omgee as jy jou lewe wil opoffer vir die Mark nie.

Die derde punt is, mense verstaan nie wiskunde nie, afsondering breek die virus se logaritmiese verspreidings patroon, en as dit werk is dit vir baie mens 'n moerse antiklimaks, wat weer inskakel by daai onvergenoegdheid/ondankbaarheid. "Ag fokken baie dankie dat jy my lewe gered het, fokken nou gaan ek aan kanker sterf, of iets anders, fok, en die ekonomie?"

Post Reply