COVID en kar-soek

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

COVID en kar-soek

Post by plompie » Thu May 21, 2020 9:10 pm

F@k weet, die afgelope 55 dae 20 ure en 40 minute was ek so bored ek het tot begin Google vir 'n ander kar.
Ek het nie 'n ander kar nodig nie, my 2011 350Cdi met slegs 49K oppie klok is nog so goed soos splinternuut; en ek avg maar 7.5K km/jaar.
Maar my huidige kar is grys [ek lief wit]; en 'n sedan [op my oudag begin ek kyk na SUV vir makliker inklim/uitklim].

Ek kan 'n nuwe Merc koop teen dealer billing less ongeveer 8% ... [die karre word hier langs my werf gemaak ;) ] ek dink dit werk uit op rondom 15%. Maar sh!t ek kan dit steeds nie regverdig nie.

Maar, sê ek vir myself:- As ek nou 'n GLC 250Cdi 4-matic full house met lae kilo's en sê 2017 of so kan kry en sê R200 --> R300K inbetaal??

Ek wonder ook oor hoe COVID die toekomende kar-mark gaan beïnvloed. Sekerlik behoort luukse motors minder aantreklik te word; en hul waarde te begin verloor? Dan weer:- Miskien tower my jukkende kristal-bal onrealistiese verwagtinge by my op.

Hoe dink julle, mede-net-'n-paar kletskerkers, gaan COVID die kar-mark beïnvloed?

User avatar
vixen
Posts: 398
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: COVID en kar-soek

Post by vixen » Fri May 22, 2020 12:41 pm

Laat We buy cars jou help.

User avatar
vixen
Posts: 398
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: COVID en kar-soek

Post by vixen » Fri May 22, 2020 1:37 pm

Toe, maak gou. Daar is 'n 2018 Merc (Witte) wat jou dalk sal geval in PE. Jy het so uur en 20 minute tyd om 'n bod in te sit.

plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: COVID en kar-soek

Post by plompie » Sat May 23, 2020 3:49 am

vixen wrote:
Fri May 22, 2020 1:37 pm
Toe, maak gou. Daar is 'n 2018 Merc (Witte) wat jou dalk sal geval in PE. Jy het so uur en 20 minute tyd om 'n bod in te sit.
Dankie vixen. Ek het nog nie juis ernstig na WeBuyCars gekyk nie, tot jy dit nou genoem het. Ek moet nogal sê dit kan 'n oplossing wees.
Jy is 100% korrek - daai voertuig is presies waarna ek nou kyk. Die feit dat hy nog op hulle website is, beteken dus dat hy toe nie verkoop het op die auction nie ... miskien sit hulle hom weer op. Tans is hy geprys teen R584K, 23K km's op die klok. Dis reeds R66K goedkoper as 'n soortgelyke voertuig by 'n Malmesbury dealer; alhoewel die Malmesbury een heelwat meer extra's het.
Interessant is dat daar ook 'n Dekra toetsverslag is, gedateer 21 Mei. Maw kórt nadat die motorhandelaars weer kon begin trade ...

Ek sal beslis voortaan terugkeer na hierdie website (terwyl ek nog nie gekoop het nie). Intussen:-
* het ek twee Gumtree Ads geplaas: Een met my huidige voertuig "swop/trade"; en een vir 'n GLC. By lg het ek 2 tipiese pix aangeheg as voorbeeld van wat ek soek; plus ook pix van wat ek het.
* Dis eintlik hopeloos te vroeg om nou te koop of te soek, weens voor die hand liggende redes:-
- my gat jeuk;
- totdat 'n vaccine gereed is, blyk ry-vir-plesier en reis beperk te wees vir minstens 'n paar maande; straks selfs 'n jaar of langer So what's the point?
- die ware omvang sowel as impak van COVID op die motormark sal waarskynlik eers oor 'n paar maande bekend wees; dus kan mens in elk geval 'n meer ingeligte besluit dán neem; en
- my gat jeuk.

Aan die een kant voel ek effens skuldig: My "droomkar" sal waarskynlik iemand anders se "nagmerrie-gedwonge verkoop" wees ... so mens kan seker sê ek soek aktief na 'n geleentheid om "in te cash" op iemand anders se misery.
Aan die ander kant egter, het ek veel meer as my fair share verloor op my eie domgeit met splinternuwe voertuie (minstens x6 luukse voertuie).

User avatar
vixen
Posts: 398
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: COVID en kar-soek

Post by vixen » Sat May 23, 2020 5:43 am

plompie wrote:
Sat May 23, 2020 3:49 am
Dankie vixen. Ek het nog nie juis ernstig na WeBuyCars gekyk nie, tot jy dit nou genoem het. Ek moet nogal sê dit kan 'n oplossing wees.
Jy is 100% korrek - daai voertuig is presies waarna ek nou kyk. Die feit dat hy nog op hulle website is, beteken dus dat hy toe nie verkoop het op die auction nie ... miskien sit hulle hom weer op. Tans is hy geprys teen R584K, 23K km's op die klok. Dis reeds R66K goedkoper as 'n soortgelyke voertuig by 'n Malmesbury dealer; alhoewel die Malmesbury een heelwat meer extra's het.
Interessant is dat daar ook 'n Dekra toetsverslag is, gedateer 21 Mei. Maw kórt nadat die motorhandelaars weer kon begin trade ...
Dalk moes ek meer detail gegee het. Die auction prys was R575K. Ek weet nie of, wanneer jy begin bie, of jy sal kan sien of daar reeds 'n bod in is nie. Ek dink jy het 9K om om mee te speel.
plompie wrote:
Sat May 23, 2020 3:49 am
* het ek twee Gumtree Ads geplaas: Een met my huidige voertuig "swop/trade"; en een vir 'n GLC. By lg het ek 2 tipiese pix aangeheg as voorbeeld van wat ek soek; plus ook pix van wat ek het.
Stuur dit vir WBC ook.
plompie wrote:
Sat May 23, 2020 3:49 am
Aan die een kant voel ek effens skuldig: My "droomkar" sal waarskynlik iemand anders se "nagmerrie-gedwonge verkoop" wees ... so mens kan seker sê ek soek aktief na 'n geleentheid om "in te cash" op iemand anders se misery.
Moenie aasvoël speel nie. Die lewe gaan aan. Dink aan jou erfgenaam.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 570
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: COVID en kar-soek

Post by Kameraad Eksteen » Sat May 23, 2020 11:09 am

plompie wrote:
Sat May 23, 2020 3:49 am
Aan die een kant voel ek effens skuldig: My "droomkar" sal waarskynlik iemand anders se "nagmerrie-gedwonge verkoop" wees ... so mens kan seker sê ek soek aktief na 'n geleentheid om "in te cash" op iemand anders se misery.
Aan die ander kant egter, het ek veel meer as my fair share verloor op my eie domgeit met splinternuwe voertuie (minstens x6 luukse voertuie).
Kyk, as jy in die laaste paar jaar 'n nuwe Merc gekoop het, kan ek jou belowe dit gaan nie 'n "nagmerrie-gedwonge verkoop" wees nie. Die pandemie het die rykes oorgesien, so ek twyfel of jy 'n bargain gaan kry.

Ek sien nie hoe die idee van jou 'n "upgrade" is nie. Die laaste paar jaar se Mercedeces het so 'n bietjie 'n uiters kak Kardashian bling aan hulle, dis van daai jaar wat die intree model oor die R500 000 gegaan het, dis blink orals. Het laasjaar daar in die vertoonkamer rondgeloop en daar het so 'n walging oor my gekom die karre is moer garish, ostentatious en plein vulgêr. Dis enige Brakpan laaitie se droom, elke enkele Merc het nou meer "chrome trim" as 'n opgedoende rooi Ford Cortina met "Cyclone rims", in die binnekant ook, elke ou fokken stukkie plastiek moet blink, hoekom, en hoekom is die poesfloes op die dash dan opsioneel? 'n Mens moet wonder of Patricia Lewis die goed help ontwerp het.

Ek kan my nie in so 'n glitter-bom sien rondry nie, maar met jou 2011 350Cdi het ek geen klagtes nie.

plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: COVID en kar-soek

Post by plompie » Sun May 24, 2020 6:45 am

Môre Kameraad, dankie vir jou inset.
Kameraad wrote:Die pandemie het die rykes oorgesien, so ek twyfel of jy 'n bargain gaan kry.
Jy het beslis 'n punt hier, behalwe: ek kyk na die sg "yuppies" wat dink hulle is ryk; en vir almal wil wys mbv (bv) die kar wat hulle ry ...
Yuppie: a fashionable young middle-class person with a well-paid job. "stereotypical 1980s yuppies obsessed with material objects and financial success"
Terselfdertyd: Die ware rykes gaan nou nuwe modelle koop; en dalk is daar minder yuppies om die tweedehandse op te raap.
Kameraad wrote:Kardashian ... blink orals ... moer garish ... vulgêr ... Brakpan laaitie se droom.
Dis natuurlik minstens deels subjektiewe, persoonlike smaak. Nie dat ek (bv) 'n vulgêre Brakpan laaitie is nie :lol: maar die "bling" waarna jy verwys hinder my minder; en moet ek byvoeg - sit my meer af in die uiterlike voorkoms van die W205 SEDAN modelle as by die SUV weergawe.
Kameraad wrote:Ek kan my nie in so 'n glitter-bom sien rondry nie, maar met jou 2011 350Cdi het ek geen klagtes nie.
Ja, dis 'n lekker kar en dalk hou my gat op juk. Die 350 Cdi is fantasties op die langpad, waar ek 15-16 km/l kry. Dorp is egter swaar, slegs 8-8.3 km/l. Maar ek ry so min dit behoort my nie te worry nie.
Daar is natuurlik ook 'n ander idee waarna ek kan kyk [dws as my gat nou aanhou juk]: Die laaste "run" W204's is blykbaar in 2014 gemaak. Noudat die knieg wat gepla het vervang is, maak die laer inklim minder saak. Ek kan dus ook rondkyk vir 'n W204 2013/4 sedan met lae kilo's, my gunsteling kleur (wit) en met meer ekstra's as my huidige voertuig.

Of, my gat kan ophou jeuk.

Het nou weer na foto's op die web gekyk: Interessant, maar wat uiterlike voorkoms betref, lyk die GLC vir my meer na W204 as W205.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 570
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: COVID en kar-soek

Post by Kameraad Eksteen » Sun May 24, 2020 10:10 am

plompie wrote:
Sun May 24, 2020 6:45 am
Dis natuurlik minstens deels subjektiewe, persoonlike smaak. Nie dat ek (bv) 'n vulgêre Brakpan laaitie is nie :lol: maar die "bling" waarna jy verwys hinder my minder; en moet ek byvoeg - sit my meer af in die uiterlike voorkoms van die W205 SEDAN modelle as by die SUV weergawe.
Juis broer, juis, dis wat so krap daai. Hoe goedkoper hoe meer tacky, kyk maar dis eintlik nog altyd so gewees. Die E-klas modelle was nog altyd meer stylvol. Maar voorheen het die SUV's en A-klas jou ander minder bling opsies gebied.

Maar as jy aan jou gesondheid en gemak en daai dinge dink, dink aan jou lae rug, want hy gaan ingee. En die ding van jou rug wat oppak is, jy wil deure hê wat amper 90 grade oopmaak en jy wil jou bene gelyktydig saam uitswaai of inswaai met die inklim, en dink aan goed in en uitlaai uit die kattebak. 'n plat Mercedes is lekker en alles maar as jy jouself moet uithys of soos ek baie sien, een been uitlig met jou hande en dan die ander been terwyl jy dan uitrank terwyl jy aan die deur hang, dis nie pret nie. Nog minder lekker is as jy uit 'n SUV wat te hoog is moet uitgly, of op klouter om in te kom. Dis daai wat jy jou rug so skuins moet draai wat jou rug verder vreet. In daai opsig is daar klein Koreaanse of Japannese karretjies wat baie meer ergonomies is as 'n Merc.

En ja, 'n wit kar is myle beter as 'n grys een.

plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: COVID en kar-soek

Post by plompie » Sun May 24, 2020 6:12 pm

Kameraad wrote:Die E-klas modelle was nog altyd meer stylvol.
Yip; maar die E / 5 (BMW) is darem net te groot vir my ... 1 persoon. Uit hierdie oogpunt is 'n GLA of GLB straks beter; maar ek sien nie juis te goeie reviews nie.
Kameraad wrote:... een been uitlig met jou hande ... dis nie pret nie.
Ha! Nou beskryf jy my so 2 maande gelede perfek!! Knieg is nou sowat 105 grade; ek soek nog so 10 grade (minstens). Darem kan ek al my been in- en uitkry sonder die hand. :D

plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: COVID en kar-soek

Post by plompie » Sun May 31, 2020 6:42 pm

Nie dat dit juis Kletskerk Breaking News is nie ...
... maar ek het voorlopig besluit om die karkoop uit my kop te (probeer) sit.
Daar is f@kweet net eenvoudig te veel redes om dit NIE te doen nie:-
* Ek het reeds 'n luxury voertuig;
* Lae kilo's; plus ek sit BAIE min op in 'n jaar
* Weens COVID sal voertuie vir 'n geruime tyd onderbenut word;
* Ons weet nog nie regtig wat die volle impak van COVID gaan wees nie;
* Na BAIE ge-Google, is dit duidelik dat motorpryse nóg nie my verwagte tendense volg nie [maar ek dink steeds dit kom];
* Tegnologie vorder: Ons vorder al hoe nader aan meer werkbare elektries gedrewe en/of hybrid voertuie; Selfs nuwe combustible voertuie word al hoe meer ekonomies - ek hoor BMW het pas 'n 3L diesel bekend gestel wat die 7-reeks dryf teen 5l/100km ...
* Daar is ander moontlike projekte wat meer sin maak.

Post Reply