Openbaring van die eindtye

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
Waldemar
Posts: 144
Joined: Fri Aug 24, 2018 10:50 pm

Openbaring van die eindtye

Post by Waldemar » Wed Apr 15, 2020 8:30 pm

Ek het gisteraand weer tydens een van my weeklikse TLE-episodes 'n ongelooflike openbaring uit die geesdimensie ontvang. Ek deel dit hier met julle, gratis en verniet (my nuutste blitsverkoper "Openbarings van Ontug en Owerspel" sal wél eersdaags by CNA en CUM te koop wees teen 'n weggee-prys van R199,99, maar hierdie voorsmakie is verniet...)

Die Corona virus is doodgewoon die natuur wat terugveg. In stede van spartel met handskoene en gesigmaskers en desperate pogings om 'n teenmiddel te ontwikkel (ook spoedig beskikbaar teen 'n weggee prys van $199,99 - uiteraard geborg deur Gilead Sciences Inc.) dink ek dis tyd om die ondenkbare noodlot te aanvaar.

Kyk hier is eenvoudig te veel fokken mense op die planeet. Ons besoedel die riviere en moor al die renosters en walvisse uit en besoedel die lug wat ons probeer inasem. Die virus is koud, klinies en ondiskriminerend. Dis die mees regverdige oordeel wat mens op kan hoop - ewekansig en blind. Of jy ryk, arm, 'n gesogte akteur of die Britse eerste minister is, dit maak nie saak nie. As dit jou tyd is, sal die virus jou kry. Dis die groot gelykmaker, en ek dink dis onnatuurlik om dit te beveg.

Dus, drink al die whiskey tot jou beskikking en wag om te kyk waar die dolosse vir jou val.

Groete en seënwense.
WdB
"In a nation ruled by swine, all pigs are upward mobile..."
- Hunter S. Thompson

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Openbaring van die eindtye

Post by plompie » Wed Apr 15, 2020 9:03 pm

Waldemar wrote:Die virus is koud, klinies en ondiskriminerend. Dis die mees regverdige oordeel wat mens op kan hoop - ewekansig en blind. Of jy ryk, arm, 'n gesogte akteur of die Britse eerste minister is, dit maak nie saak nie. As dit jou tyd is, sal die virus jou kry.
Oi Waldemar daar is soveel probleme met jou stelling ....

Eerstens: Rykes, gesogte akteure en Britse eerste ministers het veel beter kanse op oorlewing weens die beter healthcare wat hulle kan bekostig. Hoe is dit "ewekansig"?

Ek dink egter my grootste probleem is met die idee van "as dit jou tyd is, sal "x" jou kry"; want dit blyk 'n entiteit te veronderstel wat "besluit" dis jou tyd.

User avatar
vixen
Posts: 409
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Openbaring van die eindtye

Post by vixen » Thu Apr 16, 2020 11:36 am

plompie wrote:
Wed Apr 15, 2020 9:03 pm

Ek het besluit dit is nie nou my tyd nie en vanoggend my belegging met 'n paar jaar verleng. Hopenlik val die rente nie binne die volgende 2 dae nie.

Maar ek dink nie die Corona is so wreed nie. Eerder 'n kort lyding as maande of jare van versorging wat voolê.

User avatar
Waldemar
Posts: 144
Joined: Fri Aug 24, 2018 10:50 pm

Re: Openbaring van die eindtye

Post by Waldemar » Thu Apr 16, 2020 10:22 pm

plompie wrote:
Wed Apr 15, 2020 9:03 pm
Eerstens: Rykes, gesogte akteure en Britse eerste ministers het veel beter kanse op oorlewing weens die beter healthcare wat hulle kan bekostig. Hoe is dit "ewekansig"?
Toe die meteoriet die aarde getref het miljoene jare gelede, het die klimaat eensklaps gelyktydig vir alle lewe op aarde verander. "Ewekansig" is dalk in die opsig nie die regte woord nie. Die speelveld is wél gelyk - die virus diskrimineer nie op grond van ras, geloofsoortuiging of persoonlike rykdom of aansien nie. In dieselfde opsig het die meteoriet die klimaat gelyktydig vir alles en almal dramaties opgefok - om nou wetenskaplike terme te gebruik.

Soos wat sekere dinosourusse en ander plantspesies 'n beter kans gehad het op oorlewing, so is dit met die virus ook. Of jy nou oorleef op grond van jou persoonlike rykdom en jou vermoë om 'n spul dokters te betaal om jou te genees, en of jy oorleef omdat jy in Afrika gebore is en al daai kere wat jy voedselvergiftiging a.g.v. halfgaar KFC opgedoen het, het jou immuunstelsel versterk - die punt is die "sterkstes" gaan oorleef. "Sterk" in hierdie sin beteken nie noodwendig fisies sterk nie, dalk is jy finansiëel sterk genoeg om te oorleef.

Dis evolusie in aksie, met ander woorde. Koud, klinies, ondiskriminerend, die sterkes sal oorleef. Die oues, die armes, en diegene sonder 'n mediese fonds sal uiteindelik uitgedun word. As dit nie a.g.v corona virus is nie, sal dit wel wees a.g.v. die volgende Groot Gevaar (hoofstuk 17 van my blitsverkoper "Openbarings van Ongerymdhede" - beskikbaar by JP Van der Walt uitgewers)
plompie wrote:
Wed Apr 15, 2020 9:03 pm
Ek dink egter my grootste probleem is met die idee van "as dit jou tyd is, sal "x" jou kry"; want dit blyk 'n entiteit te veronderstel wat "besluit" dis jou tyd.
In hierdie geval is dit presies wat gebeur - 'n entiteit naamlik 'n virus besluit of dit jou tyd is of nie. Die feit dat die virus op die oog af geen waarneembare tekens van intelligensie toon nie, maak die besluit as sulks nogal ironies, nie waar nie?
"In a nation ruled by swine, all pigs are upward mobile..."
- Hunter S. Thompson

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Openbaring van die eindtye

Post by plompie » Fri Apr 17, 2020 4:00 pm

Jy is deels heeltemal reg, Waldemar. [Ek wou seker maar net reaksie uitlok ;) ]
Behalwe (ek dink) vir die laaste deel: Die manier waarop jy dit gestel het, nl "as dit jou tyd is" dui vir my meer op 'n entiteit met 'n "meestersplan" - nie die dom (maar kragtige) Corona-soort nie.
Waldemar wrote:In hierdie geval is dit presies wat gebeur - 'n entiteit naamlik 'n virus besluit of dit jou tyd is of nie .... Die feit dat die virus op die oog af geen waarneembare tekens van intelligensie toon nie
Dis foutief om te sê dat die virus "op die oog af geen waarneembare tekens van intelligensie toon nie"; of dat die "virus besluit het" want wetenskaplike eksperte het reeds verduidelik die virus eintlik dood is ... :roll:

User avatar
Rif
Posts: 19
Joined: Mon Feb 18, 2019 8:09 pm

Re: Openbaring van die eindtye

Post by Rif » Sat Apr 18, 2020 9:42 am

Waldemar wrote:
Thu Apr 16, 2020 10:22 pm
die virus diskrimineer nie op grond van ras
Lyk TOG of die virus JUIS dit doen!

Coronavirus: Why has the virus hit African Americans so hard

Black Americans are disproportionately dying from coronavirus.

America's black communities are among the hardest hit by the coronavirus pandemic, according to data released over the past week

Black people in NYC are TWICE as likely to die ...

User avatar
vixen
Posts: 409
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Openbaring van die eindtye

Post by vixen » Sat Apr 18, 2020 10:29 am

Rif wrote:
Sat Apr 18, 2020 9:42 am

Volgens IS is die virus hier vir ongelowiges (kafir). Geseënd is hulle.

User avatar
vixen
Posts: 409
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Openbaring van die eindtye

Post by vixen » Sat Apr 18, 2020 10:37 am

plompie wrote:
Fri Apr 17, 2020 4:00 pm
Jy is deels heeltemal reg, Waldemar. [Ek wou seker maar net reaksie uitlok ;) ]
Behalwe (ek dink) vir die laaste deel: Die manier waarop jy dit gestel het, nl "as dit jou tyd is" dui vir my meer op 'n entiteit met 'n "meestersplan" - nie die dom (maar kragtige) Corona-soort nie.
Waldemar wrote:In hierdie geval is dit presies wat gebeur - 'n entiteit naamlik 'n virus besluit of dit jou tyd is of nie .... Die feit dat die virus op die oog af geen waarneembare tekens van intelligensie toon nie
Dis foutief om te sê dat die virus "op die oog af geen waarneembare tekens van intelligensie toon nie"; of dat die "virus besluit het" want wetenskaplike eksperte het reeds verduidelik die virus eintlik dood is ...
In geen omstandighede is 'n virus 'n entiteit nie, al gedra hy hom soos 'n koringkriek. Jy weet mos van "al gaan ek deur die dal van..."

User avatar
Waldemar
Posts: 144
Joined: Fri Aug 24, 2018 10:50 pm

Re: Openbaring van die eindtye

Post by Waldemar » Sun Apr 19, 2020 9:48 pm

Rif wrote:
Sat Apr 18, 2020 9:42 am
Lyk TOG of die virus JUIS dit doen!

Coronavirus: Why has the virus hit African Americans so hard

Black Americans are disproportionately dying from coronavirus.

America's black communities are among the hardest hit by the coronavirus pandemic, according to data released over the past week

Black people in NYC are TWICE as likely to die ...
Dit maak jou seker moerse opgewonde dat ons uiteindelik 'n sinvolle oplossing vir die Naturelle-vraagstuk in Suid-Afrika - soos uiteengesit in die seminale werk van Coertze, Language en Van Eeden in 1943 - gevind het...
"In a nation ruled by swine, all pigs are upward mobile..."
- Hunter S. Thompson

User avatar
Waldemar
Posts: 144
Joined: Fri Aug 24, 2018 10:50 pm

Re: Openbaring van die eindtye

Post by Waldemar » Wed Apr 29, 2020 11:53 pm

"In a nation ruled by swine, all pigs are upward mobile..."
- Hunter S. Thompson

Post Reply