Satanisme in Suid-Afrika

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
Post Reply
User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Satanisme in Suid-Afrika

Post by DieAnderEk » Mon Aug 31, 2020 2:49 pm

Noudat Satanisme in SA meer hoofstroom probeer raak, sien ek 'n interessante fenomeen. Hulle is byna net so onwelkom onder ateïste as by gelowiges. Die rede wat ek raaklees op Facebook is dat die Sataniste hulself glo voordoen as 'n "vorm van ateïsme". Die ateïste wil nie daarmee geassosieer word nie omdat Christene reeds valslik glo dat ateïste en Sataniste dieselfde ding is en nou maak dit die storie vir hulle moeiliker. Boonop het Riaan Swiegelaar glo bonatuurlike oortuigings so dit maak van hom bietjie van 'n swart skaap selfs onder sy eie trop.

Dis vir my nogal snaaks want dis al lankal eintlik 'n issue maar mense sien dit nou eers raak omdat dit bietjie die nuus gehaal het vir ander redes as moord en doodslag. Ek is persoonlik min gepla solank as wat dit duidelik gestel word dat Satanisme versoenbaar is met ateïsme en nie gelyk daaraan nie, net soos 'n groot klomp ander persoonlike oortuigings wat 'n mens mag hê.

Maar nou dink ek, hoe verdraagsaam is jou gemiddelde ateïs nou eintlik teenoor ander gelowe? Kyk, as ek geloof X aangehang het, en geloof Y sê en doen goed wat X sleg laat lyk, sou ek dalk geworry het. Maar nou is ateïsme nie 'n geloof nie, dit sê net waaraan jy nié glo nie, so dis tog anders?
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
vixen
Posts: 409
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Satanisme in Suid-Afrika

Post by vixen » Tue Sep 01, 2020 2:09 pm

Riaan Swiegelaar praat te veel.. Gelukkig hoor ek nie sy nood nie, maar ek sien sy bril pla my meer as vir hom. Dit maak my nie juis verdraagsaam teenoor hom nie.
DieAnderEk wrote:Ek is persoonlik min gepla solank as wat dit duidelik gestel word dat Satanisme versoenbaar is met ateïsme en nie gelyk daaraan nie, net soos 'n groot klomp ander persoonlike oortuigings wat 'n mens mag hê.
Die een is net so extreme soos die ander en gelyk. Ek meen nou maar….

Gisteraand was 'n berig onder my aandag gebring waarop ek spontaan hande geklap het. Daarop het my vriendin met "Isn't community justice a wonderful thing?" gereageer. Dieselfde vriendin keer my ook wanneer ek onder mense gereg in eie hande wil neem want met ‘n ommeswaai doen hulle niks verkeed nie – al is die daad reeds as satanies ge-label.

Versoenbaar? Ja maar nie sonder 'n fight nie.
DieAnderEK wrote: Maar nou is ateïsme nie 'n geloof nie, dit sê net waaraan jy nié glo nie, so dis tog anders?
Ek neemaan jou vergelyking is met satanisme. Op jou vraag, dit was vir my makliker om uit te werk hoe om die url te gebruik hierbo as om jou vraag te antwoord. En nou is ek kwaad vir nederig.

Riaan sê hulle is post Christianity en maak mooi beloftes, soos “die verlede is die verlede lets move on.” Maar dan val hy plat deur ‘n leuenverklikker te wil gebruik op voornemende aanhangers wie reeds erken het (nugter weet hoekom) dat hulle met die ander satan te doen gehad het.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Satanisme in Suid-Afrika

Post by DieAnderEk » Wed Sep 02, 2020 12:07 pm

vixen wrote:
Tue Sep 01, 2020 2:09 pm
Die een is net so extreme soos die ander en gelyk. Ek meen nou maar….
Ek weet nou nie of jy tong in die kies is nie. Jou deursnee ateïs wil wegkom van die hele idee van godsdiens. Die Satanis hang 'n spesifieke filosofie aan en gebruik godsdienstige simboliek om hulle idees oor te dra.
vixen wrote:
Tue Sep 01, 2020 2:09 pm
Gisteraand was 'n berig onder my aandag gebring waarop ek spontaan hande geklap het.
Mob justice het sy nadele, dit weet jy seker. Net soos die doodstraf.
vixen wrote:
Tue Sep 01, 2020 2:09 pm
Versoenbaar? Ja maar nie sonder 'n fight nie.
Die fight kom maar neer op misinformasie, iets waarteen baie ateïste reeds baklei. Ek dink nie Satanisme sal veel van 'n verskil maak aan wat die geharde godsdienstiges reeds dink van ateïste nie.
vixen wrote:
Tue Sep 01, 2020 2:09 pm
DieAnderEK wrote: Maar nou is ateïsme nie 'n geloof nie, dit sê net waaraan jy nié glo nie, so dis tog anders?
Ek neemaan jou vergelyking is met satanisme. Op jou vraag, dit was vir my makliker om uit te werk hoe om die url te gebruik hierbo as om jou vraag te antwoord. En nou is ek kwaad vir nederig.
My vergelyking was met enige godsdiens of ideologie. As jy praat van sekere "cookie cutter"-ateïsmes, soos die tipe wat die Nuwe Ateïste verkondig (lefty, pro science, wetenskapsfiksie-aanhangers, ens.), dan sure, hulle het 'n beeld wat hulle moet handhaaf en verdedig. Die vryheid van ateïsme is dat jy jouself nie met enige van daardie beelde hoef te vereenselwig nie - jy loop jou eie pad soos jy goeddink. Wat het Nederig nou weer aangevang?
vixen wrote:
Tue Sep 01, 2020 2:09 pm
Riaan sê hulle is post Christianity en maak mooi beloftes, soos “die verlede is die verlede lets move on.” Maar dan val hy plat deur ‘n leuenverklikker te wil gebruik op voornemende aanhangers wie reeds erken het (nugter weet hoekom) dat hulle met die ander satan te doen gehad het.
Waar lees jy van Riaan? Ek mis baie stuff in die nuus, my post was maar in reaksie op Facebook-gesprekke.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
vixen
Posts: 409
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Satanisme in Suid-Afrika

Post by vixen » Sat Sep 05, 2020 7:36 am

DieAnderEk wrote:
Wed Sep 02, 2020 12:07 pm
vixen wrote:
Tue Sep 01, 2020 2:09 pm
Die een is net so extreme soos die ander en gelyk. Ek meen nou maar….
Ek weet nou nie of jy tong in die kies is nie.
Ek ook nie, maar die woord is vas. Wie by die mens is 'n ander se meerdere of mindere?
DieAnderEk wrote:Jou deursnee ateïs wil wegkom van die hele idee van godsdiens.
Dit is juis dan wanneer godsdiens inwerking tree.
DieAnderEk wrote:Die Satanis hang 'n spesifieke filosofie aan en gebruik godsdienstige simboliek om hulle idees oor te dra.
Ek dra my jakkalsmantel met trots hier. My seun het my gister herinner dat ek altyd vir hom die queen cow sal wees. Onthou jy haar nog?
Die Satanis sê dat 'n mooi vrou/kar van die duiwel is, en dan ry hy self een. G’n wonder ek koes reeds wanneer hy groet met “Hallo julle pragtige mense..”
vixen wrote:
Tue Sep 01, 2020 2:09 pm
Gisteraand was 'n berig onder my aandag gebring waarop ek spontaan hande geklap het.
DieAnderEk wrote:Mob justice het sy nadele, dit weet jy seker.
Jy het my woord verdraai om 'n boodskapper te wees. Gp. My vriendin antwoord:
It is the best justice ever. It is swift and if it is final nobody talks. It saves the government money. There is no need for a court case – dead or alive. If they (the community) did a good job the chain is broken and they don’t ever return.
DieAnderEk wrote:Net soos die doodstraf.
Plaas jy eerder die covid 19 as nuuswaardig vir 'n voorbeeld gebruik het, waarin Satanisme 'n gleufie gevind het, as moord en doodslag.

Die regering se redes, om nie die doodstraf terug te bring nie,
There is no clear cut proof that the death penalty will prevent people from killing each other. ... Another reason why the death penalty should not be reinstated, is because when the wrong person has been convicted of a crime, and has been executed, it is a mistake that cannot be made undone.
Vriendin antwoord:
With the police, procecutors and judges accepting bribes the death penalty should never come back.
Die twee skakels is voorbeelde waarna die regering verwys. plaaslik en en in Amerika
vixen wrote:
Tue Sep 01, 2020 2:09 pm
Versoenbaar? Ja maar nie sonder 'n fight nie.[/quote=DieAnderEk]
Die fight kom maar neer op misinformasie, iets waarteen baie ateïste reeds baklei.
Ek is bewus van die argument oor of die aarde plat of rond is. Hier is dit eerder selektiewe informasie wat gelei het dat die draad skeef tref.
Ek dink nie Satanisme sal veel van 'n verskil maak aan wat die geharde godsdienstiges reeds dink van ateïste nie.
Dit klink vir my jy kyk nog die kat uit die boom uit.
vixen wrote:
Tue Sep 01, 2020 2:09 pm
Riaan sê hulle is post Christianity en maak mooi beloftes, soos “die verlede is die verlede lets move on.” Maar dan val hy plat deur ‘n leuenverklikker te wil gebruik op voornemende aanhangers wie reeds erken het (nugter weet hoekom) dat hulle met die ander satan te doen gehad het.
Waar lees jy van Riaan?

[/quote] Hier op Kletskerk en toe hierdie spoor
https://www.facebook.com/watch/live/?v= ... _permalink
gevolg om 'n gesig te kry. Jy weet mos, ondersoek alle dinge en behou die goeie.

Verskoon my nou, ek verjaar vandag...

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Satanisme in Suid-Afrika

Post by DieAnderEk » Sat Sep 05, 2020 6:45 pm

vixen wrote:
Sat Sep 05, 2020 7:36 am
DieAnderEk wrote:Jou deursnee ateïs wil wegkom van die hele idee van godsdiens.
Dit is juis dan wanneer godsdiens inwerking tree.
Ek bespeur 'n Frikkiaanse geurtjie hier. Hy was tog so gretig om te beweer dat waar daar drie of meer bymekaarkom, daar godsdiens is.
vixen wrote:
Sat Sep 05, 2020 7:36 am
Ek dra my jakkalsmantel met trots hier. My seun het my gister herinner dat ek altyd vir hom die queen cow sal wees. Onthou jy haar nog?
As jy praat van jou ou profile pic, ja ek dink so.
vixen wrote:
Sat Sep 05, 2020 7:36 am
Die Satanis sê dat 'n mooi vrou/kar van die duiwel is, en dan ry hy self een.
Ek sien niks daarmee verkeerd nie, want die Satanis dink seker dis 'n goeie ding as iets van die duiwel is?
vixen wrote:
Sat Sep 05, 2020 7:36 am
vriendin wrote:It is the best justice ever. It is swift and if it is final nobody talks. It saves the government money. There is no need for a court case – dead or alive. If they (the community) did a good job the chain is broken and they don’t ever return.
Daar is geen manier om te verseker dat die beweerde misdadiger werklik skuldig is nie. As selfs die moderne regstelsel dit nog soms verkeerd kry, hoeveel meer onskuldiges sal op hierdie manier doodgaan?

Daar is ook nie 'n manier om te verseker dat die straf die daad pas nie.

Daar is 'n totale oorgawe aan emosie ten koste van objektiwiteit.

Jou buurman/vrou is nou 'n moordenaar.
vixen wrote:
Sat Sep 05, 2020 7:36 am
Plaas jy eerder die covid 19 as nuuswaardig vir 'n voorbeeld gebruik het, waarin Satanisme 'n gleufie gevind het, as moord en doodslag.
Covid kry reeds baie aandag orals. Ek keer niemand om self daaroor te gesels nie.
vixen wrote:
Sat Sep 05, 2020 7:36 am
Die regering se redes, om nie die doodstraf terug te bring nie.
Daar is nog een. Jou volgende (of huidige) bestel sal dalk probeer om die stelsel te misbruik om van politieke opponente ontslae te raak. Doodstraf is 'n baie gevaarlike wapen in die verkeerde hande.

Dankie vir die ander skakels. Geluk en ek hoop jy verjaar lekker!
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
vixen
Posts: 409
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Satanisme in Suid-Afrika

Post by vixen » Tue Sep 08, 2020 9:12 am

DieAnderEk wrote:
Sat Sep 05, 2020 6:45 pm
vixen wrote:
Sat Sep 05, 2020 7:36 am
DieAnderEk wrote:Jou deursnee ateïs wil wegkom van die hele idee van godsdiens.
Dit is juis dan wanneer godsdiens inwerking tree.
Ek bespeur 'n Frikkiaanse geurtjie hier. Hy was tog so gretig om te beweer dat waar daar drie of meer bymekaarkom, daar godsdiens is.
Wanneer pa nie tuis is nie, mag ma instaan vir hom.

Benoeming kom van die mens af. Gaan soek ek toe eers 'n ander woord vir “godsdiens”, ter wille van die wat aanstoot neem, en sien die mens het my voorgespring. (Kug) Wat noem ateïste hul samekomste?
DieAnderEk wrote:
vixen wrote:Die Satanis sê dat 'n mooi vrou/kar van die duiwel is, en dan ry hy self een.
Ek sien niks daarmee verkeerd nie, want die Satanis dink seker dis 'n goeie ding as iets van die duiwel is?
Ja, maar nie enige iets nie. Hy is deeglik bewus van die ouderdomsbeperking en die duiwel soek net reinheid.
DieAnderEk wrote:
vixen wrote:
Sat Sep 05, 2020 7:36 am
vriendin wrote:It is the best justice ever. It is swift and if it is final nobody talks. It saves the government money. There is no need for a court case – dead or alive. If they (the community) did a good job the chain is broken and they don’t ever return.
Daar is geen manier om te verseker dat die beweerde misdadiger werklik skuldig is nie.
Het jy die berig gelees?
DieAnderEk wrote: As selfs die moderne regstelsel dit nog soms verkeerd kry, hoeveel meer onskuldiges sal op hierdie manier doodgaan?
Baie minder as wat deur Covid-19 doodgaan.
DieAnderEk wrote:Daar is ook nie 'n manier om te verseker dat die straf die daad pas nie
Kyk nou hoe het Cyril die doodstraf omseil deur die oorlewendes van geweld te wil beskerm. Daardie 3 nuwe wette is al lankal in plek, nou wil hy R1,6 miljard spandeer om dit (die wette} te versterk.
Hy sê:
Die tragiese realiteit is dat talle oorlewendes van geslagsgeweld vertroue in die regstelsel verloor het.”
Die tragiese realiteit is dat hy geweet het Malema is alweer kwaad en hy het niks daaraan gedoen nie. Al is hy (per sê) die eerste party...is hy mos nou ook die derde party. mos?
DieAnderEk wrote:Daar is 'n totale oorgawe aan emosie ten koste van objektiwiteit.

Jou buurman/vrou is nou 'n moordenaar.
Is Pieter van der Westhuizen ook nou ‘n moordenaar? In die oë van die dooies se familie, dalk.
DieAnderEk wrote:
vixen wrote:Plaas jy eerder die covid 19 as nuuswaardig vir 'n voorbeeld gebruik het, waarin Satanisme 'n gleufie gevind het, as moord en doodslag.
Covid kry reeds baie aandag orals. Ek keer niemand om self daaroor te gesels nie.
'n Familielid het haar lewe op die spel geplaas ter wille van die toekoms. Ook daarin is die risiko 50/50.
Sonskynskind wrote:
vixen wrote:Die regering se redes, om nie die doodstraf terug te bring nie....
Daar is nog een. Jou volgende (of huidige) bestel sal dalk probeer om die stelsel te misbruik om van politieke opponente ontslae te raak. Doodstraf is 'n baie gevaarlike wapen in die verkeerde hande.
Huismoles is huismoles. Sien antwoord hierbo.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Satanisme in Suid-Afrika

Post by DieAnderEk » Wed Sep 16, 2020 6:15 pm

Vixen, ek sal reageer op die dele wat ek verstaan. :mrgreen:
vixen wrote:
Tue Sep 08, 2020 9:12 am
Wat noem ateïste hul samekomste?
Hulle noem dit nie "kerk" nie. :) Net so min as wat jy 'n vergadering by die werk of 'n praatjie op kampus "kerk" sal noem. Tensy dit die "kerk" in "Kletskerk" is.
vixen wrote:
Tue Sep 08, 2020 9:12 am
Het jy die berig gelees?
Ja, en ek sien orals staan daar "allegedly". Ons sal nooit of iemand dalk 'n wrok teen die man gehad het nie, ens. Hy is nooit skuldig bevind nie, behalwe deur mense wat op 'n simplistiese manier na circumstantial evidence kyk en onwettiglik die reg in eie hande neem.
vixen wrote:
Tue Sep 08, 2020 9:12 am
Baie minder as wat deur Covid-19 doodgaan.
Miskien ja, maar heelwat meer as wanneer die wet sy normale gang gaan.
vixen wrote:
Tue Sep 08, 2020 9:12 am
Kyk nou hoe het Cyril die doodstraf omseil deur die oorlewendes van geweld te wil beskerm. Daardie 3 nuwe wette is al lankal in plek, nou wil hy R1,6 miljard spandeer om dit (die wette} te versterk.
Hy sê:
Die tragiese realiteit is dat hy geweet het Malema is alweer kwaad en hy het niks daaraan gedoen nie. Al is hy (per sê) die eerste party...is hy mos nou ook die derde party. mos?
Jy sal moet verduidelik wat jy hier bedoel. Ek neem aan jy praat van Malema wat oënskynlik haatspraak pleeg en wegkom sonder om vervolg te word. Die oplossing is 'n beter regstelsel vry van korrupsie, nie mob justice nie. Met mob justice sal dit bloot diegene wees met die meeste invloed wat aan die langste ent sal trek.
vixen wrote:
Tue Sep 08, 2020 9:12 am
'n Familielid het haar lewe op die spel geplaas ter wille van die toekoms. Ook daarin is die risiko 50/50.
Het 'n familielid van jou Covid gekry?
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
vixen
Posts: 409
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Satanisme in Suid-Afrika

Post by vixen » Tue Sep 22, 2020 2:18 pm

DieAnderEk wrote:
Wed Sep 16, 2020 6:15 pm
Vixen, ek sal reageer op die dele wat ek verstaan.
Noted
DieAnderEk wrote:
vixen wrote:Wat noem ateïste hul samekomste?
Hulle noem dit nie "kerk" nie. Net so min as wat jy 'n vergadering by die werk of 'n praatjie op kampus "kerk" sal noem. Tensy dit die "kerk" in "Kletskerk" is.
Die vraag is nie,"Wat noem hulle nie hul samekomste nie?" Die satanis sê hulle hou ook "kerk" en die atties het nie 'n probleem met gode nie. So wat noem hulle dit behalwe "Dop en Tjops" byvoorbeeld. Wat doen hulle daar onder mekaar vir mekaar?
DieAnderEk wrote:
vixen wrote:Het jy die berig gelees?
Ja, en ek sien orals staan daar "allegedly". Ons sal nooit of iemand dalk 'n wrok teen die man gehad het nie, ens. Hy is nooit skuldig bevind nie, behalwe deur mense wat op 'n simplistiese manier na circumstantial evidence kyk en onwettiglik die reg in eie hande neem.
Jy veralgemeen uit hierdie saak.. Uit die berig:
...Mokwena said his 16-year-old nephew managed to flee the attack and run to his other uncles for help.
Nee wat, open and shut case.
DieAnderEk wrote:
vixen wrote:Baie minder as wat deur Covid-19 doodgaan.
Miskien ja, maar heelwat meer as wanneer die wet sy normale gang gaan.
Vandat die draad begin het was daar al heelwat meer beplande moorde gepleeg omdat die wet sy normale gang gaan.
DieAnderEk wrote:
vixen wrote: Kyk nou hoe het Cyril die doodstraf omseil deur die oorlewendes van geweld te wil beskerm. Daardie 3 nuwe wette is al lankal in plek, nou wil hy R1,6 miljard spandeer om dit (die wette) te versterk.
Hy sê:
Die tragiese realiteit is dat hy geweet het Malema is alweer kwaad en hy het niks daaraan gedoen nie. Al is hy (per sê) die eerste party...is hy mos nou ook die derde party. mos?
Jy sal moet verduidelik wat jy hier bedoel.
Ek verstaan waarom jy my as "hy" aansien. Mans is mos verstaanbaar.

In Beeld: https://www.netwerk24.com/Nuus/Politiek ... l-20200907

Die President sê.png
Die President sê.png (77.07 KiB) Viewed 150 times
...

User avatar
vixen
Posts: 409
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Satanisme in Suid-Afrika

Post by vixen » Tue Sep 22, 2020 2:41 pm

...
DieAnderEk wrote: Ek neem aan jy praat van Malema wat oënskynlik haatspraak pleeg en wegkom sonder om vervolg te word.
Wie is beïndruk met bv. hierdie gedaandesaak teen Malema? In Beeld:
Beeld berig.png
Beeld berig.png (83.68 KiB) Viewed 149 times

Geweld begin by die tong (haatspraak) en met slegs 'n vermoede verwag die president onmiddelike optrede van die gemeenskap. Die president (as derde party) kan mos 'n voorbeeld stel met sy kennis, in wat om te doen.
DieAnderEk wrote:
Wed Sep 16, 2020 6:15 pm
Die oplossing is 'n beter regstelsel vry van korrupsie, nie mob justice nie.
Jy bedoel seker 'n beter “uitstelstels” wat almal sal pas. Soortvan "Wag tot pa by die huis kom."
DieAnderEk wrote:
Wed Sep 16, 2020 6:15 pm
Het 'n familielid van jou Covid gekry?
Ja, met toestemming.

Post Reply