Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
Charles xv
Posts: 32
Joined: Mon Feb 10, 2020 7:07 pm
Location: Verwoerd straat Sasolburg area

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Charles xv » Wed Apr 08, 2020 8:42 am

Kameraad Eksteen wrote:
Sun Apr 05, 2020 2:32 pm
Het jy al daai videos gesien van hoe dit in New York en Italië se hospitale gaan?
Hier is daai video. https://youtu.be/A2k7t0kcLIU

Ongelooflik hoe mense in toue en toue staan vir toetse, behandeling en wag dae vir 'n bed wat beskikbaar word.

Hierdie is die mees skokkende 13 minute wat jy kan kyk.
Hello daar

User avatar
vixen
Posts: 401
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by vixen » Wed Apr 08, 2020 5:24 pm

Charles xv wrote:
Wed Apr 08, 2020 8:42 am
Kameraad Eksteen wrote:
Sun Apr 05, 2020 2:32 pm
Het jy al daai videos gesien van hoe dit in New York en Italië se hospitale gaan?
Hier is daai video. https://youtu.be/A2k7t0kcLIU

Ongelooflik hoe mense in toue en toue staan vir toetse, behandeling en wag dae vir 'n bed wat beskikbaar word.

Hierdie is die mees skokkende 13 minute wat jy kan kyk.
Naelbytend. Ek het vertroue in Suid Afrikaners om 'n soortgelyke situasie te hanteer.

Karel Kat
Posts: 10
Joined: Sun Feb 10, 2019 4:17 am

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Karel Kat » Thu Apr 09, 2020 11:06 pm

DAE, soos wat ek dit het, is die doel van lockdown om die hoeveelheid mense wat Covid-19 kry en hospitaalsorg nodig het, te “stagger” om te verhoed dat mediese dienste oorweldig word. Want wanneer dit gebeur, gaan dokters en verpleërs ook dood (10% van totale sterftes in Italië is mediese personeel) weens oor-blootstelling aan die virus. So, die politici en CEOs wat voel ‘n paar duisend oumense moet maar een vir die team vat, ter wille van jong mense, voel dan seker dat medici ook hulself vir die ekonomie behoort op te offer. Nog ‘n aspek is dat wanneer ICU vol Covid-19 pasiënte lê, mense begin dood te gaan aan ander toestande waarvan hulle normaalweg sou kon herstel - beroertes, hartaanvalle, trauma. Dis ook goed om te onthou dat hoewel jongmense minder dikwels doodgaan aan Covid-19, hulle ook baie siek word daarvan, en beddens in ICU okkupeer, met bg gevolge.

Immunolöe (op wie se advies baie lande hul plan skoei, eerder as om blindelings die Sjinese model te volg) is dit grotendeels eens dat soveel moontlik mense die virus siekte moet kry en gesondword, sodat ‘n land herd immunity kan opbou. Ons mik vir minstens 60% immuniteit onder die bevolking, wat ou mense en immuno compromised hopelik sal beskerm.

Ons hoop natuurlik ook op ‘n vaccine, wat nie sal keer dat mense siek word nie, maar wat hopelik, soos alle griep vaccines, sal keer dat mense doodgaan. Maar dis nog 18 maande in die toekoms, blykbaar. Intussen moet ons “stagger”, As ons wil verhoed dat groot hoeveelhede mense doodgaan.

‘n Laaste observasie: dis interssant dat dieselfde politici en CEOs wat nie belangstel om die omgewing te probeer red ter wille van jongmense nie, nou so bekommerd oor jongmense se welsyn in die toekoms is. Tsssk.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 481
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by DieAnderEk » Sat Apr 11, 2020 3:14 pm

Ek verskil met niks wat jy geskryf het nie Karel Kat. (En terloops, gaaf dat jy weer inloer!) My issue is egter dat linkses die probleem verkeerdelik opstel as 'n stryd tussen menselewens en rykdom, en dat aangesien mens dus altyd menselewens voorop moet stel, die lockdowns maar superstreng mag wees. As dit slegs superrykes was wat geaffekteer was dan het ek saamgestem. Die realiteit is egter dat dit 'n stryd is tussen menselewens aan die een kant en menselewens aan die ander kant. Kundiges reken dat Covid-19 dalk erger kan wees as die Groot Depressie. En soos jy weet is 'n depressie erger as 'n resessie. Resessies en depressies lei op lang termyn tot grootskaalse lewensverlies. Ons moet dus nie net vaskyk na die direkte implikasies van die virus nie, maar ook na die indirekte implikasies van 'n GDP-inkrimping van, soos dit nou staan, dalk oor die 20% kan wees na die einde van die jaar toe (terwyl 'n groei van minder as 1% reeds baie sleg was).

Ek glo nie Ramaphosa het sinistere bedoelings nie, en ek het simpatie met hom oor die fyn lyn wat hy moet probeer handhaaf tussen 'n werkende ekonomie en bestryding van die virus. Maar Suid-Afrika is reeds in 'n resessie, en daar is maniere om inperkings te verslap sonder om die risiko noemenswaardig te verhoog. Dit word ook deur kundiges bespreek en ek is seker Ramaphosa oorweeg dit. Dit is egter 'n fout om te glo dat 'n "once size fits all"-benadering die beste is.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
DieAnderEk
Posts: 481
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by DieAnderEk » Sat Apr 11, 2020 3:19 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Tue Apr 07, 2020 6:54 am
DieAnderEk wrote:
Mon Apr 06, 2020 9:29 pm
Kameraad Eksteen wrote:
Sun Apr 05, 2020 3:03 pm
Pieter Malan besef natuurlik nie dat dit juis in die middelklas uitgebreek en versprei het nie.
En hoeveel makliker sal dit dus nie in die townships versprei nie, waar niemand dit kan bekostig om een-een vir weke aaneen agter hoë mure te bly nie? Dink ook: moeilike toegang tot mediese dienste (ten minste begin hulle nou daar toets), taxis, gebrek aan lopende water, ens.
Juis. Daarom het ons pro-aktief opgetree, maar dit wil hy nie verstaan nie.
Juis nie. Dis "business as usual" in die townships, ten spyte van pogings om die lockdown daar toe te pas. Mense het geen keuse as om hulle huise te verlaat nie. Dis slegs die middelklas en rykes wat kan bekostig om weke aaneen in die huis te bly.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
DieAnderEk
Posts: 481
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by DieAnderEk » Sat Apr 11, 2020 3:27 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Tue Apr 07, 2020 8:18 am
DieAnderEk wrote:
Mon Apr 06, 2020 9:22 pm
En wat dink jy gaan in die townships gebeur as al die miljoene wat van die laaste paycheck lewe nie meer brood op die tafel gaan hê nie?
Wie het dan al die brood gevat? Hulle gaan seker uithonger soos die Ethiopiërs in die tagtigs? Kom nou wees realisties.

DIe ekonome is nie regtig bekommerd nie, hulle praat nog nie in brode nie, dis maar nog soveel persent op, soveel persent af, my pensioenfonds het in een dag R200000 geval, en intussen weer R100000 opgetel. Hoeveel brode het ek nou?
Dink eenvoudiger. As jy R50 by jou het, en jy gebruik dit om kos te koop, en jou volgende ete hang af van die sweets wat jy daar in die stalletjie vandag langs die straat sou verkoop het, dan het jy nie brood nie. So wat doen jy, jy gaan by die huis uit en probeer 'n plan maak. Gelukkig word baie werkers in hulle afwesigheid betaal, maar baie se enigste inkomste is nou heeltemal afgesny. 'n Week of twee sal jy dalk oorleef, maar wat gaan jy doen oor 'n tydperk van, sê nou maar drie maande? Jy sal moet dink aan ander maniere van inkomste kry, en dit gaan behels dat jy by die huis moet uitgaan. Hoeveel mense in die townships het Internet en laptops?

Of jy het dringend meds nodig, wat baie mense doen, maar dit kos geld, so jy moet iets gaan koop by 'n apteek met geld wat jy nie het nie, of jy moet saam met klomp ander mense by 'n openbare hospitaal gaan saamdrom.

Dit is letterlik onmoontlik vir arm mense om die meeste van die tyd in hulle huise te bly. Honger is 'n groot motiveerder. As jy vrek honger is en die polisieman sê vir jou aikôna, jy gaan nêrens heen nie, dink jy die situasie sal vreedsaam verloop? Wat gaan die uiteinde wees hiervan?
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Kameraad Eksteen » Sat Apr 11, 2020 4:33 pm

DieAnderEk wrote:
Sat Apr 11, 2020 3:19 pm
Juis nie. Dis "business as usual" in die townships, ten spyte van pogings om die lockdown daar toe te pas. Mense het geen keuse as om hulle huise te verlaat nie. Dis slegs die middelklas en rykes wat kan bekostig om weke aaneen in die huis te bly.
Ja, en as jy dalk opgelet het, dis die middelklas en toeriste wat die ding hier aangebring het, so ons teiken die toeriste en die middelklas.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 481
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by DieAnderEk » Sat Apr 11, 2020 4:44 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Sat Apr 11, 2020 4:33 pm
Ja, en as jy dalk opgelet het, dis die middelklas en toeriste wat die ding hier aangebring het, so ons teiken die toeriste en die middelklas.
Die virus maak nie onderskeid tussen middelklas en laer klas nie. En soos ek verneem word die lockdown die hewigste in die townships toegepas. Ding is, ons is almal saam in die ding, en ons moet probeer om almal in ag te neem.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Kameraad Eksteen » Sat Apr 11, 2020 5:11 pm

DieAnderEk wrote:
Sat Apr 11, 2020 3:27 pm
Dink eenvoudiger. As jy R50 by jou het, en jy gebruik dit om kos te koop, en jou volgende ete hang af van die sweets wat jy daar in die stalletjie vandag langs die straat sou verkoop het, dan het jy nie brood nie.
Jy weet natuurlik dat daar derduisende mense is wat nie 'n sent op hul naam het nie. Die verskil tussen R50 en R0 is regtigwaar nie so groot nie. As jy van die hand na die mond leef maak 20% op die mark of soveel persent op daai GDP g'n snars verskil nie. Eintlik almal werk reeds so.
DieAnderEk wrote:
Sat Apr 11, 2020 3:27 pm
So wat doen jy, jy gaan by die huis uit en probeer 'n plan maak. Gelukkig word baie werkers in hulle afwesigheid betaal, maar baie se enigste inkomste is nou heeltemal afgesny. 'n Week of twee sal jy dalk oorleef, maar wat gaan jy doen oor 'n tydperk van, sê nou maar drie maande? Jy sal moet dink aan ander maniere van inkomste kry, en dit gaan behels dat jy by die huis moet uitgaan. Hoeveel mense in die townships het Internet en laptops?
Sien die ding loop so vinnig, toe ek my eerste uitlating hieroor laat los het, was dit met #openamerica waar Trump en die regses vol kerke met Paasfees wou gehad het, en nou haat hy seker die ekonomie? Ons praat hier van dae en weke. Jy weet as jy die radio aansit en die dreunsang van die ekonome met hul waarskuwings begin, en ek kyk na my pensioenfonds wat weer R80 000 op is vandat ons twee laas gesels het. Dan wonder jy hoe erg dit regtig gaan wees. Het jy al gesien hoe die vliegtuie kruis en dwars vlieg, leeg, nogsteeds, daar is blykbaar sommer baie geld om te verbrand en ou hout wat uitgesnoei kan word.

Dis hoe ek voel:

https://www.commondreams.org/news/2020/ ... t-says-let

Daar is 'n helse lot bedrywe in die ekonomie wat geen waarde toevoeg nie of totaal onvolhoubaar is, en vir my is dit net ironies dat dit die ouens is wat die hardste skreeu om ander mense te wil offer vir hul saak.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Kameraad Eksteen » Sat Apr 11, 2020 5:13 pm

DieAnderEk wrote:
Sat Apr 11, 2020 4:44 pm
Kameraad Eksteen wrote:
Sat Apr 11, 2020 4:33 pm
Ja, en as jy dalk opgelet het, dis die middelklas en toeriste wat die ding hier aangebring het, so ons teiken die toeriste en die middelklas.
Die virus maak nie onderskeid tussen middelklas en laer klas nie. En soos ek verneem word die lockdown die hewigste in die townships toegepas. Ding is, ons is almal saam in die ding, en ons moet probeer om almal in ag te neem.
Dis dan ook reg so, ons hou hulle weg van die middelklas tot die middelklas oor die ding gekom het. Maak perfekte sin.

Post Reply