Eishkom

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 570
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Eishkom

Post by Kameraad Eksteen » Mon Jun 22, 2020 10:17 am

plompie wrote:
Sun Jun 21, 2020 6:46 pm
Maar, jy moet egter ook nie vergeet van die Ingenieur wat sy tyd teen $300/h verkoop nie. As die Compaq slegs 35% tyd op jou 286 sou bespaar het, dan was dit beslis vir hom die moeite werd.
Was daar ingenieurs wat soveel so baie gevra het in daai jare? En die sagteware daai tyd was so uiters kak. En met die waardevermindering op daai ding sou jy 27ure perdag elke dag moes werk om hom af te betaal.
plompie wrote:
Sun Jun 21, 2020 6:46 pm
Ek verstaan daai “diminishing returns” argument baie goed. Maar weereens, ek het nogal heelwat Soundblasters verkoop aan (bv) musiek onderwyser(esse) wat die goed met Midi / keyboards ens gebruik het; musiek geskryf het ens. Een redelik begaafde St 9 laatie wat ‘n Soundblaster by my gekoop het, het al my ex skool se saalmusiek daarmee met gepaardgaande byklanke self gespeel, opgeneem en omgeskakel na MP3’s en raai wat – die skool gebruik dit vandag nog steeds. En wat grafiese kaarte betref, moet weer nie vergeet van die Ingenieurs, Grafiese ontwerpers ens nie. Hulle moet natuurlik ook versigtig wees vir daai “point of diminishing returns”; sowel as die spoed waarmee tegnologie verbeter. Maar moet darem ook nie needs met wants verwar nie.
Presies, maar koop jy deesdae 'n mixer, keyboard, elektroniese dromme en die ding het 'n usb poort, en al daai lekker midi goed kan jy mal gaan, en skielik het jy niks meer spesiale kaarte nodig nie.

Met Bitcoin mining wat die eintlike dryfveer agter die GPU's is, het jy daai punt van “point of diminishing returns” seker tien jaar gelede verbygesteek. En weereens kak sagteware "render" stadig, as jy 'n i7 het is jy uitgesort 99% van die tyd vir enige proffesionele werk.

plompie wrote:
Sun Jun 21, 2020 6:46 pm
Hy sal daai job heel O.K. doen maar hy sal sukkel met Windows 10; en jy sal nie juis die volle voordeel van ‘n SSD op hom kan benut nie. PLUS: tensy jyself so dan en wan bietjie maintenance kan doen [e.g. die RAM re-seat] ens, raak die tegnologie dikwels onbetroubaar met tyd. Veral by die kus …
Hier is nou die ding, ek gebruik 'n redelike klein Debian (Sparky Linux) op ou rekenaars. En wat ek ook gevind het is dat hierdie rekenaars BAIE vinniger werk van 'n eksterne USB hardeskyf af as van die IDE of SATA contollers. Plus met hierdie klein installasies laai alles in die RAM, so 'n SSD is maar van min nut.
plompie wrote:
Sun Jun 21, 2020 6:46 pm
Ek verstaan nie hoe dit relevant is nie. Die punt van hierdie youtube is om ‘n ongelooflike realistiese audio-illusie te demonstreer; NIE om aan te toon ‘n karradio en ‘n veel duurder spesialis Audio produk eintlik presies dieselfde klink nie.
Die punt is, alles is deesdae digitaal, en daai klein selfoon klink inderdaad dieselfde as jou NAD as jy die oorfone inprop.
plompie wrote:
Sun Jun 21, 2020 6:46 pm
So nou Kameraad, wat sou jy vir daai ou gesê het? Nee jy’s bef@k man, oor 20 jaar sal jy nie glo hoe Youtube gaan klink nie!!!
Ek verstaan dat mens dikwels vir opgeblaasde hype betaal, maar dis nie altyd net hype nie. En op 'n manier, word die tegnologie juis beter omdat mense bereid is om vir duurder toerusting [weens verskeie redes] te betaal, hulle vat daai moerse R&D knock; en die voordeel filter dan mettertyd na consumervlak toe deur. En nou kan jong laaties sê: "J!ssis hoor hoe bef@k klink hierdie draagbare bluetooth JBL - sommer stukke beter as daai Denon / Nad / B&W's waarna die Outoppie nog steeds luister en so duur voor betaal het in 1985. Hy was simpel; pleks hy net 'n karradio gekoop het en gewag het tot vandag vir die JBL". 20 jaar later, en die volgende generasie het presies dieselfde te sê van die JBL wat sy pa gehad het.



Alhoewel dit meesal waar is van jou intree vlak produkte, verskil ek baie sterk van jou hier wanneer dit by die meeste spesialis hoëtrou komponente kom. Vergelyk byvoorbeeld die kapasitore / power supply van ‘n Sony versterker met ‘n Mark Levinson. Daar is soos in geen vergelyking nie. Dieselfde komponente? Beslis nie! Diminishing returns, JA. Maar dis ‘n glyskaal wat normaalweg (nie altyd nie) van SWAKKER klank na BETER klank toe vorder nevertheless.
Jy is reg, met die toe versus nou. Maar haal nou die dop af van 'n LG of 'n Samsung home theater, en kyk na die borde, daai power supply is basies identies aan wat jy in die nuwe NAD BluOS masjiene kry. Daai motherboards is ook min of meer identies, dis maar net eenvoudige rekenaars. NAD en Samsung koop dalk die powersupplies by dieselfde fabriek. Daai high end kapasitors is maar R50 een en daar is maar 'n dosyn of wat op 'n hele bord. Gaan kyk na hoe die NAD C 658 STREAMING DAC binne lyk, dis 'n plat moederbord, met 'n fancy operating system. Hulle loop nou presies dieselfde pad as B&O.

Nou moet iemand net aan my verduidelik, as ek 'n NAD motherboard het, dat dit nou beter gehalte klank gaan lewer as 'n ASUS of 'n BIOSTAR motherboard. Dis mos onsinnig as dit alles oor sagteware gaan. Dis soos my ou rekenaar motherboard waarmee ek streaming doen, nou die helfde van sy kapasitors staan al sulke bulte en een is al effe oopgebars, maar die ding werk en dit maak geen verskil aan enig outputs nie, en R100 'n stuk kapasitors gaan geen snars verskil maak nie. Ek stream met 'n G wifi dongle, sou 'n N PCI kaart enige snars verskil maak?

Of jy kan jouself vra sal NAD nou 'n versterker bou wat swakker klank lewer as 'n 20 jaar oue model, al is die nuwe een maar bloot 'n rekenaar? Jy kan selfs nou amper enige "high end" karsisteem oopmaak en as jy 4 kapasitors kry is dit baie, dis net 'n motherboard, met 'n chip en 'n heatsink, dis 'n rekenaartjie.
plompie wrote:
Sun Jun 21, 2020 6:46 pm
So as die beter klank nie vir jou saak maak nie, power to you – almal is nie dieselfde nie; en ‘n hoëtrou oplossing; brood- of beskuitresep; hernubare kragoplossing of motorkeuse is nie ‘n “One size fits all – yours” nie. :lol:
Nee, die ding is al is daai NAD en Samsung identies en al het die Samsung dalk beter klank en meer funksies, Sony is berug daarvoor dat hulle teveel gevorderde funksies het, is daar darem iets aan 'n swart NAD wat daar staan met knoppe wat jy kan draai, wat so effense ouwêreldse weerstand bied. Maar dis net omdat ek so sentimenteel kan raak.
plompie wrote:
Sun Jun 21, 2020 6:46 pm
Weereens: Baie waarheid in wat jy hier sê; maar jou approach laat dit klink asof dit jou verstand the bowe gaan hoekom professionele fotograwe nie maar sommer net hulle selfone gebruik nie. Terwyl dit sommer net common sense is dat daar ander redes is as "maar net 'n rapsie beter" hoekom sekere mense, vir sekere applikasies nie "sommer maar net hul selfone" gebruik nie. So ja, jy sou bef@k wees om 'n R300K Leica te koop om foto's van jou brood te neem vir Pinterest; maar jy ignoreer ander redes - wat nie noodwendig "living up to the Jones's" hoef te wees nie.
Wel, ons het nou al gesien, veral nou met die grendeltyd hoe mense bos gegaan het oor orkeste en musikante wat sommer met selfone "alleen saam" by die huis opgeneem het waar alles later saamgevoeg is, en hoe fantasties dit uitgedraai het. Daar is ook al meer nuwe films wat in swart en wit, of met 'n kleur filter geskied word. Daar is stringe flieks wat net op selfone geskied is. Onthou jy daai riller in die neentigs waar die hele ding op 'n camcorders geneem is "The Blair Witch Project" ?

Die waarheid is, daai Leica neem nie beter fotos as 'n ander kamera nie, om die waarheid te sê, dis dieselfde maatskapy wat die TDA versterker chips maak wat jy nou in amper alles kry, wat Leica se sensors maak. Jy kan befokte foto's neem met 'n goeie lens, maar dis die lens en daar is intrinsieke waarde in 'n goeie lens. Die Leica body het geen intrinsieke waarde nie, net 'n moerse prys tag.

plompie wrote:
Sun Jun 21, 2020 6:46 pm
Verder: Tel bietjie van die nuutste sogenaamde 450 watt el cheapo (R270 my cost) computer power supplies op; en vergelyk dit met 'n 450 watt Coolermaster wat maar net "white rated" is, laat staan nog "bronze" of "gold". Sommer maar net almal dieselfde?
Het jy nie my nie vertel die Coolermasters is kak nie? Anyways, ek het seker 15 jaar gelede mos 'n obsessie gehad met rekenaars wat stil moes wees, alles probeer met waterverkoeling ens. Dit was die dae toe AMD's teen 90grade kon idle. Toe koop ek drie stil Coolermaster power supplies, en hulle het na een jaar en twee weke die een na die ander oor 'n tyd van twee maande gekalf. Dis toe ek uitvind, jy vat die PSU wat met die boks kom, en jy bedraad die waaier op die 7V rail, en die ding is stil, R800 gespaar, elke keer! En nog nooit 'n issue gehad nie. En ek het nou al dosyne goeie en minder goeie PSU's gesien wat kalf, en dis altyd dieselfde diodes wat uitbrand, so "gold" en "bronze" beteken seker maar net jy moet minder of meer betaal? Ek raai die "Platinum+" sal die duurste kos.
plompie wrote:
Sun Jun 21, 2020 6:46 pm
Laastens: Iemand wat byvoorbeeld self 'n musiekinstrument bespeel; kan die vernuf, ritme, pas, nuances whatever musiekterme jy kan gooi baie duidelik herken en geniet - selfs op 'n karradio. So 'n persoon luister op 'n ander manier, en word gevolglik tevrede gestel met heelwat minder in terme van die toerusting self.
Kyk ek hou van musiek, en ek hou van klassieke musiek, of instumentale goed, en ek het nou al heelwat optreedes bygewoon in teaters met fantastiese akustieke ontwerp, en ook in plekke met baie uitdagende akustieke eienskappe. Die vraag is nou hoeveel beter die een as die ander was, hoeveel meer "werklik" is 'n opname in optimale toestande, met gevorderde toerusting? Hoe meer werklik is dit deur die of daai preamp en daai speakers ens? Ek meen ons is nie ver weg van om die NAD sagteware op die PEPstores foontjie te laai nie, wel eintlik kan jy as die foontjie Android gebruik.

Toemaar ek trek net jou ketting, daai hi-fi met die hoe kwaliteit onderdele is baie beter, dis soos 'n Rolex, net soveel beter, dis oor daai robyne vat hulle met soveel sorg insit, mos. Jy moet net onthou om jou firmware updates gereeld te doen vir nog beterder en selfs die beterderste klank nog ooit. En die fokkers wat die klank opneem moenie hulle iPone 11 gebruik nie, die blikslaers!

plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Mon Jun 22, 2020 5:25 pm

Verdere vordering op my voornemende Solar system:-
* Ek het reeds finaal op 'n Victron gebaseerde sisteem besluit [5Kva grid-tied Inverter]
* Alles is reeds bestel, behalwe panele ; monterings accessories en batterye. Hier besluit ek nog.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 570
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Eishkom

Post by Kameraad Eksteen » Mon Jun 22, 2020 5:58 pm

Plompie, gister toe ek so deur die buurt loop, let ek toe na die mense se panele, en dit lyk my die in ding is 14 330w panele. Hoekom sal ek nie weet nie maar 14 is dit. So my aanbeveling is 14 panele.

plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Tue Jun 23, 2020 4:38 am

Kameraad Eksteen wrote:
Mon Jun 22, 2020 5:58 pm
Plompie, gister toe ek so deur die buurt loop, let ek toe na die mense se panele, en dit lyk my die in ding is 14 330w panele. Hoekom sal ek nie weet nie maar 14 is dit. So my aanbeveling is 14 panele.
By my weer, is dit 16. Canadian Solar 330.
Daarom het ek besluit op 10.

plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Tue Jun 23, 2020 12:41 pm

Hier's die lysie hardeware waarop ek reeds besluit het.

Victron Venus GX
Carlo Gavazzi ET112 Energy meter - 1 phase
RS485 to USB interface cable 5m
2 x Onesto Double pole 40kA 275V AC Surge Arrestor
2 x Victron MEGA Fuse Holder (Black) (On + and - )
3 x Victron MEGA-fuse 200A/58V (1 spare)
1 x Victron Precision Battery Monitor BMV-712 Smart
1 x Victron Interface MK3-USB to program inverter
2 x VE.Direct Cable 1.8m (one side right angle conn) - MPPT
Victron MultiPlus II Inverter 48/5000/70-50 230V
Victron SmartSolar MPPT 250/100-Tr

Rubicon stock die JA 380's so ek mag miskien vir hulle gaan.
Nog nie finaal op batterye besluit nie. Ek ondersoek die moontlikheid om die Lithium Ion selle in te voer - my sparkie sal dan die assembly doen.

plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Wed Jun 24, 2020 7:14 pm

STAP 2

Ek het besluit op 'n DIY Lithium Ion battery met x16 120ah batterye vir 'n totaal van 6.12 Kwh.
Sal self 'n soort van kas praktiseer en die batterye daarin monteer.
Dan gee ek dit vir sparkie om die koppeling te doen van brackets; BMS en moniteringsdrade.

Edit: Sien nou daar's 'n reeds geboude eenheid soos bo, vir slegs R3K meer. Straks beter keuse.

In terme van die hardeware, nou nog net STAP 3: Panele.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 474
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Eishkom

Post by DieAnderEk » Thu Jun 25, 2020 6:29 pm

lobe wrote:As ons 'n kwynende KK wil laat voortleef, het ons meer poste nodig en minder "rooflesers". (Was dit Jean wat destyds die term geskep het?) Die nuwe KK het in my opinie aanvanklik geen tekort gehad aan poste nie (gegewe die omstandighede), maar vir rooflesers soos ek, was die oorgrote meerderheid daarvan baie gou... hmmm, sal ons maar sê: van 'dubious quality'. So, dis lekker om weer te kan uitsien na wat op KK aangaan.
Deadlines galore hierdie kant al weer, maar ek sal graag bietjie wil bydra in die paar maande wat ons oorhet (sal nog sien wat daarna gebeur). Altyd goed om jou raak te lees.

Hierdie draad is nogal deur my begin oor Eskom wat so katastrofies opfok en nou gaan dit oor sonkrag en Bitcoin, albei goed waarvan ek minder as niks weet. Ek skim eintlik maar net so oor die posts.

Eintlik weer half relevant noudat hulle weer begin opslip. My laptop (hoofbron van inkomste) se battery is basies nie meer werkend nie en met die onverwagte blackouts laas week besef ek hoe belangrik dit is om 'n battery te hê wat goed (of hoegenaamd) funksioneer. Veral noudat ek nie gou vinnig na 'n kantoor of 'n vriend toe kan gaan om in te plug nie.

Carry on...
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Fri Jun 26, 2020 3:09 pm

DAE wrote:Eintlik weer half relevant noudat hulle weer begin opslip. My laptop (hoofbron van inkomste) se battery is basies nie meer werkend nie en met die onverwagte blackouts laas week besef ek hoe belangrik dit is om 'n battery te hê wat goed (of hoegenaamd) funksioneer. Veral noudat ek nie gou vinnig na 'n kantoor of 'n vriend toe kan gaan om in te plug nie.
DAE dit klink vir my asof jou situasie hom uitstekend leen tot 'n tipiese "Elegante Minimalistiese" benadering soos verwys na op hierdie draad.
Die laptop + 1 LED lig kan wraggies nie soveel krag verbruik nie; minsens sal jy kan werk terwyl die GF jou kop krap :lol: [Want; hoekom sal jy worry oor die TV vir haar?]

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 570
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Eishkom

Post by Kameraad Eksteen » Fri Jun 26, 2020 7:56 pm

Is so, Plompie, jy kan 'n laptop reguit van 'n 12v battery laat loop. Die laptop battery sal nie laai nie, daarvoor het jy gewoonlik meer as 16v nodig. Maar loop sal hy, ek het al. Selfs meeste routers is deesdae ook 12v, en jy kan hulle ook reguit van 'n battery laat loop. Ek het myne al van daai klein alarm batterye af laat loop vir ure.

plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Sat Jun 27, 2020 2:14 am

Ja, maar is dit goed vir die laptop lang termyn? Ek dink die normaal is 19V.

Post Reply