Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
Charles xv
Posts: 32
Joined: Mon Feb 10, 2020 7:07 pm
Location: Verwoerd straat Sasolburg area

Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Charles xv » Wed Mar 18, 2020 9:31 pm

Vat 'n groot vet nat soen en soen die wereld wat julle ken tata,koebaai,pakka,Auf Wiedersehen,hamba kahle,cheerio,mooi loop.

Dit sal nooit weer wees wat dit vandag was.
Hello daar

User avatar
vixen
Posts: 398
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by vixen » Thu Mar 19, 2020 3:20 am

Is dit nou omdat kroeë saans 6 uur gaan sluit en pa vroeër by die huis gaan wees?

User avatar
Waldemar
Posts: 135
Joined: Fri Aug 24, 2018 10:50 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Waldemar » Mon Mar 30, 2020 6:29 pm

Jy is vir seker 'n profeet, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie... (Matt 16:17)
"In a nation ruled by swine, all pigs are upward mobile..."
- Hunter S. Thompson

User avatar
DieAnderEk
Posts: 474
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by DieAnderEk » Mon Mar 30, 2020 8:21 pm

Ek dink daar is baie lesse wat ons hieruit kan leer. Uiteraard om meer bewus te wees oor higiëne is een ding. Nog iets wat my laat dink het is ons absolute afhanklikheid van geld om te lewe. Ek praat nie noodwendig van sosiale veiligheidsnette of die Amish-lewenstyl nie, maar die direkte koppeling van werk aan oorlewing. Maar om dit te verander sal daar globaal 'n totale ommekeer moet wees oor die maniere wat ons dink aan geld, ekonomie, sosiale struktuur en die goeie lewe. Ek het geen idee hoe dit sal lyk nie, maar ek het al debatte hieroor raakgelees, en net gedink dat indien ons wel op 'n manier só gelewe het, die virus dalk 'n kleiner impak sou gehad het op ons lewens.

En dan uiteindelik ook oor prioriteite: Hoe gekibbels wat eens op 'n tyd al ons aandag geverg het nou relatief nietig lyk en hoe mense saamstaan om hierdie ding te oorwin. Ek is nuuskierig oor hoe dit die internasionale politiek in die lang termyn gaan verander.
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 570
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Kameraad Eksteen » Tue Mar 31, 2020 8:24 am

DAE,

En daarmee ontvang jy die prys vir die mees linkse sosialistiese pos van die jaar! In Amerika sal hulle jou uitkryt as 'n kommie!

Kan jy nou meer! As die popo die fen strike val ons terug op ons gemeenskap en medemenslikheid terwyl die stinkryk regse politici benoud skreeu, "die ekonomie, die ekonomie!" Dis soos al die memes oor toiletpapier, ons frons as ons mense sien wat toiletpapier vir hulself opgaar, maar ons rep nie 'n woord oor die 1% rykes wat al die rykdom van die wêreld opgaar nie, en nou het die rykes 'n $ 220 000 000 000 reddingsboei nodig? Het ek genoeg nulle daar?

Charles xv
Posts: 32
Joined: Mon Feb 10, 2020 7:07 pm
Location: Verwoerd straat Sasolburg area

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Charles xv » Tue Mar 31, 2020 9:04 am

Kameraad Eksteen wrote:
Tue Mar 31, 2020 8:24 am
DAE,
$ 220 000 000 000 reddingsboei nodig? Het ek genoeg nulle daar?
Nee, sit nog 3 nulle by en wag vir nog vir 'n maand of twee en sit dan nog nulle na jou keuse by.

https://www.youtube.com/watch?v=NEnuWv38urI&t=129s
Hello daar

User avatar
DieAnderEk
Posts: 474
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by DieAnderEk » Tue Mar 31, 2020 11:02 am

Kameraad Eksteen wrote:
Tue Mar 31, 2020 8:24 am
En daarmee ontvang jy die prys vir die mees linkse sosialistiese pos van die jaar! In Amerika sal hulle jou uitkryt as 'n kommie!
Haha. Ek was nog altyd 'n voorstander van die konsep om produktiwiteit te optimaliseer, m.a.w. gee so veel as moontlik mense die geleentheid om werk te doen waarin hulle goed is en bevrediging vind, sonder om hoef te worry oor brood op die tafel (dink Star Trek). Indien dit kan gebeur sal die ekonomie amper vir homself sorg. Ek dink dit is 'n vereiste indien ons die stap wil neem na 'n meer AI-beheerde omgewing waar die schlep jobs deur robotte/rekenaars oorgeneem gaan word.

Op die oomblik is dit egter nie die geval nie en dit is reg dat mense bekommerd is oor die ekonomie. Dit is 'n geldige vraag oor of die lockdowns meer mense gaan doodmaak as die virus, en al is die aanname verkeerd moet mense dit vra en bespreek. Tuis by ons is daar baie mense wat eenvoudig sal doodgaan as hulle nie op 'n daaglikse basis by die huis kan uitgaan nie. Dink geen yskaste, geen inkomste, geen bankrekening, lewe van paycheck tot paycheck, groot gesinne, moet social grants in kontant gaan haal, ens. So hier is 'n geval waar 'n sogenaamde vangnetbenadering heeltemal geregverdig is.
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 570
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Kameraad Eksteen » Tue Mar 31, 2020 1:25 pm

DieAnderEk wrote:
Tue Mar 31, 2020 11:02 am
Dit is 'n geldige vraag oor of die lockdowns meer mense gaan doodmaak as die virus, en al is die aanname verkeerd moet mense dit vra en bespreek. Tuis by ons is daar baie mense wat eenvoudig sal doodgaan as hulle nie op 'n daaglikse basis by die huis kan uitgaan nie. Dink geen yskaste, geen inkomste, geen bankrekening, lewe van paycheck tot paycheck, groot gesinne, moet social grants in kontant gaan haal, ens. So hier is 'n geval waar 'n sogenaamde vangnetbenadering heeltemal geregverdig is.
So hoekom is dit 'n vraag, daar is studies hieroor en modelle, en baie ouens het al die somme gemaak.

Wanneer laas het jy mense letterlik van die honger sien doodgaan? Mense kry genoeg om te eet deur net die plastiek wat jy weggooi te herwin. Die kos wat een Checkers of Pick 'n Pay "weggooi" hou minstens 600 dakloses aan die gang.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 474
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by DieAnderEk » Tue Mar 31, 2020 2:26 pm

Jy behoort te weet dat 'n model nooit heeltemal die werklikheid weerspieël nie. Ons is in "unchartered territory", en ons leer soos dit aangaan.

En die mense wat daai plastiek herwin moet nog steeds uitgaan om die geld te kry, in toue gaan staan, ens. Het jy gesien hoe lyk dit waar die mense hulle grants kry, buite Checkers, ens? Dit gaan nie verminder net omdat daar 'n lockdown is nie.
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 570
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Die wereld sal nooit weer dieselfde wees nie.

Post by Kameraad Eksteen » Tue Mar 31, 2020 2:59 pm

DieAnderEk wrote:
Tue Mar 31, 2020 2:26 pm
Jy behoort te weet dat 'n model nooit heeltemal die werklikheid weerspieël nie. Ons is in "unchartered territory", en ons leer soos dit aangaan.
"Uncharted territory" miskien, maar mense bly maar dieselfde en ons kan min of meer dieselfde verwag as in die geskiedenis. En heel ironies is selfmoord 'n mediese probleem.

Post Reply