Openbaring van die eindtye

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
vixen
Posts: 401
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Openbaring van die eindtye

Post by vixen » Thu Apr 30, 2020 7:47 am

Maar is dit die ware antwoord of maar net 'n opregte mening?

User avatar
Waldemar
Posts: 142
Joined: Fri Aug 24, 2018 10:50 pm

Re: Openbaring van die eindtye

Post by Waldemar » Thu Jul 23, 2020 7:03 pm

vixen wrote:
Thu Apr 30, 2020 7:47 am
Maar is dit die ware antwoord of maar net 'n opregte mening?
Ek is altyd opreg met die waarheid doenig.
"In a nation ruled by swine, all pigs are upward mobile..."
- Hunter S. Thompson

plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Openbaring van die eindtye

Post by plompie » Thu Jul 23, 2020 9:58 pm

Waldemar wrote:Ek is altyd opreg met die waarheid doenig.
Baie waarheid moes geskied het tuseen 30/4 07:47 en 23/7 07:03 ...
Goed om jou weer te sien.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 481
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Openbaring van die eindtye

Post by DieAnderEk » Thu Jul 23, 2020 10:32 pm

Een ding wat ek weet is as 'n webwerf of organisasie die woord "truth" bevat dan is dit juis nie waarheid nie.

Waldemar is darem nie so vreeslik dom nie, so nou en dan kry hy wel iets reg...
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
vixen
Posts: 401
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Openbaring van die eindtye

Post by vixen » Fri Jul 24, 2020 5:20 pm

Waldemar wrote:
Thu Jul 23, 2020 7:03 pm
vixen wrote:
Thu Apr 30, 2020 7:47 am
Maar is dit die ware antwoord of maar net 'n opregte mening?
Ek is altyd opreg met die waarheid doenig.
Die waarheid is nog vaag vir my oor die eindtye. Maar noudat ek "down memory lane" met onse Kat gaan, onthou ek dat ander jou woord nie so duidelik soos ek kon sien nie.

User avatar
Waldemar
Posts: 142
Joined: Fri Aug 24, 2018 10:50 pm

Re: Openbaring van die eindtye

Post by Waldemar » Fri Jul 24, 2020 7:11 pm

DieAnderEk wrote:
Thu Jul 23, 2020 10:32 pm
Een ding wat ek weet is as 'n webwerf of organisasie die woord "truth" bevat dan is dit juis nie waarheid nie.

Waldemar is darem nie so vreeslik dom nie, so nou en dan kry hy wel iets reg...
Ai, nou vat jy my darem in die gesig!

Ek lees op die oomblik George Orwell se meesterlike "1984". Ek het die boek omtrent 20 jaar terug die eerste keer gelees, maar ek dink nie ek het destyds die volle impak en implikasies van sy werk heeltemal verstaan nie.

Met die huidige kultuur, en veral die 24 uur nuus siklus en "cancel culture" vat veral hier in my wêreld die norm geword het, begin ek Orwell se werk van 1949 in 'n baie meer skrikwekkende lig sien. Hy was sy tyd baie ver vooruit.

Konsepte soos "newspeak", "doublethink", "thought police"... en dan natuurlik die ministeriële instellings:
- Ministry of Truth het te doen met leuens, propaganda en verdagte statistieke.
- Ministry of Love het te doen met marteling en ondervraging van politieke gevangenis, basies Eugene de Kock.
- Ministry of Peace maak oorlog. "We've always been at war with Oceania".
- Ministry of Plenty is verantwoordelik vir rantsoenering van kos en ander basiese benodigdhede.

Maar veral die gedagte van "newspeak" is besig om grond te wen. Woorde beteken nie meer wat dit beteken nie. Ek onthou destyds met Sakkie Spangenberg en die Jesus Seminaar het ek reeds daaroor geskryf: woorde soos "gelowige", "Christen" en selfs "glo" het nie meer die betekenis wat mens dink dit het nie.

Ander wonderlike voorbeelde van woorde wat nie is wat dit voorgee om te wees nie:
- "Democratic People's Republic of Korea"
- "Democratic Republic of the Congo"
- "Jurie Els se Grootste Treffers"

En dan natuurlik die trans-seksuele beweging wat besig is om die definisies van haatspraak te verander: om te insinueer dat slegs mans penisse het, is haatspraak - daar is nou "vrouens" met penisse, "mans" met vaginas... Eenvoudige konsepte en woorde "man" en "vrou" beteken nie meer wat mens dink nie, om dit te durf waag bevraagteken het verrykende gevolge.

Maar ja. Dalk is ek dom. Dalk beweeg die wêreld nou te vinnig en ouens soos ek kan nie meer byhou nie. Ek het maar my plekkie daar by die rivier, waar ek kan visvang en my brandewyn drink en so ver as moontlik die wêreld rondom my ignoreer.

Soos KOBUS sing in "Heldersiende Bedelaar":

"Ek is net 'n siek ou man, maar ek is jou nog steeds een voor...
Ek is 'n mal ou man, maar ek kan sien en ek kan hoor..."
"In a nation ruled by swine, all pigs are upward mobile..."
- Hunter S. Thompson

User avatar
DieAnderEk
Posts: 481
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Openbaring van die eindtye

Post by DieAnderEk » Sat Jul 25, 2020 12:22 am

Waldemar wrote:
Fri Jul 24, 2020 7:11 pm
Ai, nou vat jy my darem in die gesig!
Nah, I'm just messing with you.
Waldemar wrote:
Fri Jul 24, 2020 7:11 pm
woorde soos "gelowige", "Christen" en selfs "glo" het nie meer die betekenis wat mens dink dit het nie.
Nie dat dit regtig sulke objektiewe konsepte is nie? Dit staan seker maar tot 'n mate oop vir interpretasie?
Waldemar wrote:
Fri Jul 24, 2020 7:11 pm
En dan natuurlik die trans-seksuele beweging wat besig is om die definisies van haatspraak te verander: om te insinueer dat slegs mans penisse het, is haatspraak - daar is nou "vrouens" met penisse, "mans" met vaginas... Eenvoudige konsepte en woorde "man" en "vrou" beteken nie meer wat mens dink nie, om dit te durf waag bevraagteken het verrykende gevolge.
Wel eerstens, haatspraak is verskillende goed in verskillende lande, en die definisie kan aangepas word soos die wet ook aangepas word. Daarvoor is ek ten minste in sommige opsigte bly, soos bv. dat dit nie meer onwettig is om homoseksueel te wees nie. Nie dat ek saamstem dat om iemand 'n man of vrou te noem haatspraak is nie.

Newspeak is in elk geval al vir 'n baie lang tyd 'n nuttige stuk gereedskap vir die propagandis.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Openbaring van die eindtye

Post by Kameraad Eksteen » Sat Jul 25, 2020 12:14 pm

“The Genius Of The Crowd"

there is enough treachery, hatred violence absurdity in the average
human being to supply any given army on any given day

and the best at murder are those who preach against it
and the best at hate are those who preach love
and the best at war finally are those who preach peace

those who preach god, need god
those who preach peace do not have peace
those who preach peace do not have love

beware the preachers
beware the knowers
beware those who are always reading books
beware those who either detest poverty
or are proud of it
beware those quick to praise
for they need praise in return
beware those who are quick to censor
they are afraid of what they do not know
beware those who seek constant crowds for
they are nothing alone
beware the average man the average woman
beware their love, their love is average
seeks average

but there is genius in their hatred
there is enough genius in their hatred to kill you
to kill anybody
not wanting solitude
not understanding solitude
they will attempt to destroy anything
that differs from their own
not being able to create art
they will not understand art
they will consider their failure as creators
only as a failure of the world
not being able to love fully
they will believe your love incomplete
and then they will hate you
and their hatred will be perfect

like a shining diamond
like a knife
like a mountain
like a tiger
like hemlock

their finest art”

― Charles Bukowski

User avatar
DieAnderEk
Posts: 481
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Openbaring van die eindtye

Post by DieAnderEk » Sat Jul 25, 2020 1:25 pm

Charles Bukowski wrote:beware those quick to praise
for they need praise in return
Dadelik aan Trump gedink hier, maar dit geld seker vir baie mense.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Openbaring van die eindtye

Post by Kameraad Eksteen » Sat Jul 25, 2020 2:07 pm

DieAnderEk wrote:
Sat Jul 25, 2020 1:25 pm
Charles Bukowski wrote:beware those quick to praise
for they need praise in return
Dadelik aan Trump gedink hier, maar dit geld seker vir baie mense.
Ek dink sy punt was, en ek stem saam, ons is nie almal so nie. Selfs Jeanne Goosen het daai selle boodskap in haar boek "Ons is nie almal so nie" probeer oordra, en P.G. du Plessis in "Siener in die Suburbs." Ons is almal so, die mensdom is gefok!

Post Reply