Page 1 of 1

Sagte Profile Pic

Posted: Thu Jul 23, 2020 10:08 pm
by plompie
Tot nou toe het ek profile pics vermy. Ook op my selfoon.
Maar ek oorweeg dit nou; en ek dink dis dalk tyd om subtiel my nie-bygelowigheid te verklap.
So:- Enige idees wat ek kan gebruik wat nie aanstoot sal gee nie?
Behalwe my foto, dit sal aanstoot gee.

Re: Sagte Profile Pic

Posted: Thu Jul 23, 2020 10:29 pm
by DieAnderEk
Dalk 'n Sagan-aanhaling, hy het mos 'n manier gehad om dinge soms heel diplomaties maar tog op die man af te stel.

Re: Sagte Profile Pic

Posted: Fri Jul 24, 2020 8:17 am
by Kameraad Eksteen
Abraham Hendrik Jonker

Re: Sagte Profile Pic

Posted: Fri Jul 24, 2020 7:17 pm
by Waldemar
Jy kan aanstoot gee soveel as wat jy wil, dit hang van die res af of hulle die gegewen aanstoot gaan neem of nie...

Nietemin, ek dink 'n ligskakelaar sal die gewenste effek hĂȘ.

Re: Sagte Profile Pic

Posted: Sat Jul 25, 2020 7:30 pm
by plompie
LOL dankie DAE en Waldemar ...

Beide die ligskakel idee en Sagan aanhalings is goed! Ek sal dit beslis gebruik.
Op die huidige stadium gebruik ek 'n foto van Bertrand Russell. So ek wag nou vir iemand om die ou te herken ... dusver niemand nie; nogal vet pret.

Re: Sagte Profile Pic

Posted: Sat Jul 25, 2020 8:18 pm
by DieAnderEk
Hoe oud is hy in die foto? Dalk sal iemand dink dis jou oupa...

Re: Sagte Profile Pic

Posted: Sun Jul 26, 2020 7:09 pm
by Waldemar
Plompie ek sien nog nie jou profile pic nie - doen ek iets verkeerd?

Re: Sagte Profile Pic

Posted: Mon Jul 27, 2020 8:05 pm
by plompie
Waldemar, sorry - ek het bedoel vir my selfoon; ek moes meer duidelik hier gewees het. Ek bodder nie met 'n profile pic hier nie.

DAE, dis die een van Bertrand Russell met die kenmerkende pyp ... toe hy seker al stokoud was :lol:

Dusver, die enigste reaksie 'n familielid wat gedog het dis Albert Einstein :lol: :roll: