Kletskerk op Reddit

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Kletskerk op Reddit

Post by DieAnderEk » Thu Oct 08, 2020 5:55 pm

Aangesien die forum aan die einde van die maand nie meer gaan bestaan nie, het ek 'n subreddit geskep waar mense verder kan gesels. Hier is dit. Jy is baie welkom om deel te neem.

Ek is al so tien jaar op Reddit en ek hou van die unieke formaat wat in my opinie die gesprek meer vloeiend maak. As jy Reddit nie ken nie, dink ek wel jy behoort die basiese beginsels gou te snap.

Gesprekke is gestruktureer volgens kommentare, bietjie soos op Facebook, wat onder mekaar geplaas word. Indien jy op 'n spesifieke plasing reageer, word jou antwoord effens ingekeep sodat 'n mens kan sien dat dit in reaksie is op die kommentaar wat bo dit staan.

Anders as met die ou forum is daar nie 'n oneindige gelaai waar elke ou se avatar en handtekening en wat nog als langs elke enkele kommentaar staan nie. Dit is alles, meerdere gesprekke tegelyk, op een enkele bladsy.

Nog 'n belangrike konsep is dat 'n mens kommentare kan "upvote" of "downvote". 'n Mens kan deur middel van opsies bo-aan die bladsy die kommentare sorteer sodat die kommentare met die meeste "upvotes" heel bo-aan staan. Daar is ook opsies soos "Controversial", wat kommentare sorteer volgens diegene wat baie upvotes én baie downvotes gekry het. In die subreddit self kan plasings ook só ge-upvote of ge-downvote word en gesorteer word volgens hierdie opsies. Upvote of downvote soos jy wil - elkeen het sy/haar eie redes waarom sy/hy dit doen.

'n Mens kan 'n subreddit ook só opstel dat daar geen upvotes/downvotes is nie, of dat die aantal punte eers later gewys word. Soos die tyd aanstap kan ons seker besluit wat die beste is.

Indien 'n onderdeel van 'n gesprek baie kommentare het, steek Reddit dit weg, maar die opsie is daar om die res te lees deur te kliek op bv. "3 more replies". As die aantal reaksies te veel raak, verskyn daar 'n soortgelyke opsie, "Continue this thread".

'n Mens kan skakels byvoeg deur gebruik van markdown of die "fancy pants editor". Lees verder hier.

Om 'n nuwe plasing te maak, kan 'n mens óf 'n teksplasing maak, óf 'n prentjie, video of GIF plaas met 'n beskrywing daarby saam. Sover ek weet kan 'n mens jou beskrywings en kommentare edit, maar nie die onderwerp van die titel self nie.

Baie subreddits het deesdae ook 'n kletskamer waar 'n mens lewendig met ander kan klets. Ek het reeds een geskep.

Daar is nog baie onderwerpe soos bv. "cake day" (jou "verjaardag" op Reddit), flairs ('n kort beskrywing wat langs jou naam op elke kommentaar verskyn), "awards" ('n ikoontjie wat jy kan "koop" (soms is dit gratis) wat langs 'n kommentaar verskyn as jy baie daarvan hou), en die algemene Reddit-kultuur, waaroor 'n mens baie kan skryf en lees.

Sover ek weet is Suid-Afrikaners nie baie aktief in homogene groepe op Reddit nie, maar ek weet wel van 'n paar.

Ek sal later nog skakels en so byvoeg. Ek is ook nog maar nog besig om die subreddit te bou, so daar is nog nie regtig 'n lys reëls of enigiets nie. Maar speel gerus rond en laat weet my as jy enige vrae of versoeke het.

DAE
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 597
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Kletskerk op Reddit

Post by Kameraad Eksteen » Fri Oct 09, 2020 7:12 pm

Dis mos 'n plan, maar ek dog jy is al jare op Reddit?

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Kletskerk op Reddit

Post by DieAnderEk » Sat Oct 10, 2020 7:33 am

Ek is ja, hierdie is maar vir mense wat dit nog nie gebruik het nie, en "DieAnderEk" is natuurlik 'n alt account. Ek het egter nog nooit self gemod nie, so kom ons kyk hoe dit gaan.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 597
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Kletskerk op Reddit

Post by Kameraad Eksteen » Sat Oct 10, 2020 4:02 pm

Hoekom 'n alt account?

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Kletskerk op Reddit

Post by DieAnderEk » Sat Oct 10, 2020 5:51 pm

Ek wil graag post as "DieAnderEk". Behalwe dit kan jy mense se post en comment history gaan lees. Ek wil dit maar apart hou van KK, wie weet wat ek als in die laaste tien jaar kwytgeraak het. As ek dit nou nog gaan adverteer op Facebook en so sal dit gekoppel wees aan my openbare profiel. Tensy ek nou ook 'n alt account maak daar.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 597
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Kletskerk op Reddit

Post by Kameraad Eksteen » Mon Oct 12, 2020 8:10 am

OK, ek het die skakelaar daar geflip, dis nou aan!

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Kletskerk op Reddit

Post by DieAnderEk » Mon Oct 12, 2020 11:25 am

:lol: :lol: :lol: :lol: :lol:
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 597
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Kletskerk op Reddit

Post by Kameraad Eksteen » Mon Oct 12, 2020 12:17 pm

Hoe plak jy "inline" prente op Reddit?

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Kletskerk op Reddit

Post by DieAnderEk » Mon Oct 12, 2020 9:32 pm

Sover ek weet kan jy nie. Anders sou /r/photoshopbattles dit in die comments gewys het. Hulle gebruik image hosts soos imgur.com wat die prente vinnig laai.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 597
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Kletskerk op Reddit

Post by Kameraad Eksteen » Tue Oct 13, 2020 7:54 am

DieAnderEk wrote:
Mon Oct 12, 2020 9:32 pm
Sover ek weet kan jy nie. Anders sou /r/photoshopbattles dit in die comments gewys het. Hulle gebruik image hosts soos imgur.com wat die prente vinnig laai.
Ek weet, maar hoe maak jy dat jou "imgur.com" skakel soos 'n prentjie in Reddit opkom, en nie net as 'n URL nie?

Post Reply