Die absurditeit van die Christelike geloof

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
Post Reply
plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Die absurditeit van die Christelike geloof

Post by plompie » Fri Apr 03, 2020 10:18 pm

In Geskiedenis en Sosiale Studies leer ons van die belangrike gebeure wat ons wêreld, stede en kulture verander/gevorm het: Wêreld en burger oorloë; volksmoord; slawehandel; globale geografiese veranderinge; die industriële revolulie; periodes van ekonomise stuwing- en/of depressie ens. Ook van hoe populasies hierdeur geaffekteer word, bv die sg "baby boomer" periode ná die oorlog; die 1-kind beleid wat 35 jaar lank in China toegepas was; hoe onkunde gekombineerd met gebrekkige toegang tot geboortebeperking veroorsaak het dat duisende kinders honger gebore en gesterf het; asook hoedat in meer gevorderde lande (waar kondome / "birth control) meer toeganklik is) veel minder baba's gebore word. Dan is daar ook die invloed van die verskillende heersende politieke / sosiale groeperings ... e.g. "dynasties, kingdoms, empires, feudalism, monarchies, tribalism, hunter-gatherers, nomads, agriculture and domesticating animals"

Ons leer ook oor ander kombinasies en permutasies wat geboortes beïnvloed:- Buite-egtelike seks; kinders gebore uit bloedskande (incest); verkragtings ens. Ek dink ook aan die veel kleiner "gene pool" in (bv) die 1400's (nog nie 'n global village nie) waar die 1ste prys netsowel kon wees om vir jouself 'n vrou te steel van die village net oorkant die volgende heuwel ... wat straks related mag wees weens 'n vorige raid op jou village ...

En waar kom JY vandaan? Dis byvoorbeeld baie moontlik dat 'n slaaf uit Afrika in Amerika of Nederland beland het ... op die ou end kinders gehad het [want die een konstant regdeur geskiedenis is: Mense naai] - en dat sommige van hierdie kinders op die ou end hul weg terug gevind het na Afrika/Suid Afrika.

Maar nou sê die baie populêre skrywer Rick Warren die volgende, in sy uiters gewilde boek "A purpose-driven life”:-
• Because God made you for a reason, he also decided when you would be born and how long you would live. He planned the days of your life in advance, choosing the exact time of your birth and death. The Bible says, "You saw me before I was born and scheduled each day of my life before I began to breathe. Every day was recorded in your book!" [Psalm 139:16]
• There’s a Grand Designer behind everything.Your life is not a result of random chance, fate, or luck. There’s a master plan.
• Regardless of the circumstances of your birth or who your parents are, God had a plan in creating you.

So wag 'n bietjie: Toe jy by die universiteit geskiedenis en sosiale studies gestudeer het, het jy [Christelike Gelowige] mos heimlik geweet daar was/is 'n "meesters plan" ... hoekom het jy nie die arme Professor uitgehelp in sy onkunde nie?

User avatar
DieAnderEk
Posts: 481
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Die absurditeit van die Christelike geloof

Post by DieAnderEk » Sat Apr 04, 2020 1:54 pm

Dis baie baie moeilik om vir mense te aanvaar dat daar nie iets groters is agter dit alles nie. 'n Toevalligheid gebeur en dis God se plan, of die kosmos, of sterre wat belyn, of een of ander planeet op die regte plek, ens. Ons smag na orde en rede. Dit gaan oor meer as net die Christendom - dis wie óns is.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

Post Reply