So ... waarmee hou jy jouself besig?

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

So ... waarmee hou jy jouself besig?

Post by plompie » Sun Mar 29, 2020 9:59 pm

Ek moet bieg dat slegs 3 dae van isolasie my reeds moers verveeld en gefrustreerd laat.

Weens my onlangse knie-vervanging het ek nog nie juis weer die "swembad" [6.4m x 2.5m] aangepak nie, maar ek wil/behoort môre daarmee te begin. Wat nóg om te doen?
* Ek poog om beter "sisteme" in plek te kry mbt (bv) Munic sake, tenants (e.g. maintenance) en sommer net beter algemene "filing" (admin).
* Waar ek voorheen eerder 2dehandse motherboards (etc) direk sou verkoop teen 'n paar Rand "biltong geld" (want my tyd is meer werd); het ek nou alreeds ALLES wat hier rondlê en in sisteme omskep kan word, só gedoen.
* Dan natuurlik: Regpak; weggooi van ou k@k; garage / stoorkamer(s) herorganisering ... Ek het hiermee begin; maar (gelukkig) is daar nog heelwat oor om te doen.

So nou hoor ek graag by julle:- Waddefok doen JULLE? Straks kom daar ideens hieruit wat my/ons ook kan help.
PS: Hier in my area lyk dit asof mense in die algemeen die situasie ernstig opneem:
(a) Ek het 10 sekuriteits kameras - bitter min beweging behalwe een tenant maar hy werk vir die polisie. Verder blyk dit die tenants werk saam en bly binnenshuis.
(b) Vanoggend Woollies toe vir inkompies en f@k die strate was stil.
(c) Selfs die Cell en WA is doodstil; en ek kry MISKIEN een email per dag (normaalweg minstens 10)
Last edited by plompie on Sun Mar 29, 2020 10:13 pm, edited 1 time in total.

plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: So ... waarmee hou jy jouself besig?

Post by plompie » Sun Mar 29, 2020 10:10 pm

double post
Last edited by plompie on Sun Mar 29, 2020 10:14 pm, edited 1 time in total.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 474
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: So ... waarmee hou jy jouself besig?

Post by DieAnderEk » Sun Mar 29, 2020 10:12 pm

Programmeer. Artikel skryf. Werk soek. Mediteer. Oefen. (Ek was lank siek so ek pluk my gesonde dae nou.) Ons kompleks het 'n muurbalbaan en daar is byna nooit iemand nie so ek slaan sommer 'n paar balle op my eie (girlfriend wat saam met my bly is siek). As ek 'n break vat kyk ons flieks en ek speel games. Tussendeur bietjie FB, memes deel en met vriende chat. Doen natuurlik maar die chores ook maar niks her-/regpakkery of iets tans nie.
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: So ... waarmee hou jy jouself besig?

Post by plompie » Sun Mar 29, 2020 10:27 pm

DAE wrote:Programmeer. Artikel skryf. Werk soek. Mediteer. Oefen. (Ek was lank siek so ek pluk my gesonde dae nou.)
Goed om te hoor jou gesondheid is beter, DAE!
Dis natuurlik glad nie 'n goeie tyd om nou werk te soek nie. Ek weet die onderwys is benede jou kwalifikasies; maar dis straks iets om te oorweeg in die interim. Iemand met jou akademise kwalifiasies sal 'n B.Ed of soortgelyke onderwys kwalifikasie sommer so "by the way" kafdraf ... en daarvandaan .. wel, dis nie te sê jy moet daar bly nie; maar dit maak weer nuwe moontlikhede oop vorentoe.
DAE wrote:Doen natuurlik maar die chores ook maar niks her-/regpakkery of iets tans nie.
Ha! Early days ...

User avatar
vixen
Posts: 398
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: So ... waarmee hou jy jouself besig?

Post by vixen » Mon Mar 30, 2020 8:29 am

plompie wrote:
Sun Mar 29, 2020 10:27 pm
Ha! Early days ...
Ja, sover voel dit soos 'n langnaweek.

Ek was al twee keer uit. Gister vir die baie bang ou by die tuckshop op die hoek gaan sê hy mag sigarette verkoop sonder om dit in koerantpapier toe te draai vir sy gereelde klante. Toe ek by die huis kom toe sien ek Time Live sê "NO". Ek't darem met 'n brood en koeldrank teruggekom.

Saterdag 'n masker gemaak en dokter toe gegaan oor heup wat tandpyn vir 'n week al gehad het. Gelukkig toe nie been nie, maar my gluteal wat bietjie onder stres was. En die masker het net om my nek gehang.

Ja ons straat is stil bedags, maar die drawers kom nog so 4 uur in die oggend hier verby.

Met aankope het ek gesukkel om gewone Bovril te kry by verskillende winkels. Baie chilli- en Boereworssmake was wel op die rakke. My dogter kon vir my 'n klein botteltjie kry teen die prys van 'n groot bottel. Daardie winkel is oor die algemeen 'n duur plek om te koop.

Eerste ding op my lys van aankope is sout.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 474
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: So ... waarmee hou jy jouself besig?

Post by DieAnderEk » Mon Mar 30, 2020 11:24 am

Ja, in die week gaan mense seker begin agterkom wat hulle mis en wat nou moeilik is om in die hande te kry. Ek was gister uit om te kyk of ek 'n Rapport, en 'n paar ander goedjies, by die garagewinkel kan gaan koop (almal was uitverkoop en daar was net een Sunday Times oor). Dis 'n garage waar daar gewoonlik nie baie mense is nie, en hierdie keer was daar net 'n ander girl gewees. Toe ek toonbank toe loop toe is sy in dieselfde gangetjie en duik ek om via 'n ander uitgang. Social distancing sien.
plompie wrote:
Sun Mar 29, 2020 10:27 pm
Dis natuurlik glad nie 'n goeie tyd om nou werk te soek nie. Ek weet die onderwys is benede jou kwalifikasies; maar dis straks iets om te oorweeg in die interim. Iemand met jou akademise kwalifiasies sal 'n B.Ed of soortgelyke onderwys kwalifikasie sommer so "by the way" kafdraf ... en daarvandaan .. wel, dis nie te sê jy moet daar bly nie; maar dit maak weer nuwe moontlikhede oop vorentoe.
Interessant want my ma het dieselfde ding gesê. Ek stem saam dat die kwalifikasie in die lang termyn goed sal wees, maar terwyl ons skole dalk nou lank gesluit sal wees is dit seker beter om tussentydse werk te doen wat ek van die huis af kan doen. Klasgee is in elk geval deel van die akademiese loopbaan en ek het wel ondervinding nodig hierin.

Die artikel moet Woensdag in wees (die sperdatum is al twee keer uitgestel, maar daar was steeds eksperimentele aspekte wat verbeter kon word). Dan sal ek meer tyd hê vir werk soek.

Groete en veilig bly.
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

User avatar
Waldemar
Posts: 135
Joined: Fri Aug 24, 2018 10:50 pm

Re: So ... waarmee hou jy jouself besig?

Post by Waldemar » Mon Mar 30, 2020 6:26 pm

Ek werk van die huis af tussendeur my sporadiese TLE episodes waartydens ek kontak maak met die geesrealm.
"In a nation ruled by swine, all pigs are upward mobile..."
- Hunter S. Thompson

User avatar
vixen
Posts: 398
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: So ... waarmee hou jy jouself besig?

Post by vixen » Tue Mar 31, 2020 7:49 am

Waldemar wrote:
Mon Mar 30, 2020 6:26 pm
Ek werk van die huis af tussendeur my sporadiese TLE episodes waartydens ek kontak maak met die geesrealm.
Goed om te hoor jy is weer opdreef in daardie gebied.

Ek sukkel nog om die knope uit die tuinslang te kry.

plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: So ... waarmee hou jy jouself besig?

Post by plompie » Thu Apr 09, 2020 7:20 pm

Op my een sekuriteitskamera sien ek 'n tenant wat vir omtrent 'n uur lank op en af die panhandle draf. Wel, goeie oefening; dis binne wat ek glo die wet toelaat [steeds binne my kompleks].
Maar op 'n ander kamera weer, sien ek twee ander tenants in die straat draf, al om die eiland. Dis onwettig onder die lockdown reëls. Dan en wan sien ek ook op die kameras wat die straat dophou 'n fietsryer ... ook onwettig.
Vanoggend was vuilgoed dag in my area. My kompleks werker is uit die aard van die saak nie hier nie; so ek en 'n paar helpers moet maar self die vullis uitsit.
Die "street shoppers" is maar altyd daar ... COVID stop hulle nie. Maar, ek was so effe geamuseerd toe ek een opmerk met 'n masker. Somehow "pas" die face mask nie 'n vullissak-shopper "image" nie.
Ek is nou bly dat ek onlangs 'n heat pump geïnstalleer het in my klein onderdak pool. Dit werk vir my. Ek is tans terug by my "pre-op" sogenaamde 200 "laps" twee keer per dag. Dis absoluut die enigste oefening wat ek kry (dis omtrent 50 min, x2 keer per dag); die res van die dag is ek relatief onaktief.

plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: So ... waarmee hou jy jouself besig?

Post by plompie » Fri Apr 10, 2020 9:41 am

plompie wrote:Op my een sekuriteitskamera sien ek 'n tenant wat vir omtrent 'n uur lank op en af die panhandle draf. Wel, goeie oefening; dis binne wat ek glo die wet toelaat [steeds binne my kompleks].
Toe is ek blykbaar verkeerd. Toevallig 'n menings artikel raak GeGoogle waar 'n legal ekspert sê die reëls word baie duidelik uitgespel; jy is beperk tot jou "plek van residensie" - om te speel, oefen of draf op sogenaamde "common property" is dus onwettig.

Ha! En nou sien ek tot my buurvrou - wat haar huis by my gekoop het [sy is dus nie deel van die kompleks nie] - kom nou sommer langsaan deur die hekkie wat ek maar tussen die eiendomme gelaat het, en kom draf nou hier by my! :roll:

Post Reply