Wat gaan hier aan?

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
Post Reply
Mousetrap
Posts: 1
Joined: Wed Mar 20, 2019 4:09 pm

Wat gaan hier aan?

Post by Mousetrap » Wed May 27, 2020 2:39 pm

Ek was 'n helse lang tyd laas op KK.
Dag nou ek gaan gou kom kyk of hierdie forum nog aktief is.
Hoeveel aktiewe lede is nog hier?
Ek sien dit gaan maar stadig met die "posts".
Ek het nie facebook nie, maar werk KK nog daar?
Wat gaan hier aan?

User avatar
DieAnderEk
Posts: 495
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Wat gaan hier aan?

Post by DieAnderEk » Wed May 27, 2020 2:47 pm

Ek weet nie wie jy is nie, maar ja dinge is maar stil hier vir die laaste paar jaar. Daar is 'n KK page op FB maar daar gaan niks aan nie. Ek is self skuldig al is ek nou admin. Die huidige site loop tot +- Oktober en dan sal ons maar sien wat gebeur. Dis dalk tyd om na 'n ander platform/forum/groep te beweeg vir KK related onderwerpe.

Maar maak jouself tuis, ek loer darem nog weekliks of wat hier in al neem ek nie so baie deel nie. En vee asb. die ander duplicate threads uit dankie.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

lobe
Posts: 9
Joined: Thu Sep 13, 2018 7:40 pm

Re: Wat gaan hier aan?

Post by lobe » Tue Jun 02, 2020 3:38 pm

Ek moes nou eers deur die "Forgot Password"-proses gaan om weer hier te kon inkom. Dit op sigself sê seker ook iets. :roll:

Maar bly om te sien die proses werk darem nog.

Of ons dieselfde sal kan sê van die res van KK - veral na "+- Oktober" - is dalk effe optimisties. Ekself sal nogal hartseer wees as dit die finale einde van KK moet wees.

User avatar
Waldemar
Posts: 143
Joined: Fri Aug 24, 2018 10:50 pm

Re: Wat gaan hier aan?

Post by Waldemar » Tue Jun 02, 2020 9:08 pm

Hier gaan eintlik nie veel aan nie. Ek dink meeste ou lede is uitgepraat, en daar kom nie nuwe lede by nie.
"In a nation ruled by swine, all pigs are upward mobile..."
- Hunter S. Thompson

User avatar
DieAnderEk
Posts: 495
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Wat gaan hier aan?

Post by DieAnderEk » Tue Jun 02, 2020 9:44 pm

Sommige oudlede is nie uitgepraat nie, hulle praat net elders (soos Facebook).

Ek dink nie die forumstruktuur is uitgedien nie. Daar is nog baie forums, waaraan ek by sommige self deelneem, wat baie aktief is. Ook by "jong" onderwerpe soos rekenaarspeletjies. Sommige het meer bells and whistles en dit help om mense te lok. Baie is op verskillende platvorms tegelyk soos Facebook, Instagram, Reddit en Discord. Elkeen dien sy doel, al is daar dikwels oorvleueling.

Soos ek dit sien: Die ou Kletskerk (vroeë 2000s) was 'n nis in die mark wat danksy aktuele gebeure van die dag, die Jean/NG-faktor en laat ek maar sê die spirituele ontwaking van die Afrikanerdom 'n behoefte vervul het. Met laasgenoemde bedoel ek eintlik maar die al hoe groter wordende besef en behoefte dat 'n mens maar daardie verbode vrae mag vra en die ding vir jouself uitwerk. Dit was toe sosiale media nog nie allesoorheersend was nie en was die perfekte medium op die perfekte tyd. Soos IRC chat in die 90s. Die omstredenheid van die onderwerpe (kom ons noem dit maar die Kameraad-faktor) en sommiges met skryftalent (ek dink aan WC en Stefan) het gehelp om betrokkenheid vir 'n hele klompie jare te prikkel (alhoewel die eersgenoemde natuurlik ook sommiges weggejaag het).

Soos met enige medium en platvorm het mense aanbeweeg. Ek het allerhande planne gehad om mense te lok en in 'n mindere mate het ek dit wel gedoen (ek kon beter gedoen het maar daar is die ding van my werkloosheid wat taamlik aandag verg, veral nou). Daar is 'n klompie wat aangesluit het maar meestal met die bedoeling om te kyk wat aangaan en dán deel te neem. Om eerlik te wees ek dink dit is wat ek ook sou gedoen het. Meeste mense bars nie net op die toneel en begin dinge skrywe sonder om minder of meer 'n gevoel te ontwikkel van die klimaat van die plek nie.

Ons is die tafeltjie met die drie mense agter in die saal. Facebook en Twitter is die verhoog met die show en die samedrommende massas. Soms is jy lus vir 'n stil gesprek eenkant, maar jy wil meestal gaan gesels waar die meeste mense jou kan hoor en waar jy 'n groter kans het om interessante opinies te hoor.

Om mense na die tafeltjie te lok sal ons 'n stripper moet kry of iets. :mrgreen:
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
DieAnderEk
Posts: 495
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Wat gaan hier aan?

Post by DieAnderEk » Tue Jun 02, 2020 9:55 pm

lobe wrote:
Tue Jun 02, 2020 3:38 pm
Of ons dieselfde sal kan sê van die res van KK - veral na "+- Oktober" - is dalk effe optimisties. Ekself sal nogal hartseer wees as dit die finale einde van KK moet wees.
Darem nog 'n oudlid wat inloer. :) Ag ja, die Prediker het tog 'n paar wyshede kwytgeraak.

Om eerlik te wees is ek nou op 'n stadium in my lewe waar ek bewustelik kies om nie baie aan gesprekke deel te neem nie, op enige platvorm. Ek deel memes op Facebook en Whatsapp en dis omtrent dit. Ek fokus op werk (projekkie hier en daar) en ek probeer kontak behou met mense wat my lewe (weg van die Internet) positief beïnvloed of beïnvloed het.

So as dit die einde van KK is, is dit nou maar so. Waar daar 'n behoefte is vir gesels sal dit wel gebeur, op watter platvorm dan ook al.

Ek onderneem wel om te probeer om op 'n stadium die volledige argief van die ou KK êrens te gaan oplaai. Ek het 'n weergawe maar van die inligting het verlore gegaan, so ek moet dit nog uitsorteer.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

Post Reply