Openbaring van die eindtye

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
Waldemar
Posts: 144
Joined: Fri Aug 24, 2018 10:50 pm

Re: Openbaring van die eindtye

Post by Waldemar » Sat Jul 25, 2020 5:51 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Sat Jul 25, 2020 12:14 pm
“The Genius Of The Crowd"
...

they will attempt to destroy anything
that differs from their own
not being able to create art
they will not understand art
they will consider their failure as creators
only as a failure of the world

...”

― Charles Bukowski
'n Treffende gedig, dankie.

Met bg. paragraaf in gedagte, ek het onlangs hierdie raakgelees:

Anton Kannemeyer says cancel culture is the new censorship.

Ek het nog altyd van Kannemeyer se werk gehou, het een of twee kopieë van Bitterkomix op my boekrak. Dis jammer dat sy werk ook nou onder die "cancel culture" sensuur deurloop.
"In a nation ruled by swine, all pigs are upward mobile..."
- Hunter S. Thompson

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 597
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Openbaring van die eindtye

Post by Kameraad Eksteen » Sat Jul 25, 2020 7:31 pm

Kannemeyer klink in daai onderhoud ietwat vol van homself as "kunstenaar", iemand wat kuns maak wat met moerse verduidelikings kom sodat jy simpatie met die tropes en motivering kan hê, maar terselfdertyd moet dit almal ontstel of ongemaklik maak. Kuns kom nooit met kruiperige verduidelikings van die kunstenaar self nie. Nie regte kuns nie.

In die middel betreur hy die demokrasie van die massas wat hy nie genoegsaam kan beheer of oortuig van die meriete van sy werk nie, hy voel dat 'n kritiek op kuns deur vaste media kanale moet beweeg, maar die doel van die kuns was dan om te ontstel en mense ongemaklik te maak. As direkte kritiek en druk deur die massas sensuur is, is die aandrang op die uitsluit van die stemme en aandring op struktuur en spesiale behandeling as kunstenaar dan nie ook sensuur nie, en selfs dalk effe fascisties?

Heel aan die einde klink dit of hy swig onder die druk oor sy gebruik van die golliwog karikatuur en hy kom ironies genoeg tot die insig wat die cancel culture aan hom probeer uitwys het, want geld?

Dit klink ook asof hy die skokfaktor of dan die meeste van sy tropes holrug gery het dat hy self of verveeld geraak het daarmee, of dat dit beteken en impak verloor het.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 597
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Openbaring van die eindtye

Post by Kameraad Eksteen » Sun Jul 26, 2020 10:13 am

Waldemar, al stem ek nou nie vreeslik saam met Kanemeyer se geteem nie, hou ek die J. K. Rowling trans debakel met belangstelling dop. Daar word nou aktief thoughtcrime en groupthink gepleeg aan beide kante. En die wonderlike ding is maak nie saak wat jy as individu kwytraak nie, jy kan nie op 'n sosiale platform wen waar die groupthinkers nog verdeeld is ook nie.

User avatar
Waldemar
Posts: 144
Joined: Fri Aug 24, 2018 10:50 pm

Re: Openbaring van die eindtye

Post by Waldemar » Sun Jul 26, 2020 7:08 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Sun Jul 26, 2020 10:13 am
Waldemar, al stem ek nou nie vreeslik saam met Kanemeyer se geteem nie, hou ek die J. K. Rowling trans debakel met belangstelling dop. Daar word nou aktief thoughtcrime en groupthink gepleeg aan beide kante. En die wonderlike ding is maak nie saak wat jy as individu kwytraak nie, jy kan nie op 'n sosiale platform wen waar die groupthinkers nog verdeeld is ook nie.
Ek sal met jou eerlik wees die trans-debat maak my senuweeagtig vir meer as een rede.

Toe ek nog in San Francisco gebly het, het ek 'n hele paar mense in die gay-gemeenskap geken - het selfs met Halloween saam my lesbiese vriendin destyds opgedress en in die Castro gaan jol. Dit was basies 'n worsfees, maar 'n moerse partytjie. Met "online dating" (wat is Afrikaans - "aanlyn vry?") het dinge egter begin skeefloop. Vele stories uit lesbiese geledere het begin opduik van Tinder-afsprake waar hulle seksuele oriëntasie duidelik vooraf uiteengesit is, net om dan in die hitte van die oomblik letterlik met die kaalkop-waarheid gekonfronteer te word. Pre-op trans mans wat hulleself voorgee as lesbiese vrouens (die hele "trans women are women" sage...) En as jy dan durf om te sê "jammer, ek is aangetrokke tot vroue en ek hou nie van penisse nie", word jy van "transphobia" beskuldig.

Ek het nie 'n probleem met wie met wie wil vry nie, daarmee het ek lankal vrede gemaak. Die "entitlement" pla my egter: as iemand my nie fisies / seksueel aantreklik vind nie, is daar hoegenaamd geen rede om daardie persoon van enige vorm van haat te beskuldig nie - dis onmoontlik dat almal mekaar ewe aantreklik vind.

Net so as jy heteroseksueel is, en nie noodwendig trans-seksuele persone aantreklik vind nie, het dit niks met haat te doen nie.

Maar die thought police voel anders oor die saak! "Trans women are women", en as jy enige twyfeling het in die verband is jy besig met "trans hate". Thoughtcrime uit die boonste rakke. En om enigsens die saak op 'n openbare forum (Facebook / Twitter / Reddit) te probeer debatteer, is soos om te poep teen donderweer.

Reddit het onlangs elke liewe sub wat krities was oor die trans beweging geban. Onder andere ook subs wat spesifiek gemik was op diegene wat "getransformeer" het bv. man na vrou of andersom, en wat na die tyd spyt was en probeer ondersteuning soek het. Nee, die groupthink laat dit gewoon nie toe nie, om te transformeer is die regte, gesonde ding om te doen en jy mag definitief nie bedenkinge hê oor jou besluit nie.

In elk geval. Ek weet nie wat met JK Rowling gaan gebeur nie. Die Twitter-skape was so vinnig om te eggo "trans women are women" - laat my baie dink aan die skape van Animal Farm - "Four legs good, two legs baaaaad". Daar is geen debat of gesprek moontlik nie - tree aan en makeer die pas...
"In a nation ruled by swine, all pigs are upward mobile..."
- Hunter S. Thompson

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 597
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Openbaring van die eindtye

Post by Kameraad Eksteen » Mon Jul 27, 2020 11:30 am

Waldemar wrote:
Sun Jul 26, 2020 7:08 pm
Die "entitlement" pla my egter
Dis presies die ding wat my ook vang. Nou die dag by Wits het mos ge-kamerverlaat en buite die toiletdeur is daar 'n amptelike kennisgewing wat lui: "GENDER NEUTRAL FACILITY This facility may be used by anybody, regardless of gender identity or expression. Please affront priority use to people with disabilities." Selfs nog met 'n Braille plaatjie onderaan. Meer polities korrek sal jy nou nie sommer in Afrika sommer teëkom nie. Wat ook sin maak, want dis maar 'n enkel kraampie met combat grips vir die paralytics en alles. En so halfpad deur my polities korrekte opelyf sien ek in groot swart koukie letters (in Fraktur drukskrif, daai ou Duitse "font" waarvan die Nazi's veral baie gehou het) dwarsoor die deur geskryf, "Every woman should wear their hairy vag proudly like a bage. For it is remiss to fuck a prebubescent miss. - JB" En reg rondom die graffiti ontstaan daar toe 'n hele politieke debat in bolpuntpen op die beige deur tussen die hariges en gladdes. En een het juis aangegaan oor hoe voorskriftelik die voorstel was.

Maar die punt is, ons aan die linkerkant is nie engeltjies nie, en gee iemand 'n seepkissie en hulle laat waai. Maar soos dit nou in Hamerika gaan waar die linkerkant alles kanselleer en die regterkant befok raak met hul regte en maskers en oploop gaan oor belaglike samesweringsteorieë, ek weet, miskien word ek oud.

Ten minste kon ek toe sommer Die Waarheid en ander stories deur Harry Kalmer op special by die boekwinkel op die kampus kry vir R20.

Post Reply