So ... waarmee hou jy jouself besig?

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
vixen
Posts: 401
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: So ... waarmee hou jy jouself besig?

Post by vixen » Fri Apr 17, 2020 12:35 pm

Ek het vanoggend vir 3 ure die gras gesny. Nie gedink dit is nog binne my vermoê nie. Sal dit seker more aan my lyf voel. Dit het ook meegebring dat ek vir 3 ure nie gerook het nie.

Ek lees in koerant 'n winkeleienaar is vermoor omdat hy nie sigarette wou verkoop nie. Nou wonder ek of 18 dae se voorraad genoeg gaan wees, om my uit die kwaad te hou.

plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: So ... waarmee hou jy jouself besig?

Post by plompie » Fri Apr 17, 2020 3:52 pm

Ek moet sê ek kon eers nie verstaan hoekom sigarette ook verban is nie, totdat ek my "little grey cells" (soos Hercule Poirot sou sê) ingespan het:- Dis nie net die sigarette wat "in elk geval" by die Spar se checkout counter te kry is nie - dis die hele supply chain.
Maar, ek veronderstel drie ure sonder rook sal sommige nogal onredelik maak. Ek verstaan my buurman het nou die dag 4 pakkies gekoop teen R50 per pakkie.

Ek het nie juis baie alkohol "opgestock" nie, maar gelukkig is my konsumpsie darem nou heelwat minder as vroeër. Ek sal wel uithardloop maar dit worry my nie. En as sou iemand my nader met kontrabande, sal ek (bv) R500 vir 'n bottel 12Jr Glenfiddich wat normaalweg R450 is, betaal - beslis nie meer as ongeveer 10% van die standaard prys nie.
[As ek regtig desperaat was, sou ek dalk bereid wees om iemand verlos van 'n bottle White Horse teen halfprys :lol: ].

Post Reply