Rus In Vrede Kat

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
Post Reply
User avatar
DieAnderEk
Posts: 495
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Rus In Vrede Kat

Post by DieAnderEk » Thu Jul 23, 2020 11:10 pm

Onse Kat, Cindy Matthee, is op 15 Junie oorlede. Sy het kanker gehad. Ek weet nie wie nog hier lees nie, maar sy was veral in die laat 2000s en vroeg 2010s (as ek nou reg onthou) 'n gereelde deelnemer op die ou forum. Ek het haar vir die eerste keer in 2013 ontmoet in Potchefstroom. Toe ek in 2014 Pretoria toe trek, het ek haar en haar man by meer kuiers raakgeloop. Ons was toe reeds vriende op Facebook, maar ek het toe ook die besonderse mens agter die Internet-persona leer ken. Hierdie is 'n hartseer tyd vir my en vir baie ander wat haar geken het.

Kletskerkers sal haar onthou as die "stoute" Kat wat (ek dink) destyds deur Jean Oosthuizen tydelik van die forum verban is weens die feit dat sy die "klets" in "Kletskerk" baie letterlik opgeneem het. Haar geloof was liefde, en dit het sy deurentyd uitgestraal, hetsy in die kuberruimte of in persoon. Selfs tydens haar pyn en lyding was sy 'n onuitblusbare bron van humor, omgee en diep gesprek. Sy kon jou nie net laat spesiaal en geliefd voel nie, maar was 'n kreatiewe, intelligente en nederige mens wat enige kuier 'n ekstra dimensie van menslikheid en diepte gegee het. Sy was 'n mens-mens deur en deur.

Stories het sy gehad om te vertel, baie daarvan. Maar nou lê dit by ons om Cindy se storie te gedenk en verder te vertel. Hier is een van hulle.

Rus in vrede liewe Cindy.
Attachments
FB_IMG_1592401740689.jpg
FB_IMG_1592401740689.jpg (53.35 KiB) Viewed 292 times
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
vixen
Posts: 409
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Rus In Vrede Kat

Post by vixen » Fri Jul 24, 2020 5:59 pm

Dankie vir laat weet DAE.

Ja, ek het haar ook ontmoet. Eers het sy my uitgehelp met vervoer toe ek my broer se as gaan strooi het en saam op my tannie se plaas gaan kuier het. So ons was nie vreemdelinge op die KZN sinode nie. Ek het haar liefde gemis nadat sy van die sosiale media onttrek het, maar sy was nooit ver uit my gedagtes nie.

Nou kan ek opreg sê, " I'm jealous", soos gesing deur Josh Daniel.

RIP Kat

User avatar
DieAnderEk
Posts: 495
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Rus In Vrede Kat

Post by DieAnderEk » Sat Jul 25, 2020 1:16 pm

Sy het definitief diep spore getrap in baie mense se lewens Vixen. Dankie vir die deel.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Waldemar
Posts: 143
Joined: Fri Aug 24, 2018 10:50 pm

Re: Rus In Vrede Kat

Post by Waldemar » Sat Jul 25, 2020 5:45 pm

Ek is jammer om te hoor. Ek het haar nie goed geken nie, en het haar net een keer ontmoet - by 'n kleinerige Pretoria sinode 'n hele paar jaar terug. Mart, Daan vd. Merwe en Nederig was ook daar. Sy was regtig een van die vriendelikste mense wat ek al ooit ontmoet het. Baie sterkte aan haar familie en naasbestaandes.
"In a nation ruled by swine, all pigs are upward mobile..."
- Hunter S. Thompson

User avatar
Frikkadel
Posts: 296
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: Rus In Vrede Kat

Post by Frikkadel » Tue Aug 11, 2020 1:17 pm

Ek onthou haar staaltjies baie goed, wat 'n karakter hier op KK.

Jy onthou reg DAE, Jean het haar so 'n tydjie verban op KK, sy het so 'n bietjie te veel geoegfen om 'n boek te skryf op die ou KK, sy het baie eietjies gelê orals haha. Ek het haar nie persoonlik ontmoet nie, maar wat 'n ster! Haar leuse was, God is Liefde, wat later verander het met die fokus slegs op liefde. So ja, liefde was haar god.

Ek is sad om van haar afsterwe te lees, sy het 'n lang stryd gestry. Cheers Kieterkat!

User avatar
DieAnderEk
Posts: 495
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Rus In Vrede Kat

Post by DieAnderEk » Wed Aug 12, 2020 8:20 pm

Ja, dit was 'n lang stryd Frik, en ek het nog nooit iemand ontmoet wat so positief gebly het deur dit alles nie. Glad nie naïef nie, maar sy het nooit toegelaat dat dit haar onderkry nie.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

Post Reply